 |
through the side panel between the windscreen and the door, passed right in front of me and hit Samuel in the chest.
"I grabbed the steering wheel and Samuel managed to keep his foot on the petrol to get us to Jan van Riebeeck Drive. But then he slumped over.
"I pulled him away and jumped behind the steering wheel."
Litsuane considered driving to Paarl Hospital, but realised the Mbekweni Police Station was nearer. So he turned left and went in search of help for his injured friend.
The assailants had meanwhile disappeared towards Chris Hani.
Ambulancemen rushed to the police station and took Sweleka to hospital. He is in a stable condition.
The car belongs to Elizabeth Adoro, owner of the Sgobi tavern in Mbekweni.
"I'm sure they wanted to rob us," Litsoane said.
The suspects have not been identified, said Insp Biga Jones. |
|
Winterkoue slaan toe |
 |
John Goliath |
 |
|
|
 |
|
 |
DRAKENSTEINERS kan verskoon word as hulle nie die afgelope week hulle voete uit die bed wou sit nie en 'n bietjie laat by hul werkplekke aangekom het.
Die afgelope week was die koudste vanjaar in die vallei. Die kwik het amper tot vriespunt gedaal en ryp het sy verskyning op gras en motorruite gemaak.
Veral Maandag en Dinsdag kon die voete nie vinnig genoeg ontdooi nie. Maandagoggend was die temperatuur slegs 1,5 grade en Dinsdag 2,2 grade.
Haweloses het vandeesweek gestroom na die Paarl se nagskuiling, sê Nick le Roux. "Ons het baie mense gekry wat hulle by ons kom aansluit het om van die koue te ontsnap.
"Ons is tans oorvol en van die inwoners moet op die grond slaap."
Le Roux het 'n beroep op mense gedoen om komberse en truie aan hulle te skenk om aan die haweloses te gee.
Sommiges baat wel by die koue. Meubelwinkels kon nie voorbly met die verskaffing van verwarmers nie.
Een winkel het 20 verwarmers in die laaste week verkoop. Die oliegevulde verwarmers is glo die gewildste omdat dit lekker warm maak en veilig naby die kinders is.
Heelwat reën het sedert Saterdagoggend geval (40mm), met 'n totaal van 203 mm vir Juniemaand. Die Wemmershoekdam se vlak het gestyg van 'n laagtepunt van 33% tot 43%.
Die vlak moet egter tot 70% styg teen November om waterbeperkings te verhoed.
* The mercury has dropped to close to freezing in the coldest week of the year to date. |
 |
|
 |
Sy twak was toe nat |
|
|
 |
'n SWENDELAAR wat geld vir sigarette ontvang, en dan nooit die rookgoed aflewer nie, se slenter is verlede week kortgeknip.
Tydens Radio KC se ontbytprogram het 'n lid van die publiek ingebel en die omroeper Grant Johnson ingelig oor 'n man by wie hy vier dose sigarette bestel het.
Die verkoper sou die sigarette teen 'n goedkoper prys bekom, maar het 'n vooruitbetaling van R200 benodig.
Die swendelaar het met die geld verdwyn.
'n Luisteraar het ingeskakel met die besonderhede van die verdagte, waarna die omroeper ook sigarette bestel het.
Johnson het intussen insp Hildegarde Merkeur van die Paarl polisie in kennis gestel van sy voorneme.
Sy het twee lede van die Misdaadvoorkomingseenheid na die radiostasie gestuur, waar die sigaretsmous in hegtenis geneem is.
Die klaer is gekontak en 'n saak van diefstal onder valse voorwendsels is aanhang gemaak. |
 |
Tonnelnaam 'nie uniek' |
|
|
 |
|
 |
DIE voorgenome naamsverandering van die Hugenote Tonnel na die Abdulah M Omar Tonnel is volgens die Suid-Afrikaanse Padagentskap Beperk (Sanral) "in die gees van mededeelsaamheid in die rykdom van ons land se verskillende kulture, geskiedenis en tale".
