![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Thursday 1 July 2004 |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
This site will be updated on 8 July 2004 at 17:30 |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
[ Top ] |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
EK lees in die Paarl Post oor die rowers wat nou aanmekaar by die kitsbanke geldtrekkers se kaarte in die hande kry. Die arme mense wat dit oorkom, is beslis ook nie almal nalatig nie en hulle volg die veiligheidswenke wat die banke en die polisie so mildelik aankondig. Wat moet jy doen as 'n man wat baie groter en sterker as jy is oor jou skouer met jou begin stoei vir jou kaart? Nou wonder ek net: hierdie slagoffers het almal die verdagtes gesien. Ek lees hoe hulle almal dieselfde beskrywing van die drie mans gee, in Wellington en in die Paarl. Nou hoekom is die polisie so laks dat hulle nie die mense wat beroof is, vra om te help met die samestelling van 'n identikit nie? Die gesigsamestelling kan in die plaaslike koerant gebruik word en kan dalk die rowers afskrik. So kan die rowers ook tussen die ander geldtrekkers voor die banke uitgeken word voordat nog bankkliënte ingeloop word. En dan sal ons darem 'n beter kans hê om self ons eie geld te kan trek, en self ons eie geld te kan geniet. Kitstrekker Polisie-insp Julia Claassen sê: Die onderskeie klaers beskik nie oor genoegsame inligting vir 'n gesigsamestelling nie. Insp Auckland Losper doen 'n beroep vir inligting wat kan help met 'n gesigsame- stelling van die verdagtes. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE Paarl se inwoners is die afgelope paar jaar die gyselaars van dwelms en 'n aantal onbesonne jeugdiges wat vanweë hul grondwetlike regte nie voor die ouderdom van 18 jaar mag boete doen vir hul onwettige dade nie. In gesprek met die polisie word dit gestaaf deur statistiek oor misdade in die Paarl - meer as 80% van alle misdade hier, word deur jeugdiges gepleeg. Die frustrasie vir almal is dat die meeste van die kinders bekend is aan die polisie; daar bestaan selfs 'n foto-album van elkeen. Op hul beurt mag die polisie hulle nie toesluit nie. Selfs na skul-digbevinding en vonnisoplegging moet die kinders in die sorg van hul ouers vrygelaat word. Dit is hierdie naweek weer bevestig deur 'n mesaanval op 'n goed opgevoede sakeman buite sy huis in Vrykyk, 'n rustige, boomryke woonbuurt in Suider-Paarl waar 'n mens sou voel jy kan jou kinders veilig grootmaak. Na 'n rustige aand uit is die slagoffer van die messtekery en sy vrou en vyf maande oue baba om sowat 23:00 voor hul huis gekonfronteer deur vyf vloekende en skreeuende jeugdiges. Twee van die seuns asook die meisie is inwoners van Vrykyk en die ander twee alombekende kalante wat berug is vir hul handel in dwelms. Na 'n vermaning deur die vrou is sy met nuwe ywer gevloek en in die proses is 'n duur potplant deur die jeugdiges omgeskop en onherstelbaar beskadig. In sy poging om sy vrou, kind en huis te beskerm is die man omsingel en met 'n mes gesteek. Dit was met die eerste oogopslag duidelik dat die kinders nie net dronk was nie, maar dat hulle ook onder die invloed van een of ander onwettige middel was. Die leier van die groep, 'n matriekseun aan een van die roemryke skole in die dorp, was baie angstig, aggressief en het deurgaans sinne herhaal. Intussen het sy vriendin die omstanders bekend gestel aan die woordeboek van vieslike vloekwoorde. Selfs na 'n vermaning deur 'n polisiebeampte en die plaaslike buurtwag om te loop het hulle teruggekeer om weer voor die huis te staan en raas. Eers nadat sy pa hom na 'n oproep kom haal het, is hy en sy vriendin daar weg. Die erns van die jeugprobleem in ons dorp is later by die plaaslike private hospitaal bevestig waar 'n ander jong tienermeisie in die vroeë oggendure vir 'n reaksie op verbode middels behandel is. Sentraal aan hierdie drama staan die handel in, en die gebruik van onwettige dwelms. Ons moet dit stop. Johan Smit |
|
|
|
|
