safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 3 April 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 10 April 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Mans moet pasop

[ Top ]


wklemDIE Tawwe Tienies van die Paarl moet op hul pasoppens wees. Die plaaslike vroue hou daarvan om te sien hoe die manlike geslag gepynig word.

Of so het dit gelyk by die rofstoeivertoning verlede week in die Paarl stadsaal.

Dit was vroue wat die hardste aanmoedigings gegil het in die volgepakte saal, terwyl van die meer sagmoediges hul gesigte bedek het.

So aggressief was van die Brawe Betties dié aand dat hulle nie op hulle laat wag het nie en self betrokke geraak het deur van die agter-af stoeiers met 'n skoen by te kom.

Is dit 'n teken van die pantoffelregering wat in sommige huise heers, het een man gewonder.

* Women were the greatest enthusiasts at a wrestling event in Paarl.


Paarliete sit sonder pille

[ Top ]


'nwDispense TEKORT aan pille by staatshospitale veroorsaak dat pasiënte in die Paarl weke lank sonder hulle lewensnoodsaaklike medikasie gaan.

Rumatieklyers vertel hoe hulle net twee weke se voorraad pille ontvang, en dan die laaste twee weke van die maand inmekaargekrimp van die pyn moet aansukkel.

'n Man wat meer as een tipe chroniese medikasie ontvang, verduidelik hoe hy 'n maand lank rondskarrel, en week vir week moet terugkeer, om al sy pille bymekaar te kry.

"En dan begin die volgende maand reeds," sê hy.

By die Paarl Hospitaal se buitepasiënte-afdeling (TC Newman) is daar 'n tekort aan lewering van medisyne, soos by ander provinsiale hospitale.

Pasiënte sê: "Ons wag so lank, en as ons voor in die ry kom, is daar nie pille nie."

Daar is 'n skoolmeisie wat die oggend "om wag" vir cholesterolpille en 'n middeljarige vrou wat môre haar huiswerk sal doen, want sy wag vandag op hormoonpille.

Daar is die jong moeder met 'n baba op die arm. Sy wag vir voorbehoedpille. 'n Man het die dag afgeneem van die kantoor, want hy moet dringend sy bloeddrukpille aanvul.

"Ons moet maar wag, die pille is gratis. En ons kan dit nie bekostig om deur 'n private dokter of apteek pille te koop nie," is die propvol wagkamer dit eens.

"Trevor Manuel het in die parlement gesê geen oumens sal meer op sy pensioen wag nie. Maar nou wag ons vir ons pille."

Volgens dr Breslau Kruger, Paarl Hospitaal superintendent, was daar die afgelope maande 'n "logistiese probleem".

"Ons kry nie altyd bestellings van die Kaapse depot soos ons dit deurgegee het nie, omdat die tablette nie altyd beskikbaar is nie.

"Die Kaapse depot het weer 'n probleem met beskikbaarheid omdat daar nasionaal deur die Tenderraad besluit is om maatskappye vir 'n vasgestelde tyd te laat tender, wat nie deur al die leweraars aanvaar is nie.

"Van ons kant probeer ons alles in ons vermoë doen om chroniese medikasie betyds te kry, maar sekere tipes tablette, dié vir hipertensie- en rumatieklyers, is nie altyd beskikbaar nie.

"Ons vra om verskoning vir dié wat moes wag."

* Paarl patients are having to wait long for their chronic medication due to logistical problems, provincial and national.


Nagskuiling in Paarl gaan meer plek bied

[ Top ]


"LEIERS begin besef hulle kan nie die rug draai op wesentlike maatskaplike probleme soos hawelose mense en straatkinders nie," het burgemeester Herman Bailey Saterdag gesê by die spit van die eerste sooi van die uitbreidings by die Haven Nagskuiling in die Paarl.

Hy het die bestuur geprys vir die onbaatsugtige werk wat hulle doen en 'n uitnodiging aan hulle gerig om met hul behoeftes na die stadsraad te kom.

"Dit is mense soos Bessie en Nic le Roux wat help om 'n beeld te bou van 'n gemeenskap wat omgee."

Bouwerk aan die uitbreidings, wat ten minste R1,2 miljoen sal kos, het reeds begin en daar word nou naarstigtelik na bydraes gesoek.

"Elke oomblik van die dag word mense uit hul werk ontslaan wat dikwels tot gevolg het dat hulle hul huise en gesinne verloor en die strate hul tuiste maak," sê Eugene Jacobs, maatskaplike werker by die Haven.

"Hier by die Haven ervaar ons elke dag hierdie situasie en dit breek ons harte om aan hierdie mense te moet sê dat ons geen plek vir hulle het nie weens beperkte akkommodasie.

"Om hierdie netelige situasie te probeer beredder, het ons besluit om die Haven te vergroot."

