ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 25 March 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 1 April  2004 at 17:30

Sport

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

woog

LEEPOOG. Tobie Botes, skrumskakel van die Boland Kavaliers, kry die bal weg na sy wagtende agterlyn ondanks die ongemaklike druk wat die WP-haker Cleave Beukman op hom toepas in hul eerste Vodacombeker-wedstryd wat Saterdag op Nuweland gespeel is. Die Kavaliers het die harde wedstryd 35-25 (15-11) verloor.


Klubs mor oor liga-skuif

[ Top ]


DIE Wellingtonse Krieketklub, Bergrivier, is ontevrede nadat daar vandeesweek bekend gemaak is dat daar geen bevordering-relegasiewedstryde gespeel sal word nie.

Ingevolge 'n besluit deur die uitvoerende komitee van die Boland Krieket Raad sal die wedstryde nie dié seisoen gespeel word nie.

Die krieketklubs van Bergrivier en Atlantis was erg ontstoke nadat hulle Dinsdag van die provinsie se besluit in kennis gestel is.

Atlantis wat tweede op die Premierliga-punteleer lê sou saam met die ligawenners, Bergrivier, teen die twee laaste klubs in die Superliga uitgespeel het.

"Ons voel dat Boland Krieket besig is om klubs in die laer afdelings te laat stagneer en jong spelers die geleentheid ontneem om mededingende krieket te speel," het Bergrivier se voorsitter, Jerry Seale gesê.

"Ons spelers word die geleentheid ontneem om Superliga te speel en ons beskou dit as 'n klap in die gesig van Bergrivier wat vanjaar sy beste krieket ooit speel."

Volgens Moos Nicholas, bestuurder van Boland Amateur Krieket, is die klubs al voor die begin van die seisoen ingelig oor die moontlikheid dat so 'n besluit geneem kan word.

"In die Administratiewe Bepalingsboek wat ons aan al die klubs uitgedeel het, word dit uitdruklik gestel dat Boland se uitvoerende bestuur op eie diskresie 'n besluit kan neem om nie bevordering-relegasiewedstryde te speel nie."

Volgens Boland se uitvoerende bestuurder, Pietie Williams, is die provinsies eers twee weke gelede tydens die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika (VKRSA) se Amateur Krieketberaad ingelig oor die nuwe gesig van amateur krieket in Suid-Afrika.

Veranderinge aan dié been van krieket is genoodsaak nadat SA Krieket besluit het om 'n krag-teen krag beleid in die professionele been toe te pas. Hiervolgens is ses professionele krieketfranchises gestig, Westelike Provinsie-Boland, Hoëveld Leeus, Dolfyne (Kwazulu-Natal), Oos-Kaap, Arende (Vrystaat en Griekwas) en Titane. 

"Die inligting is aan ons uitvoerende komitee voorgelê en daarvolgens is die besluit geneem om nie nou eers bevordering-relegasiewedstryde te speel nie," het Williams gesê.

Hy het bygevoeg dat dit nie beteken dat spanne wat nie vanjaar bevordering-relegasiewedstryde speel nie, nie in die Superliga opgeneem kan word nie.

"Ons weet nog nie hoe die klubstruktuur vir die volgende seisoen gaan lyk nie. Dit sal alles tydens 'n Klub-Indaba op 17 April bespreek word, waar die klubs voorstelle kan indien. Indien daar besluit word om die huidige klubstatus te behou, kan die betrokke klubs wel bevorderingswedstryde in die eerste week voor die begin van 2004/2005 seisoen speel," het Williams gesê.


Paarl kry troosprys met Hemanus-wen

[ Top ]


Paarl se Superliga-span het Saterdag tuis vir Hermanus, die nuwe kampioen van Boland, oortuigend met 207 lopies geklop in albei klubs se laaste wedstryd van die seisoen.

Paarl het met dié sege verseker dat hy onder die top vier spanne eindig nadat sy buurman, Young Peoples, onverwags slae gekry het teen Worcester United.

Die manne van Paarl is deur 'n ietwat verswakte Hermanus ingestuur om te kolf op 'n kolfblad wat gelyk het of dit die boulers kan bevoordeel.

Die tuisspan begin sy kolfbeurt met 'n lopietempo van vier per beurt met Erasmus Hendrickse en Bobby Nicholson wat 'n vennootskap van 49 lopies om die eerste paaltjie in 11 boulbeurte aanteken.

Paarl kry uiteindelik 321/10 in die laaste boulbeurt, met Bobby Nicholson wat 'n skitterende 132 (4x14, 6x6) van 169 balle moker.

Ander kolwers wat goeie bydraes gelewer het, is Lynal Jansen (22 2x4), Erasmus Hendrickse (25 4x4), Hilton Solomons (29 4x4) en Utallyn Ernstzen (30 4x4).

Goeie boulwerk deur Anwell Newman (4/44) en Utallyn Ernstzen (5/44) het die oorwinning vir Paarl verseker.


Roses sorg vir opskudding

[ Top ]


DIE eerste span van Roses United het Saterdag hul seisoen met 'n jolige bokspring begin toe hulle die hoog aangeskrewe span van Saldanha in hul eerste Boland A1 ligawedstryd 26-19 (11-16) geklop het.

