safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 1 August 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 8 August 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Bewustelose man van Paarlberg gered

Malané Bosman

[ Top ]


Wmbberg'n ERG beseerde man het Sondagnag ná 'n motorongeluk meer as twaalf uur lank die reën en ysige koue teen die Paarlberg oorleef.

Die bestuurder van die motor het glo nie besef dat sy passasier met ernstige hoofbeserings tussen die bosse teen 'n afgrond langs die Taalmonumentpad bly lê het nie.

Jerome Julies van die plaas Calais, Klein Drakenstein, het Sondagaand omstreeks 19:00 beheer oor sy motor verloor.

Die voertuig het teen die veiligheidsreling gebots en deur die lug getrek voordat dit sowat 30m verder teen 'n afgrond te

lande gekom het.

George Friesland, 'n vriend van Candicestraat 18, Groenheuwel, het uitgeval. In die donker kon Julies, self gedisoriënteerd, geen teken van sy passasier kry nie.

Hy sê hy het te voet gaan hulp soek en het die aand gehawend by 'n kennis in Courtrai aangekom. Hulle is toe saam met beamptes van die verkeer en 'n uitsleepdiens na die toneel.

NOODREDDING. Paramedici Salmon Douries en Theo Baker (regs) van die Paarl ambulansdiens pas Maandagoggend noodbehandeling toe op die man wat bewusteloos teen 'n afgrond aan die Taalmonumentpad op Paarlberg gevind is. George Friesland, van Groenheuwel, was vroeg Sondagaand 'n passasier in die motor wat nou net 'n wrak op die agtergrond is. Foto: Malané Bosman

Dit was stikdonker en het aanhoudend gereën.

Omdat Julies gemeen het sy vriend het ongeskonde van die toneel weggestap, het hulle besluit om Maandag met eerste lig na die wrak, wat nie van die pad af sigbaar was nie, terug te keer.

Om 08:00 het hulle op die halfbewustelose man tussen die bosse afgekom. Polisiebeamptes en ambulanspersoneel was binne minute op die toneel.

Paramedici was verstom dat die man die nag oorleef het. Friesland is versigtig die sowat 15m met 'n draagbaar tot by die pad gelig voordat hy na die hospitaal gehaas is.

Hy het aan hipotermie gely en is later die middag per helikopter na die Tygerberg Hospitaal vervoer waar hy neurologiese behandeling ontvang.

In 'n rare kinkel, het die ambulanspersoneel Maandagoggend 'n oproep van 'n vrou ontvang wat gekla het oor been- en rugbeserings wat sy die vorige nag tydens 'n ongeluk teen Paarlberg opgedoen het.

Doreen Vermeulen (22), 'n kuiergas by die KPA-kwekery in Suider-Paarl, het vertel dat sy in dieselfde motor was wat oor die afgrond gevlieg het.

Sy is glo ná die ongeluk deur "'n neef wat in die motor was", huis toe geabba.

Daar word nou gesoek na 'n moontlike vierde insittende, 'n vrou, wat ná die botsing verdwyn het.

Paarl speur-insp Anel Swanepoel ondersoek 'n aanklag van roekelose en nalatige bestuur.

* An unconscious Paarl man survived a night on Paarl Mountain following a crash.


Doller as kop-af met voorraadbeheer van Raad

Susan Botha

[ Top ]


IEMAND gaan begin koppe eis, het raadslid Deetlefs du Toit (DA), lid van die finansiële beheerkomitee van die Drakenstein stadsraad, Maandag gewaarsku nadat 'n forensiese ondersoek na munisipale voorrade aan raadslede voorgelê is.

Die finansiële beheerkomitee van die Raad het die verslag terugverwys na die munisipale bestuur om riglyne vir voorraadbeheer neer te lê, voordat dit aan die korporatiewe komitee en stadsraad voorgelê word.

Die verslag is geruime tyd gelede aangevra en volg op bewerings van grootskaalse korrupsie wat verlede jaar gemaak is.

Daar was onder meer beweerde diefstal van sowat 'n miljoen rand se materiaal oor 'n aantal jare by die munisipale store in die Paarl.

