safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 3 February 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 10 February 2005.

The voice of Drakenstein

Nuus - News


Boom tref motor

Leon Steenkamp

[ Top ]


'n MAN het Donderdag in die Paarl die dood met 'n breukdeel van 'n sekonde ontglip toe 'n deel van 'n akkerboom op sy motor geval het.

Reddingspersoneel het vir twee uur gesukkel om Philip Calitz (56) van 14 Cabernetlaan, Somerset-Wes, uit sy motor te bevry nadat die reusagtige tak op die enjinkap van sy Volkswagen Jetta te lande gekom het.

Het Calitz 'n breukdeel van 'n sekond vinniger gery, sou die tak hom vergruis het, het verslae omstanders gesê.

Volgens André Bredenkamp, wat in die voertuig reg agter Calitz gery het en die hele voorval in die Paarlse Hoofstraat aanskou het, het dit baie vinnig gebeur.

"Ek het gesien hoe 'n blou motor van die teenoorgestelde rigting skielik uitdraai toe 'n deel van 'n tak in die pad geval het. Die motor het deur dié kleiner deel van die tak gery.

CLOSE CALL. A man from Somerset West narrowly escaped death when part of an oak tree fell onto his car in Paarl's Main Street on Friday. Emergency personnel battled for two hours to free Philip Calitz (56) from the wreck of his Volkswagen Jetta. He was admitted to the Paarl Medi-Clinic with a broken leg, foot and hand, and also suffered cuts and bruises.   

"Die volgende oomblik het die res van die tak op die voertuig voor my te lande gekom," vertel Bredenkamp wat sowat 10m agter die Jetta gery het.

"Ek het gerem en twee meter agter die motor tot stilstand gekom."

Bredenkamp en Wim van der Kooij van 'n nabygeleë slagtery het Calitz te hulp gesnel.

"Ek het my hand deur die venster van die agterdeur gedruk om te voel of hy nog 'n hartklop het," sê Bredenkamp.

"Ek het die heeltyd met hom gepraat, maar hy het nie geantwoord nie."

Die die omstanders het saamgespan om die tak wat op die motor se enjinkap geland het, effe weg te skuif.

"Ons het die stuurwiel, wat sy buik vasgedruk het, weggetrek sodat hy beter kon asemhaal.

"Ek het toe vir die omstanders gesê hulle moet hom eers so los, aangesien ons alles gedoen het wat ons kon, en dat die ambulans reeds oppad is," vertel Bredenkamp.

Reddingspersoneel van die Paarl Ambulansdienste en Brandweer het die wrak met behulp van meganiese kake oopgesny, terwyl 'n munisipale trekker met 'n hyskraan ingeroep is om terselfdertyd die tak van die motor af te lig.

Calitz is met 'n gebreekte regterbeen, linkervoet en regterhand in die Paarl Medi-Clinic opgeneem.

'n Staalpen is Donderdagaand in sy regterbeen ingeplant.

"Dit gaan beter, hy is Dinsdag geopereer om die voet en die hand te herstel. Alles is natuurlik baie geswel en gekneus," het Calitz se vrou, Lynette, gesê.

Sy het bygevoeg dat die dokters geen inwendige beserings by haar man kon diagnoseer nie, maar dat sy verwag dat hy minstens nog 10 dae in die intensiewe eenheid sal deurbring.

Calitz is die eienaar van Yucca Packaging in Hugenote.

Volgens Albert van der Merwe, Drakenstein Munisipaliteit se hoof van Parke, glo die afbreek van die tak is te wyte aan die droogte.

"Ek is bekommerd oor die feit dat daar min tot geen water uit die tak geloop het, toe ons dit opgesaag het nie.

"Dit is nie goeie teken nie omdat takke met gesonde blaarmassa en kleur, soos dié een, makliker kan afbreek as hulle begin uitdroog. Die sak van die watertafel is die oorsaak," het Van der Merwe gesê.

Hy het bygevoeg dat daar verlede jaar heelwat spandeer is om die bome in Hoofstraat te ondersoek vir siekte en om te snoei waar nodig.

"Twee onafhanklike kundiges is gevra om aanbevelings te maak vir 'n plan van aksie."

* A motorist was seriously injured by part of a falling oak tree in Paarl's Main Street.


The dogs know

Malané Bosman

[ Top ]


IF ONLY the dogs could talk. Then Cathy de Jager of Du Toit's Kloof would know who had killed her husband.

Gavin de Jager (46) died from a bullet wound on Wednesday night last week, presumably fired from his own pistol after it had been wrested from him by intruders.

When the owner of the De Poort trout and protea farm took his firearm for his regular patrol that night, the family's guard dog did not accompany him. Bull is gun-shy.

His other dog, a Jack Russell, was running at his master's feet when he walked the 200m along a narrow, overgrown path towards his son's home on the mountain slope.

Dylan's two Jack Russells were locked in his house, while the young man was out.

"We will most probably never know what happened in that house," Cathy said. "The dogs escaped injury."

According to Cathy the murderers must have entered Dylan's house earlier that evening while he, and also his parents, were visiting in Paarl.

