safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 03 July 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 10 July  2003 at 17:00

Nuus - News


Net genade red vrou van dood

Malané Bosman

[ Top ]


wkantelFCDIT was net genade dat daar geen motors by die verkeerslig gewag het, die oomblik toe 'n 30 ton vragmotor volgelaai met pluimveevoer verlede week by 'n besige padaansluiting in die Paarl omgeslaan het nie.

Eileen Stenekamp was Woensdagmiddag besig om die Hoofstraat by die aansluiting uit die

GEKANTEL. Omgekantel, versper die swaar vragmotor die Hoofstraat by die Bergrivier Boulevard aansluiting in Suider-Paarl. Die vragmotorbestuurder, Mitchell Martin, was ongedeerd. Foto: Malané Bosman

Bergrivier Boulevard oor te steek toe sy sien hoe die reuse Meadow Feeds vragmotor kantel.

"Ek het dadelik die petrolpedaal getrap om weg te kom," het 'n geskokte Eileen gesê.

"Die vragmotor het net skrams oor my motor se agterkant geval, maar ek was ver genoeg vorentoe sodat daar nie te veel skade was nie.

"Dit is angswekkend om te dink wat sou gebeur het indien daar 'n ry motors voor 'n rooi verkeerslig in die Hoofstraat gestaan het."

Die vragmotorbestuurder, Mitchell Martin, is ook ongedeerd.

Hy vertel: "Ek was besig om die draai na links in die Hoofstraat te neem op pad Kaap toe, toe ek in my truspieël gesien het die trok se agterwiele is in die lug.

"Toe was daar niks wat ek kon doen nie."

Die vragmotor het na regs omgeval en sy vrag pluimveevoer op die sypaadjie gestort terwyl hy soos 'n reuse gogga pote in die lug gelê het.

Verkeersbeamptes, met behulp van brandweerpersoneel, het die verkeer gereël en eers na donker die vragmotor kon verwyder.

Die ongeluk het op dieselfde plek gebeur waar 'n vragmotor van dieselfde firma verlede jaar bo-oor 'n motor gery het toe dié motoris die vragmotor probeer verbysteek het in die draai.

'n Paarl Post leser, Johan Joubert, wou weet hoekom die swaar voertuie die Bergrivier Boulevard gebruik om die N1 te bereik, en nie die Paryspad nie.

Volgens Gunthar Jacobs, streeksbestuurder van Barlowworld Logistics wat die Wes-Kaap kontrak van Meadow Feeds hanteer, was hy "onder die indruk dat die Boulevard deur swaar voertuie gebruik mag word".

Hy het belowe: "Ons het 'n verantwoordelikheid teenoor die publiek en ons sal ondersoek instel na alternatiewe roetes behalwe die Boulevard."

* A woman was lucky to escape with her life when a 30 ton truck toppled onto her car.


Drought holds its grip

[ Top ]


THE dry weather experienced over the month of June, was relieved on Tuesday with some 1,6 mm showers. Cold weather will continue, with rain expected again after the weekend.

But wheat farmers have all but given up hope for their harvest, while the extremely hot and dry weather has shriveled the wheat.

In the Paarl district, sunny days have caught everyone off guard, with temperatures as high as 26 degrees as on Monday, despite cold nights with temperatures as low as 2 degrees.

The rainfall has been unusually low, with only 100 mm measured since the beginning of April. A total of 32 mm fell in May, and only 21 mm measured in June. In April 47 mm was measured.

This week's rain (1,6 mm) is unlikely to be insufficient to make an impact on dam levels.

The Wemmershoek Dam is currently 38% full, compared to 59% the same time last year.

The Voëlvlei Dam is also experiencing a low level of only 55,7%, while the Nantes and Bethel Dams are respectively at 36% and 41%.


Children attacked in CBD

[ Top ]


THE Paarl CBD is becoming increasingly unsafe, with gangs of youths armed with knives and broken bottles robbing children in the town centre.

