|
|
 |
 |
|
People - Mense |
|
Goeie graffiti |
 |
Malané Bosman |
 |
|
|
 |
ELKE oggend (as dit nie reën nie) is Joseph de Beer op sy fiets, met sy kannetjies verf en sy sjabloon in 'n oranje kis voor die handvatsels.
Joseph word soos 'n beroemde kunstenaar verwelkom as hy die buurte van die Paarl intrap. Dis immers sy kwas wat die strate name gee waar dit afgeskilfer of afgeskraap is. |
|
|
 |
Die man met die groot glimlag het vier jaar lank gesorg dat die Paarlse straatname mooi in groen en wit die randstene van sypaadjies versier.
Tot 2000, toe die Munisipaliteit besluit het daar sal nie meer name op grondvlak wees nie, net bo in die lug op pale.
Van dié ingewing het nie veel gekom nie, want eerstens is dit baie duur, en tweedens word so baie paaltjies beskadig dat daar ewe veel aan herstel as aan nuut inplant spandeer word.
Vanjaar het die inwoners en nooddienste in alle erns begin kla. Die straatname is nie meer leesbaar nie en kritieke minute gaan verlore wanneer ambulanspersoneel aanwysings na 'n noodgeval moet vra.
Die Munisipaliteit het besef sonder Joseph en sy kwas kon hulle nie langer klaarkom nie.
En van Februarie af trap Joseph weer elke oggend van sy woning in Amstelhof tot by die munisipale strate-afdeling se depot in Distillerystraat.
Daar klok hy in, kry sy blikke wit en swart emaljeverf, sy lappe en sy kwaste en sy sjablone, en dan ry hy met sy fiets van straat tot naamlose straat.
As hy die dag met straatname in Wellington, Gouda en Saron doenig is, word hy soggens fiets en al daar afgelaai, en saans weer opgelaai.
Vra mens vir Joseph hoekom hy juis verf as sy beroep gekies het, dan antwoord hy sonder aarseling: "Ek haal my hoed af vir verf."
Joseph, die nooddienste, die inwoners en die kuiergaste aan Drakenstein, haal hulle hoed af vir jou.
* A signwriter who gets around on his bicycle has a full time job just keeping local street signs in order. |
 |
|
 |
Franschhoek missionary dies |
|
|
 |
|
 |
A WELL-KNOWN Franschhoek missionary, Thinus Visser (43), died in a crash in the Northern Cape on Saturday morning. His wife and one of their two children were seriously injured.
The family, originally from Pretoria, lived in Wolseley before moving to Franschhoek five years ago, where Thinus and his wife Hester worked for the Amos Farm Ministry of the NG Church.
For the move to Zambia they sold all their furniture and gave away their pets, as they could only take a small trailer with their belongings for the new chapter in their lives.
Last Friday they departed northwards to the mission station of Masaiti in Zambia, where Thinus would be in charge of maintenance, while Hester, a trained nurse, would assist in the clinic.
In the crash on Saturday morning, Thinus died on impact, while Hester sustained serious shoulder, rib, hip and knee injuries.
Their daughter Mariëtte (15) broke her wrist and has neck and head injuries.
Her sister Ria (14) was not hurt and managed to stop a passing car for help. She is staying with a pastor in Kimberley.
Both girls attended Stellenbosch High.
As the couple was married in community of property, the bank account has been frozen.
Anyone who wishes to make a financial contribution, can deposit funds in the bank account of the Franschhoek NG Church (3760580014) at ABSA bank (branch code 335-310).
Funeral arrangements are still uncertain. |
 |
|
 |
Drieë-droom vir Gim-bok |
|
|
 |
|
 |
HY was maar altyd 'n woelige mannetjie, en Marius Joubert se ouers het hul hande vol gehad met sy manewales. Maar Saterdag het die trane gerol oor sy drieë-droom teen die All Blacks.
Gideon en Lucille Joubert van die Paarl is erg trots op hul jongste spruit, Suid-Afrika se nuutste rugbyheld, nadat hy Saterdag die tweede Springbok geword het wat drie drieë gedruk het teen die Kiwi's.
Toe Marius se mense Sondag uiteindelik tussen al die oproepe en gelukwensinge met hul seun kon praat, het hy vertel hoe "great" die oomblik was, maar sy spanmaats die eer vir die goeie wedstryd gegee.
"Marius was vier toe hy so 'n swart plastiek-motorfietsie gehad het. Sy kop was hoeveel keer stukkend geval," onthou sy pa hierdie week breëbors in die Jouberts se huis in Vrykyk.