Intussen was daar nog twee diefstalle by die Paarlse store, waar sekuriteitswagte van buite-maatskappye betrokke was.

In die eerste voorval, in Desember verlede jaar, was die skade R118 000 nadat 'n sekuriteitswag goedere gesteel en in die proses ook masjinerie beskadig het.

In die tweede voorval was 'n sekuriteitswag nie op sy pos nie en het diewe hulself gehelp.

Die verslag wat Maandag op die tafel was, is deur 'n onafhanklike ouditmaatskappy uitgevoer en 'n breedvoerige verslag met syfers en kommentaar is voorgelê.

Die drie raadslede op die finansiële beheerkomitee, voorsitter Koos Louw (DA), Deetlefs du Toit (DA) en Vincent Naidoo (AFC), het hul kommer oor die verslag uitgespreek.

Raadslid Louw het 'n paar onrusbarende feite uit die verslag gelig. Hieronder is die groot hoeveelheid voorraad wat nie op stelsel is nie, onvoldoende personeel, dokumentasie wat nie beskikbaar is nie en gebreke van die rekenaarstelsel.

Op Wellington is daar ook gevind dat die stoorplek se hek gesluit word, maar daar is 'n gat in die heining.

Raadslid Du Toit sê wat hom veral opgeval het, is die algehele gebrek aan kontrole.

"Ek sê nie dit bestaan nie, maar dit word blatant nie toegepas nie óf dit word gerieflikheidshalwe vergeet."

Rdl Naidoo meen verdere ondersoek is nodig: "Ons kan nie net surplusse en tekorte van mekaar aftrek en dan die resultate aanvaar nie. Dit is nodig dat ons nagaan wie is verantwoordelik. Ons moet kyk na kontrole, swak administrasie en ook die nodige opleiding."

Rdl Louw het sy stem hierby gevoeg en gesê dit is nie aanvaarbaar om alles af te maak as "administratiewe foute" nie.

"Ons sal verder moet ingaan op die saak. Amptenare moet geïdentifiseer en ten minste aangemaan word. Groot surplusse en verskille moet verder ondersoek word. Surplusse maak my banger as 'n tekort," het hy bygevoeg.

Rdl Du Toit se mening hieroor is dat surplusse en tekorte bymekaar getel moet word as daar gekyk word na ongerymdhede. Dit bring die bedrag ter sprake te staan op meer as R790 000.

Items wat nie op register is nie, kon nie nagegaan word nie en sekere goedere is nog steeds nie getel nie, soos die aantal houtpale wat deur die elektrisiteitsdepartement gebruik word.

"Dit bekommer my dat mense die tekortkominge in ons stelsel kan misbruik en hulself verryk," was die kommentaar van munisipale bestuurder Jacques Carstens.

Bestuur sal binne twee weke met aanbevelings na die komitee kom oor beter beheer.

Mense kan die voorsitter van die komitee skakel by 082-706-9377.

* Stock control at Drakenstein Municipality is a cause of concern.


Groot stryd op hande

[ Top ]


SOWAT 10 000 besoekers word Saterdag verwag by die hoofwedstryd van die groot Interskolestryd tussen Hoër Jongenskool en Gimnasium wat Saterdag om 16:00 op die Faurestraat-stadion begin.

Die stryd skop vanmiddag om 12:40 af op Faurestraat-stadion wanneer die laerskole kragte meet. Die o.13A rugbywedstryd is om 19:00, met die Old Boys' rugbywedstryd daarna.

Die meeste rugbywedstryde word Vrydagmiddag daar gespeel, met netbal en meisieshokkie by Hoër Meisieskool.

Vrydagaand word die Groot Brag dinees vir oudstudente van HJS en Gimnasium gehou. Verskeie reüniegroepe is oor die naweek in die Paarl byeen.

Saterdag begin die seunshokkie 08:30 by HJS se Auretstraatveld met die o.19A wedstryd om 10:30.

Die rugby-voorwedstryde op die Faurestraat-stadion begin al 12:00. Kaartjies is vandag en môre by HJS, Gim, Mauritz Uys, Fanie Malan en Pêrel Sport beskikbaar.

