|
"EK gaan tog een van die dae hospitaal toe," glimlag Maurisia Brink (10) en wys haar splinternuwe pantoffels in die ronde.
Die fraai meisietjie met haar lewendige, swart oë het die liggaam van 'n vier en 'n halfjarige kind.
Sy het 'n groeiprobleem en groei net sowat een sentimeter per jaar.
Maurisia woon die afgelope vyf jaar by haar tante, Jean Claassen, in Colletteweg 8, Smartie Town.
"Maurisia het geelsug in haar bloed," vertel Jean.
Sy moet nou Tygerberg Hospitaal toe vir 'n lewer-biopsie.
Die groot kopseer was om nagklere en wat nog te kry vir die meisietjie.
"Ek het net gedink Radio KC is daar vir die gemeenskap en ek het met Amanda kom praat," vertel 'n dankbare Jean.
Amanda Potgieter, verantwoordelik vir bemarking, het onmiddellik rondgevra en 'n borg gekry in Simple Simon Pies.
Maurisia spog nou met 'n drasak vol splinternuwe slaapklere, pantoffels en toiletware vir die hospitaal.
"Nou soek ons nog 'n bed vir haar by die huis. Jean, 'n alleen-ma, werk as huishulp en dit sukkel maar om kop bo water te hou."
Vir navrae, kontak Maurisia se tante Elsie Adams by 868-0924
* Simple Simon se helpende hand strek heelwat verder as Maurisia. Hulle borg ook 'n bed by die Haven Skuiling vir 30 aande.
* Sponsors have assisted a young girl with an outfit for hospital. |