|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
According to Riaan van Wyk, spokesman for the group, Paarl has lagged behind other Boland towns like Franschhoek and Stellenbosch in the last few years, especially as far as tourism and business progress is concerned. Van Wyk started negotiations with local businesses last year to raise funds with which to launch the campaign for urban renewal. "Paarl has beautiful areas, but certain parts of the CBD urgently need upgrading. There are classic buildings, but also many unsightly areas that are detrimental to the image of the town. "We want to upgrade Paarl by closing shopping streets to traffic and converting the CBD to a pleasant pedestrian shopping and business environment which will draw consumers back, as Cape Town has done. "We must beautify and green our open spaces and squares, linking them to historic buildings, and revitalise the town's core. We must also improve the safety of shoppers. "If it is a pleasant place for residents and tourists alike, we can make Paarl the number one town in the Boland. "But we cannot tackle this task alone - we are in the process of getting the Municipality, tourism, the wine industry, local business chambers and taxi associations on board." According to Michael Farr of the Cape Town Partnership, considerable research preceded the successful city improvement project. "We studied what cities like New York had achieved with their zero tolerance campaign. We have also looked at the UK, Asia, Australia and South America and what mistakes were made elsewhere. "One needs to start incrementally, for instance by more regular refuse removal and street hosing, and from there gradually grow the project by cutting down on any factors which negatively affect business. This has a ripple effect on the whole town. "You cannot allow little "slums" to develop where you require a safe, clean, pleasant business environment, so you need to change your municipal legislation. "Parking is critical - not only must it be sufficient, but shoppers must not be harassed by parking attendants and beggars. "People shop where it is closest and most convenient, but the environment must be secure, clean and attractive, otherwise they go elsewhere - and the town suffers. "Critical success factors in revitalising Cape Town's city centre have been the commitment of local government to contribute, both financially and with improved servicing, as well as the financial commitment of business and ratepayers in the area. "Currently city centre ratepayers pay a levy of 9,5% on their rates bill. These funds support a community police force of 160." Paarl our Business is to be registered as a Section 21 company and has already raised a considerable sum to finance the consultants' fees. Companies contribute according to their size. The executive of Paarl our Business consists of Dana Buys, Rinus van der Sluys, Horst Frehse, Johan Pauw and Riaan van Wyk. A public meeting will be held in January. |
|
|
||||||||||
|
TOENEMENDE armoede is besig om sy sleepsel in die Paarl te laat, terwyl al hoe meer inwoners die middedorp vermy. "Ons is moeg om in die middedorp deur bedelaars en 'parkeerassistente' lastig geval te word. Hoekom sal ons nie liewer elders gaan koop nie?" word gevra. Winkeliers kla dat hulle herhaaldelik skriftelik sowel as telefonies by die Munisipaliteit en polisie kla, maar geen reaksie ontvang nie. Grondeienaars in Lady Greystraat het hulle reeds uitgespreek ten gunste van die skepping van 'n bedekte inkopiestraat of -sentrum. Die beplanning van so 'n ontwikkeling in die middedorp duur voort, maar vir inwoners draai die wiele te stadig. "Ons as belastingbetalers en ondersteuners