Later het hy 'n BMX gekry, met streng voorwaardes dat hy net op die erf mag ry.
Dit was egter nie lank nie of hy het die fiets se vurk skoon afgeval by die kerk se bulte teen die Hoofstraat.
"En hoe het ek nie ge-ys vir die vensters as die twee seuns voor die huis rugby gespeel het nie," onthou sy ma.
"Marius was altyd nog 'n moeilike mannetjie met rugby. Selfs op laerskool, as hy die bal in die hande gekry het, was daar pêre."
Gideon het self sy ding op die rugbyveld gedoen, jare gelede as vaskopstut.
Sy ouers was met elke wedstryd langs die veld, en het Saterdagmiddae hees by die huis gekom van die aanmoedig.
Marius het ook vir sy skool geswem en krieket gespeel, en was 'n 100m en verspringatleet om mee rekening te hou.
Marius was bevoorreg, sê sy pa, want altwee jare wat hy die Interskole-wedstryde vir Gimnasium Hoërskool se eerstespan teen Hoër Jongenskool gespeel het, was hy aan die wenkant.
Saterdag het sy ouers oor die televisie gesien hoe hul seun by Ellispark opdraf.
"Sy ma bid vir hom," het ma Lucille gesê.
"Ek het net gevra dat hy 'n goeie wedstryd het, en dalk een drie druk. En toe druk hy sowaar drie!
Marius is slegs die tweede Springbok wat dié prestasie kon behaal. Die legendariese Springbok-vleuel, Ray Mordt, het in 1981 ook 'n drietal teen die Kiwi's gedruk.
"Die trane het Saterdag gerol van trotsheid," beaam sy suster Lizette.
"Ek wou so graag 'n sussie gehad het, maar toe kry ek nog 'n boetie. Ek het lekker pop gespeel met hom. Hy het hom die aantrekkery en mooimaak maar gedweë laat begaan".
Sy broer Deon het self 'n barshou as agsteman vir Gim se eerstespan gespeel en het die wendrie gedruk teen Boishaai se "dream team" van 1992.
Deon is die rustige een, meen sy ouers. Marius sê elke nou en dan hy moet eers 'n afspraak maak met Deon, en dan word raad gegee en moed ingepraat.
Pa Gideon was al die jare werksaam by die paaie-afdeling Boland distriksraad en ma Lucille het steeds 'n woelige kroos, Hoër Meisieskool se nasorg-groepie.
"Ek geniet elke wedstryd," sê Gideon.
"Vir ons die wonderlikste van ons kind - hy is nog altyd dieselfde Marius," sê die ouers van die woelige Springbok buitesenter.
* Local Springbok rugby player Marius Joubert had a dream game scoring a hat trick against the All Blacks on Saturday. |
 |
|
 |
Onderwyseres oorlede |
|
|
 |
'n BEKENDE leerkrag van Our Little People kleuterskool in die Paarl, Janet Riffel (56), is verlede Donderdagmiddag na 'n beroerte oorlede.
Sy was sedert 1972 verbonde aan Our Little People en haar kollegas beskryf haar as 'n baie opgewekte, hardwerkende mens wat werklik omgegee het vir kinders en haar kollegas.
Leemte
"Ons gaan haar mis, veral in die voorskoolse onderrig, waar sy 'n leemte laat wat moeilik is om te vul."
Janet laat haar man, Charles, haar moeder, skoonmoeder, drie broers, 'n suster, 'n dogter, twee seuns en drie kleinseuns agter.
Die begrafnis is Saterdag om 09:00 by die huis en om 10:00 uit die Bethel Cong. Kerk.
* A local teacher has died of a stroke. |
 |
Vier geslagte saam |
|
|
 |
|
 |
VIER geslagte in een huis is lekker, veral as jy jou negentigste verjaarsdag vier. So sê Maria Fourie van Noorder-Paarl.
Fourie sê ondanks haar hoë ouderdom woon sy gelukkig saam met haar dogter, Petro Wyndham, en dié se man, in die woning van haar kleindogter, Jenny Wepener in Hendrikastraat, en dié se twee kinders.
Alhoewel sy permanent aan 'n rolstoel gekluister is, is dit vir haar dogter en kleinkind geen probleem om na haar om te sien nie.
Gebore in Bethel op 13 Julie 1914, was Maria die jongste van tien kinders.
