safetop
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday: 2 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 10 Octcber  2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Sport


Wellington se sprokie-seisoen

[ Top ]


DAT die Wellington Rugbyklub ná dié naweek nie 'n paar mediese eise teen hom het nie, is 'n wonder.

Om tot op die laaste sekonde te wag voor hulle die Uitdaagbekerwedstryd teen Ceres 12-9 beklink, kon vir geen ondersteuner se senuwees of hart goed gewees het nie.

Die uitgewaste eendeweer het vroeg beslis dat die skouspelagtigheid van dié wedstryd effe vertroebel is.

Die voortdurende sifreën en modderige toestande het hantering laat lol, en menige toeskouers wou hul hare uittrek wanneer die spelers vir die soveelste keer die bal vorentoe verloor het.

Daarby was die toestande ook nie gunstig vir Wellington se skopper, Nicus Bergh, nie.

Twee verbroude strafskoppe van relatief maklike posisies het die tuisspan verhoed om gemaklik asem te haal terwyl Ceres rustyd 6-0 voorgeloop .

wbly04FC

OORSTELP. Wellington se kaptein, Hennie Smit, bly in die doelgebied lê tydens die emosionele oomblikke ná sy span hul tweede drie gedruk het vir 'n 12-9 sege oor Ceres in die Boland Superliga A1 se Uitdaagbeker-eindstryd. 'n Drie deur skrumskakel, Abrie Barry, nadat die sirene reeds gelui het, het Wellington die nuwe Boland- kampioene gemaak.                                

het, ná twee strafdoele deur Connie Malherbe.

Sake het egter beter verloop in die tweede helfte nadat Wellington se breier, vir Jan Rautenbach met Riaan Nel op binnesenter vervang het, Rautenbach na losskakel geskuif het en Kris Joubert vir Hencko Borman op linkervleuel vervang het.

'n Drie deur die einste Joubert het die eerste punte vir die Groentruie op die bord gesit. 'n Verdere strafskop deur Malherbe het egter vir Ceres 9-5 voorgehou.

Hoewel Wellington vir die grootste deel van die tweede helfte in Ceres se gebied geboer het, was die manne van die Koue Bokkeveld se verdediging rotsvas.

Met die sirene wat reeds gelui het, het dit gelyk of Wellington hul kanse verspeel het. Maar een laaste moedige beweging het skrumskakel, Abrie Barry, die gaping gegee waarvoor hy al die hele wedstryd gewag het, en hy druk.

Die sege voltooi Wellington se onoorwonne rekord teen Ceres dié seisoen, en het ook die Swarttruie verhoed om hul vierde agtereenvolgende Uitdaagbeker-titel te wen.

Vir Wellington wat die eerste en tweede ronde wenners was in vanjaar se Boland Superliga A1, span dit die kroon op 'n goeie seisoen.

Saterdag se sege was ook die beste vaarwel waarvoor Hennie Smit, Wellington se eerstespan-kaptein, kon gevra het.

Smit, wat al vier jaar vir Wellington Rugbyklub speel en vanjaar vir die eerste keer die span gelei het, hang nou sy rugbystewels op.

"Almal langs die veld het geweet ons gaan dit nie maak nie. Maar ek het heeltyd geglo daar gaan iets gebeur, soos in so baie van ons close games dié seisoen. Dit was daardie stukkie magic. Dit was baie lekker," het Smit gesê.

Die span se breier, Jaco Stoumann, was net so in sy noppies met sy span se vertoning.

"Ja, dit het bloed sweet en hard praat gekos, maar ons het dit gedoen.

"Ons het die bal lug probeer gee deur hardlooprugby te speel, maar ons agterlyn het ons so bietjie in die steek gelaat. Die afronding was nie goed nie.

"Voorlangs het ons egter gespeel soos ons beplan het," sê Stoumann.

"Ons het in 1999 laas die finaal gewen. Toe het ons twee keer teen Ceres verloor maar hulle in die finaal geklop. Vanjaar se drie oorwinnings maak dit beslis 'n sprokie-seisoen."

"Toe ek in 2000 voorsitter word, het ek drie doelwitte vir die klub gestel: om ons eie klubhuis te hê, om weer aan die klubkampioenskappe deel te neem en om weer die uitdaagbeker te wen.

"Ons het vanjaar aldrie behaal en voel baie tevrede," het die klubvoorsitter, Dolf Stemmet, gesê


Solly sit drie weke uit

[ Top ]


DIE Boland Kavaliers sal Saterdag op Welkom die Griffons pak sonder sy gereelde losskakel, Solly Goosen.

Goosen het Vrydag in die tuiswedstryd teen die Luiperds sy mediale knieligamente beseer en sal vir die volgende drie weke op die krukkelys wees, wat beteken dat hy nie weer speelkans kan kry in die res van die Curriebeker Eerste liga kompetisie nie.

