|
|
 |
 |
|
Sport |
 |
New Orleans gebruik kanse |
|
|
 |
DIE eerste rugbyspan van New Orleans het Saterdag die beste van 'n slegte saak gemaak toe hulle 'n 8-0 (5-0) sege oor Klein Nederburg behaal het tydens dié twee skole se jaarlikse derby-stryd.
In 'n wedstryd wat maar gesukkel het in die nat weertoestande, was dit New Orleans wat die meeste van hul kanse gebruik gemaak het en die vrugte gepluk het.
Hoewel New Orleans moes klaarkom sonder sy Boland-flank, Hilton Lobberts, wat vir die SA Skolespan op Ellispark in aksie was, het dit nie die vuur onder die voorspelers geblus nie.
Die hanteerwerk het aan beide kante gelol. Die spelers was maar te dankbaar as 'n lynstaan aangebreek het aangesien die modderbesmeerde bal dan met 'n ietwat skoner een vervang kon word nadat die baljoggies dit in een van die 5-0, o.19B NO wen 10-8. |
|
|
 |
menige reënplasse skoongewas het.
New Orleans het voorlangs die pap dik aangemaak, maar hanteerfoute en goeie verdediging het verhoed dat die agterlyn punte kon kry.
Die eerste punte van die wedstryd het laat in die eerste helfte op die telbord verskyn toe die New Orleans-slot, Ro-Whatney Jurits, tot sy eie verbasing net buite Klein Nederburg se kwartlyn regdeur 'n losgemaal bars, met 'n oop doellyn wat vir hom wink.
Albei spanne se skoppers het maar gesukkel om hul visier ingestel te kry, met New Orleans se Evert Jacobs (losskakel) wat 'n strafskop en die doelskop na die pale gemis het en KN se Burton Francis (losskakel) wat ook nie sukses kon behaal het met vier strafskopgeleenthede nie.
Hoewel Klein Nederburg in die doodsnikke verwoed aangeval het, en hulle bitter naby gekom het om die doellyn oor te steek, het New Orleans se verdediging gehou.
Jacobs het sy span in die laaste minute veilig buite bereik geplaas met 'n suksesvolle strafskop.
New Orleans se uitblinkers was Jurits, die kaptein Oswill Thomas (flank), Ricardo Abrahams (flank) en Gavin Williams (agsteman), terwyl die agterlyn ook goed vertoon het.
Brett Mitchell (skrumskakel), Lionel Newman (flank) en die slot Stratford Geldenhuys het hard probeer vir Klein Nederburg.
Ander uitslae: (Hokkie) m.14 KN wen 1-0, m.16 gelykop 1-1, s.19 KN wen 3-0 (Sokker) s.15 NO wen 4-1, s.17 KN wen 3-2, s.19 gelykop 2-2, m.19 NO wen 4-1 (basketbal) s.15 KN wen 29-21, s.17 KN wen 53-32 (Tafeltennis) NO meisies wen 5-2, NO seuns wen 5-2 (Netbal) o.14A KN wen 14-6, o.14B KN wen 18-8, o.16A NO wen 8-6, o.16B KN wen 16-4, o.19A KN wen 24-7 (Rugby) o.14A KN wen 30-0, o.15A KN wen 13-9, o.16A KN wen |
 |
|
 |
Drie van Paarl in SA Statebond Spelerspan |
|
|
 |
|
 |
DIE Paarl spog met drie junior fietsryers wat hul slag gaan wys tydens die Statebond Spele wat in Desember in Australië gehou word.
Die name van Magdalene Nicholson van Yorkshire Fietsryklub, Rèniell Matthysen van Paarl Fietsryklub en Durwin Benjamin (Rhadsport) is Saterdag uitgelees toe die SA span bekendgemaak is ná die finale proewe by die Bellville Velodrome.
Hoewel Rèniell en Magdalene albei nog o.16 is, gaan hulle tydens die Spele in die junior-afdeling deelneem aangesien dit die jongste klas is wat dié Spele akkommodeer.
Magdalene en Paarliet, Bertram Siebritz (Rhadsport), het onlangs in Ierland aan die hoogaangeskrewe Kerry Youth Tour deelgeneem.
Hulle was twee van meer as 200 fietsryers wat in Killorglin aan die drie dae lange toer, wat oor vier skofte strek, deelgeneem het.
Nicholson het 'n indrukwekkende vertoning gelewer in die o.16-byeenkoms waaraan 55 ryers deelgeneem het.
Siebritz het saam met die res van die juniors aan die Ierse Jeugtoer deelgeneem wat eers 'n week later in Wakeford gehou is.
Tydens die eerste skof van 20km het Magdalene 19de algeheel (seuns en meisies) gekom en tweede in die meisies o.16 klas.
In die tweede skof wat 'n tydtoets oor 3km behels het, was Nicholson 26ste en weer tweede in haar klas.
Die derde skof was oor 16km. Hier het sy derde in haar klas gekom en 32ste algeheel.