"Die huidige naam van die tonnel is deur die destydse Staatspresident gedurende Maart 1988 gegee. Ons kon geen rekord vind van 'n demokratiese proses soortgelyk aan die proses wat ons tans volg nie," sê Nazir Alli, hoofuitvoerende beampte van Sanral.
Omdat daar reeds verskeie huldeblyke aan die Hugenote in die streek is, soos die Hugenote Monument, meen Sanral dat die naamsverandering geensins afbreuk sal doen aan die bydrae van die Hugenote nie.
Volgens Sanral sal die vernoeming bydra tot die ontwikkeling van demokrasie "deur ook erkenning te verleen aan diegene wat bygedra het tot die daarstelling van ons land se nuutgevonde vryheid".
"Die vernoeming is nie voorgestel om eer te betoon aan dr Omar vir sy bydrae tot 'n spesifieke sektor nie, maar eerder ter herinnering vir sy unieke bydrae tot die streek, sy mense en die land as geheel.
"Dit is as gevolg van die uniekheid van die tonnel en die uniekheid van die persoon - dr Omar - dat dit gepas is om die tonnel te vernoem om hulde te bring aan 'n beskeie mens wat onder andere dit moontlik gemaak het vir ons almal om tien jaar van demokrasie te herdenk," sê Alli.
Sommige meen dat die geld eerder vir iets anders aangewend kan word, maar Sanral sê dat die koste van die vernoeming minimaal sal wees en dat dit slegs 'n eenmalige verandering behels.
Volgens Sanral berus die finale besluit op goedkeuring deur die Raad vir Suid-Afrikaanse Geografiese Name. |
 |
|
 |
Vrou in bed aangeval |
|
|
 |
|
 |
INBREKERS het Dinsdagnag 'n slapende vrou in haar woning in Hoofstraat, Noorder-Paarl oorval en in haar bed vasgebind.
Die vrou (52) is om 01:30 in haar slaapkamer verras nadat die twee mans die diefwering voor 'n venster oopgedwing het.
Sy het wild gestoei voordat 'n kussingsloop is oor haar kop getrek en met 'n slaapbroek om haar nek vasgemaak is. Haar hande en voete is met die kragkabel van die bedlamp vasgebind.
Die vrou kon nie voldoen aan hul eise dat sy vuurwapens en geld aan hulle gee nie, en is herhaaldelik geklap.
Die aanvallers het skielik verdwyn, en die vrou kon tot by die bure strompel waar sy losgemaak is en die polisie gekontak is.
Die inbrekers het gevlug met 'n selfoon en duur juweliersware.
Hulle het 'n videospeler, musieksentrum en ander items agtergelaat wat hulle in die Hooftraatwoning bymekaar gemaak het.
So ook 'n boor, kassetspeler en sak met wasgoed wat moontlik vroeër êrens anders gesteel is.
Die verdagtes, bruin van gelaat en in hul vroeë twintigerjare, het goed Afrikaans gepraat.
Die een is lank en skraal en was geklee in 'n swart langbroek en swart baadjie. Sy makker is effe korter en was geklee in jeans en 'n gryserige bostuk.
Die polisie glo hulle is op die spoor van die twee inbrekers.
Inligting wat kan help kan aan die ondersoekbeampte, insp Jason Pietersen, gegee word by 807-4000. |
 |
|
 |
Dwelms in sakeman se huis |
|
|
 |
|
 |
'n DWELMNES is verlede week in die rykmanswoning van 'n gesiene sakeman van Pniel oopgevlek.
Beslag is gelê op oranje koeldrankstrooitjies gevul met fyngemaakte kristalle, die opspraakwekkende nuwe dwelm Tik, en verskeie ander verbode middels.
Die huiseienaar, vervoerkontrakteur Clint Nicholls van Pinestraat 2, is Vrydag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem.
So ook die sewe mans wat die nag saam met hom is die huis was toe die polisie toegeslaan het.
Die punte van die meer as honderd koeldrankstrooitjies in die woning, was toegebrand en gereed vir verspreiding.
