safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 2 December 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 9 December 2004.

Aida

Nuus - News


Mall in demand

[ Top ]


ABOUT 80% of the rentals of the Paarl Mall are already committed, said Pat Flanagan, co-developer of the Paarl Mall which is currently under construction, at the leasing launch on Monday.

There will be 100 shops, including Pick 'n Pay, Edgars, Woolworths, the Foschini Group, the Clicks Group, the Pepkor Group, Truworths and Mr Price,

VIEW. The Woolworths store under construction.

among others.

Flanagan says 45% of the shops will be let to local lessees.

The mall is situated on 14 hectares in Southern Paarl on part of the Langeberg site and will consist of 36 000 square metres of retail shops, including restaurants and coffee shops.

The shopping centre will boast 2200 free parking bays, as well as a direct access route from the N1 at the Cecelia Street bridge.

According to Flanagan the new stakeholders are investing R300 million in the development which is to open in October 2005.

The larger stores will retain their outlets in central Paarl, thus the mall should not affect the Paarl CBD, Flanagan said


Initiates die after rites

[ Top ]


TWO young Sotho men died during a traditional initiation ceremony on the bank of the Berg River at Mbekweni on Friday.

The bodies of Tumelo Thabane (21) and Moretimang Mkgosi (21) were removed from the secret initiation camp and transported to the Paarl police mortuary on the back of a pick-up truck.

The driver of the bakkie informed the mortuary official that the initiates had died an hour apart on Friday evening. The one had allegedly complained of chest pains, and the other of stomach pains.

A post-mortem examination this week revealed that both young men had had serious burns under the soles of their feet and on their newly circumcised private parts.

Both had multiple injuries on their buttocks and upper bodies, possibly caused by whipping during the week that they had been undergoing initiation.

Co-operation with police investigators has not been forthcoming, as was the case with the death of another Sotho initiate in the Franschhoek mountains last year.

Tradition forbids a non-Sotho from entering the initiation camp. Forensic detectives are not allowed to search the area, while a code of silence bars initiates from speaking to the police.

All queries have to be directed through the supervisor of the initiation camp, and are accepted only from a Sotho policeman.

Investigators have yet to move into the bushes at the sewerage dams opposite the informal NederPark settlement at Mbekweni, where initiation camps are held.

While tradition forbids police to enter the site where the two men had died, the secrecy surrounding the ceremony and interference with clues and witnesses, could also seriously hamper the investigation.


Kersliggies vanaand aangeskakel

[ Top ]


DIE Paarlse Kersliggiefees word vanaand om 20:00 in Lady Greystraat aangeskakel deur die burgemeester.

Vader Kersfees sal al vroeër by die Nedcor-gebou afseil en studente van die Frank Pietersen Musieksentrum sal ook optree.

Vrydagaand sal plaaslike sangers en dansers optree en Saterdagaand tree die Popstars sanggroep Afro-Zee asook plaaslike sangers op.

Daar sal ook 'n pretpark en spesiale kinderverhoog wees in Nuwestraat.

Die fees word vanjaar vir die eerste keer uitgebrei tot vier dae om Sondag in te sluit wanneer die fees afsluit met gewyde Kersmusiek deur kore en die Heilsleër, uitgevoer by kerslig. Daar sal ook samesang wees en kerse sal deur Rotariërs verkoop word.

Van die plaaslike kunstenaars sal ook by die Kersliggiefeeste op Saron (10 Desember) en Gouda (11 Desember) optree. Gouda het 'n "Mej Liggies" gekroon.

Vir navrae, skakel Luzelle Moller (863-5009) of Thomas du Plessis by 807-2409.

Die Oukraal kunstefees word Vrydag en Saterdag in die Polisiekollegesaal aangebied met hoofsaaklik plaaslike kunstenaars, as deel van die Liggiefees.

Een van die hoogtepunte is Saterdagmiddag om 14:30 wanneer Lana English (wat die hoofrol in Phantom of the Opera gesing het) en haar broer Victor optree in 'n program van ligte musiek. Toegang is R30 (sien bl 22).

* The festive lights in Lady Grey Street, Paarl, will be switched on by the mayor tonight.


Hoofstraat eis 'n jong lewe

[ Top ]


DIE Paarlse Hoofstraat het Vrydagnag weer 'n lewe geëis, dié van 'n student wat uit 'n besige kuierplek gestap en deur twee motors getref is.

Werner van Rooyen (20) van Vercuielstraat, het voor die oë van 'n vriend, Jan van der Merwe, gesterf.

Volgens ooggetuies het Werner en Jan die Hoofstraat kort voor 02:00 oorkruis. Hulle was teen die  middellyn  toe 'n wit VW Golf  vir Werner met die regterkantste syspieël geraak het.

Werner het sy balans verloor en voor 'n Opel Corsa geval. Hy het met erge kop- en beenbeserings gesterf.

