|
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
Raadslede 'wees gelaat' deur koalisie
ONS is wees gelaat as wyksraadslede. Só brom 'n groep lede van die ANC/NNP koalisie in die Drakenstein stadsraad wat kla hulle het geen insae meer in besluite van die Burgemeesterskomitee nie."
Jean onder die mes
"AG, nie weer nie!" Dit, sê Jean de Villiers, is presies hoe hy gevoel het die oomblik toe hy besef sy skouerbesering gaan hom sy plek in die Wêreldbeker-rugby kos.
Paarlse spogplaas onder hamer
'n SPOGDRUIWEPLAAS van die Paarl, Ma Lanot, sal eersdaags onder die hamer kom. Dié plaas noord van die Paarl (langs Rhebokskloof) word op 10 Oktober om 11:00 opgeveil as lopende onderneming. |
|
|
|
|
 |
|
|
|
OORSTELP. Wellington se kaptein, Hennie Smit, bly in die doelgebied lê tydens die emosionele oomblikke ná sy span hul tweede drie gedruk het vir 'n 12-9 sege oor Ceres in die Boland Superliga A1 se Uitdaagbeker-eindstryd. |
|
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
|
|
|
ONGELUKSTONEEL. Paramedici sukkel hier om die bestuurder van die taxi (regs) wat in 'n botsing met die motor (links) buite Wellington betrokke was, uit die wrak wat op sy sy lê, te bevry. In die motor lê die bedekte lyk van Melanie de Beer, wat op die toneel gesterf het. |
|
|
|
Skool moet dalk sluit
'n PUBLIEKE vergadering om die moontlike sluiting van Lubeck Primëre Skool in Groot Drakenstein te bespreek, is verlede week by die skool gehou.
Sprokieseisoen vir W/ton
DAT die Wellington Rugbyklub ná dié naweek nie 'n paar mediese eise teen hom het nie, is 'n wonder. Om tot op die laaste sekonde te wag voor hulle die Uitdaagbekerwedstryd teen Ceres 12-9 beklink, kon vir geen ondersteuner se senuwees of hart goed gewees het nie.
Solly sit drie weke uit
DIE Boland Kavaliers sal Saterdag op Wellington die Griffons pak sonder sy gereelde losskakel, Solly Goosen. |
|