safetop
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday: 2 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 10 Octcber  2003 at 17:00

Business - Sakenuus

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

wgrondFC

COMPENSATION. Rachel Schenck (87) of Wynberg has waited many years for justice. She is one of the beneficiaries who received payments for land claims at a ceremony held in Paarl on Saturday. Each family received compensation of R59 512. Here project official Kholeka Martins explains the process to Schenck and other beneficiaries. A total of R2,8 million was paid out on Saturday.                                                                                                                                         


Paarlse spogplaas onder hamer

[ Top ]


'n SPOGDRUIWEPLAAS van die Paarl, Ma Lanot, sal eersdaags onder die hamer kom. Dié plaas noord van die Paarl (langs Rhebokskloof) word op 10 Oktober om 11:00 opgeveil as lopende onderneming.

Daar is sowat 58ha uitvoerwingerd onder mikro-besproeiing asook onthaalgeriewe op die plaas.

Daar is 'n Victoriaanse hoofwoning asook 'n gemeenskapsentrum vir die werkers.

Sowat 3,7 hektaar onbenutte grond is geoormerk vir 'n eksklusiewe eiendomsontwikkeling.

Vir navrae, kontak Willie van Rensburg van Auction Alliance by 872-6533.

* Nog 'n plaaslike eiendom, die kantoorgebou in Dwars-in-die-Weg in die Paarl, word môre opgeveil om 11:00 as deel van 'n likwidasie.

Dié bekende drieverdiepinggebou is geleë te Hoofstraat 277 op die hoek van Pastorielaan en het ook woonstelle en kamers op die boonste verdiepings.


Proe Veritas se wen-wyne

[ Top ]


WYNLIEFHEBBERS word genooi om Suid-Afrika se spogwyne - wat met dubbelgoud en goue Veritas medaljes skitter - te beproef en terselfdertyd met die bekroonde wynmakers oor hul suksesresep te gesels.

Die Veritas wynproe is by die Holiday Inn, Strandstraat in Kaapstad op Maandag 13 Oktober van 17:00 tot 21:00.

Toegangskaartjies is R80 elk en sluit 'n wynproeglas, sakboekie met vanjaar se volledige Veritas uitslae en versnaperinge in. Bespreek vroegtydig by Computicket (MTN Paarl) of aanlyn www.computicket.com.

Die prestige Veritas Toekennings - wat sedert 1992 deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANW) aangebied word - bekroon jaarliks wyne van hoogstaande gehalte.

Veritas plakkertjies, wat na afloop van die toekennings Vrydagaand op die wenwyne verskyn, dien as 'n gesaghebbende gehaltemaatstaf vir verbruikers. Besoek ook die Veritas webtuiste by www.veritas.co.za.


Werkswinkel vir kelder-bemarkers

[ Top ]


DIE publieke diensvlakke van wynkelders word eersdaags onder die vergrootglas geplaas by die eerste werkswinkel van sy soort wat spesifiek ontwikkel is om diens aan kelderbesoekers te verbeter.

Die werkswinkel word op 15 Oktober in die Zorgvliet Konferensiesentrum in die Banhoekvallei aangebied.

Die belangrikste kontakpunt tussen hierdie markgeleentheid en die wynprodusent is die kelder se personeel. Daar word egter dikwels min aandag aan hul opleiding en paraatheid om die toeriste en kliënte te hanteer, gegee.

Die werkswinkel sal deelnemers in kontak bring met spesialiste wat reeds bekendheid verwerf het vir hulle unieke kennis op die gebied.

Mense wat optree sluit in Katinka van Niekerk, wynkenner, dr Christa van Louw (US), dr Chan Makan, internasionaal bekende oor die problematiek van alkohol in die gemeenskap, en Theo Pegel, wynbedryfskenner, die skrywer en wingerdplaas-eienaar dr Riana Scheepers, en Riette Rust, wynskrywer.

Belangstellendes kan vir Eunice of Elma by Definitely Different skakel by 863-0397.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za