Die gedagte van 'n nagskuiling in Paarl het in 1989 ontstaan, na aanleiding van 'n behoeftebepaling deur twee maatskaplikewerk studente van UWK.

Die Haven het sy deure in 1995 geopen met plek vir 40 mense, 28 mans en 12 vroue.

In 1997 het hulle 'n skenking van vraghouers gekry wat omskep is in slaapplek. Dit het die kapasiteit tot sowat 80 opgeskuif. Die huidige uitbreidings vir nog sowat 30 beddens.

Graham Laithwaite, voorsitter van die Haven groep, sê hulle het tans 12 skuilings wat sowat 1000 mense per nag huisves.

Met die uitbreidings, sal Paarl die grootste van dié skuilings wees.

Die Haven het 'n beroep gedoen op fabrieke, kettingwinkels, hardewarewinkels, sementprodusente, baksteenvervaardigers en alle instansies wat enigsins kan help, om 'n helpende hand uit te steek voor die volgende winter aanbreek.

Enigeen kan help met donasies en kundigheid en hulle het ook gevra dat kerke hierdie beroep deel maak van Sondae se afkondigings.

Die Haven is geleë in Ambagsvalleistraat, Huguenot, of skakel Nic of Bessie le Roux by 862-1812. Bydraes kan ook gepos word aan Posbus 9119, Huguenot 7645. Die Haven se bankrekening is Nedbank Paarl (takkode 101910) rekening 234679.

* Paarl's Haven nightshelter has tackled a big expansion project.


Tandekners lê voor

[ Top ]


PLAASLIKE verkeersdepartemente lyk nou deesdae omtrent soos 'n verlate skool tydens die skoolvakansie, nadat die sperdatum vir die omskakeling na kaartrybewyse uitgestel is tot 30 April.

Van die 300 applikante wat per dag gehelp kan word, is daar nie meer 'n teken by die Paarlse Verkeersentrum nie, al is daar nog net 19 werksdae oor voordat boetes weer ingestel word.

Die mense wat geduldig in die ry wag om gehelp te word, is eerder dié wat hul kaartrybewyse kom afhaal asook leerlinglisensie-aansoekers.

Soos een vrou dit gestel het: "'n Mens kry seker maar daardie mense wat nie té begaan is oor 'n sperdatum nie. Ek hoop nie hulle kry weer uitstel nie."

Nazeem Gaidien glimlag breed, omdat hy betyds aansoek gedoen het vir sy omskakeling.

"Ek is bly ek was nie een van die laatslapers nie. Twee maande was genoeg vir dié wat nog nie 'n nuwe rybewys het nie, om deur die omskakelingsproses te gaan.

"Dis ook verstaanbaar dat mense weens werkverpligtinge nie hul ure in 'n lang tou kan omstaan nie, maar hulle het genoegsame tyd gehad in die afgelope vyf jaar," meen hy.

Marco Martin het al twee jaar terug sy kaartlisensie gekry en dink die nuwe stelsel werk beter.

"Nou hoef 'n mens nie meer jou ID-boekie saam met jou rond te karwei nie. Jy dra dit sommer in jou beursie of aan jou sleutels," meen hy.

Ook Johan Malan en sy vrou Louise Malan is al lankal in besit van hulle kaartlisensies.

"Mense wat nou nog nie 'n kaartrybewys het nie, is sommer net lui. Hulle het oorgenoeg tyd gehad en die regering moet nie weer uitstel gee nie," het Johan gesê.

Beaam Louise: "As ander bestuurders betyds hulle nuwe rybewyse kon kry, waarom kan die res ook nie?"

Jani Hanekom voel sterk daaroor dat laatslapers nie nog 'n kans moet kry nie, maar summier beboet moet word.

"Almal het genoeg tyd gehad om om te skakel. Mense wat nog nie 'n nuwe rybewys het nie, mors net hul eie geld en tyd. Daar moet nou summier boetes opgelê word," het sy gesê.

Braxton Davids meen die regering moet laatslapers nog 'n kans gee: "Ek het al vir vyf jaar my lisensie, maar laatslapers behoort nog 'n kans gegun te word."

Christopher Adams meen weer die nuwe kaartstelsel is glad nie 'n goeie idee nie, omdat dit soveel geld kos om weer aansoek te doen.

Een motoris het ruiterlik erken dat hy nog nie oorgeskakel het na die kaartrybewys nie. Die rede?

"Vyf jaar was oorgenoeg, maar ek het net nooit tyd gekry nie."

* Local traffic departments are deserted with no motorists queueing to convert to the new card driver's licence.1TE


New Hospice Office gets big boost

[ Top ]


A WELCOME contribution of R60 000 from the Podlashuk Charitable Foundation to Paarl Hospice will go a long way to financing renovations to the building in Breda Street, which will soon house their new office.