Nog los kristalle van die Tik-dwelm, twee blou-kleurige Ecstacy tablette, vier dagga sigarette met tabak gemeng, banksakkies vol dagga en 'n stop dagga, asook leë banksakkies is ontdek.
Daar was fyngemaalde Mandrax op papiervelle en vyf "lollies" (glasbuise waardeur gerook word).
Nicholls en Eddie Adonis (28), 'n werklose man van Adendorfstraat 44, Idasvallei, is elk op borgtog van R5 000 vrygelaat toe hulle Vrydag in die Paarl landdroshof verskyn het.
Die ander beskuldigdes is Robert Lackay (28), 'n konstruksiewerker van Lackaystraat 66, Stellenbosch, Angelo Lambrechts (18) 'n kollege student van Martinstraat 24, Idasvallei, Brendon Adams (26) 'n werklose man van Kastaiingstraat 3, Pniel, Verno Stubbs (21), 'n werklose man van Proteastraat, Pniel, Ricarlo Pedro (23), 'n supermark assistent van Jan Ciliersstraat, Stellenbosch en Fernando Adams (38) van Arcadiastraat, Pniel.
Borgtog van R500 is aan elk van dié mans toegestaan.
Hulle verskyn weer op 4 Oktober in die Paarl landdroshof.
"Nog arrestasies kan binnekort verwag word," het waarnemende stasiekommissaris insp Lindsay Jefthas gesê.
"Ons het 'n dwelmnes in Pniel oopgevlek.
"Ons het groot waardering vir die hulp van die gemeenskap en die inligting wat die ondersoek en arrestasies moontlik gemaak het.
"Alle oproepe deur die publiek word vertroulik hanteer."
Groot Drakenstein polisie se telefoonnommer is 874-8000.
* A cache of drugs, including the new drug Tik, was found in the house of a prominent Pniel businessman. |
 |
|
 |
Dagga dalk rede vir aanval in park |
|
|
 |
|
 |
'n EGPAAR van Vrykyk is Vrydagaand deur 'n groep tieners, vermoedelik onder die invloed van dwelms, by hul woning aangeval en met 'n mes gesteek.
"Ons het almal geweet so iets sou kort voor lank gebeur," het 'n Vrykyk buurtwagwoordvoerder gesê.
"Hier koek 'n klomp ongure karakters saam, en hier word handel gedryf in dwelms. En daarna word daar in die buurt ingebreek en gesteel."
Vrydagaand het die Cumpstys om 23:00 tuisgekom en twee seuns mekaar sien rondstamp en vloek op die parkie in Skakelstraat.
Maryke Cumpsty het versoek, "Gaan raas asseblief op 'n ander plek," toe die meisie in die groep haar begin vloek het.
"Sy het die vreeslikste tale gebruik. Hulle was almal onder die invloed van een of ander middel," het die egpaar gesê.
Henry Cumpsty het tot op die speelpark gestap waar hy deur die vier seuns en meisie omsingel is.
'n Stukkende drankbottelkop is dreigend na hom gemik.
Een van die seuns het hom uitgekoggel dat daar niks met hulle sal gebeur nie, aangesien sy pa 'n oud-polisiesuperintendent is.
Cumpsty het skielik "'n brandpyn gevoel, en toe borrel iets teen my rug af".
Hy het besef hy is met 'n mes in die rug gesteek en hy moes na veiligheid kom.
Sy vrou, wat intussen hul baba in die huis neergelê het, het van die stoep af die gestoei gesien en dadelik hulp ontbied.
Sy het die polisie, ambulans en buurtwag geskakel.
Die jong mense (drie van die Vrykyk omgewing en twee van Nancy plaas) het intussen op die Cumpstys se voorstoep 'n groot erdepot teen die sitkamerruit gegooi.
"Hulle was baie aggresief en ons het die deure gesluit gehou. Die polisie het gekom en die klomp weggejaag, nadat hulle self ook liederlik gevloek is.
"Ek kan nie verstaan hoekom die groep nie deursoek is nie, want hulle was beslis onder die invloed van dwelms," het die buurtwaglid gesê.