Mense sonder kaartjies moet vroeg begin toustaan om nie die hoofwedstryd se afskop mis te loop nie.


Power failure caused by fire

[ Top ]


A POWER failure hit most of the Western Cape on Monday at 12:00 when severe veld fires caused the 765 kV lines running from Mpumalanga towards Cape Town to trip one after the other.

These lines carry a significant portion of power to the Cape Town area.

According to Eskom, the network reacted correctly and separated the Cape network from the rest of the national grid.

As a result, 1800MW of load was automatically shed to stabilise the Cape network which was then supplied only from local generation.

Within ten minutes the Cape network and the national grid were resynchronised, after which the transmission network was restored and load to customers was restored by 14:00.


Tolhek gaan sak ruk

Susan Botha

[ Top ]


SAKELUI en pendelaars in die Vallei begin al meer bekommerd raak oor die beoogde N1 Tolpadprojek.

Heelwat pendelaars maak daagliks gebruik van die N1 tussen Paarl en Kaapstad. Gereken teen dieselfde tarief as die Hugenote Tonnel (R15) sal 'n persoon wat vyf dae per week werk toe en terug moet ry, R600 per maand of R7200 per jaar moet opdok.

Paarl Post het ook met 'n koerierdiens gepraat wat gemiddeld tien keer per dag Kaap toe en terug ry, wat hulle R72 000 per jaar uit die sak gaan jaag.

Hoe groter, hoe duurder natuurlik en dit is veral swaar vragmotors wag gaan opdok.

Een van die groot, plaaslike vervoermaatskappye maak sowat 500 keer per week van die N1 gebruik. Teen die huidige tarief van R96 by die Hugenote tolhek, en sonder enige afslag, kom dit te staan op R48 000 per week, of R2,5 miljoen per jaar.

Intussen gaan die beplanning vir die projek volstoom voort en daar word gemeen dat die voorlopige omgewingsimpakverslag in Augustus beskikbaar sal wees vir openbare insae. Daar sal ook openbare vergaderings plaasvind.

Die stadsraad het besluit om beswaar teen die projek in te dien en ook as fasiliteerder op te tree ten einde besware uit die gemeenskap na die verantwoordelike owerheid te kanaliseer.

'n Woordvoerder van die Munisipaliteit het gevra dat individue en maatskappye gemotiveerde besware aan hulle moet stuur voor 15 September. Waar moontlik moet daar van amptelike briefhoofde gebruik gemaak word. Stuur dit aan Tolpad-besware, Posbus 12, Paarl 7620.


Struikrowers vasgevat op die N1

Malané Bosman

[ Top ]


MOTORISTE sal nou weer in veiligheid op die N1 tussen die Paarl en die Huguenote-tolplaza kan stilhou.

Drie mans is in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hulle motoriste in hul voertuie aangeval en beroof het.

Vrydagaand het twee Kapenaars in hul onklaar vragmotor gesit toe drie mans hulle genader het.

Die voetgangers het die bestuurder vir vuurhoutjies gevra en toe teen die kant van die voertuig opgeklouter, hom met 'n vuurwapen gedreig en sy selfoon geëis.

Die bestuurder het geweier en die selfoon-noodnommer geskakel. Hy en sy passasier moes vlug toe die voorruit met klippe uitgegooi is. Die polisie het hulle na die toneel gehaas. Terwyl hulle besig was om verklarings af te neem, het die bestuurder in die verte gesien hoe 'n man met 'n soortgelyke rooi hemp as dié wat die rower aangehad het, die N1 oorsteek.

Die polisie het die man en sy makkers agternagesit en na 'n wilde jaagtog deur die veld, hulle in hegtenis geneem.

Sheldon Klaaste (18), Jacobus Tempies (20) en Warren Afrika (30), almal van Amstelhof, het reeds in die Paarlse landdroshof verskyn.


No end yet to winter misery

Leigh Reitz

[ Top ]


WurskepIT felt like the special effects for the Hollywood- blockbuster movie "Twister", locals said of the galeforce winds which gusted up to 65 km per hour over the weekend, while winter had the Paarl Valley in an icy grip at the weekend.

