safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 3 February 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 10 February 2005.

The voice of Drakenstein

Sport


Boland-breier tevrede

[ Top ]


DIE afrigter van die Boland Kavaliers, Hawies Fourie, het nie te veel pyne nadat sy span Vrydag op Wellington met 43-16 (26-9) teen die Stormers verloor het nie.

"Ek is in die algeheel tevrede met die vertoning - nie met die feit dat ons verloor het nie, aangesien ons die wedstryd aangepak het met die voorneme om te wen. Maar daar is baie positiewe aspekte wat ons uit die wedstryd kan neem," het Fourie Dinsdag gesê.

"Dit was 'n goeie oefening om so vroeg in die seisoen teen so 'n sterk span te kon speel."

GROND TOE. Die Stormers senter, De Wet Barry, word in sy spore gestuit deur die Boland se losskakel, Solly Goosen, agter dop Jacques Badenhorst en Luke Watson sake fyn dop

Probleem-areas waaraan die Wellington-span nog moet werk, is balbesit uit die eerste-fase, lynstane en goeie balbesit vanaf hulle eie skrum.

Die Stormers-springers het die Bolanders heeltemal oordonder, terwyl die tuisspan se pak veral in die tweede helfte onder groot druk was in die skrums.

"Ons het nog min tyd gehad om aan ons vaste fasette te oefen so, ek is nie té bekommerd daaroor nie."

Onder die pluspunte tel die Kavaliers se vernietigende verdediging.

"Ons verdediging was baie goed. Ons het met eerste-slag duikslae die Stormers agter hul voordeellyn platgetrek en omgekeerde besit gewen."

'n Speler wat veral van die Stormers se tande op mekaar laat klap het, was die agsteman, Henley du Plessis.

Die Kavaliers het gelukkig met minimale beserings weggekom.

Chris Potgieter (flank, enkelligamente) en Gustav Rademeyer (haker, gekraakte borsbeen) het ligte beserings opgedoen, maar behoort albei oor twee weke weer reg te wees vir aksie.

Fourie het teen Dinsdag nog geen uitsluitsel gekry oor moontlike veranderinge aan die formaat van die Vodacom-kompetisie nie.

Sou die reeks uitbrei dat elke provinsie teen mekaar speel, sal die Kavaliers al hul eerste ligawedstryd reeds einde Februarie speel.

Dit sal vyf vriendskaplike wedstryde, insluitende 'n stryd teen Buenos Aires, in die gedrang bring.

* Die Investec Stormers span speel môreaand in 'n vriendskaplike wedstryd teen die Gwent Dragons in Dubai. Die wedstryd word op M-Net se SS1/CSN kanale uitgesaai.


Reën belemmer krieket

[ Top ]


DIE welkome reën wat Vrydag in die Drakensteinvallei uitgesak het, het 'n stokkie gesteek voor enige krieketwedstryde wat Saterdag gespeel moes word.

Nat blaaie het verhoed dat enige van die wedstryde in die Bolandse 45-boulbeurt-kompetisie van die Paarl/Wellington afdeling gespeel kon word. Twee punte is aan elke span toegeken.

Die uitdun-rondes loop Sondag ten einde, en die kragmetings van die komende naweek sal dus beslissend wees om te bepaal wie uit dié afdeling die halfeindstryd haal.

Saterdag kom die Novel Paarl span op die Parysvelde teen Bergrivier te staan, terwyl hulle Sondag op New Orleans met Paarl-Oos bots.

Bergrivier, wat nog sy eerste oorwinning van die seisoen soek, sal waarskynlik vasval, en, indien Paarl-Oos Saterdag op Daljosafat hul kragvertoning van Januarie teen Young Peoples kan herhaal, sal Sondag se wedstryd beslissend vir hulle wees.

Met sy formidabele kolflys is die Paarl-span egter die gunsteling vir die halfeindronde, veral nadat hulle 'n paar verstellings in hul span aangebring het vir die verkorte weergawe van die Bolandse kompetisie.

Die manne wat kan skouers oopmaak, sal 'n beslissende rol speel en baie word dus verwag van Paarl se Hilton Solomon, Anwell Newman en Wesley Euley.

Paarl-Oos, wat twee weke gelede teen Paarl vasgeval het in 60 boulbeurte, kan hul span versterk noudat hul SA Skole-bouler, Hilroy Paulse, beskikbaar is, terwyl Bruce Muller, Jackie Daniels en Mark Borchards vasberade sal wees om op hul kolfvertonings in dié verloorwedstryd te verbeter.

Paarl se Clint Philander, Denver van Reenen en Newman kan egter met groot dissipline boul, terwyl Paarl se draaiboulers reeds hul slag op die New Orleans-blad gewys het.

