ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 25 March 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 1 April  2004 at 17:30

Nuus - News

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Moles met bye

[ Top ]

Malané Bosman


BYESWERMS wat 'n man hoog in 'n eikeboom getakel het, het Maandgaoggend byna sy lewe gekos toe hulle sy kop toegepak het.

Stephen Arnolds moes kop hou om nie paniekbevange uit die boom te val wat hy besig was om af te saag nie.

"Ek kon dood gewees het," sê Arnolds, nadat hy Maandag hoog in die takke van

wdoom

REDDER. Stephen Arnolds (regs) met sy redder, Johnny Voulgarellis, en sy medisyne teen bye.

'n akkerboom in die Paarl deur twee swerms bye toegetakel is.

Die oeroue eikeboom het die oggend sonder waarskuwing op 'n sinkafdak by Hoofstraat 191 geland en 'n motor vasgeval.

"Ons moes die boom wegkry, sodat die motor kon uit," het Dirk Kotze, bestuurder van 'n boomsnoei-onderneming op Gordonsbaai, gesê.

Arnolds klim al agt jaar boom vir die maatskappy. Die ander keer dat hy deur bye aangeval is, was ook in die Paarl.

"Die boom was hol en ek het nie die bye gesien nie. Toe borrel hulle skielik uit en koek my toe."

Arnolds moes eers blind sy pad terugtrap tot op die leer, en toe tot op die grond kom.

"Ek kon die petrolsaag in my hand nie los nie, dis 'n duur saag. Daar was niemand om te help nie, want almal het weggehardloop."

Kotze moes ook wegstaan, want hy is allergies vir bysteek.

"Gelukkig het die man van die restaurant kom help. Was dit nie vir hom nie, was Stephen dood," het Kotze gesê.

Johnny Voulgarellis, Griekse restaurant-eienaar, het die man wat op die grond blind rondgesoek het vir 'n waterkraan, gegryp en met blikkies "Doom" insekdoder gespuit.

"Ek kon nie sy gesig sien nie. Sy hele lyf, tot sy oë, was dik gepak van 'n tros bye. Ek druk toe koerante in 'n blik en steek dit teen hom aan die brand. Dit het gehelp," het Voulgarellis gesê.

Arnolds onthou: "Ek is nie allergies nie, maar dit het vreeslik gejeuk en gebrand en ek was naar.

"Die man het my met asyn afgevee  en angels uitgetrek. Toe gee hy my 'n dubbele brandewyn en Coke. Ek drink eers nie, maar ek kon nie anders nie, ek het so vreeslik gebrand."

Waarop sy kollegas lekker kon giggel: "G'n wonder Stephen was so erg spraaksaam ná die stekery nie."

* A man nearly lost his life when he was attacked by swarms of bees while felling a tree in Paarl.


Motor land tussen die brame

Malané Bosman

[ Top ]


DRIE jong mans het wonderbaarlik met slegs skok en braamdoringskrape ontsnap toe hul bakkie in 'n sloot langs die Suid-Carolinapad in Klein Parys in die Paarl beland het.

Jordey Adams van Vinkstraat 444, Amstelhof, was Dinsdag verlede week agter die stuur van sy pa se blinkblou Nissan 1400 bakkie toe die ongeluk hulle helder oordag getref het.

'n Lang remstreep op die teeroppervlak getuig van die sekondes voordat die bakkie die pad verlaat en in 'n digte braambos in 'n sloot langs die pad ingeduik het.

Die bakkie het uiteindelik op sy dak tot stilstand gekom, met sy neus in die rigting van die Paryspad vanwaar die jong mans onderweg was.

Net die wiele en 'n stukkie blou het onder die braambosse uitgesteek.

Die drie insittendes het hulself by die passasiersvenster uitgewikkel en tot in die pad gekruip waar noodredders en die polisie hulle gekry het.

* Three young Paarlites are unscathed after landing up in a ditch.


Bejaarde in koma na aanval

[ Top ]


DIE aanvallers van 'n bejaarde vrou wat die naweek vir dood in haar woning in Paarl-Oos gelaat is, verskyn vandag in die Paarl landdroshof.

Jeanetta America (69) is Sondagoggend om 07:20 deur haar tuinwerker 'n plas bloed op haar kombuisvloer in Cornelissenstraat aangetref.

Sy is die vorige aand om 22:00 laas gesond gesien toe haar kleinseun, konst Alexander America, vir diens na die Klapmuts polisiestasie vertrek het.