"En hoekom het die polisie nie die mes in hul sakke of op die toneel gesoek nie?
"'n Halfuur later was die klomp weer voor die mense se deur. Weer het die polisie gekom en weer is niemand deursoek nie.
Die groep het eers verdwyn nadat die buurtwag die pa van een van die seuns gekontak het, en hy die seun en sy meisie kom haal. Die ander drie is toe ook weg.
"Toe ons 'n klag van poging tot moord by die polisiestasie gaan lê, is daar aan ons gesê 'n klag is reeds sesuur daardie aand gemaak oor daggarokery in die parkie."
Lede van die Vrykyk buurtwag het reeds die ouers van die plaasseuns ( 16 en 18 jaar oud) gespreek oor dwelms.
Die voorval word deur insp Auckland Losper van die Paarl speurtak ondersoek.
* A Paarl couple was attacked outside their home in Vrykyk on Friday evening by teenagers who had allegedly been smoking dagga |
 |
|
 |
Aiming at gun owners |
|
|
 |
|
 |
FROM today every person who applies for a firearm licence will have to obtain a competency certificate.
All new applications for firearm licences will be evaluated in terms of the provisions of the Firearms Control Act and Regulations.
The applicant has to complete a basic training course at an accredited training institution, before the police will complete a background assessment and issue a competency certificate to a successful applicant.
The certificate will be valid for five years from the date of issue.
Individuals will have to renew their firearm licences according to a schedule linked to a person's month of birth.
Those with birthdays between January and the end of March must renew their licences between January and 31 December 2005.
Birthdays between April and the end of June must renew in 2006 (January till December).
The renewal period of birthdays between July and 30 September is in 2007 (January till December).
Birthdays between October and the end of December must renew their licences between January and December 2008.
All institutions that own firearms, including security service providers, will have to renew their firearm licences from July 2006 to 31 December 2006. Companies may continue to issue company firearms to employees who do not have a competency certificate, but under certain conditions.
All licences, permits and authorisations previously valid for firearm possession will remain valid until they are renewed in terms of the Firearms Control Act of 2000 - unless they are withdrawn for any legal reason.
All applications for a firearm licence and all appeals received up to yesterday, will still be processed.
Persons who were in possession of more than 200 rounds of ammunition yesterday, do not have to fear prosecution, as this limitation is only applicable to firearms licensed in terms of the Firearms Control Act.
It does not apply to firearms that are licensed in terms of the Arms and Ammunition Act. However, it is recommended that firearm owners should start to be in line with the provisions of the Act.
For any information on the Act, contact the designated firearms officer at Paarl police station (Capt Gilbert Jones 807-4012), Paarl East (Insp Hendrí Radyn 862-6156) and Wellington (Insp Hilmar Pietersen 873-2913).
Inquiries can also be directed to the police firearms call centre during office hours at 012-353-6111 or e-mail at firearms@saps.org.za. |
 |
|
 |
'It was our fault' |
|
|
 |
|
 |
EASYPAY, the independent payment service that enables consumers to pay accounts whilst shopping at major national retailers, has acknowledged responsibility for electricity cuts to certain Drakenstein residents last week.
Upon investigation, EasyPay discovered that the daily transaction file it sends electronically to Drakenstein Municipality (detailing all payments made at pay-points like Pick 'n Pay, Shoprite, Checkers, and Foodworld) never reached the municipality as the result of a technical error.
This occurred on EasyPay's system and was no fault of the municipality or the retail pay-point, in this case the Checkers store in Paarl. This was a very rare occurrence in EasyPay's exemplary track record of service provision.
The company has investigated the source of this problem and has put preventative measures in place to avoid this from happening again.
Apologising for the inconvenience caused to Drakenstein Municipality residents due to this error, EasyPay's Sales Manager, Charlie Goodrick, nonetheless assures account payers that they can continue to expect a quality service from EasyPay, offering them the ultimate payment convenience - making payments possible anytime, anywhere.
