|
|
 |
Sport |
 |
 |
|
Vlak Berg lol |
|
|
 |
'n MOEILIKE tog lê voor vir die 289 roeiers wat gister by Hermon weggespring het vir vanjaar se 42ste Bergrivier kanomarathon.
Dit is die eerste keer sedert die wedvaart se ontstaan in 1962 dat die wegspringpunt wat tradisioneel by die Markstraatbrug in die Paarl is, verskuif word. |
 |
|
VOORLOPER. Jacques Theron, wenner van verlede jaar se Bergrivier Marathon, lei die groep eerstegekeurde roeiers tydens gister se wegspring by Hermon. Foto: Leon Steenkamp |
|
|
 |
 |
|
Die lae watervlak en boomstompe op die rivierbodem het roei onmoontlik gemaak oor die gedeelte tussen Grensplaas en Hermon, wat gewoonlik deel uitmaak van die eerste dag se skof tussen Paarl en Hermon. |
|
 |
 |
|
Die lae vlak was duidelik terwyl die roeiers voor die wegspring op die rivier by Hermon opgewarm het.
Die geskraap van die roeispane teen die rivierbodemgruis kon duidelik van die wal af gehoor word en laaghangende takke en boomstompe het oral dele van die rivierloop versper.
Taktiese, vinnige besluite en 'n goeie kennis van die rivier is oor dié vier dae dus van nog groter waarde as in vorige jare.
Dit is juis om dié rede dat die Wes-Kapenaar en wenner van die Berg in 2001, Graeme Solomon, by veterane soos André Collins gaan kers opsteek het.
Collins, voorsitter van die WP Kano-unie en 'n veteraan-roeier, het die Berg al 33 keer voltooi en in 1972 en 1978 gewen.
Solomon is in goeie vorm nadat hy vanjaar bykans al die wedvaarte in die Wes-Kaap asook al die kwalifiserende Berg-wedvaarte gewen het.
Met gister se wegspring was dit egter die Gautenger en wenner van verlede jaar se Berg, Jacques Theron, wat die top-gekeurde groep gelei het, met Solomon wat 'n paar plekke later gevolg het.
Die onvoorspelbaarheid van die Bergrivier en sy veranderende voorkoms is egter berug en niks kan as vanselfsprekend aanvaar word nie.
Solomon sowel as Theron sal swaar leun op die hulp van hul mede-provinsiale roeiers.
Oud-Paarliete en Matie-roeiers, Chris en Gert van Deventer, asook Edgar Boehm junior sal Solomon bystaan, terwyl Theron kan vertrou op die uitgeslape Graham Bird, bekend vir sy vlymskerp taktiek op die water.
Hoewel vanjaar se omstandighede dit selfs meer uitdagend maak vir ervare Bergrivier-roeiers, is dit 'n absolute marteling vir nuwelinge en minder gesoute roeiers.
Die agterosse in gister se skof sou na verwagting eers tien uur later hul opwagting by Bridgetown gemaak het.
Die swaarder Solomon was wel stadig uit die blokke, maar het Theron (5:10:58) geklop om die eerste plek in 5:07:31. Paul Marais was derde in 5:19:03, gevolg deur Gert en Chris van Deventer met 'n tyd van 5:19:05. |
 |
|
 |
 |
|
Solly se seer enkel kwel Kavaliers |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
MET slegs twee rondes wedstryde oor in die stryd om kwalifikasie vir vanjaar se Curriebeker, sal die Boland Kavaliers alles moet uithaal wanneer hulle Saterdag op Wellington teen Griekwas te staan kom.
Boland lê tans vierde op die punteleer met 14 punte agter die Arende, Valke en huidige voorlopers Griekwas, almal met 18 punte.
Die Kavaliers was Vrydag ongelukkig om 34-35 teen die Valke te verloor.
Maar as die Kavaliers met die manne van die Diamantstad kan afreken en die Griffons en Luiperds maak sake vir die Valke en Arende moeilik, is die Boland onder die voorste aanspraakmakers.
Die Boland het die seisoen mismoedig begin, maar die afgelope paar wedstryde weer goeie rugby gespeel.
