ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 25 March 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 1 April  2004 at 17:30

Youth - Jeug


wvlot1FC

VLOT-GENOT. Die dapper stryders wat Saterdag deelgeneem het aan die vlotresies vir hoërskoolspanne op die Bergrivier wat as deel van die NGK Drakenstein se basaar gehou is, was die "Waterbugs" (van links voor) Marindé Visser, Runette Richard, (agter) Jeanne Maree en Michelle Fourie.

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Einde van skool se groot dors

[ Top ]

Susan Botha


"TOT vandag moes ons kinders besoedelde Bergwater drink of dors bly," het Nadia Adams, onderwyseres van Bosplaas Primêr naby Hermon, Dinsdag gesê oor die skoon drinkwater en sanitasie waarmee hulle nou spog.

"Ons kinders kon nie helder dink nie," het sy bygevoeg.

"Ons het ook nie behoorlike sanitasie gehad nie. Ons was nog op die emmerstelsel, wat beteken dat die kinders Vrydae 'n gat moes grawe om die riool te begrawe."

Dinsdag het die skool met sy 60 leerders,

wgraadFC

DORS. Olwethu Gwebyshe, in graad een aan Bosplaas Primêr, geniet die eerste glas gesuiwerde water.

ná 32 jaar, gesuiwerde drinkwater en behoorlike sanitasie gekry.

Die nuwe dienste is moontlik gemaak deur skenkings van die Boland Distrik Munisipaliteit en Drakenstein Munisipaliteit.

"Ons glo hierdie is 'n belegging in mense," het Clarence Johnson, burgemeester van Boland, gesê.

Johnson sê die afwesigheid van basiese dienste is een van die mees sigbare aanduidings van armoede.

"Wêreldwyd sterf daar elke dag 6000 kinders aan waterverwante siektes," het hy gesê en 'n beroep op die leerders gedoen om hulle hande te was voordat hulle enigiets in hul monde sit.

Herman Bailey, burgemeester van Drakenstein, het die hoop uitgespreek dat die verbeterde omgewing ook tot 'n verhoging in die standaard van onderwys sal lei.

"Kleiner plaasskole moet voorgetrek word," het André Gaum, Wes-Kaapse Minister van Onderwys, gesê.

"Ons probeer om hulle 'n beter bedeling te gee as dit kom by poste en hulpbronne."

Gaum het 'n beroep op die twee munisipaliteite gedoen om te kyk na nog meer hulp en ondersteuning aan skole.

"Miskien kan daar na afslag op dienstegeld gekyk word, om skole tegemoet te kom.

"Dit kan 'n baie besondere wyse van investering wees in die toekoms."

Skole in die Wes-Kaap het ook Dinsdag vlaghysingseremonies gehou ter viering van die tien jaar van demokrasie. Gaum het die seremonie by sy alma mater, Hugenote Hoërskool op Wellington, bygewoon.

* A small school near Hermon received running water and sanitation this week after waiting for 32 years.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]