For many local residents living in shacks, life is miserable in such conditions. The home of Elsie McGoda (45) of May Avenue in Carterville was converted into one big puddle of water.

McGoda has been on the waiting list for housing for more than 17 years and has developed a kidney problem due to the

WINTER MISERIES. Elsie McGoda tries to keep her bedroom dry, by scooping the water that fills her shack when heavy downpours hit. Pic: Leigh Reitz

cold and wet, she says.

"Some days we are up to our knees in the water. I have six children and two of

them has, developed Tuberculosis because of the wet conditions.

"We are not properly protected against the wind either. When the strong wind blew over the weekend, some of my crockery was blown from the cupboards," she said despondently.

Residents in Franschhoek were not spared the storm either. Houses in the new low cost housing scheme, Mooiwater, that are at different stages of construction, were damaged by the strong wind on Friday night. Newly-erected walls collapsed, while constant rain over the last month has hampered completion of the first phase of the project

In Hoffmann Avenue on Church Square in Paarl, a large section of a rubber tree was violently torn from the trunk on Sunday night. None of the surrounding houses were damaged.

Said resident Tony Boswell of the incident: "It gave us all quite a scare when this huge branch hit the ground in the middle of the night, leaving us sleepless for most of the night."

No other serious damage was reported.

On Sunday 32,6mm rain was measured. For July total precipitation was 182mm and dams are brimful.

The Wemmershoek Dam are measured on 77,5%, with the Voëlvlei Dam on 93,4% and the Nantes- and Bethel Dams respectively on 64,8% and 89,1%.

The total storage of the biggest dams in the Western Cape is currently on 95,8%.

The rainy weather is set to continue on Friday with 15 degrees celcius according to the Weather Office, with a high of 18 degrees Celcius and no rain for today.


Tuiniers nou buurtwagters

[ Top ]


DIT het alles begin met 'n groepie mense wat hul omgewing wou verfraai en vandag spog hulle met hul eie buurtwag.

Agttien gesinne van Begoniastraat in Groenheuwel, Paarl, het sowat twee maande gelede besluit om die munisipale park in hul woonbuurt aan te neem.

Vinnig het die parkie die trots van die gemeenskap en ook 'n veilige speel- en kuierplek geword.

Arlene Krieling, een van die organiseerders, sê dit het hulle só begeester dat hulle besluit het om ook iets aan veiligheid in hul omgewing te doen.

Verlede week het hul nuwe buurtwag, Greenhill Protectors, amptelik begin patrolleer, kompleet met glimhemde en Samson die patrolliehond.

Arlene (868-1426) is as eerste voorsitter gekies.


Bedrieër vas

[ Top ]


DIE oplettendheid van 'n Paarlse polisieman het Vrydagnag 'n man, wat landwyd vir bedrog gesoek is, agter tralies laat beland.

Insp Nardie Groenewald was saam met insp JB de Bruyn by 'n kuierplek in Groot Drakenstein toe hy Deon Hunter (44) herken het van 'n foto wat hy op die televisieprogram, Crime Stop, gesien het.

Die verdagte het die hasepad gekies toe hy besef die inspekteur het hom herken.

Saam met insp De Bruyn het Groenewald die vlugtende man agternagesit, maar daar was van hom geen spoor nie.

Hulle is terug na die kuierplek en het die man ingewag. Toe hy terugkeer, het hulle hom aangehou.

Hunter, oorspronklik van Bellville, was in sy omswerwinge ook op Wellington by 'n ingenieursfirma werksaam. Van die bedrog- en diefstalklagte teen hom is aanhangig gemaak in die Paarl, Stellenbosch, Caledon en Upington.

Hunter word as "ongelooflik glad met die mond" beskryf, wat famililelede uit die geld vir sy moeder se graf kon praat en in ander se naam skuld aangegaan het.

By motorhandelaars is voertuie geleen "om dit aan aandeelhouers te wys", en nooit weer teruggebring nie. Kennisse is met duisende rande verneuk omdat hulle vooruitbetaal het vir "KWV teen 'n goeie prys".

Skakel insp Lubbe by Stellenbosch speurtak, 887-0369 met inligting.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za