Getroue ondersteuners kan Saterdag weer 'n uithaler-vertoning verwag.
Die Boland losskakel, Solly Goosen, het verlede naweek in Springs sy enkel beseer.
Die span se breier, Hawies Fourie, het tot gistermiddag laat gewag om sy span aan te kondig, met die hoop dat Goosen, stut Andries Human (kuitspier) en senter Rayn Pickering (enkel) fiks kan verklaar word vir Saterdag.
Daniel Philander wat verlede jaar vir die Kavaliers vleuel gespeel het, sal Goosen se plek inneem as hy nie kan speel nie.
"Dit sal 'n groot slag vir ons wees as Solly nie kan speel nie. Buiten sy skopwerk bring hy rustigheid in die span, speel goed onder druk en help met die besluitneming op die veld," het Fourie gesê.
Oor sy span se kans teen Griekwas is hy positief.
"Ons staan 'n goeie kans, die ouens glo in mekaar en is positief. Die probleem is ongeduldigheid, die spelers wil met elke bal 'n drie druk en as dit nie gebeur nie, skop hulle besit weg of gee 'n risiko-aangee.
"Dit het ons duur te staan gekom teen die Valke. As ons die bal kan behou en ons verdediging is goed, behoort ons te wen."
Die Kavaliers sal ook hoop om die Griekwas en die Arende in hul laaste wedstryd, met meer as sewe punte te klop om 'n beter punteverskil op te bou wat die beslissende faktor is, sou twee spanne met dieselfde punte eindig.
Die voorlopige span is Antonuis Verhoeven, Melvin Smith, Piet van Zyl, Herman Schröder, Ashwell Rafferty, Solly Goosen, Dru Nass, Ernst Joubert, Kobus le Roux, Chris Potgieter (k), Henk Eksteen, Nicky Smit, Andries Human, Gustav Rademeyer, Fabian Brandt.
Die wedstryd begin om 15:00 op Boland Stadion. |
 |
|
 |
 |
|
Wellington struikel vroeg in toernooi |
|
|
 |
|
|
|
 |
WELLINGTON het Saterdag in sy eerste wedstryd van die Nasionale Klubkampioenskappe 38-26 teen Cambridge vasgeval.
Die Wellingtonners vir wie dit die eerste nederlaag van die seisoen is, het in die tweede helfte uit die bus geval nadat hulle rustyd 19-14 voorgeloop het.
Hoewel die Bolanders beter vertoon het in die vaste fasette, veral die lynstane, het hul gebrek aan afronding sake moeilik gemaak.
Baie foute en swak stelskopwerk was Wellington se doodsteek.
Maandag het hulle in die plaatkompetisie teen Groot Brakrivier te staan gekom, wat op hul beurt Saterdag 69-7 teen Maties verloor het.
Wellington het hier beter vertoon en 35-19 gewen nadat hulle rustyd 14-11 agter was.
Volgens die klubpresident Dolf Stemmet was dit 'n wedstryd wat die Wellingtonners minstens met 40 punte kon gewen het, maar swak opsies en oorgretigheid het teen die span getel.
Flank Tiaan Burger het weer eens uitgeblink saam met Pieter Wium (haker), Dewet Neethling (slot) Mark Kotzé (losskakel), Riaan Nel (senter) en Danie le Roux (vleuel).
Burger, Le Roux (2) en Nel het drieë gedruk met Kotzé wat met drie doelskoppe en drie strafskoppe geslaag het.
Wellington het gister in die plaathalfeindstryd teen Eldoronians van Gauteng te staan gekom.
Flank Gerhard Nieuwenhuizen het Maandagaand al teruggekeer huis toe ná hy sy wangbeen in die wedstryd teen Groot Brakrivier gekraak het.
In die Boland Superliga A2 moes Newtons Saterdag tuis met 33-25 die knie buig voor Ashton United.
Die besoekers het die Wellingtonners vroeg geruk met twee goeie drieë en 'n strafdoel.
'n Drie deur Newtons se man van die wedstryd, Ben Martin (heelagter), bring die rustydtelling op 15-5.
Afrigter Athol Ontong se harde woorde het in die tweede helfte vrugte afgewerp.
