ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 25 March 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 1 April  2004 at 17:30

Lifestyle - Leefstyl

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

 

 

EREGASTE. Sowat 20 000 mense het die Boland Somerfees verlede naweek in die Paarl bygewoon wat deur die Paarl Muslim Jamaa aangebied is op die Daljosafat stadion.

wcrowd

Wine buyers flock to Paarl

[ Top ]


WHAT has been called 'the oldest auction in the New World of wine' takes place this weekend in Paarl when 1 700 local and overseas buyers bid for a stringently selected range of the finest wines produced by 102 of the Cape's top estates, wineries and cellars on the 30th Nederburg Auction.

The average price of a case of wine at the first auction 30 years ago was R19,21 per case. Last year the average price was R1 230. This means prices have risen from R1,60 a bottle in 1975 to R102 a bottle in 2003. 

This year some 178 wines (9 290 cases) will come under the hammer of auctioneer Patrick Grubb, who has knocked down wines to the value of over R75 million since inception.

Buyers are representative of the country's major supermarket and hotel groups, the retail and wholesale liquor trade, wine shops, fine dining restaurants, restaurant franchises and game lodges, as well as internationals from 33 other countries.

One of the exciting prospects will be the sale of the legendary 1974 Nederburg Auction Cabernet Sauvignon hailed as one of the best wines ever produced in South Africa.

Doyenne of the French wine industry May de Lencquesaing of Chateau Pichon Longueville Comtesse de Lalande of Bordeaux, France will officially open the auction.

Highlights of the proceedings on Saturday are the Nederburg Fashion Cabaret which will trace the 30 years of style in South Africa and exhibitions including former President Nelson Mandela's artworks.

Also on display will be his Freedom Key, a replica of the key to his cell and imprints of Madiba's hands.

The cuisine ranges from gourmet canapés served in the fashion lounges designed by magazines to the sumptuous luncheon for more than 1 700 VIP guests and celebrities.


Vier fees met kaas

[ Top ]


'n WêRELD van kaasgenot wag op besoekers by die 2004 SA Kaasfees wat plaasvind oor die ekstra lang naweek van 24 tot 27 April. Dit beloof 'n fynproewersfees van kaas, wyn, spys en pret by die historiese Bolandse plaas, Bien Donné.

Die SA Kaasfees is 'n hoogtepunt op die Kaapse kalender en volgens die organiseerder, Agri-Expo, gaan vanjaar se feestelikheid nog meer opwinding bring. Die terrein is heruitgelê om  meer ruimte te bied vir 'n genotvolle kaaservaring.

'n Rykdom van kase in alle vorms en groottes in die lugverkoelde Kaas Emporium en die splinternuwe Kaasmark, beloof 'n ontploffing op die smaaksintuie.

Die Kaasmark is geskep om verdere interaksie met kaasmakers te bewerkstellig. Kaasfoendies kan daarna uitsien om hul aan die onlangs bekroonde 2004 SA kampioenkase en wenners van die Qualité gehaltemerk te verlustig.

Die nuwe Markplein sal familie en vriende lok om te ontspan in 'n ruim omgewing. 'n Nuwe trekpleister is die Kaaswerkwinkel, waar kaasgeesdriftiges die kans het om die eeue-oue kaasmaakkuns te aanskou, kaaskategorieë asook hul gebruike te leer ken en geniet - selfs met 'n skeutjie brandewyn.

Die populêre Demonstrasiekombuis, Melkfabriek, Fynproewerslaan en Kinderspeelarea staan weer hul plek vol .

Die hekke is tussen 10:00 en 18:00 op Saterdag 24 April, Sondag 25 April en Maandag 26 April oop en van 10:00 tot 16:00 op Dinsdag 27 April.

Kaartjies vir die fees word beperk en is beskikbaar by Computicket, Paarl Toerisme en Franschhoek Toerisme teen 'n spesiale prys van R55 vanaf 1 Maart tot 23 April.

Vanaf 24 April sal kaartjies by die hekke, Computicket en toerismekantore verkoop word teen R70. 'n Spesiale aanbod van R35 vir senior burgers geld slegs op Maandag 26 April.

Navrae kan gerig word aan Agri-Expo by tel 975-4440/1/2/3.


Toktokkies gesoek

[ Top ]


KANSA se 2004 Toktokkie-veldtog het pas begin om slim leefstylkeuses te bevorder wat verseker dat 'n mens langer leef. Toktokkies word benodig in die Paarl, Wellington en Franschhoek omgewing en vrywilligers word genooi om deel te wees van Kansa se volgende vyfjaarplan.

