safetop
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday: 2 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 10 Octcber  2003 at 17:00

Arts - Kunste

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

wrudolfFC

BANNER WORSHIP. Rudolf Kotzé took part in the banner worship at "The Coming King" conference held in the Paarl Police College's auditorium on Saturday.


Ou Meulteater benodig hande

[ Top ]


DIE spreekwoord lui "vele hande, ligte werk" en dit is hierop wat die Paarl Teaterklub hulle beroep.

Dié klub benodig hande, maar ook finansiële ondersteuning, vir noodsaaklike projekte by die Ou Meulteater. Die teater het dringend 'n plafon bokant die verhoog nodig en ook 'n aantal houtpanele wat gebruik kan word as veranderbare dekor.

Die matte moet vervang word en stoorkamer kort opknapping.

Die klanktoerusting is tydens een van die onlangse reeks inbrake gesteel. Hoewel die nodige sekuriteit nou in plek is, moet die toerusting nog vervang word. Die koste is R15 000 en daar word nog planne beraam om hierby uit te kom.

Die teater beskik oor baie elementêre beligtingstoerusting wat veroorsaak dat baie topkunstenaars nie daar wil optree nie. Dit sal R25 000 kos om die ligte op te gradeer en die klub soek nou borge.

Die klub soek na mense wat met hul kundigheid kan help, soos skrynwerkers, en dan natuurlik na skenkings van sement en sementstene vir die stoorkamer, asook hout en ander materiaal.

Die voorsitter, Pieter Strümpher, kan geskakel word by tel 082-688-5424 of per e-pos by pieter@meulteater.co.za.


Lize Beekman sings at Ashanti

[ Top ]


JOIN Ashanti Wine Estate for a Ladies' Day at the launch of their Rosé wine, Sunset Hat, on Saturday at 10:30. The function will include lunch, wine and entertainment by well-known singer Lize Beekman.

Each guest will receive a sun hat resembling the Sunset Hat wine label launched that day. 

The programme includes the music of Palm Strings (a classic violin and guitar duo), demonstrations in food preparation and table settings by Italian chef Guiseppe, the unique sounds of well-known singer and songwriter Lize Beekman, and a number of art-related exhibitions such as the designer jewellery from Franz Jewellers in Paarl.

The Sunset Hat is part of the Hat Range, which together with Nicole's Hat and Joseph's Hat form the range of concept wines produced by the Estate. Nicole's Hat is a dry white wine blend of Chenin Blanc and Chardonnay, while Joseph's Hat is a red blend of Cabernet Sauvignon and Pinotage.

Tickets at R125 from Mariaan at Ashanti (962-0789), email mariaan@ashantiwines.com or via the website at www.ashantiwines.com. Dress for the day is smart-casual.


Kamermusiek sluit af

[ Top ]


DIE Cavatina Kwartet sluit Sondag om 17:00 vanjaar se reeks musiekkonserte in die historiese Nederburg opstal in die Paarl af.

Sedert 1991 is die Cavatina Kwartet 'n gesogte ensemble op Kaapse konsertverhoë.

Die groep bestaan uit gevierde musici Bridget Rennie-Salonen (fluit), Petri Salonen (viool) Xandi van Dijk (viola) en Cheryl de Haviland (tjello).

Hulle is bekend vir hulle veelsydige repertoire, wat vir hierdie konsert werke van Mozart, Ravel, Purcell en Boccherini insluit.

Verseker u plek vir 'n aand van uitsonderlike musiek en Bolandse gasvryheid deur 'n bespreking te maak by Christine Joubert by 809-7473.

Kaartjies is R110 per persoon. Dit sluit heerlike wyn en 'n vingerete in. 


Oktoberfees kom

[ Top ]


DIE Laerskool Slot van die Paarl hou op Saterdag 11 Oktober hul derde Oktoberfees op die terrein van Hoër Landbouskool Boland.

Dit beloof om vet pret te wees, met groot name soos Christo & Cobus en Etha en Zirk Bergh wat optree. 'n Paar opkomende sterre sal ook hul debuut agter die mikrofoon maak en dan is daar ook 'n "Mini Idols" kompetisie. Inskrywingsvorms is by Musiklood beskikbaar.

'n Kunsvlytmark en vars produktetafel bly nooit agter nie, en om 09:00 vertrek 'n optog met veteraan-trekker en V8-trekkers uit die Paarl. Toutrek-, "beesbol"- en 'n "blinde" bestuurskompetisie is maar 'n paar van die interessante items wat aangebied word.

Uitstalruimte is nog beskikbaar vir die handwerkmark by Emilene Janse van Rensburg (971-1717) of Anneke le Roux (082-890-9893).

Verdere navrae by Lucinda van Schalkwyk (072-513-5156) of die skool (869-8007).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za