safetop
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday: 2 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 10 Octcber  2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Twee sterf in gru-ongeluk

[ Top ]


TWEE mense het Vrydag gesterf in 'n grusame kop-aan-kop-botsing net buite Wellington tussen 'n gesinsmotor en 'n taxi.

'n Ma van drie kinders in die motor, sowel as die bestuurder van die taxi, het gesterf weens die botsing wat om 12:45 naby die blokhuis op die Wellington-Hermonpad plaasgevind het.

Melanie de Beer (36) van Ceres het feitlik op slag gesterf in die Camry wat sy bestuur het, met haar drie kinders daarin.
'n Taxi bestuur deur Sam Lottering van

wcrash03FC

ONGELUKSTONEEL. Paramedici sukkel hier om die bestuurder van die taxi (regs) wat in 'n botsing met die motor (links) buite Wellington betrokke was, uit die wrak wat op sy sy lê, te bevry. In die motor lê die bedekte lyk van Melanie de Beer, wat op die toneel gesterf het.                 

Saron het trompop teen die Camry van De Beer, wat na vriende op Wellington onderweg was, gebots.

Die ongeluk is na bewering veroorsaak deur 'n tegniese fout met die taxi se wiel wat daartoe gelei het dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. 

Dit het die regtervoorkant van De Beer se voertuig getref. Sy is ernstig beseer en kort daarna op die toneel oorlede.

Sny-apparaat moes gebruik word om haar liggaam uit die wrak te bevry. 

Die taxi het op sy linkerkant te lande gekom en die ernstig beseerde Lottering was ook vasgepen.

Hy het later in die Paarl Hospitaal weens veelvuldige beserings beswyk.

Nege insittendes van die taxi is na die Paarl Hospitaal geneem vir behandeling. Sewe van die passasiers is vir ligte beserings behandel en ontslaan. 

Een passasier is intussen na die Tygerberg Hospitaal oorgeplaas. Die ander een sterk nog in Paarl Hospitaal aan.

De Beer se drie kinders wat saam met haar in die motor was, is lig beseer en in die Paarl Medi-Clinic behandel. 

Die De Beer-gesin was voorheen op Wellington woonagtig, maar het einde verlede jaar Ceres toe getrek.

Melanie word oorleef deur haar man Johan en dogters Jolané (14), Lize (12) en Karien (11).  Die begrafnis was gister op Ceres. 

Lottering, van Pleinstraat 9, Saron, laat sy vrou Maria en twee kinders ('n seun en dogter) agter.


Skool moet dalk sluit

[ Top ]


'n PUBLIEKE vergadering om die moontlike sluiting van Lubeck Primêre Skool in Groot Drakenstein te bespreek, is verlede week by die skool gehou. Die minister sal binnekort 'n besluit daaroor neem.

Die voortbestaan van die skool met sy 244 leerlinge is in die gedrang, omdat dit op private landbougrond geleë is, wat verlede jaar as deel van die plaas Normandie deur Anglo American Farms verkoop is.

Die nuwe eienaar is 'n Amerikaner, Herb Korthoff, wat versoek het dat die skool van sy grond verwyder moet word.

Die skool het 46 jaar gelede onder beheer van die Anglikaanse Kerk geopen om kinders van Amfarms se plaaswerkers te akkommodeer.

Sedert die skool deur die Departement van Onderwys beheer word, is maandelikse huur aan Amfarms betaal.

In 1999 het Amfarms die grond waarop die skool staan, kosteloos aan die Departement aangebied, wat nie die aanbod aanvaar het nie. Die terrein van 1,7 hektaar is gevolglik aan Korthoff verkoop.

Een van die redes waarom die skool se voortbestaan bedreig word, is die beoogde verhuising van Amfarms se werkers na die nuwe behuisingsontwikkeling in Lanquedoc, langs Pniel.

Die Laerskool Pniel is tans net halfvol, soos ook die Laerskool Simondium. Dit beteken dat Lubeck eintlik oortollig geraak het.

Ook die hoof van Lubeck, Lance Cyster, het die gevaarligte sien flits, en het van 1 Januarie 'n pos aanvaar as hoof van Weseind Primêr op Franschhoek.

'n Ouer van die skool, Shirley Bezuidenhout, is ontsteld deur die Departement se gesloer met besluitneming oor die skool.

"Die Departement weet al lankal van die probleme met die grond, want dit is verlede jaar al verkoop, maar wil dit nie vir ons sê nie.

"Baie van die skool se leerlinge sal benadeel word deur die sluiting, omdat hulle nie na Lynedoch trek nie.