Die bulte op die roete in die vierde skof oor sowat 20km het die jong Suid-Afrikaner harde bene laat kou.
Magdalene, wie se sterkpunte haar naelry en tydtoetse is, het egter daarin geslaag om 'n derde plek in haar klas los te ry en 30ste te kom.
Haar plasing vir die hele toer was 29ste en derde in die vroue o.16-klas.
"Jy kan nie die kompetisie vergelyk met die ryers hier in Suid-Afrika nie. Die oorsese ryers is veel sterker," vertel Magdalene. "Ons moet nog baie werk as ons oorsee wil presteer."
Die rystoestande was ook iets om aan gewoond te raak, sê sy.
"Die paaie is baie nou en bulterig. Dit maak dit moeilik om te ry, want almal druk teen mekaar. "Gelukkig het ons goeie weer gehad, sonder reën."
Dit is die eerste keer dat dié 15-jarige ryer oorsee deelneem.
"Vir eers konsentreer ek nou op die Statebond Spele. Daarna gaan ek fokus op die Australian Festival wat in Januarie plaasvind en dan die Junior Wêreldkampioenskappe wat in Augustus 2005 gehou word."
Die juniors het oor sewe dae aan sewe skofte deelgeneem, met Siebritz wat 53ste geëindig het.
Bertram se sportmangees is ook deur die Ierse radio-omroepers geprys nadat hy omgedraai het om 'n spanmaat met 'n pap band te help en die twee hulself weer tot in die voorste bondel teruggejaag het.
Volgens Bertram is die fietsry ook baie harder daar.
"Die ouens hou hul lyne. Hier in Suid-Afrika sal van die ryers jou nog 'n gaping gee om verby te kom, maar nie daar nie," vertel hy. |
 |
|
 |
Albions gee gas teen Coronations |
|
|
 |
|
 |
DIE kaptein van Albions Rugbyklub se eerste span, Roderick Allies, het Saterdag die voorbeeld gestel toe sy span vir Stellenbosch Coronations voor 'n handjievol toeskouers op Daljosafat 32-10 geklop het.
Hoewel die besoekers met 'n groter pak voorspelers as Albions gespog het, kon hulle nie werklik hul stempel afdruk nie, terwyl die terugkeer van Jenovan Cornelissen (flank) weer 'n groot vonk teruggesit het in die Albions-pak.
Die hewige reën en nat veld het dit uit die staanspoor laat lyk of daar nie veel punte op die telbord sal wees nie.
In die 12de minute val Albions aan vir al wat hulle werd is in fase op fase en Gamaine Poggenpoel (senter) kry geleentheid om te druk.
Net voor rustyd vang John Stevens (losskakel) die besoekers onkant toe hy deur 'n gaping skiet, en oorval vir 'n drie in die hoek om die rustydtelling 10-0 in Albions se guns te maak.
Die tweede helfte het Allies hard gepraat en dit was die agterlyn wat die mooiste geluister het, met die senters en vleuels wat draaie om die verdediging gehardloop het.
Jenovan Cornelissen, Ju-Wayne Cyster (senter), Yulin Claasen (flank) en Denver Adams (plaasvervanger-flank) druk elkeen nog 'n drie terwyl John Stevens met 'n doelskop slaag.
Albions II verloor 5-10 en die derde span wen 12-5. Albions speel Saterdag tuis teen Caledon. |
 |
|
 |
MTB School Series starts this weekend |
|
|
 |
|
 |
THE Mongoose/Pro-Nutro School Mountain bike Challenge will kick off in Paarl on 21 August.
The aim of the series is to promote mountain biking at grass roots level, to help schools establish mountain bike clubs and to provide an opportunity for riders of all levels to compete on a purpose built course similar to what they would be riding at competition level.
An open class will also cater for other riders to compete. Races will be held on Saturday afternoons to ensure maximum participation.
Races will take place on short course tracks purposely designed and built for this series. Riders of all levels will be able to ride the course. Course length will be between two and three kilometres.
The courses will be marked according to international standards and riders will get a taste of what it is like to compete at a provincial and national level.
The courses are designed with the intention of providing maximum spectator value and for riders to have as much fun as possible. Any bike with brakes that is in a reasonable riding condition should be able to negotiate the course. Riders do not need shocks, full suspension bikes and fancy equipment. BMX bikes will also be able to complete the circuit.
All riders must wear a helmet and shoes. If the person wants to take part but is unsure about the condition of his bicycle, he should go to the following participating stores:
Huguenote Cycles, Paarl (872-4354 Fred or Dennis), Masons Bike Inn, Stellenbosch (883-2202 Mason), Manic Cycles, Franschhoek (876-4956 Geddan).
All school categories will be catered for. Riders must indicate on the entry form which age category they will enter. There will also be an open class. This will be a sprint race over 30 minutes plus one lap.
