 |
Renay Groustra pulled in several senior riders to place second overall and win the Junior Men.
Recently selected for the SA Mountainbike team to this year's World Champs, Renay is proving his class.
Known road bike racer Paul Minnaar, who was recently contracted by Mongoose, was the first Paarlite to finish in the men's section. Minnaar who only competed in this his second mountainbike race came ninth, followed by fellow Paarlite Dennis du Toit in 12th position. Du Toit was also third in the sub-vet age category.
Paarlite Tanya Rossouw in a time of 2:04:18 took the honours in the women's 35km event, finishing more than three minutes ahead of Alison Louw, who was followed by another Paarlite Tanya Knight in 2:10:51.
Jan Schutte won the men's 35km in 1:40:04, followed by Paarl-rider, DJ O'Connell (1:44:32) and Russell Palm (1:44:43) |
 |
Boland oorheers Suidelike netbaltoernooi |
|
|
 |
|
 |
DIE Boland het die beste vertoning nog gelewer tydens die Suidelike Netbaltoernooi wat die naweek op Stellenbosch gehou is.
Hoewel Boland Netbal oor die jare uitstekend gevaar het in die toernooi, is die seges in elkeen van die ouderdomsgroepe die suksesvolste poging wat Boland nog behaal het sedert die instelling van die toernooi in 1985.
Die junior spanne het afgereken met spanne uit Swartland, Sentraal-Boland, SWD asook ontwikkelingspanne uit die Noorde geborg deur SAL.
Voorts het die o.19 Boland-span hul eweknieë van die WP met drie doele geklop.
In 'n baie spannende wedstryd het die Boland o.21-span in die laaste minuut die wendoel teen die WP aangeteken en wen hulle 19-18.
Dié sege lê 'n goeie basis vir die interprovinsiale toernooi wat gedurende Julie in Potchefstroom plaasvind.
Die hoogtepunt van die dag was die manier waarop die Boland A-span die WP A-span geklop het.
Hoewel hulle meer as die helfte van die wedstryd agter was, het volgehoue druk van die verdedigers en akkurate doelwerk van Christine Markgraaff en Mari van der Westhuizen egter uiteindelik vir Boland die deurslag gegee en hulle wen 53-49. |
 |
|
 |
Rose klop Tiere, Wellington baas oor Ceres |
|
|
 |
|
 |
DIE eerste span van Roses United het Saterdag vir 'n groot verrassing gesorg toe hulle die gedugte Tiere van Moorreesburg op hul tuisveld met 19-15 (8-5) geklop het.
Roses het van die begin af met oortuiging gespeel en gewys dat hulle die wendroogte na ses wedstryde wou breek. Die voor- en agterspelers het goed as 'n eenheid saamgespeel, en die jong spelers in die span het saam met die ervare spelers hulself baie goed van hul taak gekwyt.
Voorlangs het al die voorspelers hul eweknieë van Moorreesburg goed in toom gehou, en agterlangs het Brandon April (vleuel), wat ook die onderkaptein was, gewys hy sal geen Boland-span in die steek laat nie.
Roses se eerste drie is deur April gedruk en die tweede deur sy vleuel-maat, Deon Williams.
Warren Appollis (losskakel) het drie strafdoele aangeteken.
Roses se tweede span het 42-12 verloor en die derde span het 22-22 gelykop gespeel.
Roses speel Saterdag tuis teen Villagers Worcester.
Hekke open reeds om 12:30 en toegang is R5 (R3 vir kinders). Die wedstryd word ook afgesluit met 'n langarm-dans in die stadsaal. Kaartjies is R40 per persoon.
* Wellington het Saterdag op Ceres 'n harde stryd gehad om Ceres 23-20 (15-5) te klop en so steeds die onoorwonne voorlopers te bly in die Boland Superliga A1.
Die besoekers se beter afronding het tot hul sukses bygedra, maar hulle moes hard verdedig om die druk van die tuisspan te verwerk.
Louw Schabort, Hendrik van Zyl, en Gerdus le Grange het die drieë gedruk, terwyl Mark Kotzé met 'n doelskop en strafskop in die kol was. Theuns Stofberg het ook met 'n strafskop geslaag. |
 |
|
 |
16 plaaslike speler in Cravenweek-spanne |
|
|
 |
|
 |
ELF spelers van Paarl-skole is vanjaar in die WP se o.19 Cravenweek-span van 22 opgeneem.