Drieë deur vleuel Lovell Thyse (2) en Francois Julies (flank) asook 'n strafdoel deur Martin het Newtons met 10 minute oor 25-15 laat voorloop.
Swak verdediging deur Newtons se agterlyn het tot twee drieë vir die besoekers gelei, terwyl twee strafskoppe hulle voorsprong verder vergroot het.
Newtons se uitblinkers was Martin, Thyse en die stutte Anthony Matthee en Rodney Appollis.
Roses United het Saterdag 31-26 teen Rawsonville verloor.
Henry Beukes (vleuel), Warren Apollis (senter), Virgil Frans (vleuel) het drieë gedruk en Claude Swartz (losskakel) het met 'n doelskop en drie strafskoppe geslaag.
Uitblinkers was Beukes, Frans en die flank Michael Abrahams. |
 |
|
 |
 |
|
Vier juniors gooi pyle |
|
|
 |
 |
|
VIER veerpylspelers van die Boland gaan hul staal wys tydens die eerste juniortoernooi van Veerpyl Suid-Afrika.
Evan Abrahams (Weltevrede Sekondêr), Lizaane Sheldon (Paulus Joubert), Hadley Isaacs en Jacqueline Mezenephy (albei van Schoonspruit) sal aan dié geskiedkundige toernooi deelneem wat dié naweek op Oudtshoorn plaasvind.
Mervin Isaacs en Uriah Williams is as spanbestuurders van die seuns en meisies aangewys.
Acme is tans die voorloper in die Wally de Villiers-kompetisie. Versapak is tans in die tweede plek gevolg deur Independent Flyers A.
Voltalle is gegooi deur Peter Jacobs (2) en Christy Goff (2) albei van Ambassadors, Anthony Koopman en Charles Cloete (Allandale), Gavin Naidoo en Mark Jooste (Versapak) en Genade Williams (Magnolia). Bob Marais (Acme) het met 'n hoogste telling van 156 toegemaak. |
 |
 |
|
Kilotreads-span rol gemaklik oor Kuilsrivier |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
WAS dit nie vir hul sterk pak voorspelers nie, sou Kuilsrivier Vrydagaand op Faurestraat Stadion nog 'n groter drag slae op die lyf geloop het as die 36-28 pak deur die Paarlse Kilotreads-span.
Die gekombineerde span van die Paarl het aan die begin ietwat wankelrig vertoon. Maar toe die kaptein, Barry Williams (skrumskakel), in die 20ste minuut die eerste drie druk, het dinge beter verloop.
Dadelik na Williams se drie, skop Kuilsrivier af. Morné Goetham (slot) vat die bal mooi uit die lug, en na 'n paar vinnige aangeë, kry linkervleuel Denver Hendricks die bal en nael al langs die lyn vir 'n drie in die hoek.
Die Paarliete het die druk verder verhoog en met rustyd loop hulle 22-0 voor ná drieë deur Gaimain Poggenpoel (senter) en Carlo Carolissen (slot) en 'n doelskop deur Dominique Daniels (losskakel).
In die tweede helfte het Kuilsrivier voorlangs oorheers en het die Kilotreads-span baie min bal gesien.
Kuilsrivier verseker dan ook hul eerste punte met 'n oorstootdrie.
Die tuisspan slaan terug toe Bradley Fortuin (flank) van 'n skrum in Kuilsrivier se kwartgebied breek en onder die pale druk om die telling 29-7 te maak.
Met hul gesag voorlangs, het Kuilsrivier egter grotendeels die spel begin dikteer en gou was die besoekers binne trefafstand met die telbord op 29-21.
Nadat Williams van skrumskakel na regtervleuel verskuif is, kry hy hier die kans om sy tweede drie te druk.
Kuilsrivier antwoord dadelik met 'n doel en die eindfluitjie blaas.
Vir die Paarliete het Eugene Herklaas op heelagter 'n baie goeie wedstryd gehad en sy kanse goed benut om met sy hanteringsvaardighede en bedrieglike teenaanvalle te beïndruk.
Die ratse Barry Williams het ook sy alles gegee, terwyl Morné Goetham (agtsteman), Adam Moerat (flank) en die slotte Carlo Carolissen en Roderick Allies voorlangs die spit afgebyt het.
