|
Twee leerlinge by Windmeul Primêr is drie jaar gelede dood toe hulle op die R44 deur 'n motor raakgery is, terwyl hulle langs die pad geloop het.
Amorine Mentoor (graad 3) was besig om die pad oor te steek en Wilmarie Pietersen (graad 1) wou in 'n afsonderlike voorval weghardloop vir 'n hond, toe hulle doodgery is.
Volgens kommissaris Daniëls gaan dié projek 'n groot bydrae lewer tot die padveiligheid van leerlinge in die provinsie.
"In die meeste ongelukke wat plaasvind, is daar gewoonlik voetgangers betrokke. Daarom wil ek leerlinge aanmoedig om hul padveiligheidsreëls goed te ken en hul "vuurvliegie-moue" te dra.
Daar is ook met 'n kersseremonie hulde gebring aan ontslape leerlinge en onderwysers wat op paaie gesterf het.
* Project Fire Fly armbands wil promote the visibility of pupils on roads. |