safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 19 August 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 26 August  2004 at 17:30

Aida

Youth - Jeug


wgirlsFC

AFGEROND. Die dansgroep van New Orleans Sekondêr het ondanks die modderige veld en reën die toeskouers met groot entoesiasme vermaak tydens die Derby teen Klein Nederburg Sekondêr. New Orleans het 8-0 gewen.


Bokke by banket

[ Top ]


'n GROOT sportbanket word Woensdagaand deur Klein Nederburg Sekondêr aangebied by die Huguenot Gemeenskapsaal.

Brian van Rooyen (president van SARVU) is die spreker, en die geleentheid sal bygewoon word deur Springbok-rugbyspelers en bestuurder Arthob Petersen. Onder die eregaste tel Quinton Davids, Breyton Paulse, Bolla Conradie, De Wet Barry, Schalk Burger, Marius Joubert, Chester Williams, Eugene Francis asook renjaer Sarel van der Merwe.

Kaartjies vir die banket teen R100 per persoon is beskikbaar by die skool (862-2720).

* A number of Springbok rugby players will attend the sports banquet of Klein Nederburg High in Paarl on Wednesday.


School opened by minister

[ Top ]


THE Ihlumelo Junior Secondary School was recently officially inaugurated by the provincial minister of education, Cameron Dugmore.

The spacious hall of the new school was packed with guests for the big event, at which the school choir also performed.

The school opened in 2001 on the grounds of Mbekweni Primary and has sunce grown to 1200 learners from grades seven to nine, with 35 teachers.

 The school  lacks sportsfields and a laboratory.

At the event, Cameron Dugmore, committed himself to facilitating the provision of computers at the school. He said that within the next two to five years, sportsfields would be built.


Expo vir Wetenskap

[ Top ]


DIE vindingrykheid van die Paarl se ontluikende jong wetenskaplikes en tegnoloë word op 26 en 27 Augustus uitgestal wanneer die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes plaasvind op Stellenbosch.

Dit word in die sentrum van die Paul Roos Gimnasium aangebied, in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch se Instituut vir Wiskunde en Wetenskap Onderwys (IWWOUS) en die Fakulteit Natuurwetenskap.

Die uitstallings is oop vir die publiek van 11:00 op Vrydag 27 Augustus.

Die wenners uit die streek, wat skole van die Weskus, Swartland, Overberg en Boland insluit, sal medaljes ontvang en deurdring na die nasionale eindrondte later vanjaar in Pretoria. Spesiale kontantpryse is ook in sekere kategorieë op die spel.

Die Paarl word besonder goed verteenwoordig by vanjaar se kompetisie, met talle hoër- en laerskole wat ingeskryf het.

Dit sluit in Al Azhar, Amstelhof Primêr, Bergrivier Sekondêr, Dalweide Primêr, Ihlumelo Junior Sekondêr, La Rochelle Hoër, Langabuya Primêr, Mary Help of Christians, New Orleans Sekondêr, Nederburg Primêr, Orleansvale Primêr, Paarlzicht Primêr, Paulus Joubert Primêr en William Lloyd Primêr.

Ongeveer 200 uitgesoekte projekte oor 'n wye verskeidenheid van onderwerpe wat gedoen is, word uitgestal.

Hulle ding in 24 kategorieë mee, wat onder meer fisiese of chemiese wetenskappe, tegnologie, innovering en elektronika, dier- of plantwetenskappe, klimaatsveranderingstudies, mediese en gesondheidswetenskappe, landbou, voeding, wiskunde, rekenaarwetenskappe en sosiale wetenskappe insluit.

Onder meer sal daar innoverende nuwe apparaat of tegnieke te sien wees wat vir die mensdom bruikbaar is of in 'n bepaalde behoefte voorsien.

Klem word gelê op die wyse waarop leerders op 'n wetenskaplike manier hul eie navorsing met behulp van vraelyste, eksperimente, onderhoude, waarnemings of foto's gedoen het. 

Die beoordelaars sal onder meer kyk hoe wetenskaplik die projek aangepak en afgehandel is, die kreatiwiteit en oorspronklikheid wat ingespan is met die keuse van 'n onderwerp, asook hoe die projek met behulp van hulpmiddels soos plakkate en uitstallings voorgestel word, en hoe daaroor verslag gedoen is.

Die deelnemers sal ook in 'n onderhoud met die beoordelaars hul inskrywings moet verduidelik.

Vir navrae, kontak Erika Hoffman by 808-2936/ehoff@sun.ac.za.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]