Die Kilotreads-span en sy afrigter, Rudolf Paulse, kan egter baie tevrede voel met hul vertoning.
In ag genome dat dié span slegs een oefening deurgemaak het voor hul eerste wedstryd, was die samespel wat gelewer was niks minder as skitterend nie.
Die insluiting van die Paarl Rugbyklub-spelers wat Vrydag nie kon speel nie weens ligaverpligtinge, sal die nodige krag in die voorhoede verseker.
Voeg daarby die bykomende oefening om as span mekaar te leer ken en toeskouers kan uitsien na 'n klipharde, aanskoulike stryd wanneer die Kilotreads-manne op 11 Julie op Faurestraat Stadion teen Tygerberg te staan kom. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Gardens wen derby |
|
|
 |
|
 |
 |
|
DIE Rooi Rose van Young Gardens het Saterdag in hul derby teen Paarl Rangers drievuldige sukses behaal toe aldrie hul spanne met 'n wen weggestap het.
Dit is die eerste keer in die vierjarige geskiedenis van dié derby dat Gardens al die wedstryde wen.
In die hoofwedstryd het die tuisspan vir Rangers met 20-5 geklop.
In die vasteskrums het die veel swaarder pak van Paarl Rangers oorheers. Maar die ligter Gardens-voorspelers het met kragtige stormlopies die besoekers se verdediging aan skerwe gelê.
Onder die voorspelers het Gavin Williams (agtsteman), stutte Garth Lewis en Chrisbin Meyer uitgeblink terwyl Loppie Hendricks (slot) goud werd was in die lynstane.
Agterlangs was Gardens veel beter as Rangers en moes die besoekers bont staan om die sneltrein, Nico Fertyn (linkervleuel), te keer.
Fertyn en Lewis is onderskeidelik as speler van die wedstryd en speler van die dag aangewys.
Vir Rangers was Claude Voss die grootste uitblinker.
Gavin Williams en Fertyn het vir Gardens gedruk, met Randall George wat met twee doelskoppe en twee strafskoppe geslaag het.
Granville Swartz het Rangers se drie gedruk.
Ander uitslae: Gardens B wen 19-15, Gardens C wen 5-0, Gardens veterane wen 12-5 en Gardens se vrouespan wen 17-5.
Laer Paarl (Blues) het Saterdag 23-11 teen Raithby vasgeval. 'n Gebrek aan dissipline, swak verdediging en die uitoefening van verkeerde opsies was die Paarliete se doodsteek.
Abe Diedericks (senter) het vir Blues gedruk en Dominique Daniels (skrumskakel) was met twee strafskoppe suksesvol.
Ingeligtes in die klub is dit eens dat as Blues nog seggenskap wil hê onder die top vier spanne van die Premierliga C, moet die span baie verbeter.
Paarl het Saterdag in sy tuiswedstryd teen Scottsdene 34-26 gewen.
Drieë is gedruk deur Marco Martin (2), Terence Valentyn, Hannes Douglas en John Claasen. Mark Kruger het met 'n doelskop en Jacques Hendricks met twee doelskoppe geslaag. |
 |
|
 |
 |
|
Bastille 7's kick off on Saturday |
|
|
 |
|
|
|
 |
THE Groot Drakenstein Games Club will be holding their annual Seven a Side Rugby Tournament at their grounds on Saturday.
This is part of the weeklong "Bastille Day" celebrations of Franschhoek and is the event that gets the whole week moving.
Players from all over the Peninsula and Boland will be in action. This year there will be a larger entry with several well-known rugby players of just yesteryear joining social and fun players.
Last year a plate was introduced and won by Franschhoek with Roses of Paarl winning the trophy.
Once again they will be rivalled by the Sanlam and Durbanville teams who have brought social rugby to a new level of enjoyment.
There will be roving teams put together by ex-players from Rugby 365, UCT, Bishops Old Boys, Pniel Villagers and the heavyweights from Boozy Barbars, the holders of the record of the longest rolling maul in sevens' history.
The club is open to visitors and food and refreshments are available. Should it be sunny, come and play tennis and Petanque as well. |
 |
|
 |
|
|
|