"My daughter is only twelve and she has had her bag snatched. How can I allow her in town when she is no longer safe?" Martin Pentz asked.

His daughter and two 12-year-old friends came out of Vee's Videos opposite Kentucky Fried Chicken on Monday afternoon when a gang of knife-wielding youths approached them.

The boys got away with a bag containing a cellphone and a video.

This latest attack on young people in central Paarl came after police had arrested four youths on charges of armed robbery on Friday night.

The suspects - aged between 13 and 18 - were allegedly involved in attacks in the vicinity of MacDonalds and the Protea Bioscope during the past ten days.

On Friday June 20 three 15-year-old boys were threatened with broken bottles on the parking area in front of the Afrikaans Language Museum and robbed of a cellphone and cash.

On Thursday June 26 two teenage boys were threatened outside Huis Vergenoegd retirement home by three youngsters armed with a knife. They were forced to hand over money.

"The four suspects are still in custody," police spokesman Capt Johnny May, said.

"The criminals are striking at soft targets, but we will put preventive measures in place."


Seuntjie se moordenaar gevonnis

[ Top ]


'n MAN wat sy vriendin se seuntjie vroeër vanjaar in Klein Drakenstein vermoor het, is in die Paarl Streekhof tot 15 jaar agter tralies gevonnis.

Klein Damian Scheepers (3) van Amstelhofplaas is in Januarie verwurg en leweloos onder gras in 'n sloot langs 'n koejawelboord versteek.

Damian se gesin en vriende het 12 uur lank gesoek nadat die seuntjie die aand uit 'n arbeiderwoning verdwyn het.

Gerald Pietersen (36) is dieselfde nag deur die polisie as verdagte aangehou. Hy het die volgende oggend speur-insp Jacques Coetzee na die moordtoneel gelei.


Kerk loop deur

[ Top ]


KLAARBLYKLIK is die Metodiste Kerk se Manyano Sentrum in Sanddriftstraat in die Paarl 'n gunstelingteiken vir vandale. Maandagoggend het dié kerk vir die vyfde keer in twee weke onder inbrekers deurgeloop.

Albertus Smith, opsigter, het vertel hoe daar met gordyne, emmers, bekers en breekgoed die hasepad gekies is, nadat vensters uitgebreek en duursame houtdeure uit hul skarniere uitgetrap is.

"Die stopverf van die laaste venster wat ons verlede week vervang het, was nog nie eens behoorlik droog nie, toe word die glas alweer uitgetrap. Klaarblyklik het hulle teruggekom om die tweede stel gordyne te kom steel.

Volgens hom is die gesteelde goedere nie die grootste kopseer nie, maar die koste van herstelwerk weens die skade wat aangerig is.

Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie. Insp Jean Henning by 807-4000 ondersoek die saak.

* The  Methodist Church in Sanddrift Street fell prey to burglars fives times during June.


'Dokter' verdwyn

[ Top ]


DIE glibberige "dokter" wat in die Paarl verkoopsmanne uit twee voertuie kon bedrieg, het weer die gereg ontduik.

Die man wat ná 'n foto in die koerant as Abdul Adams uitgeken is en in Ottery in hegtenis geneem is, het Dinsdag verlede week uit polisiebewaking in Kaapstad ontsnap.

Adams het hom onlangs in die Paarl as dokter voorgedoen, kompleet met wit oorjas en stetoskoop om die nek, en so met twee voertuie van motorhawens verdwyn.

Hy het ook 'n slagter in Paarl-Oos met 'n slenter gevang om twee skape by die Paarl Hospitaal af te laai.

Adams is twee weke gelede met een van die gesteelde voertuie by Swellendam voorgekeer, maar het daar uit die polisiekantoor ontsnap.

Nadat hy by sy woning in Ottery aangekeer is, is hy na Pollsmoor gevangenis geneem vanwaar hy op aanklagte van voertuigdiefstal en bedrog in die Skiereiland voor die hof gebring sou word.