"Hulle sal heelwat verder skool toe moet stap - na Pniel of Simondium toe - en sal eenvoudig ophou skoolgaan," sê sy.


Crime fighters get wheels

[ Top ]


WE have today reached another benchmark in our efforts to bolster the capacity of our law-enforcement agencies in the fight against crime, said Leonard Ramatlakane, Western Cape Minister of Community Safety, in Paarl last week.

He spoke at Paulus Joubert Primary at the hand-over of bicycles to neighbourhood watches in Paarl East and Mbekweni.

"Since the beginning of the year, my Department has been mobilizing our people into a broad front for reconstruction and development under the banner of "Bambanani - Unite Against Crime".

"The major drive of the Department of Community Safety is to focus and harness the talent and the goodwill of community members, so that they contribute effectively to crime prevention."

Ramatlakane said communities are the most powerful weapon in the fight against crime.

"Our ability to combat crime effectively lies within the ambit of mobilising communities to be the driving force in working with the police to create a greater awareness about crime in our communities.

"As a community-based structure, neighbourhood watches are perfectly poised to be an integral part of our crime prevention efforts.

"They protect our people in a complimentary role to the police and other community structures such as community police forums."

He said watches have gone beyond mere patrolling of the streets and catching perpetrators of crime.

Members are becoming increasingly involved in supporting police operations such as roadblocks and raids.

The Minister said that is why they decided that, in addition to training and equipment, they must assist watches to make them more effective.

"Since I assumed office, I have committed myself to finding some means of mobility for neighbourhood watches. Today we are delivering on that promise, because we care!

He urged members to be highly visible in the areas they operate in, as visibility deters crime.


Raadslede kla hulle is
'wees gelaat'

Susan Botha

[ Top ]


ONS is wees gelaat as wyksraadslede. Só brom 'n groep lede van die ANC/NNP koalisie in die Drakenstein stadsraad.

"Ons het geen insae meer rondom besluite nie. Die Burgemeesterskomitee besluit alleen, dan vra hulle goedkeuring," het een van die groep gesê wat die Paarl Post anoniem besoek het.

"Ons is 'n koalisie en dit beteken elke lid moet weet waarnatoe ons beweeg," het nog een gesê en bygevoeg dat baie van die sake nie eens op die raadsagenda kom nie.

"Die Burgemeesterskomitee sit vol proporsionele lede," kom nog een tot die kern van die pyn.

Agt van die elf raadslede op die Burgemeesterskomitee is proporsioneel verkose. Hieronder is die uitvoerende burgemeester (Herman Bailey, NNP) en onderburgemeester (Anthea Sheldon, ANC), asook JT Basson (NNP), Charmaine Manuel (ANC), Ndodomzi Mkabile (ANC), Arthob Petersen (ANC), Charlotte Stemela (ANC) en Deon Swart (NNP).

Net André van der Spuy de Villiers (NNP), Grace Claasen (NNP) en Bernardo Maralack (NNP) is in wyke verkies.

Die beswaarde groep meen die wyksraadslede is die mense wat werklik die belange van die gemeenskap verteenwoordig en ook verantwoording aan hulle moet doen.

"Nou besluit die hoofraad van die party wie dien op die komitee.

"Ons moes aansoek doen vir die poste en toe ons agterna kla oor die besluite is daar aan ons gesê hulle kan nie onbevoegde mense in die komitee opneem nie.

"Wat is onbevoeg? Dit is mos 'n klap in ons gesigte!"

Nog 'n teer puntjie is die groot verskil in salarisse: 'n gewone raadslid verdien in die omgewing van R3600 per maand, teenoor die sowat R15 000 van 'n voltydse een.

"Hulle word hierdie buitensporige bedrae betaal en dan doen hulle niks vir ons mense nie.

"Die mense kom kla by hulle wyksraadslede. Ons gaan na die Burgemeesterskomitee, maar daar gebeur niks," kla een.

'n Kollega voeg by: "Wie het in elk geval die uitvoerende magte goedgekeur? Die komitee het basies oor hul eie magte besluit en ons net ingelig."

"Ek wil nie meer die koukusvergaderings bywoon nie," sê nog een.

"Ek sien net nie die nodigheid daarvoor nie. Ons is veronderstel om konsensus te bereik oor sake, maar dikwels sien ons eers op die agenda wat uiteindelik besluit is.

"Ons het geen magte nie, hoekom roep hulle ons koukus toe.

"Ek weet nie hoekom daar 58 raadslede en nie net twee is nie."

Met die verkiesing wat al weer op die horison wink, het die stadsvaders en -moeders rede om bekommerd te wees.