Sy het as jong meisie gewerk as verkoopsdame en gedurende haar huweliksjare as matrone by die Rooi Kruis-hospitaal en by 'n inrigting vir gestremdes, op Randfontein.
Sy is in April 1939 getroud met Johannes Fourie en daar is twee kinders uit die huwelik gebore.
In Augustus 1971, na haar man se dood, trek sy in by haar dogter en dié se man in Springs en agt jaar gelede het aldrie verhuis na die Paarl om by die Wepeners in hul groot huis te woon.
"Ons noem vir ouma Maria eintlik Ouma Liedjies omdat sy altyd vir ons gesing het toe ons klein was," sê Jenny, wat sê die vier geslagte woon lekker saam. Die jongstes in die huis is Renier (9) en Simone (8).
Ouma Maria skryf haar gesondheid toe aan die genade van die Here en die feit dat haar familie saam bid en vertrou in die geloof.
Sy sê dat die moderne lewe so gehaas is, dat sy maar sukkel om by te hou.
"Daar is nie meer tyd vir dinge doen nie en geld is nie meer wat dit was nie. Ek kon destyds 'n hele skaap koop met sewe sjielings en ses pennies."
Wat Maria vandag wel waardeer, is moderne toerusting soos mikrogolfoonde en yskaste wat die lewe soveel makliker maak.
"Medisyne is baie meer gevorderd en dokters is baie slimmer."
Indien daar enigiets is wat sy sou wou verander, sou dit wees dat sy saam met haar oorlede man 'n lang toer met die woonwa sou wou aanpak om die land te sien.
Haar familie is haar grootste steunpilaar en omdat hulle saam aanbid, skenk dit haar soveel vreugde.
* Four generations happily share a house in Paarl North, with the oldest member celebrating her 90th birthday. |
 |
|
 |
Ter ruste ná 105 jaar |
|
|
 |
VIR 105 jaar het Annie Truter se lewenslus haar familie en vriende verbly. Saterdag is sy ná 'n kort siekbed in die Silwerkruin ouetehuis op Wellington oorlede.
Mev Truter het tot verlede maand nog graag gaste ontvang en gesels, al het haar verswakte gehoor teruggesels moeilik gemaak.
Sy het nog self koerant gelees en in alles en almal om haar belang gestel.
Vroeër vanjaar, met die 105ste viering van haar verjaardag op Valentynsdag, het mev Truter geglimlag dat die kreukelplooie haar oë toeknyp en haarself gereed verklaar om haar ou vriendinne weer te sien.
"Ek wonder hoe dit met Ragie (Vos) gaan," het sy gelag.
"Dis lekker hier op aarde, maar ek glo as 'n mens eers in die hemel is, wil jy nie weer terugkom nie."
Sy word oorleef deur haar seuns Daantjie van die Paarl, Thys van Durbanville, Quintus van Johannesburg en dr Helius Truter van Wellington.
Die gedenkdiens is gister in Silwerkruin gehou, waarna sy op Hopefield ter ruste gelê is. |
 |
Bekende Wellingtonner sterf |
|
|
 |
|
|
'n BEKENDE Wellingtonner het verlede week gesterf toe hy langs sy vragmotor raakgery is.
Tinus Stemmet (50) van Genl Hertzoglaan was voorheen werksaam by die paaie-afdeling van die munisipaliteit en die afgelope vyf jaar eienaar van Stemmet Vervoerdienste.
Hy was op die N7 onderweg toe hy uitgeklim en deur 'n tref-en-trapbestuurder raakgery is.
Sy vrou, Monica, het 'n oproep gekry van 'n motoris wat gesien het hoe 'n wit paneelwa uitgeswenk het en hoe 'n figuur rol en toe teen sy vragmotor gaan sit. Hy het gestop om hulp aan te bied en Monica van sy selfoon geskakel.
"Tinus het vir my gesê hy het gestop en uit die vragmotor waarmee hy sand en klip afgelewer het, geklim. Hy is raakgery en kon nie asem kry nie," het Monica gesê.
Hy is per ambulans na die hospsitaal geneem, waar hy aan inwendige beserings gesterf het.
"Tinus het nooit kwaad in enigeen gesien nie," het sy hartseer gesê. "Hy was altyd vrolik."
Stemmet word oorleef deur sy vrou en seuns Pierre (27) en Wynand (22), skoondogters en 'n kleinkind. Die gedenkdiens was Dinsdag in die NG Moederkerk, Wellington. |
|
|
|
 |
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
|