Paarl Gim en Hoër Landbouskool Boland het albei vier spelers in die span terwyl Hoër Jongenskool drie spelers vir die span opgelewer het.
Die Gimmies in die span is Ricardo Croy (losskakel), Ashley Johnson (agtsteman), Wessel Muller (slot), en Carlo Prinsloo (stut).
Die manne van die Agter-Paarl wat vanjaar vir die WP uitdraf is Danie van Wyk (senter), JP Geldenhuys (stut), Louis Kotzé (slot) en Gert Croukamp (agsteman).
Terry Jacobs (vleuel), Dries Pienaar (haker) en Eben Heunis (losskakel/senter) is die Boishaaiers wat ook in die span is.
Dit is Johnson, wat ook Gim se o.19A-span aanvoer, se tweede verskyning in die WP Cravenweek-span nadat hy verlede jaar ook verkies is.
Sy insluiting is veral 'n groot vreugde vir Boland-Landbou se Van Wyk aangesien hy verlede jaar die proefwedstryde misgeloop het weens harsingskudding.
Nog nege plaaslike spelers is in die WP Akademiespan opgeneem wat aan die Akademie-week op Graaff-Reinet gaan deelneem.
Die Gimmies Jean Stemmet (senter), André Smit (losskakel), Hennis van Zyl (haker) en Arnoux Viviers (flank) is in die span opgeneem, terwyl HJS se Bright Ndhlovu (vleuel) en Edwin Kriel (skrumskakel) ook hier sal uitdraf.
Boland-Landbou se Will Hanekom (flank), Schalk Burger (haker) en Meyer de Wet (stut) het ook die keurders se oog gevang.
Vyf plaaslike spelers pronk vanjaar in die Boland Cravenweek-span.
Hoërskool Hugenote het twee spelers in die span, Johan Roets (stut) en Johan Kotzé (senter). Die ander spelers is Randall April (vleuel, Bergrivier), Bradwell Swartz (losskakel, Paulus Joubert), en Hilton Lobberts (vleuel, New Orleans).
Burton Francis (losskakel, Klein Nederburg), Franzel September (flank, Bergrivier), Shaun Smalberg (haker, Hugenote) en Christo Fransman (skrumskakel, Weltevrede) is in die Boland Akademiespan opgeneem. |
 |
|
 |
Standards wen taai stryd goed |
|
|
 |
|
 |
IN 'n wedstryd wat voortdurend wipplank gery het, het Young Standards Saterdag vir Young Wesleys met 28-24 geklop.
Tot dusver was Standards se vertoning baie wisselvallig met goeie spel een naweek en 'n blaps-orgie die volgende naweek.
Saterdag was hulle egter op die kruin van die golf.
Hoewel Standards rustyd 12-6 agter was, het hulle in die tweede helfte vinnig teruggeslaan om sake weer gelyk te maak, met slegs 'n punt verskil.
Met die telling op 18-17 en tien minute oor, het die spanning hoog geloop.
'n Drie deur Donny Swartz en 'n doel- en strafskop deur Bevan Francis verseker vir Standards die sege, ondanks die besoekers se drie in beseringstyd.
Francis het in totaal drie strafskoppe en twee doelskoppe oorgesit, met Swartz, Heugh Arendse en Brent Martin wat drieë druk.
Ander uitblinkers was Aldino Davids, Marshall Brown, Joseph Arries, Ashwin Hartogh en Rodney Cornelissen.
Die tweede en derde span het gelykop gespeel 12-12 en 0-0 onderskeidelik.
Standards speel Saterdag teen hul Paarl-bure, Laer Paarl. |
 |
|
 |
Peoples verras vir Belhar |
|
|
 |
DIE manne van Young Peoples het Saterdag verras toe hulle vir Belhar in 'n taai wedstryd op Daljosafat met 17-10 (10-8) geklop het.
Peoples het met positiewe hardlooprugby vorendag gekom en die besoekers moes voortdurend vir 'n vale keer.