Upon returning at 21:00 Cathy put their grandchild to bed and then fell asleep while Gavin was out walking.

Dylan discovered his father's body when he arrived home at midnight.

Detective Inspector Jason Pietersen (807-4000) is investigating the possibility that burglars had climbed through a bathroom window.

A DVD player, 20 CD's and three leather jackets were found stacked on a bedsheet on the floor. Nothing had been removed from the house.

The two cartridges found on the scene could mean that Gavin had managed to fire a shot before he was overpowered. The pistol was left on the scene.

Clues will be obtained from forensic analysis of prints on the firearm and bloodstains in the house.

A memorial service was held on the lawns overlooking the trout dams and mountain slopes yesterday, with family and friends remembering the "very special" man.

The de Jagers moved from Gauteng eight years ago and transformed the farm into their paradise.

"Understanding, that's what Gavin was," his wife said.

Dylan added: "We worked together. We were always together. My friends were his friends."

Cathy is now faced with a difficult decision. Can she remain on De Poort now that her husband is no longer there: "Relatives are worried for our safety. But we built this beautiful place together. Where would we go?"

Gavin is survived by his wife, daughter Raygan Erasmus (26) and grandson Jared (15 months), and sons Dylan (24) and Kyle (in Grade 9 at Paarl Boys' High).


Inbrekers moor op Klapmuts

[ Top ]


INBREKERS het Saterdagnag 'n man by 'n bekende kwekery buite Klapmuts vermoor. Hendrik Sibwa (40) was alleen in die woonkwartier van die Ou Werf Kwekery aan die Proteapad toe hy oorval is.

Die werknemer oornag nie gereeld by die kwekery nie.

Ondersoek word ingestel na die moontlikheid dat die aanvallers deur 'n draad langs die N1, sowat 50m van die woning, kon gekruip het.

'n Stoel is onder 'n kombuisvenster neergesit en die ruit is na binne gebreek.

"Hulle het dalk nie verwag om mense in die huis aan te tref nie," het ondersoekers gesê.

Hendrik is twee keer met 'n skerp voorwerp gesteek en vir dood agtergelaat. Sy liggaam is Sondagoggend ontdek.

Hy was geklee in 'n sweetpak en sokkies en is vermoedelik in die slaapkamer oorval. Tekens van 'n stoeiery is daar gevind, ook 'n bloedspoor soos hy na die voordeur gesukkel het voordat hy in die kombuis inmekaargesak het.

Hendrik het meer as 20 jaar lank vir die Moolmans gewerk by hul Aspidistra kwekery op Somerset-Wes en later ook by Die Werf.

"Hy kon alles doen - van werk met die plante tot bouwerk," het Karin Moolman gesê.

* A Klapmuts man was murdered.


Raadslede kry verhoging

[ Top ]


DIE raad van Drakenstein het die nuwe salarisvoorstelle vir raadslede goedgekeur, terugwerkend tot 1 Julie 2004, maar nie sonder groot teen- kanting van die DA en ACDP nie.

Die verhogings beteken 'n bykomende R197 000 per jaar uit die belasting- betaler se sak.

Die totale bedrag vir die 2004/5 boekjaar is nou R7 379 472, 'n effektiewe verhoging van 6%.

Die burgemeester kry nou R26 978 per maand (voor belasting) en die onderburgemeester R22 385.

Die Speaker en die nuut aangestelde sweep (raadslid David Xhaso) se vergoeding is gelykstaande aan die onderburgemeester.

Voltydse raadslede verdien R21 216 per maand en gewone raadslede R5 397.

Hierdie bedrae (voor belasting) sluit nie pensioen en medies in nie, aangesien alle raadslede nie hieraan behoort nie.

Die verhogings is uiteindelik deurgevoer met hewige teenkanting van veral die DA en die ACDP.

Jean Smit, lid van die DA en 'n voormalige Speaker, het die woord gevoer namens die amptelike opposisie.

"Die salarisvoorstelle wat voor ons op die tafel is en bedoel is om as 'n salarisverhoging deur te gaan, het die potensiële inkomste van 'n gewone raadslid wat nie in aanmerking kom vir 'n mediese subsidie nie, met R168 per maand verminder.

"Daarteenoor neem die uitverkorenes (burgemeesterkomitee) se salarisse totaal buite verhouding toe.

"Die burgemeester gaan meer as R1000 per maand bykry, die Speaker R900 meer per maand en die lede van die uitvoerende komitee meer as R800 per maand."

Raadslid Smit het in sy betoog verwys na die beeld van politici in die algemeen: "Die status van plaaslike politici hang tans in flarde, die noodwendige gevolg van gewetenlose inmenging in en manipulasie van plaaslike regering deur tweede en eerstevlak regering.

"Die materiële voordeel wat behaal is, is intussen deur die uitvoerende burgemeesterstelsel toegewys aan 'n klein, uitgesoekte en bevoorregte groepie raadslede.