The donation comes from the estate of the late Bernard and Fredagh Podlashuk.

Said Hospice director John Gainsford: "We are planning on moving into our new premises in about two months' time.

"The community of Paarl have been so generous to us. Most of the builders helping with the construction of our new building, are doing it free of charge and in their spare time.

"The new building will also make our task easier, having all our activities under one roof.

"It was the desire of the two founders, who never parented any children, that the money from the trust go towards previously disadvantaged people. And most of our patients here at Hospice, are previously disadvantaged," he said.

Custodian of the Bellingham Homestead, Freya Adams, said that Paarl Hospice has always been high on their list of needy charities.

"The Podlashuk Foundation has been in existence since 1986 and is a great supporter of a variety of charities including Rusoord ACVV old age home.

"There are also eleven bursaries in place at this date to help children through school and their further education.

"The Foundation is also involved with the Frank Pietersen School of Music and Amstelhof Primary School in Paarl East, as well as assisting two soup kitchens in Franschhoek.

"The Franschhoek ACVV recently received a large donation from the Foundation as well," she added.


Pasop vir dié pad

[ Top ]


MET die sterfte van nog 'n korrektiewe beampte twee weke gelede op die berugte Wemmershoekpad, gaan drastiese stappe gedoen word om die veiligheid van beamptes te verseker.

So het areabestuurder by Drakenstein Korrektiewe Dienste, Kosie Sinclair, gesê, nadat Bongani Siyo (31) voorverlede week in 'n kop-aan-kop botsing op dié pad gesterf het.

"Ons bestuur beoog om met die Munisipaliteit samesprekings te voer oor die gevare wat die pad skep.

"Ons waarsku juis gereeld ons personeel om die spoedgrense te gehoorsaam, omdat die pad so baie verkeer dra en van ons mense gereeld van dié pad gebruik maak," het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat die oorledene 'n paar weke gelede om 'n verplasing aansoek gedoen het, om nader aan sy vrou en seun te wees in Nyanga.

'n Woordvoerder van die Distrikspadingenieur het by navraag gesê dat die wesenlike oplossing vir die hoë ongeluksyfer op dié pad, beter polisiëring is.

"As bestuurders die spoedgrense oorskry, sal daar natuurlik ongelukke plaasvind.

"Ons het nog nie regtig ernstige klagtes ontvang aangaande die Wemmershoekpad nie.

"Die Drakenstein Munisipaliteit behoort ook verantwoordelikheid te aanvaar vir die veiligheid van die R301," het hy gesê.

* Motorists have been warned to stick to the speed limit on the Wemmershoek Road, which claimed another victim near Paarl two week ago.


Putting the Lady back in Grey Street

[ Top ]


THE Paarl Partnership met with the Drakenstein Municipal Council's executive and development committees recently.

Michael Farr (CEO of Cape Town Partnership) and Tamra Veley (Corporate Image) gave them an abbreviated presentation about the current situation in Paarl and what they perceive should be the way forward.

The Partnership is based on the Cape Town Partnership concept and its vision is to redevelop the central business district of Paarl.

The presentation was met by an overall positive reaction and the decision has been taken to set up a joint and representative plenary committee to work out the procedure for the way forward. 

This committee must work out how to make a winner of Paarl in order to create and sustain investment, jobs and wealth for the broader community.

In the mean time, the Lady Grey Street owners are to meet this week to form their own working group to see whether they can't put the Lady back in grey street.


Brug oor N1 sluit vir  herstel

[ Top ]


DIE Nasionale Padagentskap is tans besig met rehabilitasiewerk aan 39 brûe op die N1 roete tussen die Stellenberg Wisselaar en die Hugenote tonnel, insluitend die Suid-Agter-Paarl-padbrug oor die snelweg net buite Paarl.

Hierdie brug het heelwat skade en verg baie herstelwerk.

Die herstelwerk behels onder meer die plasing van 'n beton oorlaag bo-oor die bestaande betondek.

Vir dié doel sal die brug op vier geleenthede gesluit moet word om die beton teen vibrasieskade van verbygaande verkeer te beskerm terwyl sterkte-ontwikkeling plaasvind.

Kontrak

Elk van die vier sluitings sal vir 24 uur duur en kan tussen die volgende dae plaasvind: 10 tot 15 April, 23 April tot 5 Mei, 10/11 Junie en 17 Junie tot 2 Julie.

Hierdie datums is voorlopig en inwoners in die omgewing sal deur middel van pamflette verder ingelig word nader aan die tyd.

Die kontrak vir die uitvoering van die werk is toegeken aan Wilson Bayly Holmes/Ovcon Konstruksie.

* The Suid Agter Paarl bridge over the N1 will be closed for traffic at intervals over the next three months.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za