DIE "baie ontevrede inwoner" van La Uva munisipale woonstelle (3 Junie) meen die bron van vlieë hier is die troeteldiere. Ek is ook 'n inwoner van La Uva woonstelle en stem nie saam nie. In die eerste plek word die vlieëprobleme nie deur die diere veroorsaak nie, maar wel die onhigiëniese toestande van ons vullishouers. Dit is veral in die warm somermaande so besmet van die maaiers dat jy nie die deksel met jou kaal hande kan optel om jou vullis weg te gooi nie. In die tweede plek moet die skrywer in aanmerking neem dat die rivier daar naby ook die blyplek van plakkers is, die naaste plek om jou vullis te stort asook 'n gerieflike plek om te urineer en te ontlas. Dit is ook natuurlik ons kinders se speelplek, geen wonder hulle kla van hul mae nie. Die speelterrein lê besaai met vullis en bierbottels. Hoekom kan die Munisipaliteit nie eerder hul aandag aan die probleme skenk en die diere uitlos nie? Is dit nie teen die wet om 'n sjebeen of winkeltjie op munisipale grond te bedryf nie? Diereliefhebber |
|
|
|
|
EK verwys na die brief 'Wingerde uitgehaal' (Paarl Post 17 Junie). Ek raak bloot betrokke ter inligting aangesien ek die eienaar is van grond waarna verwys is langs Foxglovestraat. * Kommersiële boerdery word bedryf soos enige besigheid, met die doel om wins te genereer en waarde toe te voeg tot die bodem. Wanneer cultivars of 'n spesifieke bedryfstak (tafeldruiwe) nie meer lonend bedryf kan word nie, word dit uitgefaseer. * Vir dieselfde rede word wingerde aangeplant en nie om werk te verskaf of die dorp te versier met groen wingerde nie. Werkverskaffing en die landelik-heid wat boerdery skep is bloot 'n neweproduk. * Dit is die fundamentele reg van enige grondeienaar om binne die riglyne van regulasies, ordon-nansies en wette, sy grond te bes-tuur en te benut tot sy finansiële voordeel en gerief. Geldgierigheid is dus nie ters prake nie. Enige werknemer beding vir 'n hoër salaris, so ook die ondernemer, wat verantwoordelik is vir sy eie inkomste en kapitaal-skepping. * Die Paarl Dorpsplaaseie-naarsgroep is in onderhandeling op hoë vlak met Departemente Landbou en Omgewingsake Wes-Kaap om 'n baie verantwoordelike en professionele wyse 'n wen-wen strategie te beding insake die bes-tuur van die dorpsplase. Samewerking van alle belangegroepe op 'n verantwoordelike en gebalanseerde wyse is nodig om die doelwitte te bereik tots voordeel van die gemeenskap. Die uitdeel van ongetoetste bes-kuldigings of die stel van onred-elike en ondeurdagte eise sal nie die wa deur die drif trek nie. Vincent Bruwer |
|
|
|
|
THE Shatel Development Company is primarily involved in the development of medium cost housing in Paarl. During 2000 we gave employment to over 200 people in the building trade and were responsible for the provision of over 100 houses in the R180 000 to R300 000 bracket. In January this year we contacted Councillor Arthob Pietersen (head of housing) in connection with the purchase of state land for housing development. He informed us that the council was in the process of finalising a land audit and that a moratorium had been put on all municipal land until such time that the report was submitted and a decision regarding the best use of the land had been taken. We were therefore extremely surprised when tenders were requested for the purchase of municipal land in Langenhoven Road. Upon inquiry to the advertised official regarding the tender, we were informed that he was also surprised that the tender request had been formulated in that manner and not for general proposals regarding the best use of the land. Two questions raised by "belastingbetaler" was evaded by the Municipal Manager. 1. Was a needs analysis for the development of a conference centre made? 2. Will the church be liable for tax? We wish to add to this the following questions. 1. Who made the needs analysis? 2. Was public participation invited? 3. When was the land audit submitted and a decision made on the disbursement of municipal land? 4. Who made these decisions? 5. Did the Councillor who is involved with the church who won the tender recuse himself from the tendering process? 6. Will the title deed state that no church services will be held in the conference centre? 7. Will the conference centre be open for the use of the general public? 8. Will the land only be used as advertised and will other applications for future development on any portion of the land be allowed? 