Die Kavaliers is tans bo-aan die punteleer met 34 punte en kort nog drie punte om 'n plek in die eindstryd te verseker. Vyf-punte seges in elk van hul orige twee wedstryde, teen die Griffons en die Oostelike Provinsie, sal hulle van 'n tuiseindstryd verseker.

Die Kavaliers kon Vrydag met 'n ietwat flou vertoning die Luiperds naelskraap met 21-18 klop nadat Antonius Verhoeven (heelagter) in die doodsnikke 'n strafskop oorgeklits het.

"Ons het die wedstryd baie lusteloos begin en slegs in die laaste 20 minute

begin speel. Baie gebruik die verskoning van 'n lang seisoen, maar ons is bo-aan die punteleer. Dit is verstaanbaar vir 'n span wat wedstryd na wedstryd verloor, maar vir ons hoort dit nie die geval te wees nie. Maar ek glo dit sal nie weer gebeur nie," het Boland se afrigter, Hawies Fourie, gesê.

Ander veranderings aan die span is Fabien Brandt wat die beseerde stut, Tommy Dixon vervang. Chean Roux sukkel met 'n dyspierbesering en Henley du Plessis sal hom op agtsteman vervang.

Ranfred Dazel word beloon vir sy goeie vertoning in die Meriete-span en kry speelkans op regtervleuel in die plek van Warren Petersen, terwyl Fourie ook wil sien waartoe, Jaco Immelman, wat slegs een wedstryd vir Boland begin het, in staat is. Immelman neem stelling in op linkervleuel.

Daniël Philander sal Goosen se plek op losskakel volstaan.


Spanne slyp tande vir
super 4-stryd

[ Top ]


DIE derde jaarlikse Drakenstein Super 4-kompetisie tussen Young Peoples, Albions, Paarl Rangers en Young Gardens skop Vrydagaand af wanneer die halfeindstryde op die Faurestraat-stadion gespeel word.

Die verrigtinge begin om 18:00 wanneer die o.17 spanne van Peoples en Rangers mekaar pak. Die eerste halfeindstryd begin om 19:00 met 'n derby-stryd tussen Albions en Rangers.

Daar is bitter min te kies tussen dié twee bulspanne en oop, aanskoulike hardlooprugby word verwag.

Albions is met 'n kort-kop die gunsteling omdat hulle puik vorm in die laaste drie ligawedstryde getoon het.

Rangers is egter 'n span vir die groot oomblik en het reeds bewys dat hy vir niemand op die rugbyveld terugstaan nie.

Rangers het verlede jaar se wedstryd naelskraap gewen en Albions sal vanjaar beslis die bordjies wil verhang.

Die tweede halfeindstryd skop om 21:00 af wanneer die huidige kampioen, Young Peoples, sy aartsvyand, Young Gardens die stryd aansê.

Peoples het derde in die Premierliga A geëindig en sal wys dat hulle dié posisie verdien. Gardens het die seisoen gesukkel, maar juis dit maak die Rooi Rose 'n uiters gevaarlike span.

Die Tiere beskik egter oor 'n puik agterlyn en Gardens sal Peoples se ruimte moet beperk as hulle hoop om die eindstryd te haal.

Gardens beskik ook oor 'n paar ervare spelers wat self die pap kan dik aanmaak.

Peoples mik egter vir 'n derde agtereenvolgende Super 4-titel en sal met 'n groot aanslag kom.

In 2001 het Peoples vir Gardens in die eindstryd 5-3 gewen, en verlede jaar vir Rangers 24-22.   


Roses seëvier in Newtons feesstryd

[ Top ]


DIE Newtons Rugbyklub het Saterdag sy 60ste bestaansjaar gevier met 'n feeswedstryd teen Roses United.

In ongure weer het die twee spanne die toeskouers getrakteer met tipiese feesrugby. 

Hoewel Roses die wedstryd met 20-5 gewen het, was sake deurgaans gelykop.

Roses het sy kanse beter benut en tree dus welverdiend as oorwinnaars uit die stryd. 

Vir Roses het Jacquin Ruthford (senter) en Ricardo Hendricks (flank) uitgeblink. Aan Newtons se kant het Ben Martin (losskakel) en Rod Demas (slot) die oog gevang.

Newtons se Ranfred Dazel (vleuel) in Boland se Meriete-A Span is na pragvertonings bevorder na die Boland Kavaliers-span. 

Sy uitstekende doelrekord waar hy sewe drieë in slegs drie wedstryde gedruk het, het waarskynlik die Boland keurders se oog gevang.


Aflosbyeenkoms

[ Top ]


ONDANKS karige ondersteuning deur plaaslike atlete het die Wellington Atletiekklub se onlangse afloswedloop tog vir goeie kompetisie gesorg.

