![]() |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Thursday 25 March 2004 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
This site will be updated on 1 April 2004 at 17:30 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
[ Top ] |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
EK lees in die pers van 'n ondersoek na die Century City ontwikkeling en die sluiting van Ratanga Junction. BoE Bank het die Canal Walk winkelsentrum vir R1,6 miljard opgerig in 2001 en dit is in 2004 deur Nedcor (wat intussen BoE oorgeneem het) vir slegs R1,1 miljard verkoop. Verder het net die toerusting van die pretpark, Ratanga Junction, R350 miljoen gekos. Nou, tesame met die 100 hektaar grond waarop dit staan, is dié pretpark vir net R118 miljoen verkoop. Die totale verlies beloop dus amper R1 miljard. Dit word gesê dit was 'n swak beleggingsbesluit om dié sentrum en fasiliteite in 'n reeds oorversadigde mark op te rig. Gaan dieselfde nie in die Paarl gebeur met die voorgestelde Paarl Mall winkelsentrum op die Langeberg perseel in Suider-Paarl nie? Die kleinhandelmark is ook hier versadig. Alle sektore van die kleinhandelmark is voldoende voorsien in die besigheidskern van die dorp en satellietsentrums in Noorder-Paarl (2), Suider-Paarl (3), Paarl-Oos, Mbekweni, Wellington (2) en Franschhoek (3). Nou wil die ontwikkelaars van Paarl Mall 'n verdere 33 000 vierkante meter handelsruimte op 'n reeds oorversadigde mark stort. Wees verseker, iemand gaan seerkry. Baie gaan hul werk verloor. Die Paarl kleinhandelkoek is net so groot. Om dit in kleiner stukke te sny, beteken omsette van bestaande besighede gaan krimp, miskien tot die punt wat hulle gedwing gaan word om te sluit. Dan gaan almal swaarkry. Is dit te laat om 'n herhaling van die Centrury City-debakel te voorkom? Indien nie, moet iets gedoen word. Die tyd van aksie is nou. Besorgde kleinhandelaar |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
SINCE the ANC/NNP has taken over control of Drakenstein Town Council, the DA has consistently warned that urgent steps should be taken to avoid financial disaster. It is clear that the ruling ANC/NNP coalition is not capable of directing Drakenstein's finances, as can be seen from the Auditor-General's report (Paarl Post 25 March). Although Councillor Arthob Petersen refers to the finances as a "recipe for disaster", the DA contends that it is already a disaster, as far as the management of a R450 million budget is concerned. The coalition did not heed warnings from the DA and preferred to cut the DA out of the decision-making process. There is no follow-up from last year's Auditor General's report, and the ruling ANC/NNP should take full responsibility for this inaction. This is to the detriment of the people of Drakenstein. Hopefully, with the implementation of the Municipal Finance Management Bill on 1 July, the mismanagement of Drakenstein's finances will turn out to be to the detriment of the politicians who do not take action as the law describes, as well. Deetlefts du Toit (DA councillor) |
|
|
|
|
NA herhaalde inbrake binne 'n kort tyd in ons area, Noorder-Paarl, was die inwoners bra moedeloos - dis te verstane. Daar is diie keer by dieselfde huis ingebreek. Enkele dae later, toe alle inwoners alreeds gaan werk het, het my huishulp twee persone opgemerk wie se optrede verdag voorgekom het. Sy het die Buurtwag geskakel. Hulle was binne oomblikke daar. Die twee persone is verwyder. Dalk is nog 'n inbraak so gekeer? Alle dank aan die vinnige Buurtwag vanNoorder-Paarl. Waghond |
|
|
|
|