Each rider will receive a goody bag to the value of R30. This will include products from the sponsors. Category winners will receive medals and prizes from the sponsors and participation shops. The schools with the most entries (minimum 8 riders) will receive cash and a Mongoose MTB that must be used towards the establishment of an MTB club at that particular school. The club must elect a chairperson and he/she must report to the sponsors on a monthly basis for a six month period on the progress of the club. The participating cycle shops will offer assistance in this regard.
The first race will take place on 21 August at the Taal Monument. Participants must follow directions from the N1 and Paarl Main Road.
Riders will pay a R30 entry fee. Each rider will also receive a number board that must be attached to his/her bike. A R10 refundable deposit is payable.
Entry forms are available at most schools and at the three participating cycle dealers. Info: Fred Coleske 872-4436. |
 |
|
 |
Blaser laat Vineyards koud |
|
|
 |
|
 |
DIE kanse van Vineyards Rugbyklub se eerstespan om na 'n hoër liga op te skuif, is Saterdag 'n slag toegedien in hul wedstryd teen Manenberg Rangers.
Die wedstryd, wat in Manenberg gespeel is, is sowat 10 minute na die aanvang van die tweede helfte deur die skeidsregter afgeblaas tot die verbasing van albei spanne.
Manenberg het op daardie stadium 6-0 voorgeloop en wen gevolglik die stryd. Dit is vier punte in die water vir Vineyards wat nou weer tweede op die punteleer van die Vyfde Liga lê, 'n skamele een punt agter die voorlopers Strand Pioneers.
"Daar was baie geniepsige spel en 'n gevloek tussen die spelers en die skeidsregter het vroeg in die wedstryd elkeen van die spanne met 'n geelkaart gestraf.
"Maar daar was geen bakleiery op die veld of toeskouers wat op die veld gehardloop het, wat die stop van die wedstryd geregverdig het nie," sê Ganief Dulvie, bestuurslid van Vineyards.
"'n Bestuurslid van Vineyards en Manenberg, het op 'n stadium ook vir die skeidsregter gesê om spelers met rooikaarte te beboet as hulle hulle nie kan gedra nie," het hy bygevoeg.
Volgens Dulvie het die spelers van albei klubs ná die wedstryd sosiaal verkeer, wat die skeidsregter se besluit nog vreemder maak.
"Ons het die skeidsregter gevra hoekom hy die wedstryd gestop het, maar hy het geen redes gegee nie. Ons wag nou op terugvoering van WP oor die kwessie," sê Dulvie.
Volgens Herman Abrahams, Westelike Provinsie Rugby Unie se bestuurder van klubrugby, het hy nog nie 'n verslag ontvang rakende die voorval nie. |
 |
|
 |
Landloopstandaard in Boland word al beter |
|
|
 |
|
 |
SOWAT 800 atlete het voorverlede Saterdag in koue, nat weersomstandighede aan die Boland Landloopkampioenskappe op die Boland Krieketstadion te Boland Park, Paarl, deelgeneem.
Ten spyte van die baan wat nat en swaar was, het die atlete nogtans uitstekende prestasies gelewer en in verskeie wedlope is die wenner eers by die eindstreep bepaal.
So byvoorbeeld in die wedloop vir 12-jarige meisies het slegs drie sekondes die eerste drie atlete geskei.
Volgens Richard Stander, uitvoerende hoof van Boland Atletiek, was vanjaar se landloopstandaard aansienlik hoër as dié van verlede jaar.
"Ons skryf die verbeterde standaard toe aan die feit dat die Bolandse atletiekklubs en Boland Skole in al vyf proewe saam deelgeneem het en dat daar ook een gesamentlike kampioenskap gehou is. Dit het beteken dat die standaard van die kompetisie in al die wedlope baie hoër was," sê Stander.
Na afloop van die Boland byeenkoms is 'n Boland-span gekies wat op 11 September in Bloemfontein aan die SA Landloopkampioenskappe gaan deelneem.
Plaaslike atlete wat in die Boland-span ingesluit het, is Sean Thomas (10jr Wagenmakersvallei Primêr), Athonio May (13jr Dalweide), Charton September, Mervin Louw (albei 15jr, Bergrivier), Glen Mpayipheli (17jr Wellington AK), Jacques Pietersen, Norman Smit (17jr, albei Bergrivier), Nathan Beukes (19jr Klein Nederburg) en Lenton Kalase (Paarl AK).
Die Boland Meesters-lede in die Boland-span is: Yvonne Niewoudt, Mary-anne Baron, Mariane Malan, Zelda de Beer, Christo Laban, Arrie Koopman, Afrika Koopman, Johan Johannes, Ebe Mans, John Small, Frank Koopman, Kosie Botha, Thomas Moses, Hentie Geldenhuys, Hercu Hofmeyer, Victor Rhode, Frans Kotze, Leon Lenardt, Solomon Valleigh, Abe Fortuin, Kosie Koopman, Fafa Joubert, Willmar van der Merwe. |
|
|
 |
 |
|
|
|
|