|
KAARTJIEVERKOPE vir Kunstekaap se drie spesiale Boland-konserte in die Paarl en Wellington het pas geopen.
Die eerste konsert is Woensdag 28 Julie in die Paarl met 'n verdere twee konserte op Vrydag 30 Julie in Wellington.
Die konsert in die Paarl vind om 19:00 in die ouditorium van die Polisiekollege plaas en die Wellington-konserte word om 15:00 en 19:00 in die CP van der Merwe-saal in Wellington gehou.
Aldrie konserte bestaan uit ballet- en operatreffers van Kaapstad se twee professionele geselskappe.
Die eerste Wellington-opvoering is op leerders gemik en die tweede is vir die publiek.
Die balletprogram bestaan uit solo's, tweepasse en ensembles uit verlede jaar se "Classic Highlights" met die bekorende musiek van Tchaikovsky, Glazunov en Bizet, asook hoogtepunte uit die uiters gewilde "Swingtime at the Ballet" van Sean Bovim waar ballet 'n nuwe baadjie aantrek, en die klassieke dansstyl lewe kry op die maat van jazzmusiek uit die dertigs en veertigs.
Balletsterre van Kaapstadse Stadsballet sal in aksie wees. Dit sluit in die danspare van Tracy Li en Daniel Rajna asook, Marrianne Bauer en Johnny Bovang wat saam met die geselskap optree.
Die operaprogram bied aan gehore die geleentheid om opera as 't ware te ontdek met die uitvoering van "Monde and the Magic Box".
Dit is 'n nuwe, energieke hip-hop vertoning met Kaapstad Opera se vokale ensemble wat die storie vertel.
Kaartjies vir die Paarl-konsert is verkrygbaar van Anthea Martin by telefoon 082-851-1047.
Die Wellington-vertonings se kaartjies is beskikbaar by Christell Witbooi, tel 072-308-0022. |