Die veteraan-losskakel, Davy de Kock, het met goeie oordeel en balverspreiding beïndruk en so die agterlyn in staat gestel om twee puik drieë te druk.
Hugen Anderson, Charles Booysen en Cedric Williams het Peoples se drieë gedruk, met De Kock wat 'n doelskop behaal het.
Peoples II en III het onderskeidelik 24-0 en 6-5 gewen.
Peoples speel Saterdag weg teen Elsiesrivier. Die bus vertrek om 11:00. |
 |
Paarl beats Meadowridge silly |
|
|
 |
|
 |
AFTER almost a four week lay-off due to cup games and a redrafting of the fixtures, the Paarl Soccer Club's A-team beat Meadowridge 8-2 in a highly entertaining home game at the Boy Louw soccer fields in Paarl.
The first half was a tight affair with both teams launching attacks and able defence thwarting the attacks.
The stalemate was broken when Paarl striker, Duane de Waal, scored with a volley shortly before the break to bring the halftime score to 1-0.
In the second half, Paarl proved to be the fitter and more adventurous side which consequently created the opportunities for the home side to really dominate the match.
De Waal scored another hattrick of goals to bring his total to four for the match and was duly named man of the match.
Other notable performances also came from Abe Keet and Harvin Cupido, with Kelvin McKenzi, Keith Moses, Martin Minnaar and Kenneth Langeveldt also scoring.
Paarl II played against the club's u.19 team and drew 1-1. Ayshin Baatjies scored for the second team whilst Warren September did the same for the u.19's. |
 |
|
 |
Albions druk nog deur |
|
|
 |
HOEWEL 'n sterk wind die skoppers se sake bemoeilik het, het Albions nietemin goed gedoen om Cape Town Harlequins Saterdag in Milnerton met 20-17 te klop.
Sake was teen rustyd nog gelykop 10-10 nadat Grant du Toit (heelagter) en Morné Goetham (agsteman) vir Albions gedruk het.
Albions se lostrio het weer uitgeblink in die vaste-los fassette terwyl die senter-paar van Ju-Wayne Cyster en Gamain Poggenpoel dodelik was op die verdediging.
Nog twee drieë, albei deur die flank Jenovan Cornelissen, verseker vir Albions die bonuspunt en die wedstryd.
Yulin Claasen se harde werk voorlangs is beloon met die man van die wedstryd toekenning.
Albions II wen 14-0 en die derde span speel 10-10 gelykop.
Saterdag speel Albions op Daljosafat Stadion teen Scottsdene wat tweede op die Tweede Liga punteleer lê.
'n Disko word die aand by Jeff's Pub gehou en kaartjies is R10. |
 |
Gardens kry swaar |
|
|
 |
DIE Rooi Rose van Young Gardens het Saterdag in Athlone hul teen Kaap Rangers vasgeloop toe hulle 19-8 verloor het.
Onfiksheid onder sommige van die voorspelers het die Paarliete duur te staan gekom.
Christopher Williams het Gardens se drie gedruk, en Randall George was suksesvol met 'n strafskop.
Die tweede span het 10-7 verloor terwyl die derde span 18-0 gewen het.
Die vroue- en veteranespanne oefen Dinsdae en Donderdae vir die derbywedstryd teen Paarl Rangers op 19 Junie op Faurestraat. Navrae: Chrisbin 082-713-5973. |
 |
Newtons verloor weer |
|
|
 |
NEWTONS is nog steeds op die verloorpad nadat hulle Saterdag in 'n wegwedstryd teen Malmesbury naelskraap 22-21 in die stof gebyt het.
Die tuisspan se sterk voorhoede het in die eerste helfte spel oordonder en in dié tydperk drie drieë gedruk om met rustyd 17-0 voor te loop.
In die tweede helfte druk Newtons self drie drieë en die tuisspan een.
Die besoekers se poging was egter te min te laat en hulle moes vir die derde agtereenvolgende week teleurgesteld huis toe gaan.
Tino Prins (losskakel), Bradley Fortuin (flank) en Marvin Arendse (vleuel) het drieë gedruk, met Prins wat met aldrie doelskoppe slaag. Jonathan Schalkwyk op senter het ook uitgeblink. |
|
|
|
|