EK het onlangs in die Paarl Post gelees dat die Nasionale Saal deur die NNP verkoop is. As ingeskrewe lid van die NNP het ek ongelukig 'n hele paar probleme ten opsigte van hierdie verkoopstransaksie. Ek vind dit bitter jammer dat hierdie laaste bate van die NNP in die Paarl, gebou met skenkersgeld, sommer net so vervreem word sonder dat die skenkers of hul familielede enigsins daarvan bewus was of in die proses geken is. Maar wat my nog meer ontstel, is dat die gewone lid van die party in die pers van hierdie transaksie moet verneem van iets wat elke lid van die NNP aangaan. So ver my kennis strek, was daar geen vergadering ooit waar hierdie transaksie ter sprake gekom het nie. Inderwaarheid wil dit vir my voorkom asof die persone in beheer alles so dig as moontlik wou hou totdat die transaksie onomkeerbaar is! Is dit dalk die mense wat oorgeneem het na die breuk met die DA wat nie in staat was om die bate winsgewend te bedryf nie? Of is die party sonder my medewete so diep in die skuld dat die gebou verkoop moet word? Of, nog erger, is hierdie besondere Paarlse NNP bate opgeoffer om geld in die hande te kry sodat die "grootkoppe" weer in hul hoogbesoldigde posisies kan beland na die verkiesing van 14 April? Hierdie NNP-baken is klaar verkoop, maar partystrukture op grondvlak lees daarvan in die pers - dat dit "moes" verkoop word. Isdaar sekderheid dat die heel beste verkoopsprys beding is? Ek kan ook nie nalaat om my onrustigheid ten opsigte van die verkoop aan 'n mede-partylid nie. Watter proses is gevolg om die wydste moontlike belangstelling te kry, of was dit die plan vanaf die begin om 'n spesifieke persoon te bevoordeel? Die Nasionale Saal was nog altyd 'n bewys van die party se besondere status en aftrek in die Paarl. Die vervreemding daarvan sluit 'n era af en ek is besonder bekommerd oor die sein wat dit hier kort voor die verkiesing aan die gewone kieser op straat uitstuur. Ek hoop die persone wat die transaksie beding het, het dit verreken. Bekommerde kieser Schalk Shepherd, eiendomsagent in die transaksie, reageer: Ek het die NNP reeds etlike maande gelede genader en 'n mondelinge aanbod aan hulle gemaak om die gebou te koop. Vroeër vanjaar het die NNP telefonies bevestig dat hulle skriftelike aanbiedinge sal oorweeg en dus was die nodige dokumente aan hulle voorsien. Die finale koopsom was heelwat hoër as die aanvanklike aanbod, juis omdat daar heelwat belangstellng in die eiendom was. Die gebou is dus ongetwyfeld teen 'n markverwante prys verkoop. Na ondertekening van die ooreenkoms het my firma potensiële hnuurders genader en bevestiging van Waltons ontvang dat hulle belang stel om die perseel te huur. Daarna het ek die gebou aangebied aan n 'n plaaslike sakeman, wat op sy beurt sy sakevriend (toevallig 'n NNP lid) gevra het om deel te word van die transaksie. Daar was dus geen direkte onderhandelinge tussen die NNP en die NNP lid nie en geen party op watter wyse ook al, is deur hierdie transaksie bevoordeel nie. Vir verdere navrae kan ek direk gekontak word by 872-1444. |
|
|
||||||||||
|
INNOVATION and renewal are processes which ensure progress and freshness - that is why Paarl Post has a brand new look today. No, it is not intended to make people wonder whether Paarl Post has committed an April Fool prank: the masthead colour has been changed to a darker blue to improve our look, and is here to stay. Also part of the change is the splitting of Paarl Post into two sections: the main news section and the Business Post which can now be removed from the centre of the paper and read separately. This includes business news, properties, classified advertisements, service guide and vacancies. It is hoped that the division will render a better service to readers and advertisers - and allow the family to share the newspaper more comfortably. As the Business Post prints earlier than the rest of the newspaper, the deadline for official notices, death notices and other classified advertisements had to be moved from Tuesday to Monday. This has caused some inconvenience and will be problematic over long weekends like Easter, but it is hoped that readers and advertisers will soon become accustomed to the new deadlines and enjoy an improved product - the Voice of Drakenstein. |
|
|