ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 25 March 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 1 April  2004 at 17:30

People - Mense


Buurt nou veilig

[ Top ]

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

DIE inwoners aan die hange van die Paarlberg kon lanklaas so veilig voel.

'n Buurtwag is gestig met vier manne tussen Klein Reservoir- en Durrstrate, bokant die Hoofstraat in sentraal-Paarl, patrolleer.

Handré en Christel Oosthuizen is die dryfveer agter die beveiliging.

Die wagte is deur die polisie verwys. Die senior manne was reeds by buurtwag en reservisdiens betrokke en die jongeres het ná matriek verlede jaar vir reservisdiens aangemeld.

Hulle dra duidelike identifikasie wanneer hulle patrolleer.

"Ons werk saam met die polisie en ADT sekuriteit," het Christel gesê.

"Ons het begin met patrollering bedags .

wthomasFC

WAAKSAAM. Hul pa se bergfiets is weer veilig, en Rudolph en Kathrin du Toit is baie bly oor die diens van die Paarlberg buurtwag se manne. Hulle is (van links) Eugene Koordom, Howard Reid en Matthew Thomas.

en ons slaag beslis in ons doel om misdaad te voorkom. Volgens die polisie het misdadigers sedert ons instelling 'n maand gelede ons buurt begin vermy.

"Die inwoners voel veiliger, ook die huishulpe wat bedags alleen is."

Verlede week het Matthew Thomas en Eugene Koordom 'n hawelose man in die staat teëgekom wat glo vir kos wou aanklop.

Die wagte het hom dopgehou en toe hy skielik nie te voet nie, maar met 'n bergfiets om die draai kom, het hulle hom agternagesit.

Die twee fikse manne het 'n kilometer agter die trappende dief genael voordat hulle hom kon plattrek.

Die eienaar was baie dankbaar oor sy fiets wat teruggevind is nog voordat hy besef het dis gesteel.

'n Paar dae voor dié voorval het die patrolleerders 'n pakkie onder 'n vullisdrom opgemerk, persoonlike dokumente van 'n vrou wie se handsak gesteel is in die stadsaal.

Belangstellendes wat by die buurtwag wil inskakel, kan die 24-uur nommer 082-784-5444 skakel.

"Wanneer buurtwaglede met vakansie is, sal ons op aanvraag na hul huise omsien."

Buurtwaglede betaal R50 per maand. Daar was reeds belangstelling van ander buurte.

"Hoe meer mense inskakel, hoe verder kan ons die diens uitbrei na ander gebiede en langer ure."

* A new neighbourhood watch is operational in central Paarl


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]