"Maar die gewone raadslid wie se harde verkiesingswerk dit moontlik gemaak het vir hierdie bevoorregtes om langs 'n gedekte tafel plek in te neem, moet tevrede wees met die krummels wat van hierdie tafel afgeval het.

"Met die beste wil in die wêreld, geagte Speaker, kan ek nie insien hoe u binne die huidige opset bekwame gemeenskapsleiers gaan beweeg om hulle as gewone raadslede in die komende plaaslike verkiesing beskikbaar te stel nie.

"Hoe kan u van 'n gewone raadslid verwag om hierdie noodsaaklike verpligtinge na te kom as hy of sy tevrede moet wees met 'n potensieel verminderde inkomste nadat meer as ses maande gewag is op 'n moontlike salarisverhoging?"

Raadslid André de Villiers (ACDP) het gesê dit is verregaande dat die raad "gebloei" word vir die top vlak.

Hy het verder gesê hy kan nie sien hoekom die burgemeester soveel meer as gewone raadslede moet verdien nie.

Sy aanmerking dat burgemeesters "net funksies bywoon" terwyl gewone raadslede hard moet werk, het die vet in die vuur gehad.

Speaker Killion Cekiso het onmiddellik die lid aangespreek en gevra dat die burgemeester nie persoonlik aangeval moet word nie.

Hou jou mond

Raadslid De Villiers se versekering dat hy die pos en nie persoon bedoel het nie, het nie burgemeester Herman Bailey gekeer om 'n snydende aanval op hom te maak nie: "As u nie weet wat die funksies van die burgemeester is nie, bly stil. Hou jou mond!"

'n Heftige woordewisseling tussen die Speaker, burgemeester en verskeie raadslede het geëindig met die burgemeester wat die Speaker se hamer gegryp en op die tafel gekap het vir stilte.

Ná 'n debat van byna twee ure is die saak tot stemming gebring en het die regerende ANC dit goedgekeur.

* The Drakenstein Town Council has approved a 6% pay increase for councillors.


Paarl 'n mekka vir voertuigdiewe

[ Top ]


IN 'n hernude vlaag motordiefstalle is ses voertuie Maandagnag in die Paarl gesteel - drie daarvan uit een straat.

En terwyl die polisie Dinsdag moes bontstaan op die spoor van die voertuigdiewe, is 'n bakkie onder die neus van 'n motoroppasser in die middedorp gebuit.

George Windvogel (64), 'n pensionaris van Paarl-Oos, het om 11:50 sy "stukkie goud", CJ 39979, 'n roomkleurige 1992 model Toyota Hilux, geparkeer.

"Die plekaanwyser by Pick'n Pay het my gewys waar ek kan parkeer en nog gesê hy sal my bakkie mooi oppas.

"Ek was nie 'n kwartier by die bank nie, toe is ek terug. Dieselfde man uit Afrika het vir my beduie alles is reg, maar my bakkie was weg.

"Ek kon dit nie glo nie. Die man moes presies geweet het wat aangaan."

Windvogel vertel: "My bakkie is so mooi opgepas. Hy loop so stil soos 'n kar. Daar's splinternuwe bande voor en agter, 'n vlekvryestaal uitlaatstelsel, 'n kappie."

Maandagnag is 'n VW Kombi op die parkeerarea van Shoprite gesteel.

In Nuwe Eskdalestraat is 'n blou 1984 Toyota Cressida met Noord-Kaap nommerplate, gesteel.

In Oranjestraat is 'n wit CL Toyota Stallion met 'n aluminium leer op die dak en die woorde Plum Guarantee en Robert Williams, gesteel.

'n Nissan 1400 bakkie met CA registrasienommer het ook uit Oranjestraat verdwyn.

'n Wit Ford Tracer wat in Hoofstraat gesteel is, is die nag deur die Blitspatrollie uit Kaapstad op die R300 voorgekeer. 'n Verdagte, van Khayelitsha, is in hegtenis geneem.

'n Polisie-taakspan is verlede maand in die Paarl gestig om die vlaag voertuigdiefstalle hok te slaan. Voertuigdiewe teiken egter steeds die gebied, arrestasies en suksesse ten spyt.

Insp Donovon Cupido het onlangs 'n Toyota Stallion ná middernag in die Paarl gesien ry.

Hy het die registrasienommer nagegaan en konst Craig Truter het minute later die voertuig - wat dié aand in Horakstraat gesteel is - voorgekeer.

Met inligting wat van die bestuurder bekom is, is nog drie vermeende voertuigdiewe kort daarna in 'n ander motor in Denneburg in hegtenis geneem.

'n Ford Laser wat ook daardie nag in Waterkantstraat gesteel is, is steeds soek.

'n Nissan Sentra wat die volgende nag in Flambeaustraat, Courtrai, gesteel is, is kort daarna deur die polisie in Khayelitsha teruggevind.

"Voertuigdiefstal in die Paarl is kommerwekkend," het kommissaris Ganief Daniels gesê. "Wees ons oë en ore. Vinnige rapportering is belangrik."

Kontaknommers vir die taakspan is kapt Charles Daniels (083-983-0189) en konst Conway Benjamin (083-417-8942).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]