safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 2 May 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 9 May 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Lifestyle - Leefstyl


Distrik steun stryd teen Vigs

[ Top ]


wluthDIE burgemeester van die Boland Distriksraad, Clarence Johnson, het verlede week 'n Gesondheidsweek in die Paarl geloods tot steun van organisasies wat Vigs en ander siektes bestry.

Die doel van dié week is om die voorkoms van MIV/Vigs en Fetale Alkohol Sindroom (FAS) te verlaag in die distrik.

Ander inisiatiewe om gesondheid te bevorder is 'n veldtog vir 'n skoon omgewing, 'n landelike gesondheidsdag, 'n optimale voedingsprogram en aksies teen drank- en dwelmmisbruik.

Johnson het onder meer die Luthando sorgsentrum vir terminale pasiënte in Paarl besoek.

'n Bedrag van R100 000 is ook bewillig aan Agapé Vigsondersteuningsgroep wat 'n paar beddens by Luthando het. Agapé

BESOEK. Die burgemeester van die Boland Distriksmunisipaliteit, Clarence Johnson (naasregs) het onlangs die Luthando Versorgingsentrum vir terminale pasiënte in die Paarl besoek. By hom is (van links) dr Joey Cupido (hoofdirekteur van geestelike en streeksgesondheid), Yusuf Patel (Boland Streekontwikkelings- raad), Zelda Fortuin (voorsitter van Agapé), Mike Mgajo (Boland Distriksraadslid) en dr Luis Lannon (Boland Distriksmunisipaliteit).

bestry MIV/Vigsverwante siektes asook Fetale Alkohol Sindroom (FAS).

Johnson beywer hom vir die ondersteuning van Tuberkulose- en MIV/Vigsbestrydingsprogramme in die area.

"In die afgelope twee dekades het MIV/Vigs ons bewustheid binnegedring as 'n onverstaanbare rampspoed. Dit het al tot dusver baie lewens geëis en hou 'n groot bedreiging vir die ekonomie in.

"Meer as 25% van ons jongmense is reeds besmet met dié virus. Tans het 2,4 miljoen mense in Suid-Afrika reeds Vigs onder lede en daagliks word 'n totaal van 1700 mense besmet.

"Die oorsake van Vigs kan direk in verband gebring word met faktore soos armoede, kommersiële sekswerkers, ongeletterdheid, stigma, diskriminasie, migrasie van arbeiders asook 'n tekort aan formele opvoeding," het hy gesê.

Volgens hom is 'n onvoldoende huishouding die beginpunt van armoede: "Families is dikwels té groot, bestaande uit baie kinders sowel as bejaardes en gestremdes.

"Daar is gewoonlik te min geld om in die gesin se alledaagse behoeftes te voorsien. Wanvoeding kom algemeen voor, wat weer lei tot swak prestasie op die skoolbanke.

"Omdat die meeste van hierdie huishoudings in plaasgebiede of plakkerskampe geleë is, is hulle heeltemal geïsoleer van infrastruktuur soos vervoer, skole en mediese fasiliteite en dikwels ook werksgeleenthede. 'n Direkte uitvloeisel hiervan is dan ongeletterdheid."

Hy het mans uitgedaag rondom hulle houdings ten opsigte van vrouens en seks.

"Vroue ly omdat mans in derdewêreld-omgewings vroue slegs as voorwerpe vir hul seksuele bevrediging sien. Baie van hierdie houdings het te doen met kulturele norme en praktyke wat vroue plaas op die onderste trap van die sosiale leer."

Hy het verder gesê dat hy die Kabinet se onlangse besluit ondersteun dat niemand die reg ontsê moet word tot behandeling en die bestuur van hierdie infeksie nie.

"Geen inwoner van die Boland sal weggestuur en nie behandel word nie, ongeag hulle MIV-status. Die verskaffing van medisyne aan Vigslyers om infeksies soos TB en meningitis te bestry, is noodsaaklik.

"Die plaaslike regering moet die behandeling moniteer om die kritiese doelwitte van die Boland Distriksmunisipaliteit te bevredig."

* The mayor of the Boland District Council has launched a health drive against HIV/Aids in the Paarl Valley.


Huisdiere ingeënt teen hondsdolheid

[ Top ]


ALLE honde en katte in en om Wellington gaan van Maandag 6 tot Vrydag 10 Mei gratis ingeënt word teen hondsdolheid.

Die veldtog word deur die afdeling veeartsenydienste van die Departement van Ekonomiese Sake, Landbou & Toerisme geloods, en volg nadat daar verlede jaar 'n voorval van hondsdolheid in die Malmesbury distrik was.

Hondsdolheid is 'n dodelike virussiekte van alle warmbloedige diere, insluitend die mens.

Die virus kom in die speeksel van die besmette dier voor en word oorgedra deur 'n bytwond.