"Wat gaan ons vir die kiesers sê?" vra een.

"Hoekom? Die kiesers besef wat aangaan. Daar word beloftes gemaak en dan nie nagekom nie," antwoord 'n kollega.

"Dit is 'n uitgemaakte saak: heelwat van die raadslede is net daar vir hul eie sakke en doen niks vir die mense nie."

Wat is die oplossing?

"In die eerste plek moet ons ophou praat oor wykskomitees en dit instel, sodat ons mense werklik 'n inspraak kan hê," is een van die groep baie beslis.

"Ek wil hê die burgemeester en sy komitee moet van wyk tot wyk gaan en uitvind wat is verkeerd en wat wil die mense hê.

"Ons moet die mense uit hul armoede verlig en ook ons omgewing opruim."

Só som een van die groep dit op: "Ons moet nader na ons mense beweeg en kyk na probleme en moontlike hulp."

Raadslid Deetlefs du Toit het namens die DA kommentaar gelewer oor die ongelukkigheid.

"Wat ons nou in Drakenstein beleef, is 'demokratiese sosialisme', soos toegepas deur die voormalige Sowjet Rusland, waar streng beheer en tugmaatreëls oor alle partyorganisasies deur die sentrale politburo toegepas is.

"Die DA van Drakenstein het geen verteenwoordiging op die Burgemeesterskomitee nie.

"Die DA word deur elf lede op die stadsraad verteenwoordig.

"Hulle maak 'n groot bydrae op raadsvlak deur oor enige saak wat hulle nodig vind, te praat en indien nodig daarteen te stem.

"Die openbaarmaking van onbehoorlike optredes, ondeurdagte besluite en wanbesteding van openbare fondse geniet prioriteit.

"Ongelukkig is die Drakenstein 'politburo' besig om nou die maandelikse vergaderings te vervang met minder en ongeskeduleerde raadsvergaderings, om sodoende die wetlike platform van die DA af te skaal en die DA as verteenwoordiger van die meerderheid kiesers in Drakenstein, te probeer elimineer."

Raadslid Esther Kearns van die ACDP sê dit is 'n jammerte dat die sogenaamde demokrasie nie tot sy reg kom in die plaaslike munisipaliteit nie en dat selfs raadslede van die heersende koalisie geen seggenskap het in die neem van besluite nie.

"As dít die toedrag van sake is, wat kan ander partye doen wat as buitestaanders beskou word, maar wel 'n mandaat van kiesers het? Watter invloed kan ons hê?

"Dit is 'n skreiende onreg dat so baie wyksraadslede geen seggenskap het in besluite nie.

"Wat gaan hulle vir kiesers sê? Hoe kan hulle uitvoering gee aan kiesers se wense?

"Die nuwe portefeuljekomitees het ook nog nie gesit nie, wat beteken dat raadslede geen sê het by die  besluite van die Burgemeesterkomitee nie," sê Kearns.


Huis in vlamme

[ Top ]


"DAT 'n week nou so moes begin."

So het Shamiel Abrahams, Maandagoggend gesê terwyl hy die uitgebrande dop van sy slaapkamer betrag.

Shamiel en sy vrou, Adela, was die oggend albei besig by hul onderneming in die dorp toe Adela se suster, Yasmina, bel en histeries gil: "Boeta die huis brand!"

Abrahams het vir sy vrou gesê om die brandweer te bel en dadelik na sy huis in Van der Stelstraat gejaag.

Sy grootste vrees was die veiligheid van hul twee kinders, Imtiyaa (4) en Zahraa (10).

By die huis aangekom, het mense reeds begin om die vuur te blus.

Yasmina en Shamiel se swaer, Idrees, het met die kinders na buite gevlug en by die bure vir hulp gaan aanklop.

Die brandweer was gou op die toneel en die brandskade is beperk tot die hoofslaapkamer. Die hele huis is egter deurtrek van rookskade.

"Ek is net bly die kinders is veilig - die hele huis kon afbrand, solank hulle net niks oorkom nie," het 'n dankbare Shamiel gesê.

"Ek ken nie die mense wat gehelp het nie, maar ek wil net dankie sê. Toe ek hier kom, was hulle hard besig om die vuur te blus," het hy gesê.

Abrahams beraam die skade op etlike duisende rande. Die oorsaak van die brand is nog onbekend.


Robbery suspect caught

[ Top ]


THE third suspect in the armed robbery that took place on the farm La Tramontane in Wemmershoek last week is behind bars.

Voyani Ndindi (26) of the Langrug informal settlement in Franschhoek was apprehended on Wednesday last week.

