|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
'n JONG Franschhoeker het Sondag 21 April in 'n tragiese ongeluk in Duitsland gesterf. Michelle Jefthas (20), dogter van Minnie Petersen van Jafthasingel 24, het in 1998 aan Groendal Sekondêr gematrikuleer, waarna sy in Duitsland gaan werk het as au pair. Sy het later by 'n hospitaal gaan werk, waar die ongeluk gebeur het. Haar liggaam is verlede week in Duitsland veras en haar moeder keer vandag terug na Suid-Afrika met die as. Die roudiens is Saterdag om 10:00 in die Nuwe Apostoliese Kerk. Michelle laat haar ouers, suster en broer agter. |
|
|
|
|
ONS straat is nou 'n hegte gemeenskappie, dit is wonderlik. Só vertel Arlene Krieling van Groenheuwel oor die opwindende projek wat agttien gesinne saamsnoer in 'n poging om almal se lewenskwaliteit te verhoog. Dié groep mense in die omgewing van Begoniastraat, Groenheuwel in Paarl-Oos, het gehoor van die Munisipaliteit se versoek dat die publiek parke in hul omgewing moet aanneem en help met die opgradering daarvan. En so is Begoniapark gebore. Waar daar eers net 'n vaal stuk grasland met 'n verwaarloosde bankie was, is daar nou 'n miernes van bedrywighede. Jonk en oud het gehelp om te plant en te verf - van die klippe om die bome tot die naam op 'n muur. Die plante word deur die munisipale kwekery geskenk en die water word ook deur die munisipaliteit voorsien. "Ons kan selfs vra vir hout om bankies en speelapparaat van te maak," vertel 'n opgewonde Arlene. Die Munisipaliteit sny ook die gras en snoei die plante. "Al wat ons hoef te doen, is om nat te spuit, dit skoon te hou en mooi te maak," vertel sy. Hulle het 'n rooster opgestel vir dié takies en daaruit het nou allerlei ander gemeenskapsbehoeftes gespruit. "Ons gaan een van die dae 'n straatbraai hou om ons park te vier en dink ook daaraan om 'n buurtwag te begin." Die inwoners van Begoniastraat het ander gemeenskappe uitgedaag om hul voorbeeld te volg en dink ook dit is 'n blink plan dat die stadsraad 'n kompetisie vir die gemeenskapsparke instel. * Residents of Begonia Street in Paarl have "adopted" their local municipal play park. |
|||||
|
|||||