Besmette diere se gedrag verander duidelik. Die dier mag skielik terughoudend voorkom, liefdevol, rusteloos, geïrriteerd, 'n abnormale seksdrang of 'n eetlus vir vreemde voorwerpe ontwikkel. Die dier kan begin kwyl en verlamming van die onderkaak en keel, wat die slukproses bemoeilik, kan voorkom.

Simptome van hondsdolheid by mense kan binne een week tot ses maande na kontak voorkom.

Die algemene tekens is hoofpyn, geïrriteerdheid, angstigheid, ligte spierpyne, koors en vomering. Later word die stem hees, dis moeilik om te sluk en oormatige speeksel vorm.

Dit word gevolg deur krampagtige sametrekkings, vrees vir water en verlamming. Eindelik is daar tekens van verstandelike versteurdheid, waarna die persoon sterf.

By die mens kan die siekte voorkom word indien die persoon onmiddellik behandeling ontvang na blootstelling.

Hondsdolheid kan suksesvol beheer word indien alle huisdiere van drie maande en ouer gereeld geënt word.

Die inentingsveldtog op Wellington begin Maandag met 'n kliniek vir Berg- en-Dal, Ranzadale en Uitsig van 12:00 tot 18:00 by die Munisipale Gesondheidsafdeling.

Dinsdag kan mense van Highfield, Onverwagt, Lady Loch en R44 hul diere tussen 12:00 en 18:00 na die gesondheidsafdeling neem. Dinsdag van 12:00 tot 18:00 word diere van Newrest, Carterville en Oliver Tambo ook ingeënt by die Safmarine Gemeenskapsentrum.

Woensdag kom Ghost Town en Champagne Uitbreiding aan die beurt van 08:00 tot 12:00, terwyl Newton-Oos en Diemersfontein hul diere van 12:30 tot 18:00 na die Newton kliniek kan neem.

Donderdag 9 Mei word diere van Newton-Wes, Vanwyksvlei, Weltevrede en 1068 Fase 1 van 12:00 tot 18:00 by die Safmarine gemeenskapsentrum ingeënt.

Die veldtog eindig Vrydag 10 Mei met inenting vir diere van Hillcrest (Peyton), Somchem en 1068 Fase 1&4 van 08:00 tot 16:00 by die Hillcrest Kliniek.

Alle verdagte gevalle by diere moet onmiddellik onder die aandag van die staatsveearts, dieregesondheidstegnikus, gesondheidsbeamptes, polisie of 'n landdros gebring word.

* 'n Soortgelyke veldtog word vir later vanjaar in die Paarl beplan.


Blydskap oor boeke

[ Top ]


SEDERT die opening van die nuwe biblioteek in Vanwyksvlei is die daaglikse kattekwaad sommer heelwat minder, so sê Melvin Apollis, 'n dankbare ouer van die buurt. 

Binne die biblioteek gons dit behoorlik soos in die spreekwoordelike byekorf. By gerieflike tafels word daar fluks navorsing gedoen en in ander hoekies word daar met groot ontsag gelees en deur boeke geblaai. 

Die nuwe biblioteek het 'n groot behoefte vervul veral vir diegene sonder vervoer wat eers al die pad dorp toe moes sukkel om daar van die biblioteekgeriewe gebruik te maak.

Benewens die algemene vertrek waar boeke uitgeneem word, is daar ook nog 'n ruim studielokaal waar leerders in stilte kan werk, 'n werkslokaal vir biblioteekpersoneel en kantoorruimte.


Celebrate Hospice Week

[ Top ]


THE Paarl Hospice will be holding an information morning at the Drakenstein Library in Paarl East on Tuesday at 10:00. The talk will explain all aspects of Hospice work.

This is part of Hospice Week that takes place next week, from Sunday 5 to Sunday 12 May.

Anyone hoping to become a volunteer will benefit from attending the talk. For more information phone the Hospice office at 872-4060.

During Hospice Week a number of local businesses including coffee shops, restaurants, pizza take-aways and hairdressers will donate part of their income to Hospice.

Paarl Hospice celebrates Hospice Week by serving tea on the front verandah of their office in Main Street daily from 09:00 to 12:00 today and tomorrow.

The public are invited to tea and to hear more about Paarl Hospice.


Geestelike ontwikkeling

[ Top ]


WAT is EDS? Dit is die toerusting, opleiding en ontwikkelingsprogram (Equipping and Development School) wat aangebied word deur Revival Christian Ministries in die  Paarl om mense persoonlik en geestelik te ontwikkel en toe te rus vir dienswerk.

Die program begin vanaand in die Padvindersaal in Klein Parys en word elke Donderdagaand van 19:30 tot 21:00 aangebied vir ses maande, waarna 'n sertifikaat toegeken word.

Modules sluit in leierskap, geestelike groei en dissipelskap. Die koste is R10 per maand en sluit notas in. Navrae by Herbert en Annie Mulondo van Revival Christian Ministries by 072-151-0495.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za