Ndindi and two accomplices robbed a farm manager of R4000 in wages, his wallet and keys on the Friday.

Sandile Nel (35) and Malusi Finland, also of Langrug, were apprehended the same day.

All three have appeared in court and are still in custody.

* The police are looking for witnesses to the murder of a man in Mbekweni last week.

Solomoni Lengoasa (26) was presumably on his way home at around 23:00 on Thursday night when he was shot and killed in Bombpoho Street in the Chris Hani neighbourhood.

Lengoasa was shot above his left eye with a large calibre bullet, which lodged in his head.

Anyone with information should contact insp Jacques Coetzee on 807-4000.


Buurtwag val vas

[ Top ]


NOORDER-PAARL is net nie meer dieselfde nie. Die afgelope paar maande het 'n groepie manne en vroue die strate ingevaar en deesdae is misdaad feitlik iets van die verlede in hierdie buurt, wat nog kort tevore een van die Polisie se groot kopsere was.

"Maar ons sal dit nie kan volhou sonder die gemeenskap se ondersteuning nie," waarsku 'n moedelose Robert Larke, organiseerder van die wag.

"Ons vra net R20 per huishouding per maand, maar tog is 80% van die mense wat ons noodnommer gebruik, nie lede nie.

"Ons het 'n stadium bereik dat ons nie anders kan as om hierdie mense na die polisie te verwys nie," sê Larke en verduidelik dat hulle geweldig baie onkoste het.

"Ek dink die probleem mag wees dat mense dink hulle moet patrolliediens doen as hulle aansluit.

"Dit is heeltemal vrywillig en die meerderheid van ons lede doen nie aktief diens nie.

"Inteendeel, ons betaal 'n paar werklose jong mans om die strate te patrolleer."

Larke het die publiek verseker dat hul lede goed opgelei is en binne die wet optree.

"Sowat 15 van ons lede het ook nou aansoek gedoen om reserviste te word en hulle sal eersdaags begin met opleiding.

"Inwoners kan verseker wees dat ons 'n grondwet en gedragskode het waarbinne ons optree. Elke lid word ook met 'n ID-kaartjie en identifiseerbare drag uitgereik."

Larke sê baie mense betaal reeds 'n sekuriteitsmaatskappy en voel hulle het nie nog die wag ook nodig nie.

"Hulle moet net onthou dat die sekuriteitsmaatskappye nie ons strate en parke ook beveilig nie.

"Lede kan natuurlik ook ons noodnommer vir hul sekuriteit se reaksie-eenheid gee vir vinniger reaksie.

"Ons kan binne twee minute maksimum op enige punt in die buurt wees."

Die wag het ook 'n vorm wat mense kan invul as hulle met vakansie gaan.

"Ons besoek só 'n huis tot twee en drie keer per 24 uur. Elke paar dae sal ons ook 'n SMS aan die mense stuur om hulle gerus te stel dat alles wel is tuis.

Larke sê hulle het groot planne vir die toekoms: "Ons sal bitter graag kameras wil installeer en ook ons patrollie-gebied vergroot.

"Maar as die mense ons nie gaan ondersteun nie, weet ek nie hoe lank ons kan voortgaan nie.

"Ons kyk op die oomblik om meer betaalpunte vir lede te skep, sodat dit geriefliker vir hulle is.

"Op die oomblik kan hulle by die posagentskap (Kwikspar) en ook by Noorder-Paarl Vissery betaal.

"Mense is welkom om my te skakel met navrae oor voorstelle, by tel  082-813-6980."


Polisie vat vas

[ Top ]


VAN 23 tot 27 September het Groot Drakenstein polisie in samewerking met reserviste in die vroeë oggendure op onwettige shebeens en dwelmhuise toegeslaan.

Op Werdaplaas is beslag gelê op 172 stoppe dagga, 72 Mandrax tablette, 20 liter bier, 12 liter sterk drank asook 'n groot hoeveelheid kontant. 

Gloria Nompumelelo-Booi en Mbuzeli Tshangatsha van Werdaplaas het alreeds in Paarl Landdroshof verskyn vir besit van dagga en mandrax, asook handel in drank, en is op borgtog vrygelaat.

Omstreeks 04:15 op Saterdag 27 September is Eddie Pietersen van Meerlust Bosbou gearresteer vir ontwettige handel in drank en is beslag gelê op 54 liter bier, tien liter wyn en 'n hoeveelheid sterk drank.

Elizabeth Adams van Blarneystraat, Kylemore, is gearresteer vir handel in drank en 'n skulderkenningsboete van R500 is betaal.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za