safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 3 February 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 10 February 2005.

The voice of Drakenstein

People - Mense


Labori kry nuwe hoof

[ Top ]


DIE nuwe hoof van Labori Hoër, Johan Batt, is 'n vriendelike man wat maklik glimlag.

Hierdie getroude pa van drie kinders kom al 'n lang pad, sedert 1984, in die onder- wys.

Hy het op Stellenbosch studeer, waarna hy sy eerste pos by die destydse handel- skool op Kimberley aanvaar het.

Johan Batt is bevorder tot hoof van Labori Hoërskool in die Paarl

Hierna was hy by Outeniqua op George en 1989 tot 1997 is hy departementshoof by JG Meiring.

Hy gee rekeningkunde, bedrysekonomie en ekonomie.Die afgelope sewe jaar was hy adjunkhoof by Labori.

Dit was sy voorganger, Johan Barnard, wat hom help slyp het vir sy nuwe posisie as prinsipaal, deurdat hy maar altyd by was met belangrike besluite. So is hy deeglik geskool vir sy huidige amp, sê hy.

By Labori het hy ook diens gedoen as koshuisvader en ken die ouers van koshuis-inwoners.

"Ek is nogal jammer dat ek my pligte as koshuisvader moes laat vaar, maar die werklading het nou te groot geword."

Tans staan hy aan die stuur van sake met 'n onderwyser-personeel van 16 lede en sowat 530 leerders.

In vergelyking met ander hoërskole, sê hy, is Labori nie so groot nie. Daarom het die skool sy kant gebring deur in samewerking met die plaaslike OBOS-kantoor, 48 ekstra leerders in te neem. Dit het bygedra om die akkommodasieprobleem van graad agts in die dorp op te los.

Die hoof-studierigting by die skool is tegnies en handel, maar akademiese vakke word ook aangebied, met verpligte leerareas Wiskunde en Natuur- en Skeikunde wat geslaag moet word.

Die leerplan verander gereeld en daar moet hard gewerk word om by te hou.

Hy sien die skool as voorbereiding van leerders vir 'n loopbaan in siviele, meganiese en chemiese ingenieurswese en  verdere studies op tersiêre vlak.

Labori is ook die enigste skool in die Paarl wat rekenaarstudie as 'n vak aanbied.

"Ons beskik .oor twee volledige sentrums en beplan 'n derde een."

Leerders van ander skole loop in die middag by hulle klas.

"Mense loop nog met die idee in hul kop rond van die ou handelskool, wat lankal nie meer die geval is nie. As ouers vra om hul kind 'n ambag hier aan te leer, klop hulle aan die verkeerde deur."

Op sport en kultuurgebied kan die skool nog nie kers vashou by die groot kanonne nie, maar dat daar geweldige groei besig is om plaas te vind, is nie te betwyfel nie.

"Die rugby het onder die afrigter Gary Nortjé en Chester Williams gedy, soveel so dat die skool nou al kan meeding op B-span vlak met die groter skole; en so ook die netbal, wie se afrigter self op provinsiale vlak meegeding het."

Teen 'n skool soos Bosmansdam wat byna dubbeld die grootte van Labori is en teen wie die skool op sportgebied in die interskole meegeding het, het die skool baie goed gevaar.

Die weermag was vroeër betrokke met die afrigting van skyfskiet by die skool, maar met die onttrekking van kadette, het dit agterweë geraak.

Hy beoog egter om skyfskiet weer hierdie jaar nog te laat herleef, al is dit dan net met windbukse.

Dat die skool uitstekend in hierdie en ander sportsoorte presteer het, is gewis, want daarvan getuig die trofeë in die gang se vertoonlokaal.

Johan gee duidelike erkenning aan sy wederhelfte, Julie: "Dit kos maar fyn trap om 'n deeglike balans te handhaaf tussen man, pa, gesin, en sy werk, en sonder haar sou ek definitief nie die pyp kon rook nie."

Hul oudste kind, James, het aan Labori gematrikuleer en is 'n derdejaar ingenieurswesestudent. Die twee dogters, Justine en Jo-Anne, is op laerskool.

Dat onderwys vir hom 'n passie is, is duidelik, en dat hy nog vir baie jare daarin betrokke sal wees, is seker.

* Labori High has a new principal.


Paarliet wen groot beurss

[ Top ]


'n PAARLIET is een van twee Maties wat die nuwe Mandela-Rhodesbeurse gaan ontvang vir nagraadse studies.

Hanru Niemand (22), voormalige hoofseun van Hoër Jongenskool, het sy Baccalaureusgraad sowel as sy Honneursgraad met lof geslaag en gaan die gesogte beurs ontvang saam met nog 'n Matie, Jacques Conradie.

Dié beurse word toegeken deur die Mandela Rhodes-stigting wat in 2003 tot stand gekom het as deel van die Rhodes Trust eeufeesvierings. Dit word in samewerking met die Nelson Mandela-stigting bestuur.

Terwyl Niemand gestudeer het vir sy Baccalaureusgraad het hy ook addisionele universiteitskursusse in Wiskunde en Praktiese Musiek Studies voltooi.

Hierdie puik oud-leerder van Boishaai was derde op die Wes-Kaapse merietelys en het agt onderskeidings in al sy vakke ontvang, maar is nie net 'n slimkop nie.

Hy is ook 'n talentvolle musikant en skryf ook sy eie liedjies. Sy eerste CD "Die Dorpstraat Tunes" het onlangs verskyn en hy tree vanjaar op by die Woordfees en die Karoofees.

Hy het al 'n roman gepubliseer op die Internet ("Die Verhale van Jacobus Grimm") en het al meer as een keer gedigte geskryf vir universiteite se publikasies.

So het hy ook die musiek vir 'n produksie deur die Universiteit van Stellenbosch se dramadepartement gekomponeer.

Niemand doen vanjaar sy meestersgraad in Sielkunde en met die beurs wat hom toekom, val dit reg in sy skoot.

* A Paarlite has won a prestigious Mandela-Rhodes bursary.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]