Die geskokte tuinwerker het die bure in kennis gestel toe hy op die bewustelose vrou afgekom het.

Sy is met ernstige kopbeserings in die Tygerberg Hospitaal opgeneem, waar sy gister steeds in 'n koma en aan 'n asemhalingstoestel gekoppel was.

Die inbrekers het deur 'n traliehek toegang verkry en die vrou in die kombuis oorrompel.

Sy is met 'n skerp voorwerp in die nek gesteek.

Kapt Jason Cyster en 'n span Paarl-Oos speurders het Maandagaand die 24-jarige Isaac Mouwersvan Solomonwoonstelle, oorkant die straat van die America-woning, in hegtenis geneem.

'n Tweede verdagte, Nico Keyster (20) van Klein Parysplaas, is Dinsdagmiddag gearresteer.

Insp Deon Nicholas ondersoek die saak verder. R2000 en sigarette word steeds vermis.

Terwyl dokters probeer om die lewe van die bejaarde slagoffer te red, sal aanklagte van poging tot moord, huisbraak en diefstal vandag in die hof aan die beskuldiges gestel word.


Couple attacked

[ Top ]


AN elderly couple's peaceful evening was shattered on Friday night when they were attacked on their Klapmuts wine farm.

Belgian John Enthoven (60) and his wife Christene (59) were alone in the Avondvrede homestead at 21:00 when the assailants struck.

Enthoven, who had recently suffered a stroke, was in bed while his wife was in the kitchen, locking the house.

She was stabbed in the head, chest and back while the men demanded to know where the money was kept.

She was left bleeding when the robbers went for her husband. Enthoven was not injured as he was led through the house.

His wife managed to activate the panic button in the kitchen, and the men fled, taking two cellular phones and money with them.

The seriously injured woman was admitted to an intensive care unit.

Insp Anna Cilliers  (935-9600) of the Cape Town Organised Crime Unit is seeking two men on charges of attempted murder and robbery.


Kiesers louwarm oor stemdag

John Goliath

[ Top ]


MET die nasionale verkiesing binne minder as twee weke probeer politieke partye nog stemme werf waar hulle kan, maar die kiesers is nog louwarm.

Terwyl politici sooie spit, projekte inwy, kos uitdeel en vlae hys vir 'n vale, word hulle deur kiesers gepeper met vrae oor die behuisingstekort en swak dienslewering.

Maar baie jongmense wat vir die eerste keer hul kruis sal maak by die stembus is in hul noppies oor die geleentheid om hul stem te laat geld.

Samantha van den Heever, 'n ontvangsdame, sê sy wil stem sodat haar stem 'n verskil in die land kan maak om 'n beter toekoms te verseker, veral wat werkgeleenthede betref.

"Ek hoop my stem kan lei tot beter dienslewering, veral in die gesondheids-, onderwys en welsynsektore," sê sy.

Sivuyile Hamza sê hy kan nie wag om sy kruisie op 14 April te trek nie.

Hy wil stem dat omstandighede wat tans in die skole in die agtergeblewe gebiede heers, op te los.

"Skole het nie die nodige toerusting of infrastruktuur om kop bo water te hou nie. Dit sal help as die politieke partye saamwerk om die land te verbeter."

Dit is baie belangrik vir die jeug om te stem, meen Rachel Montlé.

"As ons 'n sê wil hê in hoe die land regeer moet word, dan moet ons stem. Dit baat nie ons kla altyd en maak nie ons stem dik nie," meen sy.

Sy meen 'n mens moet mooi dink vir wie jy gaan stem: "Vind uit wat elke party se beleid is en wat hulle aanbied."

Stanley Hermanus sê sy stem gaan bydra tot die demokratiese verkiesing van die land se leiers.

"Ek wil sorg dat my eie stem, nie ander mense se stemme nie, my toekoms bepaal," sê hy.

Jessica Howells, 'n student, soek beter skole, paaie en huise vir almal, maar sy weet dat sulke drome nie altyd moontlik is nie.

"Ek wil net hê alle Suid-Afrikaners moet vreedsaam en gelukkig wees."

Van die jongmense voel nie so positief oor die kans om te stem nie.

Gurswin Apollis sê alhoewel hy vir die verkiesing geregistreer het, gaan hy nie op 14 April stem nie.

"Die politiek is amper soos 'n oorlog, niemand werk saam om die omstandighede van die mense te verbeter nie," meen hy. "Dis net elkeen vir homself."

"As die politieke partye met mekaar kan saamwerk sal dit almal bevoordeel."