van plaaslike besighede wil 'n veilige, ongesteurde, koop-vriendelike middedorp in die Paarl hê, maar ons versoeke word blykbaar geïgnoreer," sê 'n ontstoke inwoner, Johan Joubert. "Dit lyk nie of enige klagtes, soos die onlangse brief in die Paarl Post oor haweloses wat op vullissakke in woonbuurte toesak, doelgerig of planmatig aangespreek word deur die Munisipaliteit nie. "Geen wonder al hoe meer Paarliete doen hul aankope buite die dorp, terwyl ons net verder verarm, werkloosheid verhoog en meer bedelaars op die strate verskyn nie. "Optrede is noodsaaklik. Ons het 'n reg om ongesteurd veilig op straat te kan beweeg en ons aankope te doen." Ook die Paarl Sakekamer en Kamer van Koophandel is erg bekommerd oor die agteruitgang van toestande in die Paarlse middedorp. Volgens 'n woordvoerder van die Paarl Sakekamer, Maretha Dreijer, het hulle al die Munisipaliteit herhaaldelik versoek dat dié sake dringende aandag geniet. Trevor Harris van die Kamer van Koophandel sê: "Sakelui is uiters besorg oor die smouse en swerwers wat die sypaadjies vol sit in die middedorp, om nie eens te praat van bedelaars in die parkeerareas nie. "Ons het al baie druk op die Stadsraad geplaas en hopelik sal die smouse eersdaags hul handel in 'n spesiale area wat vir hulle bestem is op Patriotplein, kan doen. "Die ontwikkeling van 'n streekwinkelsentrum of alternatiewelik 'n voetganger-kooparea in Lady Greystraat sal 'n omgewing skep waar sulke bedrywighede beheer kan word, meen hy. (Sien voorbladberig oor planne vir opgradering.) * We have had enough of beggars who make shopping in Paarl a nightmare, residents say. |
|
|
||||||||||
|
'n KOMITEE van drie lede gaan nou ondersoek instel na die debakel rondom pastoor Titus Williams, DA-raadslid vir Drakenstein, wat onlangs R25 000 opgedok het vir 'n agterstallige munisipale rekening en weier om te bedank. Die DA het verlede Woensdag 'n voorstel by die stadsraadsvergadering ingedien vir 'n komitee om die ondersoek af te handel. Die voorstel was dat die komitee moet bestaan uit twee lede uit die stadsraad - een van die heersende DA en een uit die grootste opposisieparty, die ANC - en gelei deur 'n derde lid, 'n onafhanklike persoon van buite die raad. Die doel van die komitee sou wees om alle relevante feite, verslae en beedigde verklarings in oënskou te neem en dan met 'n voorstel na die volle raad terug te gaan vir finale beslissing. Die DA het raadslid Johan von Wielligh (DA) benoem, met Willem Gaum as die onafhanklike voorsitter. Uit opposisiegeledere wou die ANC en ACDP nie iemamd benoem om op die komitee te dien nie. Raadslid Mercia van der Vent (UDM) is toe deur die DA voorgestel. Die ondersoek volg nadat pastoor Williams R25 921 opgedok het vir 'n agterstallige elektrisiteitsrekening. Na verneem word, was dit vir 'n rekening van meer as 51 000 eenhede wat dateer van Desember 2000. Die gedragskode bepaal dat enige beweerde verbreking van die kode deur die raad ondersoek kan word, of 'n spesiale komitee kan aangestel word om dit te doen. Drakenstein het besluit om laasgenoemde weg te volg. Sou daar gevind word dat raadslid Williams wel die gedragskode oortree het, kan hy formeel gewaarsku word, aangespreek word, beboet word of die provinsiale Minister vir Plaaslike Regering kan gevra word om hom tydelik of permanent te skors. Intussen het die Munisipale Bestuurder, Jacques Carstens, nog nie besluit of daar 'n kriminele vervolging ingestel gaan word nie. Die DA as party is ook besig met 'n interne proses terwyl hulle wag dat die Raadsproses sy loop neem. Aanvanklik het die DA besluit dit is in die beste belang van raadslid Williams en die Raad as sy deelname tydelik opgeskort word tot die ondersoek afgehandel