safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 1 August 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 8 August 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Lifestyle - Leefstyl


So by my kos!

Leigh Reitz

[ Top ]


WurchefsSAG op die tong, pikant in geur, watertand en smullekker is die beskrywings wat onmiddellik in jou gedagtes opkom wanneer jy weglê aan jou eerste happie van 'n gereg uit die hande van agt plaasarbeiders onder leiding van chef Marvin White op Buffet

À LA CARTE. Dis smullekker disse wat deesdae voorberei word in 'n bemagtigingsprojek op Buffet olyfplaas. 'n Paar lede van die span wat sorg vir watertandgeregte is (van links) Maria September, Denise Hendricks en Linda Sylvester met leermeester Marvin White naaslinks.       

Olyfplaas.

'n Kosskool is onlangs op die been gebring op die plaas wat reeds deels deur werkers bestuur word as deel van 'n bemagtigingsprojek.

White is nou druk besig om die werkers

touwys te maak in die fyner kunsies van kosmaak.

Hulle is nou al so gekonfyt dat hulle elke tweede Maandag 'n vyfgangete vir gaste aanbied in die gemeenskapsaal op die plaas, teen slegs R40.

Dit alles word afgespoel met 'n glasie van die wyn wat ook as deel van bemagtigingsprojekte deur arbeiders op Nelson's Creek vervaardig is.

Die doel van dié opleiding is om die vroue toe te rus met kookkunsvaardighede wat hulle eendag kan aanwend vir selfbemagtiging.

Dit woel en werskaf in die kombuisie van Linda Sylvester, waar die vroue (wanneer hulle nie in die olyfboorde werk nie) met White aan die spits die smaakorgane streel.

Dit wissel van pannekoek met seekosvulsel, olyf-en-ui quiche en forel-filette met suurlemoenbotter tot roomys met papawersaad en gebraaide appels gevul met rosyntjies en sultanas asook suurlemoen-meringue.

White vertel met 'n knipoog waar die idee vir die kosskool nou eintlik vandaan gekom het. Hy is 'n chef wat al omtrent oor die hele land sy talente ingespan het en ook al 'n draai op die TV-program "Maak 'n Las" gemaak het.

"Linda se man, Barend, het eenkeer kom inloer by die restaurant waar ek werk. Daarna het hy gereeld vir Linda ook saamgebring en sy het later baie geïnteresseerd geraak in my kookkunstegnieke.

"In November verlede jaar het sy my genader om opleiding aan hulle te verskaf en sedert Maart vanjaar woel dit omtrent!" vertel hy.

Volgens Linda is die arbeiders wat deelneem aan die opleiding, baie opgewonde oor die vooruitsigte.

"Ons het soveel geleer oor kosmaak die afgelope tyd en is geweldig beïndruk met dìt wat Marvin ons tot dusver aangeleer het.

"Ek was nie voorheen juis 'n bobaaskok nie, maar hoe verder die opleiding gevorder het, hoe meer het ek dit begin geniet.

"Ons word geleer dat jy byna niks kos weggooi nie, maar dat alles in die resepte gebruik kan word. Broodkorsies wat byvoorbeeld gewoonlik in die asblik beland, word aangewend vir krummels op 'n skaaptjop," vertel sy ingenome.

Die stoof, mikrogolfoonde, braaipan en die eetgerei is alles aan hulle geskenk en nou word daar gekook en gebraai dat die sous spat.

Om hul toerusting verder aan te vul, beplan hulle om in Augustus en September spesiale etes aan te bied waar die gaste hul eie eetgerei saambring en daarna aan die kosskool skenk.

Die kursus sal na beraming vir 'n jaar duur, waarna White aan elk van die kursusgangers 'n sertifikaat sal oorhandig.

Vir nader besonderhede oor die kosskool en restaurant, bel Linda by 868-2666 of Marvin by 862-8664.

* Workers on a local farm have launched a catering business as part of an empowerment project.


Minister by vroue

[ Top ]


DIE Departement Maatskaplike Dienste bied op 9 Augustus, Vrouedag, 'n program met die tema die regte van die vrou, gesin en HIV/Vigs positiewe persoon by die Colibri saal om 10:00 aan.

'n Ministeriële boodskap sal deur minister Marius Fransman gelewer word om 10:30, gevolg deur 'n inligtingsessie met betrekking tot HIV/Vigs en hoe dit die vrou/gesin beïnvloe,d deur Zelda Fortuin.

Suster M Joyi sal oor die regte van die vrou/gesin/HIV-positiewe persoon praat.

Vir nader besonderhede bel mev Danhouse by by 871-1682 of mev Beukes by 872-0818.


Uitreikspanne opgelei op Wellington

[ Top ]


DIE Prochristo Global Mission het van 8 tot 11 Augustus 'n kursus vir spanlede en -leiers van korttermyn-sendinguitreike by die NG Kerk Wellington.

Hulle toegerus en georiënteer om suksesvol na enige sendingbestemming uit te reik. Bekende en ervare sendingleiers word as dosente aangewend sodat die balans tussen teorie en praktyk verseker word. Die kursusleier is Frans Hancke.

Deelname aan hierdie kursus gee kursusgangers toegang tot en deelname aan 'n nasionale netwerk en internasionale verwikkelinge op die gebied van korttermyn-uitreikings.

Die koste is R150 per fase. Kontak Johan Lemmer 864-2042/873-5834 voor 2 Augustus.


Moeders welkom

[ Top ]


DIE La Leche Liga ondersteuningsgroep nooi alle borsvoedende mammas en ook sommer almal wat borsvoeding ondersteun, om borsvoedingsweek te kom vier tydens hul maandvergadering Woensdag.

Die vergadering begin om 10:00 op die plaas De La Roche. Die onderwerp is die gesonde voeding van mamma en baba. Navrae by Jonette Basson, 872-5297.


Aand vir vroue

[ Top ]


DIE Laerskool Hugo Rust hou Woensdag 'n vroue-aand met Lisbé Visser in die Carel Redelinghuys Sentrum by die Hoërskool Gimnasium in die Paarl.

Die aand begin om 18:30 vir 19:00 en die tema is "Die inspirasie van vrou-wees". Kaartjies is R90 elk en sluit 'n warm 3-gang maal in.

Kaartjies by die skool (873-1598). Bring u beursie saam, daar is verskeie interessante uitstallings.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za