Cindy-Lee Visser sê sy gaan nie stem nie, omdat sy nie genoeg inligting oor die politieke partye het nie.

"Almal sê dieselfde ding en maak net allerhande beloftes om in die parlement te kom," sê sy.

Ook Riaan de Beer sê hy gaan nie stem nie.

"Ek dink nie my stem sal 'n verskil maak nie."

Volgens hom is die misdaad en die rassisme in die land ons grootste kopseer.

"Ek sal die doodstraf wou terugbring omdat almal maak net wat hulle wil. Die tronk is soos 'n vyfster hotel," sê hy.

Amelia Fredericks sê sy stel nie belang in die politiek nie en gaan beslis nie in die verkiesing stem nie.

"Ek stel nie belang in die politici nie."

'n Afgetrede onderwyser sê alhoewel die land ver gekom na 1994 moet daar nog baie werk gedoen word om die haglike omstandighede van die arm mense in die land te verlig.

"Dinge soos werkloosheidversekeriong vir tuinwerkers en huishulpe het tot 'n mate gehelp, maar kindertoelaes en pensioen vir bejaardes moet hersien word," glo hy.

* Voters are still lukewarm about election day 14 April.


Dogtertjie (8) sterf

[ Top ]


'n DOGTERTJIE is Saterdag voor haar ouers en susters in Simondium doodgery, enkele ure nadat sy in 'n tekening haarself op pad saam met Jesus geskets het.

Jenobia Cupido (8) was die middag saam met haar twee susters, Janesta (21) en Juanika (13), onderweg na haar ouerhuis by Stellenpak.

Haar ouers was aan die ander kant van die Simondiumpad, op pad na 'n sangaand.

"Ons kinders het oor die pad gekom, met Jenobia heel agter. Sy het 'Daddy Daddy' geroep en toe tref die voertuig haar.

"Dit was vreeslik, sy het so hoog soos 'n telefoonpaal deur die lug getrek," het haar pa, Johan Cupido, hartseer gesê.

"My vrou en ander dogters het gehardloop na haar toe, maar ek het nie nader gegaan nie. Ek het mos gesien sy moet dood wees."

Haar moeder, Elsie Cupido, vertel van die tekening wat Jenobia Vrydag gemaak het, met die woorde: "Ek stap saam met God."

Sy was 'n Graad 3 leerder aan Simondium Primêr. Die tuisdiens is Saterdag om 08:30 en die erediens daarna in die Simondium skoolsaal.


Tiener sal oud word in tronk

[ Top ]


'n PAARLSE tiener sal 40 jaar lank agter tralies wees, totdat hy 'n middeljarige man is en "nie meer so ryp vir misdaad is nie".

Dié vonnis is verlede week in die Kaapse Hooggeregshof opgelê waar die 17-jarige, sy ouers en 'n medepligtige uit Saldanhabaai tereg gestaan het op 'n reeks moorde en rooftogte.

Die roofbende het twee jaar gelede vier weke lank meedoënloos op smokkelhuise op Wellington, Paarl en Vredenburg toegeslaan.

Die hoofverdagte was die seun wat as 15-jarige vier mans doodgeskiet het. Vir die moorde is hy gevonnis tot 25 jaar en drie keer 20 jaar, drie 15 jaar vonnisse vir gewapende roof, twee vyfjaar vonnisse vir poging tot moord asook vier jaar vir onwettige besit van vuurwapen en ammunisie.

Omdat die vonnisse samelopend is, sal die tiener 40 jaar aangehou word.

Sy ma, Merle Stubbs, is op twee aanklagte van moord  twee lewenslange vonnisse opgelê. Sy is ook twee keer 15 jaar gevonnis vir gewapende roof, en 15 jaar vir poging tot moord.

Van Reenen is drie lewenslange vonnisse opgelê vir drie moordklagte, twee 15 jaar vonnisse vir gewapende roof, vyf jaar vir poging tot moord, vier jaar vir onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie.

Hulle kan ná 25 jaar in aanmerking kom vir parool.

André Nyl is vir moord vier lewenslange vonnisse opgelê, asook 59 jaar  vir gewapende roof,  poging tot moord en die  onwettige besit van ' n vuurwapen en ammunisie.

* Die vonnisoplegging is die klimaks van 'n ondersoek deur 'n Paarlse speurtaakmag nadat 'n gesin  op 1 Desember 2002 by Vredenburg beroof en die pa vermoor is.

Die volgende dag is 'n man in die Paarl van sy voertuig en vuurwapen beroof.

