|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
WERKGEWERS wat nog nie hul huiswerkers as lede van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WWF) laat registreer het nie, het nog tot die einde van die maand tyd om dit te doen, volgens die Minister van Arbeid. Huiswerkers wat meer as 24 uur per maand by 'n werkgewer werk, moet deur die werkgewer geregistreer word, en 'n bydrae van 1% moet deur werkgewer en werknemer betaal word aan die Departement. Daar is vier maniere om te registreer: * Registrasievorms kan by die Paarlse kantoor van die Departement Arbeid in Hoofstraat (872-2020 of 872-2074) ingevul en ingegee word. * Registrasievorms kan van die departement se webtuiste (www. labour.gov.za) uitgedruk word, ingevul en gefaks word na (012) 337-1943 of (012) 337-1850/1. * Ingevulde vorms kan as 'n aanhegsel by 'n E-pos gestuur word na domestics@uif.gov.za. * Werkers kan hulle telefonies laat registreer deur die oproepsentrum by (012) 337-1680 te bel. Die volgende inligting word verlang: * ID-nommers van die werkgewer en werknemer. * Adresse en telefoonnommers van albei. * Adresbesonderhede van waar die werknemer werk. * Inligting oor werknemer se vergoeding. Teen Dinsdag het slegs 500 huishoudings in die Paarl reeds hul huiswerkers laat registreer. Na verwagting sal baie nog registreer. |
|
|
|
|
ALL the tricks of the culinary trade are applied during the yearlong preparations for the annual Nederburg Auction, one of the most prestigious catering events in the country. Over two days 2 500 guests are treated to two gourmet luncheons prepared and served by the Southern Suns culinary team, who have handled the project since 1976. Imagine a food order comprising 800 whole rumps of lamb, over 100 kilograms of rice and 200 kilograms of vegetables! The hiring contract lists equally staggering figures: 9 000 glasses for the luncheon alone, 8 600 plates, 11 800 items of crockery and 16 200 pieces of cutlery. The entire main course is prepared and cooked at the Nederburg venue, and starters and dessert are assembled on site. "Nothing is left to chance: the finer details of how many ingredients go on to each plate and how long it will take to assemble each plate are calculated to ensure that all goes like clockwork on the day," says Billy Gallagher, food and beverage director of the Southern Sun group. The Southern Suns kitchen team assisted by Team South Africa (the SA Chefs Association's culinary Olympic team), managed by Garth Shnier, are supported by chefs from the Southern Sun group and backed by trainees from the Cape Town Hotel School, the International Hotel School, Cape Technical College and Campus International. The chef's brigade consists of 80 working from 16 service station areas, while the other staff contingent numbers 160 waiters, 60 wine stewards, 30 back-of-house staff, and 14 floor managers. |
|
|
|
|
THE biggest outdoor show yet takes place from 4 to 6 April when the Kfm 94.5 Getaway Show teams up with the Sunday Times International Travel and Holiday Faire at the Good Hope Centre. The joint venture will see the most comprehensive selection of travel and related products brought together under one roof, Doors are open from 11:00 to 22:00 on 4 April, 10:00 to 19:00 on 5 April and 10:00 to 18:00 on 6 April. The entrance fee is R25 (R15 for pensioners and R5 for children under 12).Childcare facilities allow parents to browse at their leisure. |
|
|
|
|
WPK Beleggings Beperk, die houermaatskappy van WPK Landbou Beperk met sy aktiwiteite in die Wes-Kaap en Benede Oranjeriviergebied, het so pas sy resultate vir die ses maande tot 31 Januarie bekend gemaak. Volgens die tussentydse verslag wat aan aandeelhouers gestuur is, het die Groep sy wesensverdienste met 57% verbeter vanaf R14 miljoen in die vorige ooreenstemmende tydperk tot R22 miljoen. Terselfdertyd het die Groep se skuldlas afgeneem met R51,2 miljoen teenoor die vorige boekjaareinde op 31 Julie. Volgens Corwyn Botha, Besturende Direkteur, is dit veral verblydend dat alle aktiwiteite winsgewend was nadat die Groep ingrypende rasionalisasie-aksies in die vorige boekjaar deurgevoer het. "Die Handel- en Graanafdelings asook Agri Oranje het uitstekend presteer, terwyl Meganisasie en Versekering ook 'n bydrae gelewer het. Die Besproeiingsafdeling wat in die vorige boekjaar aansienlike verliese gely het, het gelyk gebreek selfs nadat daar verdere sluitingskoste van Spilhaus geabsorbeer is." George Eksteen, voorsitter van WPK, sê dat 'n gunstige landbou-omgewing bygedra het tot die beter resultate. Die werk van bestuur en personeel het ook beslis 'n groot bydrae gelewer en 'n platvorm geskep vir nog beter prestasie. Hy maan egter dat, weens die seisoenale aard van die grootste bydraers, naamlik Handel, Graan en Agri Oranje, die verdienste vir die res van die jaar nie teen dieselfde koers sal groei nie. "Met die regte bestuur en stelsels in plek en met die lojale ondersteuning van sy kliënte, is daar egter geen rede dat die Groep nie verder kan verbeter op sy prestasie nie." |
|
||||||