Kanker veroorsaak wêreldwyd die meeste sterftes. In Suid-Afrika loop een uit vier mense die gevaar om 'n kankerstatistiek te word. Tussen 2000 en 2020 word 'n toename van 29% voorspel in die totale getal kankergevalle in die ontwikkelde wêreld.

Gesonde leefstylkeuses soos om 'n gesonde dieet te volg, gereeld te oefen, nie te rook nie, te veel blootstelling aan die son te vermy en gereëlde self-ondersoek en mediese toetse, kan jou kanse om kanker te kry aansienlik verminder. 

Aan die anderkant verhoog vroeë opsporing die kanse op suksesvolle behandeling aansienlik.

Mense wat Toktokkies wil wees, kan Alta Falck skakel by 865-2408.


Christusfees vir Pase

[ Top ]


DIE vierde Christusfees op Wellington vind vanjaar oor die Paasnaweek plaas.

Die fees begin Donderdag 8 April met 'n nagmaaldiens om 19:00 in die NG Moederkerk.

Terselfdertyd is daar 'n deurnagwaak- en voetewasseremonie by St Albans en St Monicas, terwyl VGK Bergrivier 'n halfnag van gebed het en NG Wellington-Oos 'n Pasgamaal.

Ds John Smith van die Strand, deel van die Kompasfees, lewer die middag om 17:30 'n eenmanvertoning in die VGK Wellington se saal in Parkstraat (Breedt-saal). Die stuk is "Die Getuies" en toegang is gratis met 'n kollekte.

Op Goeie Vrydag, 9 April, is daar eredienste in verskeie kerke en die aand om 19:30 'n passiespel in Victoriapark.

Saterdag 10 April word daar voedselpakkies aan minderbevoorregtes uitgedeel en om 11:00 is daar 'n liefdesmaal in Victoriapark.

Die Sondag begin met 'n opstandingsbiduur om 06:30 in die begraafplaas, gevolg deur Paasdienste in verskeie kerke. Om 17:00 is daar lofprysing en sang op Boland stadion, gevolg deur 'n gospel show en die Radio Kansel Feesdiens.

* Mense word ook gevra om nie-bederfbare produkte te versamel om tydens Paasnaweek aan behoeftige gesinne uit te deel. Navrae aan Naomi Pekeur, 864-3740.


Kruisweg in die Paarl

[ Top ]


CHRISTENE gaan weer op Goeie Vrydag, 9 April, om 08:00 'n kruis van die Paarlse stadsaal tot by die Strooidakkerk dra.

Mense wat nie die hele ent kan saamstap nie, kan ook êrens op die sypaadjie oppad kerk toe, of by die kerk se voordeur, wag.

Stappers word aangeraai om informeel en gemaklik aan te trek.

Die nagmaaldiens word om 09:00 deur ds Bekker Nieuwoudt in die Strooidakkerk gelei.

 Almal is welkom.


Famous names at fashion show in Paarl

[ Top ]


FAMOUS names like Anneline Kriel will take a nostalgic trip down memory lane at the revamped Nederburg Wine Auction which celebrates its 30th birthday this year.

A celebrity-studded, interactive fashion cabaret will be staged in Paarl on Saturday including celebs like Kriel and other former beauty queens as well as former supermodels Tanya Fourie and Josie Borain and celebrities including Yvonne Chaka Chaka, Joost van der Westhuizen and his wife Amore Vittone.

The fashion event and exhibition of fashion, décor and beauty will be repeated for the public on Sunday 4 April at Nederburg. 

Tickets will be sold in aid of the South African Organ Donor Foundation at R350 each. Call 0800-226-611 for further details.   

The event that plans to transform fashion into performance art has been conceived and choreographed by producer/director supremo Jan Malan.

Malan is planning what he terms a "fashion experience" in a surprise venue at Nederburg to entertain the strictly by-invitation-only guest list of local and international wine aficionados and high profile personalities attending the glittering post-harvest fixture on the wine and social calendar.

The cabaret will trace the 30 years of style and trends in South Africa from 1975, when Nederburg hosted the country's first wine auction to 2004, highlighting fashion as a social barometer. 

He will feature cabaret artists, professional models, "real people", as well as celebrities and other well-known personalities linked with major events in South Africa over the past three decades. Designers will include fresh, young names, established and veteran talent.

"Fashion becomes really exciting when it enters the realm of performance art," he says. 

"Although the event will have a very strong contemporary component, it will also have a very strong nostalgic feel, as you would expect from a retrospective."


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]