is. Hy het egter geweier om die DA bestuur se mondelinge versoek dat hy vrywillig sy deelname aan Raadsbedrywighede tydelik opskort, uit te voer. Die DA bestuur het op Dinsdag 24 September hul besluit skriftelik aan raadslid Williams oorhandig, aangesien hy aangevoer het dat hy tot op daardie tydstip nog geen skriftelike kennisgewing ontvang het nie. Tot dusver was daar nog nie 'n reaksie van hom nie. Pastoor Williams se geval het al vir heelwat onmin binne DA-geledere gesorg. Só het rdl André van der Spuy de Villiers onlangs uit 'n vergadering van die uitvoerende komitee gestap, nadat rdl Williams geweier het om sy tydelike skorsing te aanvaar. Verlede week het rdl Williams die Raadsvergadering bygewoon sonder enige reaksie van sy partylede. * Pastoor Williams is nie al Raadslid wat op die oomblik kopsere vir die DA verskaf nie. Rdl Solomon Ross het verlede week 'n ligte opskudding veroorsaak nadat hy rdl Harlan Cloete (ACDP) toegesnou het "Jy's 'n meid!" tydens 'n debat in die raad. Pastoor John Maralack (ACDP) het beswaar aangeteken oor dié "onaanvaarbare gedrag". Hoewel Speaker Jean Smit saamgestem het dat raadslede binne bepaalde grense moet optree, het hy nie die saak verder geneem nie, anders as om dit gedurende die teepouse met die betrokke raadslede te bespreek. Kort daarna het die rede vir sy optrede duidelik geword, toe die ANC se voorstel oor 'n verslag van die korporatiewe komitee, met die stemme van die ACDP en AFC, aanvaar is. Die verslag handel oor munisipale regulasies. Dit is die eerste keer in die huidige raad dat die ANC 'n stemming wen. Sou raadslede Williams of Ross die vergadering verlaat het, sou dit beslis nie die enigste ANC-sege gewees het nie. Rdl Ross het tydens die bespreking van pastoor Williams se saak hom weer die argwaan van sy party op die hals gehaal, nadat hy Williams ondersteun het téén die DA-koukus se besluit die vorige aand. Moontlik het rdl Ross nie kennis geneem van dié besluit nie, aangesien hy nie die hele vergadering bygewoon het nie. Volgens betroubare bronne het rdl Ross se gedrag daartoe gelei dat hy die Dinsdagaand gevra is om die koukus te verlaat. Dissiplinêre optrede deur die koukus en ook die party se plaaslike bestuurskomitee is nie uitgesluit nie. * Paarl town councillor Titus Williams is to be investigated by a committee of three. He has refused to resign after a backlog of R25 000 on his electricity account was revealed. |
|
|
|||||||||||||
|
'n HOU teen die kop van 'n rugbyspeler van Groot Drakenstein het waarskynlik sy dood veroorsaak. Riaan Simons (28) van Lübeck het verlede maand losskakel vir die Wonderland Foods span gespeel toe hy in the laaste tien minute van die wedstryd "onvas op sy voete" voorgekom het. Dit was tydens 'n sportdag by die Groot Drakenstein Games Club. "Volgens verklarings was daar afknouery in die wedstryd," het speur-insp Dirkie Adams van die Groot Drakenstein polisie gesê. "Dit het gereën en dit het gelyk of Simons op die nat veld gegly het. Toe hy kort voor die einde van die wedstryd in sy nommer 10 trui van die veld af gekom het, het hy sleepvoet geloop. "Volgens omstanders was sy reaksies stadig ná 'n beweerde hou op die veld. Daar word nou ondersoek ingestel na die omstandighede van sy dood." Simons het langs die veld flou geword. Hy is na die Stellenbosch Hospitaal vervoer, waarvandaan hy na Tygerberg Hospitaal oorgeplaas is. Hy het die volgende dag beswyk. "Die dokter sê Riaan moes 'n vreeslike hou teen die kop gekry het," het 'n familielid gesê. "Hy het aan bloeding op die brein gesterf." Simons was ses jaar lank werksaam by Wonderland Foods. Hy was tydens sy dood 'n skofleier by die onderneming en 'n jeugleier in die gemeenskap. Hy word oorleef deur sy moeder, Magdalene, en 'n suster, Charlotte. Insp Adams versoek ooggetuies van die beweerde aanranding om hom te skakel by 874-1016 of 082-722-1387. * A rugby player died a day after being injured in a match. |