Die gasheerklub het met die louere in die klubafdeling weggestap, met Anton Farao, Stoffel Arendse, Byron Februarie, Phumso Mrali, Owen Smith en Nkosana Mponeng wat hier die pas aangegee het.

Die span van Mr Price WP was tweede.

In die afdeling vir hoërskoolatlete het Bellville Atletiekklub se Somerset Mall atlete goed gevaar en het die seuns eerste plek en die dogters tweede plek behaal.

Helderberg Harriers se junior meisiespan was die wenners in die afdeling vir hoërskooldogters.  Hoërskool Swartland se seunspan was tweede en die meisies derde.

Laerskool Swartland het skoonskip gemaak van hul wedlope en beide die seuns- en meisiesaflosse gemaklik gewen. 

William Lloyd se seuns was tweede, en Wagenmakersvallei Pimêr derde. In die dogters se wedloop was Hugenote Laerskool se langasems tweede.

Die organiseerders van die wedloop het hul misnoeë uitgespreek met die swak bywoning deur veral plaaslike skole en klubs. Hulle hoop om volgende jaar die wedloop nog groter te maak.

SAD het die geleentheid geborg.


Paarl Cricket Club
raring to go

[ Top ]


RAIN washed out many of the first Boland league cricket matches on Saturday, but the Paarl Super league team seems ready to make an impact in the Boland's competition this season after impressive performances in warmup matches.

Recently they beat St. Augustine by 45 runs, and the next day thrashed Primrose by 119 runs.

Batting first after losing the toss on both days, Paarl scored an impressive 176 in 45 overs against St Augustine, thanks to new signing, Erasmus Hendrickse (39), who opened the batting.

Captain Lynal Jansen (5/17) and Ultallyn Erntzen (3/21) showed early form with the ball, and Saints were dismissed for 131.

On Sunday Paarl scored 184/8 in 45 overs, with the new Boland wicketkeeper, Wesley Euley (42),  Jansen (39) and Marco Walters (20) hitting nicely before some fiery bowling from Clint Philander and Anwell Newman (Paarl's new player/coach) softened up the opposing batsmen, to allow Alfredo Adams (4/23) Jansen (2/2) and Erntzen (2/10) to bundle out the visitors for 65 in only 34 overs.


WP Rugby soek Paarlse rugbykrag van ouds

[ Top ]


"SPELERS vanuit die Paarl en Stellenbosch-dorp hoort in die WP rugbyspan, hulle het nog al die jare daar gespeel.

"As ons weer Springbokke vir die Paarl wil oplewer moet ons die klubs minder maak om so sterker te word."

Dit was die beroep wat Koos Basson, president van die WP Rugbyunie, Maandagaand op die rugbyklubs in die Paarl gedoen het tydens die Super 4 se bekendstellingsfunksie.

Basson het aan Young Peoples, Young Gardens, Paarl Rangers en Albions rugbyklubs erkenning gegee vir die toernooi waarmee hulle weer 'n "eenheidsgevoel" onder die plaaslike rugbypubliek probeer tuisbring.

"Dit is 'n toernooi wat waarde toevoeg tot rugby in die Paarl. Rugby se kweekskole is op skool- en klubvlak," het Basson gesê.

Basson se siening dat die rugbytalent in die Paarl moet saamsmelt om saam met die gerekende spanne in die WP se Superligas deel te neem, is deur die sameroeper van die WP-keurders, Dougie Dyers, beaam.

"Dit is traumaties om klubs toe te maak, want baie het 'n tradisie van 'n 100 jaar of meer. En elke klub verrig 'n diens vir WP deur kinders van die straat af te hou.

"Maar om klubrugby in die Paarl tot sy volle potensiaal te laat herleef, moet daar gekyk word na 'n interne kompetisie waar die beste spelers gekies word om vier spanne vol te maak wat in die Superligas kan deelneem," het Dyers gesê.

"Ek voel entoesiasties hieroor en rig vertoë aan die klubpresidente om in dié rigting te begin praat.

"Dit sal 'n blye dag wees as daardie plan tot uitvoer kom. Met die regte druk en afrigting sal dit nie meer as vier seisoene neem voordat daar weer Paarl spelers is wat 'n krag in die WP is nie."

Henry Bailey, voorsitter van die Drakenstein Super 4-toernooi, het die Unie verseker dat dié toernooi slegs van krag tot krag sal gaan, met die vooruitsig om dit tot 'n Super 8 uit te brei deur ook Bolandse klubs te betrek.

"Hier loop beslis nog Springbokke in die Paarl rond. Die klubs praat reeds in daardie rigting van samewerking en ons vra die WP se top-vlak bestuur om ons te help om te verseker dat hier weer Springbokke uit die Paarl opgelewer word," het Bailey gesê.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za