9. Was there collusion between councillors and officials in the tendering process? 10. Why has the Council not seen fit to respond to over six letters that we have written regarding the purchase of different erven for housing development? Perhaps the sale of the land should be frozen until a more thorough investigation by the Municipal Manager regarding the entire process has been undertaken. Until this is done, the public would not be wrong in believing that "Trotsky's Law" was applied: "Give the comrades what they want, to all others give the law". Rashid Shaik The Municipal Manager, Jacques Carstens, replies: The Valley Ministries Trust, a Section 21 Company, applied for land on 18 March 2002, with the intention to erect a conference centre. The applicants identified three possible sites. The application served on 5 February 2003 before the Planning Services Committee. The committee resolved that the aspect be investigated and a report be submitted as to the purpose the land is being earmarked for and whether it can be developed, and that the application of Valley Ministries in the meantime be held over. The outcome of the report was that Erf 5390 was reserved for the purposes of sport, and therefore it was resolved that the Valley Ministries Trust identify another suitable site. In April last year, a portion of Erf 15280, Paarl, was then identified as a possible alternative site. This proposal served before several committee meetings whereupon the Executive Mayor and Mayoral Committee on 19 November resolved that the tender of Valley Ministries for the purchase of a portion of Erf 15280, Paarl (3 ha) at R320 000 (VAT excluded) be accepted, subject to the normal sales, conditions as well as several additional conditions. One of these conditions states that the property be sold for the purpose of erecting a conference centre as indicated in their tender document. During the consideration of the application as well as other applications for land, the need for a comprehensive Land Audit and a Spatial Development Framework was once again realised. The consultant for the compilation of the Spatial Development Framework was appointed during May last year and the consultant for the execution of the Land Audit was appointed during October, which was well after the date Valley Ministries submitted their application for land. It is thus wrong to mix up the Valley Ministries application and the appointment of consultants to do the Land Audit and the Spatial Development Framework. |
|
|
|
|
OUD-WEERMAGLEDE kan aansluit by die SA Magte Klub 1912-1994, 'n vrywillige, nie-politiese, nie-winsgewende organisasie van mense wat in diens was tussen 1912 en 1994. Stuur 'n leë e-pos aan SA-Magte-Klub-subscribe@yahoogroups.com of kontak pottie@intekom.co.za. Frikkie Potgieter |
|
|
||||||||||
|
PEOPLE, and especially the youth, are under a lot of pressure in our modern day society. Most of us learn at an early stage to develop coping mechanisms for stress and other symptoms of our hectic lifestyles. Unfortunately, some choose to use drugs, and now we are not talking about the kind that are prescribed by your doctor (although even that can cause problems in the long run). The problem with drug abuse is that it is just a short term solution, with some very serious long-term effects on the mind and body of the user. This is especially the case with Tik, an old drug (Methamphetamine, Speed or Meth) that has now taken the country by storm in its new form. Locally we can already see the devastating effects on especially schoolchildren and last week the police discovered a big drug haul in Pniel. Besides young lives that are destroyed, drug abuse also leads to criminal activity. In the first place the users need money to finance the habit, and when under the influence, they are not in control of their actions. It is imperative for parents and teachers to know the symptoms and effects of this and other popular drugs, so that abuse can be detected at an early stage and the necessary steps be taken to help and rehabilitate the user. Our youth must also start looking at the serious effects of drug abuse and take their decisions more responsibly. |
|
|