safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 2 December 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 9 December 2004.

Aida

Youth - Jeug



KRANSLEGGING. Nasate van die stigter van die Laerskool Slot van die Paarl het die skool se 147ste verjaarsdagviering bygewoon. Hier staan Christiaan en Stefaan du Toit by die graf van SG du Toit, stigter van die skool in 1857, nadat hulle 'n krans gelê het.


Skool 147 jaar oud

[ Top ]


DIE Laerskool Slot van die Paarl is vanjaar 147 jaar oud.

Die skool, die oudste in die Paarl, het onlangs tydens 'n kransleggingseremonie hulde gebring aan die stigter van die skool, SG du Toit, asook oud-skoolhoofde.

Nasate van vroeëre rolspelers in die geskiedenis van die skool het deelgeneem aan die verrigting.

Die oorspronklike gebou wat in 1857 deur die gemeenskap voltooi is, bestaan nie meer nie, maar talle argiefartikels staaf die skool se roemryke verlede, wat soms deur moeilike tye gekenmerk is.

Ter voorbereiding vir die viering van 150 jaar in 2007 word oud-leerlinge gevra om die skool te kontak by 869-8007 of faks 869-8010, met hul gegewens sowel as herinneringe/staaltjies vir die saamstel van 'n feesblad.-


Ou foto's gesoek

[ Top ]


DIE Paulus Joubert Sekondêre Skool is volgende jaar 40 jaar oud en wil graag 'n gedenkboek saamstel. Oud-leerders word versoek om inligting en foto's te stuur uit die skool se geskiedenis. Stuur dit met name, datums en besonderhede.

Wie was die eerste matrikulante, hoofseun en sportkampioene. Was jy op 'n skooltoer? Wanneer en waarheen? Was jy 'n Bolandkampioen en wanneer? Wie was in die Boland Tafeltennisspan en wanneer? Atletiekkampioene?

Stuur alle inligting aan I Hollenbach by Paulus Joubert Sekondêr, Beukesstraat, Paarl. Alle foto's sal weer terugbesorg word.


Hugenote hou skaaktoernooi

[ Top ]


HUGENOTE LAERSKOOL op Wellington het onlangs 'n span-skaak- toernooi gehou. Die ses laerskole wat deelgeneem het, is Eversdal, Idasvallei, Paarl Seuns Primêr, Eikestad, Dirkie Uys en Hugenote.

Laerskool Eversdal was die gunstelinge aangesien hulle die 2004 wenners van die WP Top Skole was en ook vierde in die nasionale Top Skole toernooi in Pretoria geëindig het.

Die kompetisie was straf en die finale uitslae het dit bevestig. Met tellings uit 30 was die uitslag: Eversdal (26,5 punte), Hugenote (21,5 punte) en Paarl Boys (13 punte.)  Die vierde plek is gedeel deur Dirkie Uys en Eikestad (11 punte) gevolg deur Idasvallei in die vyfde plek. Hugenote se ligaspan het tydens die toernooi hul eerste nederlaag vir die jaar gely teen Laerskool Eversdal. Laasgenoemde het 3,5 teenoor 2,5 gewen.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]