safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 2 May 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 9 May 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Sport


wsafariGET SET. A field of 5500 athletes competed in the 15th SAD Safari Halfmarathon which was held in Wellington on 1 May, while 3400 runners entered the 10km race and 2000 athletes took it easy in the 5km run. Pic: Leon Steenkamp


Paarl spog met Juniors

Leon Steenkamp

[ Top ]


wmongGEMEET aan die sukses wat sy atlete die afgelope seisoen behaal het, is dit nie meer lank voor die Boland met 'n string Olimpiese sterre spog nie.

Monique Balsamo is een van die Paarl atlete wat tans 'n droom-seisoen beleef. Dié Paarl Gimnasium atleet het Saterdag tydens die SA Junior Atletiekkampioenskappe op Bellville Stadion nog vier medaljes by haar reeds groot versameling gevoeg.

Balsamo, wat in die 400m hekkies spesialiseer, het met 'n tyd van 59,14s

GOEIE VORM. Monique Balsamo in aksie. Foto: Pieter van der Vyver

die item gewen. Sy het ook 'n bronsmedalje verower in die 100m hekkies (14,06s).

Balsamo wat vir die Bellville Atletiekklub hardloop, het WP verteenwoordig en goud gekry as lid van die 4x100m aflosspan asook 'n bronsmedalje vir die 4x400m item.

In Boland se kleure het nog 'n Gimmie, Claude-Marie du Toit, goud ingepalm in die hamergooi vir vroue o.20 met 'n afstand van 44,81m. Dit was ook haar persoonlike beste.

Marné van der Burgh van La Rochelle het die byeenkoms op 'n laagtepunt afgesluit. Sy is verhoed om haar derde sprong op die hoogte van 1,85m te spring nadat sy aanvanklik gediskwalifiseer is.

"Marné het in die twee minute rustyd voor haar derde sprong op die hoogspringmat gesit. As jy dit buite die rustyd doen, breek jy die lyn en tel dit as 'n sprong.

"Toe hulle Marné se nommer roep en sy begin regmaak vir haar derde sprong, het die beampte haar meegedeel dat sy gediskwalifiseer is. Sy het appèl aangeteken en nadat die kwessie by die appèltafel bespreek is, het die skeidsregter gesê dat Marné reg is," verduidelik die atleet se ma, Marna.

Van der Burgh kon ná die mans se hoogspringitem haar derde sprong neem, maar het daarteen besluit.

"Dit sou eers 'n uur-en-'n-half later wees en dan is jou konsentrasie en adrenalienvlakke nie meer so ingestel nie," sê Marna van der Burgh.

Marné het ook sukses behaal in die 100m hekkies vir vroue o.20 deur tweede te eindig in 'n tyd van 13,90s. Dit was ook die eerste keer dat sy die senior hekkiehoogte van 84cm gehardloop het.

Van der Burgh was ook deel van die Boland aflosspan wat derde geëindig het in die 4x100m item.

Nicole Marais, ook 'n Larrie, was verheug met haar persoonlike beste tyd van 2:09,06 in die 800m wat haar 'n silwermedalje be-sorg het.

Van der Burgh, is in die SA span opgeneem wat op 18 en 19 Mei in Windhoek, Namibië aan die Suidelike Streek Jeugkampioenskappe gaan deelneem.


New Orleans weer seweskampioen

[ Top ]


DAAR was geen keer aan die vlugvoetigheid van New Orleans Sekondêr se spelers tydens Saterdag se Chester Williams Klein Nederburg Sewestoernooi nie.

Sowel die A en B spanne van New Orleans het die een span na die ander vertrap in sy opmars na die plaat- en bekereindstryde.

New Orleans B het met 'n effense struikeling begin deur 15-5 teen Klein Nederburg Sekondêr te verloor. In hul volgende wedstryd ryg hulle egter ses drieë in en klop Noorder-Paarl 38-5.

Charleston Hill A was egter die ander krag in die toernooi en hulle klop New Orleans B 17-0.

Laasgenoemde wreek hulle egter op Charleston Hill se tweede gekeurdes in die plaat-halfeindstryd en wen 17-10.

Veggees

In 'n aanskoulike plaateindstryd toon Langunya, 'n span van Khayelitsha, baie veggees teen New Orleans. Met die eindsirene wat reeds gelui het, druk die span van die Kaap sy vierde drie en slaag met die doelskop om naelskraap 27-24 te verloor. New Orleans druk vyf drieë en slaag met twee doelskoppe.

Dit was die algehele oorheersing deur New Orleans se A-span wat met Langunya (43-0), Paulus Joubert (24-10), Charleston Hill B (32-7) en in die halfeindstryd met Klein Nederburg (27-7) afgereken het.

Die eerste span van Charleston Hill se statistiek vir die dag was net so indrukwekkend, met seges oor Noorder-Paarl (25-0), Klein Nederburg (17-7), New Orleans B (17-0) en in hul halfeindstryd oor Paulus Joubert (22-12).

Oorheers

Die entoesiastiese toeskouers was reg vir 'n uithalerstryd. Uit die staanspoor het dinge gelyk verloop met die telbord wat wipplank gery het.

Maar dit was New Orleans wat in die tweede helfte die gapings op reëlmaat begin oophard-loop het. Hul vier drieë teenoor die twee van Charleston Hill het hulle die wedstryd 26-12 en die trofee vir die tweede keer besorg.

