ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 25 March 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 1 April  2004 at 17:30

Business - Sakenuus

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Kaasmakers ding mee vir pryse

[ Top ]


INSKRYWINGS vir die 2004 Nasionale Suiwelkampioenskappe, aangebied deur Agri-Expo, het met 'n ongelooflike 65 persent toegeneem.

Kaasliefhebbers sal die geleentheid kry om die pasbekroonde SA kampioenkase en Qualité wenners van 24 tot 27 April tydens die SA Kaasfees - wat ook deur Agri-Expo aangebied word - op Bien Donné te proe.

Altesaam 748 produkte ding mee om gesogte titels en trofeë wat op 21 April oorhandig word.

Die kategorie vir kaas het die merkwaardigste groei getoon, met 'n toename van 105 persent, van 198 inskrywings in 2003 tot 367 in 2004.

Vanjaar het kleiner kaasvervaardigers die opsie gehad om hul produkte in die

wcheeseFC

KAASKENNERS. Die Paarl spog met twee van die wêreld se eerste sensories-opgeleide kaasbeoordelaars. Louis Lourens van Fairview (links) en Rob Visser van Dalewood Fromage (regs) het in Januarie vanjaar die eerste kursus van dié aard suksesvol voltooi. Hier bespreek die twee kaasfoendies inskrywings vir die 2004 Nasionale Suiwelkampioenskappe wat tans by Elsenburg beoordeel word. Die kampioenskappe is die eerste in die wêreld wat oor sensories opgeleide evalueerders beskik.

spesiale nuwe boetiekklasse in te skryf, waar hul opponente van hul eie portuur die stryd kon aansê, of in die ope kompetisie, waar hul kragte kon meet teen die groter vervaardigers.

Suiwelprodukte word ingeskryf in ses kategorieë: botter, kaas, maaskaas, aangesuurde en gegeurde melk, roomys en joghurt.

Elke produk word blind deur 'n spesialispaneel van vyf beoordelaars op voorkoms, tekstuur en smaak beoordeel. Punte word toegeken volgens die internasionaal-aanvaarde 20-punt stelsel.

Vanjaar se beoordeling sal standaarde in die suiwelbedryf herskryf, aangesien die meeste beoordelaars onlangs die wêreld se eerste sensoriese kaas-evalueringskursus voltooi het. Dié kursus, wat deur Afri-Expo geïnisieer is, word deur die Vereniging van Suiweltegnologie - waarvan Agri-Expo 'n lid is - geakkrediteer.

Malcolm Webster, kaaskenner van Fayrefield Foods in die Verenigde Koninkryk, sal hom by die paneel aansluit as vanjaar se internasionale beoordelaar.

'n Pa-en-seun beoordelaarspan sal vir die eerste keer by die kampioenskappe optree. Theo van Eeden volg in die voetstappe van sy pa, Mof van Eeden, 'n afgetrede suiweltegnoloog.

Die 2004 SA Suiwelkampioene, Suiwelproduk van die Jaar en wenners van Qualité Toekennings sal op 21 April by die Qualité dinee in Stellenbosch aangewys word.

Hierdie "Oscars" van die Suiwelbedryf is drie jaar gelede deur Agri-Expo ingestel om erkenning te gee aan suiwelprodukte van uitsonderlike gehalte. Slegs dié suiwelprodukte wat 'n voorafbepaalde hoë punt behaal, sal met 'n Qualité Toekenning beloon word.

Volgens Kobus Mulder, Bestuurder: Suiwel van Agri-Expo, is die fenomenale toename in inskrywings - van 450 verlede jaar tot 748 vanjaar - 'n aanduiding van die groei en diversifikasie wat in die suiwelbedryf plaasgevind het sedert die Kampioenskappe in 2001 ingestel is.

Kontak Kobus Mulder by 975 4440/1/2/3 of www.cheesesa.com


Assistance for farm workers

[ Top ]


THE Deciduous Fruit Producers Trust Research has launched a development fund to assist Previously Disadvantaged Individuals (PDI's) to increase their knowledge base by attending field days, short courses and seminars held by DFPT Research. 

A maximum of two employees per farming unit will be funded on a first come first served basis and the total number funded for per session will be dependent on the funds available.

Contact the DFPT Research offices at 882-8470/1 or louise@dfpt.co.za for more information.

Sessions will be held on 25 May (stone and pome fruit), 8 June (table grape cultivar day), 24 August (SAWWV Short course), 9 September (crop protection day Paarl), 13 October (research feedback table grapes) and 14 October (research feedback stone and pome fruit Stellenbosch).


Wine circle launched

[ Top ]


DIE Elsenburg Landboukollege se Voortgesette On-

derwys en Opleiding-kortkur- susse bied eers- daags verskeie kursusse aan.

Dit sluit in die kalibrasie van spuittoerusting (5-8 April), AVCASA (veilige hantering van gifstowwe) 15 April en blok- en boordbestuur (26-30 April).

Die koste verbonde aan die kursus is R70 per persoon per dag.

Al die kursusse word op die Nasionale Kwalifiikasieraamwerk vlakke 1 tot 4 aan- gebied.

Vir navrae kontak vir Jackie Beerwinkel (tel 808-5452) of e-pos jackieb@elsenburg.com.


Buchu will benefit rural communities

[ Top ]


A UNIQUE new project will give small landowners from previously disadvantaged communities access to the lucrative buchu market.

This has come about through a partnership between Cape Nature Conservation, Afriplex (a commercial partner based in Paarl), the Agricultural Resources Agency (the technical partner) and landowners.

Farmers will be supplied with buchu seedlings and taught how to best cultivate this valuable crop.

The oil from buchu is used in the food and cosmetic industries, and is exported to Europe. The total value of the industry is approximately R120 million.

The Agricultural Resources Agency (ARC) has been doing research on how best to propagate and cultivate buchu, which could become a commodity just like rooibos tea.

As buchu is only harvestable after four years, the farmers will also be planting honeybush, rooibas and cancer bush to diversify their income source.

By being part of this cultivation project, Cape Nature Conservation (CNC) hopes to see a decrease in buchu poaching from the wild and reserves. CNC will provide advice on conservation matters and ensure compliance with legislation and permits.

Funding of R3,9 million has been made availabe for the project from the Business Linkages Challenge Fund (BLCF) for seeds and piping, while farmers are expected to contribute their labour and land.

The project is managed and co-funded by Afriplex, which specialises in the production of extracts and essential oils from plants used in the food and beverage industry as well as for pharmaceuticals and cosmetics.


WPK omset daal

[ Top ]


DIE droogte van die graangebiede, sowel as 'n later as normale vrugteseisoen, het veroorsaak dat die omset van WPK die afgelope jaar 7% laer was as die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar.

WPK Beleggings, die houermaatskappy van WPK Landbou, het sy resultate vir die ses maande tot 31 Januarie verlede week bekend gemaak.

Nieteenstaande die afname in omset was die wesensverdienste 33% hoër op R29,256 miljoen. Die toename kan toegeskryf word aan 'n laer netto rentekoste, 'n toename in beleggingsinkomste en 'n laer effektiewe belastingkoers. 

Die netto batewaarde het toegeneem met 38% van R1,61 tot R2,43 per aandeel. Die herwaardasie van WPK se belegging in Pioneer Voedsel Groep, sowel as die verdienste, het hiertoe bygedra.

Die negatiewe kontantvloei vir die periode is 'n seisoenale tendens, volgens  Corwyn Bo-tha, besturende direkteur.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]