Verlede week is hy saam met ander verhoorafwagtendes in 'n polisievragmotor na die landdroshof in Kaapstad geneem. Hulle is by die hof afgelaai, vanwaar die beskuldigdes na die hofselle geneem is. By hul aankoms in die selle is daar ontdek dat Adams soos 'n groot speld verdwyn het.

Speur-insp Auckland Losper, wat die sake in die Paarl ondersoek het, kon sy ore nie glo toe hy hoor die verdagte is skoonveld nog voordat hy in die Paarl op die klagtes kon tereg staan nie.

* A man who was arrested after posing as a doctor has escaped from custody.


School principal attacked at home

[ Top ]


THE principal of Bridge House School was attacked by an armed burglar in her home in Franschhoek on Sunday night.

Anne van Zyl (58) awoke at midnight from the sound of breaking glass.

The intruder had smashed her bathroom window and was stalking her, a butcher's knife in his hand.

The assailant caught her in the passage and demanded money and threatening to kill her.

Van Zyl fought desperately and screamed for help. A bloody path was left through the house.

As soon as she managed to struggle her way to the front door, she fled into the street, still shouting. Neighbours telephoned the police.

She was rushed to hospital for treatment and is now recovering with her children in Cape Town.

Police investigators described the assailant as dark, in his mid-twenties, 1.8m tall and slender with sharp facial features.

He toyed with his neck scarf during the attack and spoke English, although not comfortably so, Insp Lucas Lourens (807-4000) said.

Van Zyl took over the reins at Bridge House School in January. Two days after she had first moved into her new home in Dirkie Uys Street in central Franschhoek in December, burglars broke into the house.


Pa van drie verongeluk

[ Top ]


'n WELLINGTONNER, pa van drie jong kinders, het vroeg Maandagoggend in 'n kop-aan-kop botsing op die Agter-Paarlpad gesterf.

Die bestuurder van die ander motor, konst Earl Pietersen (23) van Kraaifontein, is ook op slag dood.

Frans Morrie (31) van Powellstraat 2, Wellington, het die oggend sy vrou en swaer 'n geleentheid gegee na hul werk in die Kaap, en terselfdertyd sy skoonma vir behandeling Tygerberg Hospitaal toe geneem.

Die ongeluk het om 06:45 sowat twee kilometer van die aansluiting met die N1 gebeur het.

"Frans het uitgery na regs om te kyk wanneer hy kan verbygaan," het sy hartseer vrou onthou.

"Daar was so 'n effense bult toe hy agter die vragmotor uitgegaan het om verby te steek. Ons het nooit die motor van voor gesien aankom nie."

Lucinda Morrie (29) het gesig en beenbeserings opgedoen. Haar broer, Gershwin Festus (24), is met 'n gebreekte been in die Paarl Hospitaal opgeneem. Hul moeder, Maria Festus, is lig beseer terwyl 'n neef, Clayton Swartz (19), vir 'n gebreekte heup geopereer is.

Frans, 'n operateur by Table Bay Spinners in Wellington, word oorleef deur sy vrou, dogters Lizaan (9) en Michaan (6) en seuntjie Martino (1), ouers, broers en susters.

Die huisdiens is Sondag om 12:00 by die Morrie woning in Powellstraat, met die roudiens daarna in die IOTT-saal in Voorstraat, Wellington.

* A father of three died in a collision in Agter Paarl.


Plaashuis afgebrand, dalk deur inbrekers

[ Top ]


BRANDSTIGTING word ondersoek nadat 'n plaashuis by Slot van die Paarl die naweek verwoes is.

Die huis op die plaas Goedgenoeg van Johan Louw was verhuur aan Johan Visser en sy gesin.

Bure hoër teen die berg het Saterdag om 21:00 rook en toe vlamme uit die woning sien trek.

Die Wellington-tak van die Boland Distriksbrandweer was binne tien minute ná die alarm met drie masjiene op die toneel.

"Die moontlikheid bestaan dat daar ingebreek is, waarna dit aan die brand gesteek is," het 'n brandweerwoordvoerder gesê.

