ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 25 March 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 1 April  2004 at 17:30

Arts - Kunste


b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
wkoppi03FC

ROCK. The Onnerikoppi rock festival at Paarl Boys' High last Wednesday drew a big crowd. Here it is Antipathy in action.                                                                                                                                                    


Toeka se flieks in die Paarl

[ Top ]


GEDURENDE die skoolvakansie gaan die Afrikaanse Taalmuseum elke dag om 11:00 'n reeks ou flieks by die museum vertoon. Die oudste fliek is "Moedertjie" (1931) wat Maandag 5 April gewys word.

Latere flieks uit die veertiger- en vyftigerjare sluit in ou bekendes soos El Debbo, Frederick Burgers, Nico Carstens en Gert van der Bergh.

Die dag sal afgesluit word met 'n begeleide toer van die museum, waar besoekers die nuwe opgradeerde uitstallings kan ervaar.

Met klanktoerusting, rekenaarspeletjies, bordspel en plesier-poësie kan besoekers vir ure besig gehou word.

Oud en jonk is welkom om die dag by te woon teen die minimale bedrag van R10 per persoon. Verversings soos koeldrank, koffie en soetgoed sal bedien word.

Ander flieks wat na uitgesien kan word is "Die Kaskenades van Dr Kwak" (vandag), "Sarie Marais" (môre), "Kom saam vanaand" (Dinsdag), "Simon Byers" (Woensdag) en "Altyd in my drome" (volgende Donderdag)

Vir meer inligting kan Malikah by 872-3441 gebel word.


Tucan Tucan in Paarl

[ Top ]


THE internationally renowned band Tucan Tucan is playing at Peter's Cellars on Saturday and again on 1 May.

The desire of a group of musicians from different cultures and backgrounds to unite and fuse different styles of music, resulted in the launch of Tucan Tucan.

Where and whenever you listen to their music, its colourful variety fascinates and captures the listener.

Latino rhythms like salsa, samba and bossa nova and African elements such as those utilised in Kwasa Kwasa, Marrabenta and Ju Ju are used in the composition which, combined in the songs, create a unique sound.

Among the musicians are renowned drummer, percussionist and singer Frank Paco, Mozambican percussionist Tony Paco, well-known alto saxophonist Ivan Mazuze and Norwegian tenor saxophonist Ragnhild Tveitan.

Also on board are Mimi Ntenjwa, a jazz singer from Cape Town, and Celso Paco, skillful percussionist and drummer in Ethnomusicology in Zimbabwe.


Strykkwartet in Endler

[ Top ]


OP Woensdag 14 April kan kiesers 'n rustige aand in die Endlersaal kom geniet saam met die Zagreb Strykkwartet uit Kroasië.

Hierdie kwartet - die oudste kwartet in Kroasië - tree op saam met Ida Gamulin (klavier) en Lidija Horvat Dunjko (sopraan). 

Die kunstenaars wat almal aan die Zagreb Musiek Akademie verbonde is, lewer 'n program wat bestaan uit Rossini Lieder, Vier Sonates vir klavier (Scarlatti), die Sonate in G mineur (Bellini) en eindig met die Mahler Klavierkwartet in A mineur. 

Kaartjies is by Computicket beskikbaar en die konsert begin om 20:00. 

* Op Saterdag 17 April tree die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes saam met Canticum Novum, die skoolkoor van Paul Roos Gimnasium, en die koor van Bloemhof Meisieskool in die Endlersaal op. Die konsert begin om 20:00 en kaartjies is by Computicket beskikbaar. 

Die program bestaan uit die Kroningsmis van Mozart en twee Coronation Anthems van Handel. Die dirigent is Louis van der Watt. 

* Liefhebbers van orrelmusiek kan solank hulle lippe aflek vir 'n orreluitvoering op Saterdag 24 April in die Endlersaal. 

Die Poolse orrelis Waclaw Golonka sal 'n uitvoering op die Marcussen-orrel in die Endlersaal lewer wat om 20:00 sal begin. 

Golonka was die wenner van die 1998 Unisa Orrelkompetisie en is tans direkteur van die JS Bach Fees in Pole, benewens sy doseerwerk in Praag en Krakow. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

* 'n Groot hoogtepunt op die konsertkalender is die konsert deur die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes op Woensdag 28 April. Die solis is Luis Magalhaes (klavier) en die dirigent is Corvin Matei. 

Die program open met Hans Roosenschoon se Circle of Light vir simfonieorkes en bestaan verder uit die immergewilde eerste klavierkonsert van Tchaikovsky en die Tchaikovsky Simfonie nr 5. 

Diegene wat belang stel om hierdie prestige-konsert by te woon, moet gou speel en kaartjies by Computicket bespreek.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]