Die program vir die naweek is (Saterdag) Novel Paarl t Bergrivier (Parys-velde), Paarl II t Bergrivier (Weltevrede), Paarl III t Atlantis (Atlantis), Paarl IV t Boland Kollege (Worcester), (Sondag) Novel Paarl t Paarl-Oos (New Orleans), Paarl II t Paarl-Oos (Parys).

* Paarl Krieketklub verkoop Saterdag ná die wedstryde "steak platters" teen R30.


Yohei hits the Boland running

[ Top ]


THE Boland Rugby Union will this season boast being the first province to contract a professional Japanese player.

Yohei Shinomiya was welcomed by Boland officials in Wellington on Thursday after a gruelling 31 hour flight from his home country.

It was a day of many firsts, being Shinomiya's first visit to South Africa and the first overseas player ever to be contracted by Boland Rugby.

"It is an honour and very exciting," said Yohei of being the first Japanese "rugby pioneer" on South African soil. 

But what appeal does the SA rugby scene hold for the Japanese?

"I enjoy the high level of exciting rugby that South African teams play.

"The way they play - fast, wide and tough in the contact situations which is hard on the body," Yohei says, after a quick lesson in the correct pronunciation of his foreign name.

His knowledge of  SA rugby is courtesy of intensive television coverage and what he has been told by friends who have played against South Africans.

Asked since when it had been a dream of his to play in South Africa, Yohei is quick to answer "forever," with a big smile.

The player from the biggest rugby club in Japan, Yamaha, has been playing the game since he was 11 years old.

Unlike SA, rugby in Japan is still in its developmental years with baseball and soccer being the main interests there.

The sweltering heat of Wellington won't be a problem, says Yohei, who has to contend with even more humid conditions in Japan.

Although the contract with Boland Rugby was brought about through Yohei's agent, Peter Schultz, the Japanese player expressed his satisfaction on the choice of his rugby home for the next season.

Playing abroad is, however, nothing new to Yohei who has played in New Zealand for five years.

"I play in New Zealand for half of the year and the other half in Japan," explains Yohei, who lives in the city of Kawasaki, close to Tokyo.

The Kiwis' physical play and the good individual skills of their players, was a great learning school, says Yohei.

As part of this training program to maintain his speed on the rugby field - he was clocked at running the 40m in 4,85s last year - Yohei trains with Japanese Olympic sprinter, Shunji Karubi.

The change from a big city to the rustic atmosphere of Wellington won't be that big a change, said Yohei, since his club, Yamaha, is also situated on the outskirts of the city.

Although somewhat weary from his long flight, Yohei was more than eager to grab his chance when Boland coach, Hawies Fourie, offered him the chance to play in a warm-up match the following day.

"I want to play," the 26-year-old said while admiring the Hawequa mountains bathed in the rays of the setting sun.

Although Yohei, who tips the scales at 90kg and stands 1,78m tall, got very little chance with the ball during his 20 minute run for the Boland Invitational team on Friday, signs of his explosive speed and quick footwork were evident.

"It felt great being my debut. I was very excited about the game and I'm looking forward to the rest of the season," Yohei said on Tuesday.

Fourie is also hopeful about the newcomer's prospects.

"He practised with the team on Monday and it looks very promising. He has a lot of speed, his ball handling is good and it seems he is afraid of nothing.

"But it is still too early to evaluate his play," said Fourie on Monday.

Rugby enthusiasts in Japan will be able to closely follow Shinomiya's progress in the Boland through a personal website.

The website is sponsored by the biggest sports newspaper in Japan, Nikkan Sports News.

It is safe to says that local rugby lovers will also keep a close eye on what this exciting player can dish up. 


Niks kom verby dié hokkie-Bokkie nie

[ Top ]


MIN mense sal toustaan om hul lyf voor 'n klipharde bal in te gooi wat teen 140km/u nader gevlieg kom, maar vir Mariëtte Rix is daar niks beters nie.

Dié 23-jarige oud-Gimmie het in Januarie vanjaar 'n lankgekoesterde droom bewaarheid toe sy as doelwagter in die Springbok vrouehokkiespan ingesluit is.

"Ek geniet dit om doelwagter te wees. Ek weet nie of dit die adrenalien is nie, maar dit is vir my die beste ding wat daar is," vertel die aantreklike donkerkop wat by die Maties Sportburo op Stellenbosch werk.

"Ek swot nog deeltyds bedryfsielkunde om deel te bly van Maties. Vir my hokkie-toekoms is dit die beste klub om lid van te wees, hier in die Wes-Kaap," sê Mariëtte.

Sy voeg by dat sy haar studies vanjaar eers op die agtergrond gaan skuif om op haar hokkie-loopbaan te fokus.

Mariëtte se eerste kennismaking met hokkie was in standerd vyf.

"Ek was verveeld met netbal. My hoof by Laerskool Klein Drakenstein, mnr Stofberg, het gereël dat ek die hokkie-oefening by Paarl Gimnasium kon bywoon," vertel sy.