Polisiebeamptes het gevind dat stewige ysterveiligheidstralies voor 'n venster geknip is.

Volgens inligting was waardevolle artikels vroeër reeds uit die woning verwyder ná 'n beslagleggingsbesoek deur die balju van die hof.

Behalwe vir 'n brandbeskadigde drasak met musiekkassette wat in die tuin gevind is, word niks uit die woning vermis nie. Oorblyfsels van twee windbukse is in die huis ontdek.

Die huis het afgebrand terwyl daar 'n uitsettingsbevel teen die huurder gekry is ná onbetaalde huur. Die Vissers was Saterdagaand nie tuis nie.

Paarl speur-insp Lucas Lourens (807-4000)  ondersoek die saak.


Tjekboekdief gelooi

[ Top ]


DRIE vermeende tjekboekdiewe is verlede week in die Paarl vasgetrek nadat 'n bedrieglike transaksie skeefgeloop het.

Een van die verdagtes het Maandag allooiwiele vir R5400 telefonies bestel by 'n onderneming in Kaapstad.

Volgens polisiewoordvoerder kapt Johnny May, is daar ooreengekom dat die wiele by 'n onderneming in die Paarl afgelewer sou word en dat kontant daarvoor betaal sou word.

Die Kaapse firma het egter onraad vermoed omdat hulle al voorheen deur so 'n slenter gevang is.

Die transaksie is wel deurgevoer nadat Paarl polisiebeamptes in kennis gestel is. Die verdagtes is in hegtenis geneem, met 'n gesteelde tjekboek in hul besit.

Dit blyk toe dat 'n spook-eienaarskap opgedis is om 'n valse verbintenis met die onderneming in die Paarl daar te stel.

Na verdere ondersoek het dit aan die lig gekom dat 15 tjeks ter waarde van R150 000 reeds op bedrieglike wyse uit die tjekboek uitgereik is nadat dit in Maart vanjaar in Bellville gesteel is.

Christopher Faro (32) van Lantanahof D2 is in hegtenis terwyl die saak verder deur die polisie se sindikaatbedrogtak ondersoek word.

Faro was al voorheen in die visier van die gereg toe 'n motorboot onder soortgelyke omstandighede in die Paarl afgelewer is.

Enige persoon wat die afgelope tyd tjeks onder die naam KB Leite T/A N1 Interior in ontvangs geneem het, kan met Paarl speur-insp Nico Davids (807-4000) in aanraking kom.

* Cheque book thieves have been caught while making a purchase in Paarl.


Twee fietsryers raakgery

[ Top ]


TWEE vriende wat Sondagaand per fiets op pad huis toe was, is deur 'n motor in Oos-Boschstraat raakgery.

Wilfred Visagie (20) van Antheastraat 16, Groenheuwel, en Klaas Marquard (28) van Amosstraat 29, Greenfields, weet nou nog nie wie teen hulle gebots het nie.

Die bestuurder van die silwerkleurige bakkie het weggejaag en word deur die polisie gesoek.

"Ons was so net na tien die aand op pad van die werk af. Ek het voor gery toe die motor van regs af gekom het en na ons kant toe geswaai het," het Wilfred uit sy bed vertel.

"Ek is raakgery en Klaas is van sy fiets gestamp."

Wilfred het beenbeserings opgedoen en sy duur padfiets waarmee hy graag vir ontspanning oefen, is erg beskadig.

Insp Francois van der Merwe (807-4000) ondersoek die saak.

In 'n ander voorval waar 'n fietsryer die naweek beseer is, is 'n middeljarige man Saterdag op die Hermonpad buite Wellington van sy fiets gestamp.

Gert Jones, van die plaas Voorspoed by Soetendal, was om 13:35 nie ver van sy huis af nie, toe 'n motor hom op sy fiets raakgery het.

Hy is met been- en rugbeserings in die Paarl Hospitaal opgeneem.

* Cyclists were injured by a hit-and-run driver.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za