safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 3 April 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 10 April 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Lifestyle - Leefstyl


wrajah

Dream in Cream. These outfits from Gavin Rajah will be among those shown in the Nederburg Designer Collection in Paarl on 12 April and at the Waterfront on 13 April.


A taste of things to come

[ Top ]


THE Nederburg SA Designer Collections for Autumn/Winter will be premèred to a glittering array of invited guests at the annual Auction of Rare Cape wines at Nederburg in Paarl on Saturday 12 April.

Conceived and assembled by Gavin Rajah, the collection will feature the creations of 20 top talents, including Rajah himself, Malcolm Kluk, Gretha for Amber, Hip Hop, Habits, Jenni Button, Thomas Red, Isaacs Maragelis and Fred Eboka.

If you want a taste of new trends, the show will be repeated on the evening of Sunday 13 April at the Auto Atlantic Showroom, V&A Waterfront. 

Tickets, at R200 a head, will include Nederburg wines and designer nibbles, with proceeds in aid of the Organ Donor Foundation.  To book, call the Organ Donor Foundation on 426-0198 or toll free on 0800-226-611.


Nuwe naam vir diakonale dienste kom

[ Top ]


DIE programme van die Sinodale Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid (NG Kerk in SA, Wes- en Suid-Kaap) en die Sinodale Kommissie vir Diakonale Dienste (VG Kerk in SA, Kaapland) is van Dinsdag saamgevoeg in 'n nuwe organisasie, Badisa.

Die naam is 'n samestelling van die woorde 'barmhartig', 'diens/diakonia' en 'saam'. Die logo bestaan uit twee figure wat saamgebind word deur 'n sentrale kruismotief.

Badisa se werksaamhede strek oor drie provinsies (Wes- Oos- en dele van die Noord-Kaap). Die 170 programme bedien meer as 550 000 kliënte en die hoof uitvoerende beampte is ds Willie van der Merwe.

Hierdie samesmelting beteken dat Wellington Gemeenskapsdienste (voorheen diakonale dienste) en Paarl Diakonale Dienste voortaan bekend sal staan as Wellington Badisa en Paarl Badisa.


Vigsbediening

[ Top ]


DIE Valley Christian Fellowship in die Paarl loods sy Vigs-bediening Sondag om 18:00 in die New Orleans Sekondêr skoolsaal.

Hulle wil graag soveel moontlik kerkleiers by die geleentheid hê. Logy Murray van die Wellington Vigsburo is die spreker.

"Ons wil hoor van ander Vigs-bedienings en kerke wat nog nie begin het nie, aanmoedig om ons voorbeeld te volg," sê Patty Thomas, 'n gemeentelid en een van die organiseerders van die aand.

Mense kan haar skakel om te bespreek by 082-405-8661.


Wellington hou Christusfees

[ Top ]


WELLINGTON hou van 14 tot 20 April hul jaarlikse Christusfees.

Vanjaar word by hierdie derde Christusfees voortgebou op vorige jare se suksesse, veral die Passiespel onder leiding van Rozelle Drudè wat Goeie Vrydagaand in Victoriapark aangebied word.

Die puik professionele uitbeelding deur plaaslike talent bring mens na aan Christus se geboorte, Sy lewe op aarde, die kruisiging en opstanding.

Die program begin met die jeug van die plaaslike skole wat op Maandag 14 April 'n menseketting gaan vorm teen geweld, asook 'n fakkelloop.

Behalwe die tradisionele Goeie Vrydag Nagmaaldienste in die verskillende gemeentes, bestaan die week se program uit 'n sang- en musiekaand, seminare, 'n voetewasseremonie, 'n pretloop, asook 'n verskeidenheid van programme vir die jeug.

'n Beplande 2000 kospakkies word weer voorberei wat die Saterdagoggend aan kerkleiers in die gemeenskap oorhandig sal word vir hul wat nie kos op die tafel het nie, as 'n gebaar van omgee.

Nie-bederfbare voedsel kan afgegee word by die NG-kerkkantoor in Kerkstraat.

Saterdag word 'n groot feesmark in Victoriapark gehou, wat 'n boekeverkoping deur Lux Verbi sal insluit, tientalle stalletjies, asook 'n vermaaklikheidsprogram vir oud en jonk.

'n Hoogtepunt is die Gospel Jeugfees Saterdagaand op Boland Stadion wanneer Cor en Letitia Uys, oftewel O/Karoolus & Lente van Radiokansel se Maranathaland-faam, as spesiale gaskunstenaars oud en jonk sal bedien met die Evangelie.

Die Radiokansel Wellington Christusfees word die Sondagaand om 19:00 afgesluit op Boland Stadion waartydens dr Clifford Heys die prediker sal wees, saam met die Maranathaland-vriende, O/Karoolus & Lente. 

Vir navrae, skakel met Kobus Nagel van Radiokansel (082-777-2353),  Lea Adams (873-3237/082-959-1869) of kantoorure (08:30-13:00) vir Melanie van Zyl, by 873-1561.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za