safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 3 April 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 10 April 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

 Letters - Briewe


Verkeersbeamptes bring nie hul kant

[ Top ]


EK wil graag aansluit by A Ayward se brief van 27 Maart oor verkeersbeamptes wat nie hul kant bring nie.

My vrou het op Vrydag 28 Maart om ongeveer 11:00 op Jan Phillipsplein geparkeer en 'n R100 parkeerboete gekry omdat die tyd op die meter verstreke was (daarmee het ek nie 'n probleem nie).

Daar was nie minder nie as vier verkeersbeamptes en drie verkeersvoertuie in die onmiddellike omgewing van die plein om die verkeer te reguleer op die laaste dag van die skoolkwartaal.

Ek het self ongeveer daardie tyd in Hoofstraat afgery en die straat was besonder besig. By die nuwe wisselaar by Vineyard Spar asook die wisselaar by die Boulevard het minstens twee voertuie uit die slegs regsdraai baan net eenvoudig reguit aangery nadat hy al die voertuie voor hom verbygesteek het.

Minstens twee voertuie het in die Boulevard teen 'n hoë spoed verby my gejaag. By die verkeersirkel by Paarl Polisiestasie was daar 'n opeenhoping van voertuie weens die druk verkeer.

Die verkeersbeamptes het natuurlik geskitter in hul afwesigheid, want voertuie wat die parkeertyd oorskry, is mos 'n gevaarlike oortreding, hoef nie bewys te word in 'n hof nie en dit is boonop lekkerder om in die koelte onder die bome te werk as om verkeer te beheer in die bloedige, warm son.

Geparkeerde voertuie kan mos nie terugpraat of aggressief raak nie.

Hoekom word die werklike probleme nie aangespreek nie?

Is ek dan al een wat al hierdie dinge ervaar terwyl ek in die Paarl rondry, of is dit omdat ek nie 'n verkeersbeampte of polisiebeampte is wat eerder die maklike teikens wil aanspreek nie?

H Laurie


Dankie vir waarskuwing in koerant

[ Top ]


DIT is vir my 'n riem onder die hart om te sien dat die Paarl Post 'n waarskuwing geplaas het om lesers te waarsku teen gewetenlose mense wat poste adverteer en deposito's vra voordat inligting oor betrekkings verskaf word.

Die waarskuwing verskyn by Betrekkings (no 82 in die geklassifiseerde advertensies). Dit verhoed dat mense wat nie werk het nie, nog verder in die sloot beland.

Daar behoort ondersoek ingestel te word na sekere instansies wat eintlik geen werk bied nie, maar wanhopige mense se deposito's gebruik om hulself te verryk.

Ek wil mense ook waarsku om versigtig te wees voordat deposito's neergesit word vir produkte soos wendyhuise.

As jy net 'n persoon se selfoonnommer het, en geen adres nie, moenie vir hom jou swaarverdiende geld gee nie. Dalk sien jy dit nooit weer nie.

M.A.S.


Vuil sypaadjie is lelik

[ Top ]


DIE afgelope vyf jaar stap ek elke oggend werk toe vanaf Bredastraat tot by Fabriekstraat en terug.

In dié kort rukkie het die sypaadjie (dis nou aan die kant van Westerman Apteek), al hoe vuiler en besiger geword. Kan die sypaadjies nie deeglik gewas word nie?

Nog 'n voorstel: verf 'n enkele wit streep in die middel van die sypaadjie met pyle links vir afgaande en pyle regs vir opgaande voetgangers soos in 'n straat.

Dit sal veral Vrydae en Saterdae baie help as daar so geweldig baie voetgangers die nou sypaadjie gebruik.

Voetganger


Is jy 'n Jordaan?

[ Top ]


Ek is sedert 1987 besig met navorsing oor die Jordaan familie as deel van 'n doktorale proefskrif.

Ons staan nou by 28 050 name wat ingevoeg is in die Jordaan genealogiese register en oorweeg die publikasie van 'n boek.

Ek is besig om die laaste bietjie korrespondensie (staaltjies ens) te voeg by die name waar dit hoort.

Belangstellendes kan hul inligting op een van die volgende wyses by my kry: my tuisblad besoek (www.mjsjordaan.co.za), my 'n epos stuur (navorsing@mjsjordaan.co.za), my faks op (051) 552-1610 of 'n vraelys op my tuisblad invul om seker te maak dat hul familiegeskiedenis volledig is.

Marthinus Jordaan, Bloemfontein


Why are trees dying here?

[ Top ]


I AM alarmed to see that three oak trees have now died at the entrance to the Paarl depot of the provincial road maintenance division in Southern Paarl, where they handle bitumen, tar poles and poisons. 

These trees all more or less 35 years old, form part of a healthy row of trees that have apparently somehow been poisoned by activities within the yard. 

These activities have not affected the trees for 30 years, why now? What is the cause and what about the possibility of polluted ground water? We need an explanation.

Len Raymond

HF Hendriks replies on behalf of the District Road Engineer: We are also concerned about the death of the trees, for which we can find no cause.

The weedkillers we use are not hazadrous to trees of that size, nor could the tar poles and bitumen products on site be a problem.

We have also once again brought to the attention of our staff that equipment containing hazardous substances may not be cleaned or emptied on our premises under any circumstances.

We plan to replace the trees that have died.


Redaksioneel:


Siek gewag

[ Top ]


OM in lang rye te wag, is geen nuutjie in Suid-Afrika nie. Daarvan kan almal getuig.

Wag jy nie in 'n ry vir jou (eie) geld by die bank nie, dan is dit om jou motorlisensie te hernu of vir pille by die hospitaal.

Sommige mense leer ook nie. Dis veral sulke mense wat oor 'n paar weke weer gaan tou staan by verkeersdepartemente om hul bestuurderslisensies te laat omskakel na 'n kaartlisensie.

En dan gaan daar weer 'n geween en gekners van tande wees oor die "swak diens" van "ongeorganiseerde" munisipale werkers.

Veel simpatie van die mense wat betyds in die ry gestaan het, kan hulle nie verwag nie - nie van die owerhede nie, en ook nie van die versekeringsmaatskappye wat nou dreig om eise deur bestuurders met ou lisensies ongeldig te verklaar.

Diegene wat nog nie hul huiswerkers geregistreer het vir Werkloosheidsversekering nie, staar ook boetes in die gesig indien hulle hiermee versuim.

Mense wat egter weens hul finansiële omstandighede nie duur medisyne kan bekostig nie, het nie 'n keuse as om in lang toue by die hospitaal te wag nie.

Hierdie keer is dit nie hul eie skuld nie, maar nogtans byt hulle die spit af van die administratiewe reëlings van die staat.

Die regering sal hier sy kant moet bring, anders sal die armstes in die gemeenskap aan die kortste ent bly trek.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za