Toe sy dus in standerd ses by Gim instap, was hokkie haar sport van keuse en weens 'n tekort aan doelwagters is dit dan ook die posisie waar sy begin speel het.

"Hulle het die wedstryde so gereël dat ek doelwagter kon speel vir die o.14A, o.14B en die o.16-span. Ek moes omtrent van veld tot veld hardloop," vertel sy met 'n glimlag. Sy speel ook in dié jaar die eerste keer vir Boland (o.14).

Van standerd sewe af speel sy vir Gim se eerste span, terwyl sy in die twee daaropvolgende jare onderskeidelik die Boland o.16 en o.18B spanne haal.

In matriek speel sy vir die Boland o.18A, Boland o.21 en Boland senior binnenshuise span.

Tydens haar eerste twee jaar by Maties speel Mariëtte vir Victoriane en word ook in die Skiereiland-span ('n WP o.21B-span) opgeneem.

Mariëtte het egter haar groot deurbraak in 2002 gemaak. Sy word gekies om vir Maties I te speel en maak ook haar debuut vir die WP o.21, SA o.21, en WP senior span.

Sy word dan ook ingesluit in die SA A-span wat na Zimbabwe toer.

"Ek was nou vir die eerste keer in die SA oefengroep. Sedertdien is ek na al die SA seniorspan se oefengroepe genooi."

Die jong Paarliet speel dan ook vir die SA Universiteite-span teen Skotland.

Verlede jaar was sy 'n nie-reisende reserwe vir die SA hokkiespan wat in Athene aan die Olimpiese Spele deelgeneem het.

"Nie-reisend beteken jy is in die span, maar jy toer nie saam nie," verduidelik Mariëtte. "My doel was om een van die top drie doelwagters in die land te wees. Ek het geweet dat as daar 'n gaping kom, gaan ek speel."

Daardie kans het uiteindelik op 16 Januarie aangebreek, toe die Proteas op Potchefstroom in hul eerste van drie wedstryde teen Engeland te staan gekom het. Dit was 'n geleentheid wat Mariëtte effe onkant betrap het.

"Op die eerste oefenkamp van die jaar was ons net twee doelwagters, aangesien Smurf Engelbrecht in Duitsland was weens klubverpligtinge."

Gevolglik is sy in die span ingesluit.

"Tydens die spanpraatjie het ek gedink ek sal op die reserwebank begin, maar 'n uur voor die wedstryd moes ek hoor dat ek in die beginspan is.

"Hokkie is vir my grootliks 'n mental spel. Ek is iemand wat baie dink, fokus en visualiseer voor 'n wedstryd. Toe ek dus hoor ek speel dadelik, was my voorbereiding ietwat uitgegooi.

"Maar miskien was dit beter so, ek het nie tyd gehad om te veel daaroor te dink en te stres nie.

"Ek het dit nog altyd vreemd gevind as atlete so emosioneel raak wanneer die volkslied gespeel word, maar toe ek self daar staan, moes ek baie hard keer dat dit nie ook met my gebeur nie. Dit was 'n ongelooflike ervaring," beskryf sy dié besonderse dag.

Mariëtte het vroeër die maand reeds haar verskyning vir die Proteas teen Engeland gemaak. Dié twee wedstryde was, weens politiek, as nie-amptelik beskou en volglik moes dié doelwagter weer eens wag totdat sy teen Skotland haar amptelike 'cap' kon kry.

"Hokkie is vir my 'n patience game. Ek is 'n baie, baie geduldige persoon en ek dink die geduld en harde werk van die afgelope jare het nou vrugte afgewerp."

Mariëtte is 'n self-erkende perfeksionis as dit kom by hokkie en is self haar grootste kritikus. Dit is dus geen wonder dat sy reeds verdere doelwitte vir haarself gestel het nie.

"My langtermyn-plan is om vir die SA hokkiespan te speel in die 2008 Olimpiese Spele. Vanjaar is daar vyf oefenkampe en 'n toer na Argentinië en ek glo my kanse is bogemiddeld goed om daarvoor gekies te word."

Volgens Mariëtte het haar Gim-afrigter, Elsabé Conradie en haar huidige Matie-afrigter (en ook nasionale afrigter) Jenny King 'n groot rol gespeel in haar sukses.

"Daarby is die raad en advies van die ander twee doelwagters in die SA span, Smurf en Caroline Birt, ook van onskatbare waarde. "Hulle help my baie, veral met motivering. Omdat ek so hard is op myself, moedig hulle my dikwels aan."

Hoewel sy in die begin half uit nood uit, moes doelwagter speel, is dit vandag die enigste posisie op die hokkieveld wat vir Mariëtte saak maak.

"Ek geniet dit om doelwagter te speel. Ek glo dit is iets wat jy moet wil doen. "As jy daar staan en mense slaan 'n bal teen 140km/u na jou en jy geniet dit nie, is jy mal.

"As jy iets geniet, sal jy dit ook goed doen."


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]