ppostgothic
Aida
safetop
uitlefstreep

Thursday 3 June 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 10 June  2004 at 17:30

Lifestyle - Leefstyl


b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Ou koperplaat kom terug

[ Top ]

Malané Bosman


SOOS 'n wonderwerk het die koper plaket, huldeblyk aan die historiese NG Sendingkerk wat byna 60 jaar gelede in Wellington se Kerkstraat gesloop is, weer opgeduik.

Drie jaar gelede het die swaar, uitgegraveerde  plaket verdwyn, vermoedelik gesteel deur iemand wat dit vir skroot wou verkoop. Want dis by 'n skrootwerf waar die polisie die man en sy buit aangekeer het.

Lede van Wellington se Verfraaiingskomitee het intussen 'n granietblok met die geskiedenis van die kerk op dieselfde plek waar die kerk se voordeur was, laat oprig.

wansieFC

TERUGGEVIND. Museumkurator Ansie van Vuuren en ds Edward Lesch van die VGK Wellington gaan sorg dat dié koper plaket, huldeblyk aan die vervloë NG Sendingkerkgebou in Wellington, 'n ereplek kry in die dorp se museum.

Dit sou nie baat om weer die waardevolle koperplaket aan diefstal bloot te stel nie.

Die NG Sendingkerk is in 1845 ingewy en 'n honderd jaar later gesloop. Die kerkruimte was, volgens geskrifte, onvoldoende vir die groeiende gemeente en die gebou nie geskik vir verdere uitbreidings nie.

Die laaste  erediens in die ou kerkgebou op die hoek van Kerk- en Hoofstraat in 1941, was emosiebelaai.

Die gemeentelede het ná die diens agter eerw JMN Breedt met die Kerkbybel in sy hande, die straat afgestap tot by die nuwe kerkgebou in Mellingstraat.

Dié nuwe gebou het die bekende bouer Nico Vos vir 4000 pond opgerig (kerkbanke ingesluit).

Uitgegraveer in die muur van die VGK Wellington lees die gemeentelede vandag nog die woorde: "In hierdie plek sal ek vrede gee".

Dit was Eric van Zyl, koster van die Moederkerk, wat drie jaar gelede die koperplaket moes identifiseer nadat die skroothandelaar die polisie ingeroep het.

Die dief is drie maande later gevonnis, en die bewysstuk, die plaket, is vrygestel aan die Moederkerk.

Verlede week het 'n verbaasde museumkurator, Ansie van Vuuren, die plaket ontvang nadat die raad van die Moederkerk besluit het om dit aan die museum te skenk.

Dit sal nou as deel van 'n nuwe permanente uitstalling oor die geskiedkundige Wellington 'n veilige tuiste vind.

* A brass plaque commemorating the demolished Wellington VGK church building has been recovered after it was stolen three years ago.


Crèche to get new building

Susan Botha

[ Top ]


WE know the problems with infrastructure, education and services, but now we are starting to do things for ourselves, said deputy mayor Anthea Sheldon on Saturday at the soil turning ceremony at the Nompumelelo Crèche in Phola Park, Mbekweni.

"We have wonderful, resourceful people in the community, people that can do things," she said, emphasising her pride in being a South African.

Nompumelelo was established in 1994 with 20 children and voluntary educators.

They started out in backyards, seeing the need to keep children safe and off the streets, especially while parents work.

Eventually the Municipality offered them a plot close to Desmond Tutu Secondary. However, they had no money to build and had to be satisfied with a makeshift shelter.

Grassroots trained the educators and the children's numbers swelled to 120.

Even with a subsidy from the Department of Social Services, they are struggling to keep standards up, as many parents are unemployed or seasonal workers.

In 2001 the Area Development Programme (ADP) became involved and helped the parents to start a vegetable garden at the school. With their help a sum of R85 000 was obtained from the De Ruyter Foundation.

While not enough to finish the building project, this money will go a long way in fulfilling their dreams.

With Fanie Sylvester as project manager, plans were drawn up and on Monday they started the groundwork.

The first phase will be an office, sick bay, hall and toilets.

Sylvester says they also plan a playroom and classes for the future.

"God gave us each a skill. My skill is to create, to take your children from the shacks and put them in decent buildings," he told the staff and parents.

"I will see that your money is wisely spent," he assured them and urged them to see that the building materials are kept safe from pilfering.

Malibongwe Fololo, ADP Programme Manager for Mbekweni, and his colleague, Pumla Mgayi, were there to celebrate with the community on Saturday.

Pastor Mqokeleli Nosipho Mnatanga from the Christian Community Centre urged the community to take ownership of the building:

"Before we can start building, we need to understand and to unite in mind, heart and spirit".

* The new school will need furnishings like carpets and furniture. Sponsorships for future developments will also be welcomed.

Phone the ADP office at 868-0890.


Koester ons kleuters

[ Top ]


'n SEMINAAR, Koester ons Kleuters, word op Saterdag 12 Junie deur die HMS Voorskoolse Sentrum aangebied in die saal van die Toringkerk, Paarl.

Die teikenmark is vroue, opvoeders, ouers en dagmoeders wat met kinders van twee tot sewe/agt jaar te doen het.

Dr Cornelia Roux praat oor Godsbegrip, woede, vrees en angs by kleuters, Carine de Lange vertel meer oor voeding en Phillip de Vos se onderwerp is boekegenot.

Carina Diedericks-Hugo kyk na leesgereedheid en Helma Potgieter gesels oor getalle en kreatiewe denke.

Die program is van 08:00 tot 13:00 en die koste is R85 per persoon. Bespreek by 872-0926, 872-0137 (na 19:00).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]