safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 3 April 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 10 April 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Youth - Jeug


Geld groei dalk aan bome

[ Top ]


wgeldDIE persoon wat sê geld groei nie aan bome nie, moet weer dink, want die onderwysers van Hoërskool Franschhoek het op 26 Maart boomgeklim en R11 000 later weer afgekom aarde toe.

In 'n grootse poging het leerders die strate van Franschhoek ingevaar en minute verkoop wat later ure geword het.

Die bome bekyk, bespreek en toe beklim (kussings moes die lang sit makliker maak). Leerders wat gedink het dis 'n lekker dag van niks-doen, moes maar hulle sit kry en boeke uithaal, want die onderwysers laat nie skoolwerk agterweë bly nie en het voortgegaan met klasgee so vanuit die hoogte.

Die skons en koffie van die OOV was 'n treffer en die vlytige dames kon amper nie voorbly met die kookwater nie. Leerders moes selfs met bekers in die bome klim, want onderwysers kon immers nie die kans laat verbygaan om koffie te drink nie.

Hoog in die takke, deur die blare of buig die boompie solank hy jonk is - maak nie saak hoe 'n mens daarna kyk nie, die boomklimmery kan gerus 'n jaarlikse instelling word, meen die kinders.

* Teachers at Franschhoek High raised funds for the school by being sponsored for the time spent teaching from the trees.

[ List of Schools / Skolelys ]


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za