Dit was die eerste keer in jare dat die span van Wellington met dié Weskus-span kon afreken.

Die wedstryd was gekenmerk deur goeie voor- en agterspel van beide spanne, maar Roses het gewys dat hulle tans in 'n beter klas is as hul teenstanders.

Hoewel die sterk wind asook die skeidsregter gedurig 'n faktor was in die wedstryd het die span van Roses nie toegelaat dat die situasie hul onderkry nie.

Vir Roses het die ervare Ignasius Korabie (agsteman) en Heini Hera (stut), die jong kaptein Michael Abrahams (flank) en Burton Abrahams (slot) van voor gelei.

Agterlangs het Claude Arendse (senter) en Brandon April (vleuel) uitstekend gespeel.

Roses se drieë is deur Arendse, April en Ricardo Williams (flank) gedruk. Arendse het ook met 'n doelskop en drie strafdoele geslaag.

Roses se derde span het ook 19-0 gewen terwyl die tweede span 17-10 verloor het.

Roses neem Sondag aan SK Walmers en Collegians se uitkloptoernooi deel. Dié toernooi duur voort tydens die Paasnaweek en word op Groenpunt stadion gespeel. Die bus vertrek Sondag 08:00 vanaf Hillcrest en is R20.


Peoples veg hard in stryd teen Pniel

[ Top ]


'n GOEIE terugvegpoging deur Young Peoples het Saterdag die span se spel teen Pniel Villagers gekenmerk.

Hoewel Pniel teen rustyd 22-7 voor was, het die Paarliete baie uitgehaal om darem met 'n respektabele 34-21 die knie te buig.

Pniel het die wedstryd vinnig begin en was binne 20 minute met 17-0 voor.

Die tuisspan het met puik voor- en agterspel die Paarliete voortdurend op die agtervoet gehad en Peoples het gesukkel om aan die gang  te kom.

Met tien minute speeltyd oor in die eerste helfte het die Tiere skielik vlamgevat en die Pniel-verdedigers moes bontstaan.

Ná rustyd het Villagers egter weer die oorhand gekry en 'n paar vinnige drieë gedruk.

Hoewel hulle vir lang tye in Peoples se gebied geboer het, was die Pniel-manne se gô ná 60 minute uit en het die Paarliete met 'n geweldige aanslag gekom om 'n bietjie verlore eer te red.

Giezler Sitzer (senter, 2) en Kurt Martin (losskakel) het die Tiere se drieë gedruk. Ben Martin (senter) het met drie doelskoppe geslaag.

Peoples speel Saterdag sy eerste ligawedstryd wanneer hy Silvertree op Mitchell's Plain pak. Die bus vertrek om 11:00 vanaf Groenheuwel.


'n Plek vir Plekker na Athene

[ Top ]


DIE Paarlse fietsryer, Janos Plekker, het tydens die onlangse Nedbank Nasionale Kampioenskappe sy aanspraak op 'n plek na vanjaar se Paralimpiese Spele aansienlik versterk.

Janos het 'n nuwe SA Rekord en goue medalje losgery in die 200m naelrit tydens die kampioenskappe vir fisies-gestremde sport.

Hy het ook vier silwermedaljes ingeoes op die ander baanitems en in die padwedrenne wat buite Durban plaasgevind het.

Met dié vertoning het Janos wat vir Rhadsport fietsryklub ry, vir hom 'n plek verseker op die kortlys van atlete wat benoem is vir die Paralimpiese Spele wat in September in Athene plaasvind.

Daar is plek vir vier Suid-Afrikaanse elite fietsryers in die klein uitsoekgroep van net 145 fietsryers wat na die Paralimpiese Spele reis.

Die ander fietsryers op die kortlys is Stephan Herholdt (ook uit die Kulsen-stal), Riaan Nel en Gerhard Viljoen (driewiele), Susan van Staden en Gavin Kilpatrick (blind) saam met Gary Beneke op 'n tandem.

Janos is 'n fiksheidsinstrukteur by 'n gimnasium in die Paarl en word deur Rhadsport se klubafrigter, Elrick Kulsen, afgerig.


Sundowners take down Aberdeen

[ Top ]


THERE is still no end to the brilliant form of the Mbekweni Sundowns soccer team.

Sundowns were in scintillating form when they dealt visitors Aberdeen a crushing blow on Saturday, beating them 5-0.

The guile of the Sundowns centre play was well supported by the powerful running of captain Siphelo Skafu and Johan "Mighty" Adams, while Thabang Makoti's persistence up front made things difficult for Aberdeen.

Striker Eric Maxamba (2) and midfielders Skafu (2) and Siyabulela Tyantsi scored the goals.

Sundowns play Chelsea of Mitchell's Plain on Sunday at Strandfontein.

* In another game Mbekweni based Cosmos threw Hellenic Football Club off course with their 4-2 victory at the Bellville Stadium last Friday.

This win puts Cosmos back in the championship race, but has also opened the door for Ajax CT and Bluegum Football Club to stay in contention.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]