|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE Paarl Blommeklub is vol lentepret met foto's as inspirasie vir blommekuns by hul vergadering Dinsdagaand om 19:00 in die saal van die NG kerksaal Drakenstein in Denneburg, Paarl. Bessie van Zyl en Pieter Coetzee lewer die demonstrasie met die tema "Myinspirasie 'nfoto". Almal kom rangskik dan, geïnspireer deur hul gunstelingfoto. Toegangsgeld vir besoekers is R5 per persoon. Daar is ook tee en verversings beskikbaar. Skakel 872-6864 of 872-5171 vir navrae. |
|
|
|
|
PLAASLIKE inwoners wat stalletjies wil hê by die jaarlikse Liggiefees in die Paarl (4 tot 6 Desember) sal moet spring. Daar is nog net 'n paar stalletjies oor, insluitend enkele gratis stalletjies vir welsynsorganisasies. Vader Kersfees abseil vanjaar weer by BoE bank af om die verrigtinge saam met die Burgemeester, wat ook 'n waaghalsige aksie gaan uitvoer, te begin. Die pryse vir stalletjies wissel van R200 vir handvervaardigde produkte tot R280 vir verbruiksgoedere, R330 vir klaarbereide voedsel, R430 vir voedsel wat op die plek berei word en R500 vir woonwaens. Doen voor die einde van die maand aansoek by die Paarl Toerismeburo (tel 872-4842/872-9376). |
|
|
|
|
SATERDAG word sekerlik vir meer as die sestigste keer by die Duitse kerk in Meulstraat, Paarl, basaar gehou. Dis 'n koektafel wat kreun met die heerlike Swartwoudkoeke, kontinentale-styl terte en koeke, en ook "Proudly South African" gebak; dis 'n ellelange vleistafel gelaai met bratwurst, leberwurst en eg Suid-Afrikaanse vleissnitte; dis die naaldwerktafel, boeke-verhoog, plantestalletjie en baie meer. Maar wat is 'n "Bastel-tafel"? Kom kyk en kom koop en geniet en bring die kinders saam, want daar is kinderpret, tombola, poeding, wafels en koffie en gaar bratwurst vir Mittagessen, en Bier en Bowle natuurlik vir ma en pa. Die basaar open amptelik om 09:00, maar vanaf 08:00 sal kraakvars groente teen weggeepryse sal beskikbaar wees. |
|
|
|
|
PAARLIETE wat gereeld die Gereformeerde Kerk se basaars ondersteun, weet dat 'n mens veral heerlike tuisgemaakte plaaswors daar kan koop, benewens die tuisgebak en ander lekkernye. Op Saterdag 11 Oktober is dit weer basaartyd en vanjaar vind die basaar plaas in die kerksaal van die NG Moederkerk Wellington van 08:30. Bo-en-behalwe die bogenoemde lekkernye wat weer beskikbaar gaan wees, sal daar ook 'n kunstafel wees. Tot om 11:00 sal daar 'n stewige ontbyt teen R20 beskikbaar wees en van 11:00 tot 13:00 kerrie en rys teen R15 per bakkie. Skakel Helene Jooste by 863-1770. |
|
|||||