Die Corsa se jong vrouebestuurder uit Stellenbosch is vir skok behandel.

Remmerke was hierdie week steeds duidelik sigbaar op die teer. Die lengte van die remmerke dui nie op oormatige spoed nie, het 'n kenner gesê.

Soos Werner se moeder, Melinda van der Merwe, meen inwoners van die buurt egter "spoed het weer 'n lewe geneem." (sien brieweblad)

Die bestuurder van die Golf, 'n 20-jarige Paarliet van Tweede Laan, het intussen 'n verklaring by die polisie afgelê.

Hy het die nag "omgekyk nadat hy gevoel het hy tref iets skrams, maar het verder gery toe hy niks agter hom sien nie".

Dit was eers Saterdag dat hy gehoor het hy was in 'n noodlottige botsing betrokke. Hy is toe saam met 'n prokureur na die polisiestasie.

Die getuigskrif van die Jan Krielskool waar Werner gematrikuleer het, vertel van die "lojale vriend wat dié in moeilike omstandighede ondersteun".

"Werner was so vol omgee vir sy medemens en sy maats," het sy moeder hierdie week hartseer onthou.

Werner was haar enigste kind. Sy pa was sy held, het sy gesê.

Hy het vanjaar by 'n kollege in Pinelands elektronika studeer om by sy pa in Somerset-Wes in diens te tree.

Vrydagaand 12 uur het sy haar seun se meisievriende 'n geleentheid huis toe gegee en daarna het Werner en Jan besluit hulle stap nog na Bossa Nova.

"Jan het vertel hoe hulle langs mekaar gestaan het en toe is Werner skielik nie meer daar nie. Toe sien hy hom daar anderkant lê.

"Werner se pa het twee weke gelede vir hom 'n motor gekoop, maar hy het nog net 'n leerlinglisensie, en daarom het hulle gestap. Dit was so onnodig."

Hierdie week het Werner se baie vriende Melinda ondersteun en in sy kamer by hul woning te Vercuielstraat 10 gekuier.

'n Huldediens is gister in die Strooidakkerk gehou.

* Intussen is inwoners en besigheidslui van die Zeederbergplein-omgewing besig om 'n petisie op te trek oor die onveilige toestande in die Hoofstraat.

'n Voetgangeroorgang met verkeerslig is 'n paar jaar gelede voor Huis Vergenoegd aangebring nadat 'n bejaarde vrou daar onder 'n motor gesterf het.

Voorstelle van 'n vier-puntstop op die hoek van Hoof- en Rosestraat, 'n verhewe interseksie, spoedbrekende bulte, 'n spoedkamera en 'n middelmannetjie is gemaak (sien brieweblad).

* A student has become the latest victim of traffic in Paarl's Main Street.


Gemoedere loop hoog oor boom

Susan Botha

[ Top ]


ONTSTOKE verbygangers het onlangs ontsteld gereageer toe dit lyk asof die die groot eikeboom voor die huis te Hoofstraat 419, Paarl (oorkant die ou Paarlvallei Pastorie) verlede week afgesaag sou word.

Die ou boom, wat omstreeks 1850 geplant is, is die helfte kleiner gemaak nadat die stam begin oopbars het.

Die eienaar van die historiese huis, Carl Meffert van Rawson Properties, vertel: "Die boom is deur swamme uitgehol onder 'n ou wond waar 'n groot tak jare terug afgebreek het.

"Die boom was een van ons redes om die huis te koop en ons wou die boom graag red.

"Omdat dit baie naby die huis staan, het ons advies ingewin van die parkeafdeling van Drakenstein Munisipaliteit, van Kirstenbosch en die Universiteit van Stellenbosch.

"Sommige kontrakteurs wou ons bangpraat en die boom uitkap, maar die deskundiges het voorgestel dat die boom kwaai teruggesnoei moet word om hom veilig te maak.

"Daar is nog baie lewe in die boom, en die goeie helfte van die stam is besig om te verdik. Die boom sal spesiale voeding kry en hopelik lyk dit na 'n jaar of twee weer 'n bietjie soos vroeër."

Meffert eindig op 'n positiewe noot: "Die reaksie van die publiek wys darem dat Paarliete die groen karakter van die dorp op die hart dra.

"Twee nuwe eikebome sal voor die huis geplant word om te sorg dat dié stukkie van die dorp oor vyftig jaar nog met eikebome kan spog."

* Paarl residents may rest assured that a tree that has been severely trimmed, will not be chopped down, but is being treated for a fungal infection.


Hawe tussen grafte

[ Top ]


DRIE hawelose gesinne het in die Paarl se Holy Trinity begraafplaas in Bergrivier Boulevard hul intrek geneem.

Twee van die gesinne het ses weke gelede van die ou Paarltronk oor die pad geskuif toe hulle deur sekuriteitswagte van die departement Openbare Werke uitgesit is.