EasyPay, part of Prism TranSwitch Services (a subsidiary of the JSE-listed technology company, Prism Holdings), has been offering consumers a convenient way of making account payments for over a decade and offers that same service nationwide to all major municipalities and utilities such as Telkom and Eskom.
To better equip consumers in safeguarding themselves against these disputes, EasyPay advises account payers to keep a paper trail of all transactions performed for timely identification of misadministration.
EasyPay provides consumers with a receipt for every transaction that is made at the retail pay-point or on the EasyPay website www.easypay.co.za.
Consumers are to note that all additional account queries are to be directed to Drakenstein Municipality, which manages matters in this regard. |
 |
|
 |
Neem deel aan wykskomitees |
|
|
 |
|
|
DIE Drakenstein Munisipaliteit gaan eersdaags 'n deelnemende Wykskomitee-stelsel implementeer om die publiek 'n sê te gee in munisipale sake.
Die wykstelsel poog om die betrokkenheid van gemeenskappe en gemeenskapsorganisasies in plaaslike regeringsaangeleenthede aan te moedig.
Wykskomitees bestaan uit nie meer as tien lede nie (sonder vergoeding) met 'n wyksraadslid as voorsitter, en is slegs adviserend van aard.
Die komitee kan die Wyksraadslid se taak baie vergemaklik, want indien lede van die gemeenskap probleme in hul woongebied ondervind, kan hulle by die on–derskeie verteenwoordigers in die komitee om hulp aanklop.
Komiteelede kan ook terugvoe–ring aan die raadslid gee oor bepaalde aspekte van die wyk en die raadslid op sy beurt gee weer terugvoering aan die komitee oor besluite wat in die raad geneem is, of beantwoord vrae wat die raadslid namens sy komitee gevra het.
Die komitee moet verkies word met inagneming van die behoefte om vrouens billikke verteenwoordiging te gee asook om 'n verskeidenheid van belange in die Wyk te verteenwoordig.
So kan daar byvoorbeeld 'n persoon wees wat die kerke verteenwoordig, iemand uit die sakesektor en verteenwoordigers van die verskillende woonbuurtes.
Aangeleenthede waaroor wykskomitees advies behoort te lewer en die wyksraadslid hulp te verleen kan insluit:
* navorsing om die omstandighede, probleme en behoeftes van die inwoners van die wyk te verstaan,
* uitreikaksies en algemene samesprekings om die inwoners in te lig en aan te hoor oor munisipale sake soos die GOP, begroting, diensleweringsopsies en dies meer,
* verspreiding van inligting aan inwoners om te help met toegang tot munisipale dienste, interaksie met ander forums byvoorbeeld die gemeenskapspolisiëringsforum.
* Vervul die rol van adviessentrum ten opsigte van probleme,
* Koördineer wyksprogramme van munisipaliteit, soos MIV/Vigs.
Wyksvergaderings het Maandag begin. Vergaderings wat nog kom, is vanaand om 19:00 in die Gouda sportsaal (Wyk 1), in die Safmarinesentrum (Wyk 20) en in die Colibri saal (Wyk 21).
* Maandag om 19:00 is Wyk 10 in Paarlse stadsaal, Wyk 11 in die Mbekweni sportsaal, Wyk 12 in die Padvindersaal (Klein Parys) en Wyk 13 by Amstelhof Laer.
* Dinsdag om 12:00 is Wyk 15 by Tiffany's Lighuis, en om 19:00 is Wyk 16 by Nederburg Primêr, Wyk 25 in die Mbekweni gemeenskapsaal en Wyk 17 by Hunter Temple AME Kerk.
* Woensdagaand 19:00 vergader Wyk 19 in die Bergrivier VG Kerk, Wyk 18 by die Murray Kinderhuis en Wyk 26 by Desmond Tutu Hoërskool.
* Donderdag 8 Julie om 19:00 vergader Wyk 22 in die Safmarine sentrum, Wyk 27 in die Fairylandsaal, Wyke 7 en 28 by New Orleans Hoërskool. Vir navrae, skakel 862-2889. |
|
|
 |
|
 |
|
|