Vir New Orleans het Johannes Diedericks, Hilmore Paulse, Waylen September en Auben Nomdoe gedruk. Delwayne Cornelissen het drie doelskoppe oorgesit. Diedericks is ook as speler van die toernooi aangewys.

Luantion Abelse het twee keer vir Charleston Hill gedruk en John-Lee Nortjé het een verdoel.

Die meisies van New Orleans het ook nie agterweë gebly nie en het die netbaleindstryd gewen.


Boland kies netbalspanne

[ Top ]


DIE Boland-netbalspanne vir 2002 is pas aangewys na die finale proewe wat verlede week in die Paarl gespeel is.

Die spanne sal deelneem aan die MTN Suidelike Toernooi op 6 en 7 Junie op Stellenbosch asook die SA Nasionale Kampioenskappe in Julie.

Sowel die A en o.21-span het heelwat van verlede jaar se ervare spelers, terwyl die B-span 'n goeie kombinasie van jong en ervare spelers het.

Nuwelinge in die eerste span is Rose Wolmarans, voorheen van SWD en tans ook in die Tornado-span, en Marlene Koert, wat verlede jaar Boland B verteenwoordig het.

Die 20-jarige hulpdoel, Mari van der Westhuizen, toon baie belofte en sal saam met Nita van der Westhuizen en Sandra Conradie (foto) die verantwoordelikheid dra om die punte aan te teken.

Die spanne is: Boland A Sandra Conradie (Prl), Nita van der Westhuizen (Oud-Maties), Mari van der Westhuizen (US), Dianthea Thyssen (Prl), Leana Lourens (Prl), Liezel Wium (US), Rose Wolmarans (Prl), Marlene Koert (Prl), Thora van Zyl (Prl), Mabel van der Vyver (Oud-Maties), Julene Meyer (US).

BOLAND B M Beukes (Prl), Christelle Taylor (Prl), Mia Burger (US), Mine Muller (US), Christelle Kemp (US), C Jonkers (Well), Juanita Muller (Oud-Maties), Rihanna Steenkamp (Tech Well), Nicolene Wasserman (Oud-Maties).

* Die Boland o.19 netbalspan het van 27 April tot 1 Mei aan die SA o.19 kampioenskappe in Nelspruit deelgeneem.

Charlene Samuels wat vir die Wellingtonse klub Counties speel, is deel van die span. 


Peoples lyk beter teen Hamlets

[ Top ]


NA sy swak vertoning teen Albions het Young Peoples Saterdag op Gardenspark op al sy silinders gevuur toe hy die gedugte Hamlets met 29-13 geklop het.

Peoples het in die proses weer 'n waardevolle bonuspunt ingepalm.

Peoples het van die afskop af verwoed aangeval, maar hardkoppige verdediging het hulle daarvan weerhou om in Hamlets se doelgebied te gaan kuier.

Die tuisspan het wel in die 25ste minuut eerste punte aangeteken toe die nuweling-losskakel, Andrew Victor, met 'n strafskop slaag.

Die wedstryd het daarna gelykop verloop en die rustydfluitjie blaas op 10-10.

In die tweede helfte het Hamlets die voortou geneem ná 'n suksesvolle strafskop. Dit was egter die laaste stukkie konstruktiewe spel.

Peoples het 'n paar mooi bewegings op tou gesit en die manne van Mamre behoorlik flou gehardloop.

Vir die Tiere het Jody Davids (vleuel), Giezler Sitzer (senter), Geoff Paulse (agtsteman) en Charles Booysen (vleuel) drieë gedruk, met Victor wat drie verdoel en met 'n strafskop slaag.

Peoples B en C verloor onderskeidelik 15-10 en 36-0.

Peoples kom Saterdag voor sy grootste toets tot dusver te staan wanneer hy vir Silvertree op Mitchell's Plain pak.

Die bus vertrek om 11:00 van Groenheuwel.

* 'n Twyfelagtige drie deur Young Stars het Young Gardens Saterdag op Groenpunt in die laaste 12 minute van die wedstryd met 30-18 uit die water geskiet.

Randall George en Nico Fertyn druk drieë. George slaag ook met 'n doelskop en twee strafdoele.


Paarl Brodie span steeds onoorwonne

[ Top ]


DIE vierde rondte van die Brodie Liga gholfkompetisie wat Saterdag op Kuilsrivier gespeel is, het goed afgeloop vir die span van die Paarl.

Sy gelykop uitslag teen Stellenbosch B en 'n oorwinning van 5½-2½ oor Porterville B, beteken dat Paarl na ses wedstryde nog nie een nederlaag gely het nie.

Jan Vorster en Karel Cupido was weer waardevol vir hul span deur albei hul wedstryde te wen.

Jan Hanekom, terug na 'n besering, en Herman en Clive Fredericks het elkeen een gewen en een gehalveer terwyl Cassie Viljoen een wedstryd gewen het.

Paarl het met 'n gemiddelde voorgee van 7 'n opdraande stryd gevoer teen veral Stellenbosch, met 'n gemiddelde voorgee van 10,3. In totaal moes Paarl 26 houe aan Stellenbosch afgee.

Die span het dus goed gedoen om nogtans die wedstryd te halveer.

Die vyfde rondte vind op 11 Mei op die Paarl-baan plaas wat beteken dat die span 'n loslootjie het.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za