Die derde gesin in die begraafplaas is 'n vrou wat onlangs met haar vriend en haar tienerseun uit Beaufort-Wes na die Paarl verhuis het.

"Die situasie is vir ons 'n groot bekommernis," het vader Joseph Titus van die Holy Trinity Kerk hierdie week gesê. "Die kerkraad sal aan die saak aandag gee.

"Ek het reeds met die mense wat daar woon, gepraat. Nou sal ek met amptenare van die munisipale behuisingsafdeling in gesprek tree.

"Ons wil hulle nie graag uitsit voordat ons hulle situasie deeglik ondersoek het nie."

Intussen woon en was die gesinne tussen die grafte. Hulle span seile en pak kartonne en planke tussen relings en oor grafstene.

"Dit is lekker rustig hier," sê die kerkhofbewoners. "Hier pla niemand ons nie."


Smokkelaars se tyd loop uit

[ Top ]


TYDENS 'n polisie-optrede die naweek, is beslag gelê op drank ter waarde van meer as R20 000 by 'n smokkelhuis op Wellington.

Die eienaar van dié woning te Jardinestraat 24, Oscar Meyer, is vir handel in drank in hegtenis geneem. Borgtog is toegestaan en hy verskyn weer in Februarie in die landdroshof.

Die beslaglegging was deel van die Wellington polisie-misdaadvoorkomings- eenheid se totale aanslag op drank- en dwelmsmokkelary.

'n Lokvink het die naweek drank aan't huis van Oscar Meyer gekoop en daarna het die polisie met 'n lasbrief toegeslaan. Die woning is omskep in 'n kuierlokaal met televisies en videospeletjies.

'n Totaal van 2222 liter bier, 25 liter brandewyn, twee liter rum, vyf liter whisky en 320 liter wyn is in 'n stoorkamer langs die woning gevind.

Verlede week het Meyer ná 'n optrede by Jardinestraat 'n skulder- kenningsboete van R1 500 betaal. Dagga en mandrax is toe ook op die perseel ontdek.

In 'n ander optrede by Bo-Parkstraat in die GhostTown woonbuurt van Wellington het lede van Misdaadvoorkoming en die Georganiseerde Misdaadeenheid dwelms ter waarde van byna R10 000 ontdek.

Lang en kort strooitjies tik, tik in sakkies en ecstacy tablette is gekonfiskeer. Bo-Parkstraat is glo 'n gereelde uithangplek vir jong meisies.

Die huiseienaars, Ricardo Maart en sy suster Tracey-Lee, is saam met vier jong meisies wat op die perseel gevind was, ondervra.

Drank is ook in 'n drinkhuis te Ntlanazanestraat, New Rest, ontdek. Die eienaar het 'n R500 skulderkennigsboete betaal.

Dagga, mandraxtablette en strooitjies met tik is ook in 'n woning te Mooivleistraat 25, Vanwyksvlei, ontdek.

"Geen smokkelaar sal geduld word nie," het 'n polisiewoordvoerder gesê.

"Met die Feestyd sal die optredes teen onwettige handelaars net verskerp word."

* Police are not tolerating liquor and drug dealers in Wellington, confiscating thousands of rands of the illegal substances during operations at the weekend.


Noodlottige bergongeluk

[ Top ]


'n JONG man van Wellington het Maandag gesterf aan beserings wat hy die naweek tydens 'n padongeluk in Bainskloof opgedoen het.

John Willemse van Waterkantstraat 21, Wellington, is uit die motor geslinger toe 'n voorband gebars en die motor gerol het.

Drie vriende, jong werkskollegas by 'n wyngroothandelaar in Lady Lochweg, was Saterdag om 19:15 van Antoniesvlei berg-af op pad toe die ongeluk hulle getref het.

Die motor het buite beheer geswaai en geruk, het Thomas Dirkse  gesê, en Willemse het uitgeval.

Ambulanspersoneel uit die Paarl was vinnig op die toneel.

Dirkse (27) van Josephlaan 42, Wellington, is met beenbeserings in die Paarl Hospitaal opgeneem.

Die erg beseerde Willemse is per ambulans na die Tygerberg Hospitaal vervoer.

Die motorbestuurder, Mario Damon (25), kry steeds behandeling vir  skok.

* Sondagaand het noodredders tot ná middernag met toue teen Bainskloofpas afgeklouter op soek na slagoffers van 'n beweerde motorongeluk.

Dit was ná 'n oproep van 'n verbygaande motoris dat Paarl ambulanshoof Coby Fortuin, noodredder Terence Daniels en Wellingtonse polisie tot 01:00 die nag die berghange by die Preekstoel gefynkam het.

Behalwe 'n ou motorwrak, was daar geen teken van 'n ongeluk of beseerdes nie.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]