Dieselfde aand het 'n drankhandelaar van Paarl-Oos, Matie Johnson, en sy broerskind Ryno Johnson, in 'n koeëlreën by hul Bougainvillea-woonstel gesterf.

In dié aanval is 'n bejaarde oom, Martin Johnson, ernstig gewond.

In 'n roofaanval op 30 Desember is 'n plaaswerker van Wellington, Filemon Nkohlisa (37), in 'n smokkelkroeg op die plaas Florida doodgeskiet.

Twee vroue van die plaas Nantes in Noorder-Paarl is gedwing om die verdagtes na die smokkelhuis te lei.

Op 2 Januarie is 'n man in Saldanha ontvoer en doodgeskiet.

Tydens die uitspraak het regter Anton Veldhuizen gesê die seun " kan nie in die fleur van sy lewe vrygelaat word nie, nie terwyl hy nog ryp is om verder misdaad te pleeg nie."

* A Paarl teenager has been sentenced to 40 years for murder.


Berusting naby vir De Wets

[ Top ]


VONNIS in die opspraakwekkende huurmoordsaak  waarin die weduwee van 'n skatryk sakeman verbind word met sy dood in hul spogwoning in Pniel, word eersdaags verwag.

Dit sal berusting bring vir die familie van Deon de Wet (toe 30) nadat hy op Werkersdag 2000 in sy onderklere in sy slaapkamer gesterf het toe 15 skote in sy kop en bors afgevuur is.

Sy weduwee, Petroleen de Wet (36), staan saam met Ivan Benting (32) tereg op aanklagte van moord, sameswering tot moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Altwee ontken skuld.

Deon was 21 en Petroleen 23 toe hulle nege jaar voor die moord getroud is. Haar ouers, Norman en Maureen Parks, afgetrede vrugtehandelaars, woon steeds 'n klipgooi van hul dogter.

Sy bejaarde ma woon in die De Wet familiehuis langs die siersteenwoning wat Deon vir hom en sy bruid gebou het.

Haar kleinkinders, Deodette (11) en Leigh (8), woon saam met hul ma terwyl sy op borgtog vry is.

Ná sy dood is De Wet se sakebelange verkoop en die geld in 'n trust vir die kinders geplaas, sê die familie.

Sedert die moord is Ganief Isaacs van die Paarl permanent aan haar sy. Hy het in die De Wet woning ingetrek en is nie net haar beskermer nie, maar ook haar kêrel, is in die hof getuig.

Petroleen het aan 'n vriendin, Janine Hendricks, vertel sy is intussen met Daniels getroud.

Met die hofsaak is die tragedie van vier jaar gelede vars in die geheue van die De Wet familie.

Patrick de Wet van Kylemore, soos sy gestorwe jonger broer 'n suksesvolle vrugtevervoerhandelaar, het 'n taxi gehuur om daagliks belangstellendes na die Hooggeregshof in Kaapstad te vervoer.

"Ons laat net nie ons bejaarde ma gaan nie," het 'n familielid gesê.

"Dit sal haar breek. Die aand van die moord het sy nog gesê sy voel so koud. En toe hoor ons die skote aanmekaar soos 'n string klappers. Sy het dadelik geweet hulle het vir Deon seergemaak."

 Vandag het die gesin 'n wens: "Ons sal graag wil sien dat die skuldiges op Deon se verjaardag op 22 April, gevonnis word. Of anders 25 April, op Breyton Paulse (haar vriend) se verjaardag."

 * The sentence in the sensational Pniel murder case is expected any day now.


Rowers sit lank

[ Top ]


DIE aanvaller van 'n Paarlse vulstasie-eienaar is tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis, vier jaar na die aanval.

Teddy Filani (34) van Mbekweni, is in die streekhof skuldig bevind op die aanklag dat hy CI Smit van Noorder-Paarl diensstasie beroof en probeer vermoor het.

Die aand van 12 Oktober 2000 was Smit besig om gebukkend by die ondergrondse petroltenks die volume petrol te meet toe twee mans met balaklavas oor hul gesigte hom oorval het.

Smit kon die mans afweer en in 'n kamertjie skuil, maar hukke het die deur oopgebreek en  hom aangerand. Die houe was so hard dat die steel van die hamer afgebreek het.

'n Tweede aangeklaagde, die voormalige petroljoggie Tembinkozi Klaas (25) van Mbekweni, is intussen doodgeskiet.

Filani sal effektief 20 jaar agter tralies wees, 15 jaar vir die roof en 5 jaar vir die poging tot moord.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]