|
|
|
|
'n FRATSONGELUK by 'n wynkelder in Noorder-Paarl het Vrydag die lewe van 'n staaloprigter geëis. Kallie Jacobs (32) van Jacobsstraat 5, Klapmuts, was besig om 'n oorhoofse balk te saag toe hy sy balans verloor en twee meter ver geval het. Skroewe van die staalkonstruksie bokant hom het skielik losgebreek en die balke het bo-op hom neergetuimel. Jacobs het op slag aan hoofbeserings gesterf. Hy was werksaam by 'n staaloprigter van Bellville wat met verbouings by Boland Wynkelder besig is. Jacobs se vrou, Wilma, verwag hul derde baba. Hy word ook oorleef deur twee seuns, Lorenzo (11) en Carlton (7), en sy vader. Die tuisdiens is Saterdag om 08:00 en die roudiens om 09:15 in die Volle Evangeliekerk, Klapmuts. * 'n Twaalfjarige seun van Amstelhof is voorverlede Sondagmiddag voor sy maatjies in Klein Drakenstein doodgery. O'Brian Ruben Manuel van Janfiskaalstraat het in die Salempad gestap toe 'n voertuig hom en sy maats genader het. Die seuns het in verskillende rigtings gespring, en O'Brian het onder die motor beland. |
|
|
|
|
ONBETROKKE Wellingtonners, feeste op ander dorpe en die reën het byna 'n stokkie voor die afgelope naweek se kunstefees gesteek. Dit nieteenstaande die feit dat die oorhoofse organiseerders die fees hart en siel gereël en laat bemark het. Die vakansie, met ouers en studente wat die pad gevat het na die Walvisfees op Hermanus, het Wellington laat lyk soos 'n hoërskool waar stokkies gedraai word - verlate. En terwyl die jongmense see toe is, was die meeste Afrikaanse kunstenaars by die Aardklopfees. Van die kunstenaars wat opgetree het, was die Stoepstories gewild, asook die PH Nortjé uitvoering, maar die optredes van Karen Hougaardt en Soli Philander is gekanselleer. Die biertuin by die technikon stadion het groot aftrek gekry. Maar 'n reuse sukses was dit beslis nie. "Hoe kry 'n mens weer so iets aan die gang?" het inwoners gewonder. "'n Kunstefees kan so 'n bate wees vir Wellington. Laat ons bou op vanjaar se poging, en moenie nou moed opgee en gaan lê nie." Volgens Suzette Riedel, een van die organiseerders, het hulle ook heelwat positiewe terugvoering gekry. "Ons gaan voort met nog 'n fees volgende jaar - ons borge is tevrede. Die lenteloop, straatmyl en 4x4 nommer is goed ondersteun en Saterdagaand was die feesterrein besig. "Ongelukkig het die reën ons Saterdagoggend in die wiele ge- ry." * Poor attendance marred the Stokkiesdraai Festival in Wellington last weekend. |
|
|
||||||||||
|
'n GRUSAME botsing by die Lady Lochbrug buite Wellington het Donderdag verlede week die lewe geëis van die vader van twee kinders. Desmond Page (35) het 'n vragmotor van Ronwe Boerdery in Suider-Paarl bestuur toe dit in 'n botsing met 'n leë sandlorrie betrokke was. Page het in die verwronge kajuit gesterf. Die ander bestuurder was ongedeerd. Page, 'n toesighouer, was van die Bergrivierplaas Nimes met pluk-lere onderweg na die Bon Esperance-plaas by Stellenbosch toe die sandvragmotor uit die rigting van Wellington voor hom beland het. Hy word oorleef deur sy vrou Leah, en tienerkinders, Gerswill en Desiré. Eerbetuigings het ingestroom vir die "positiewe man wat so sterk gestaan het vir die mense en tog so maklik gelag" het. Hy was voorsitter van die ANC-tak in Klein Drakenstein. Die tuisdiens is Saterdag om 09:00 op Ronwe en die roudiens om 10:00 in die Zionskerk. * A Paarl man died in a gruesome crash near Wellington. |
|
|
||||||||||
|
THE old prison in Berg River Boulevard might just bring fame to Paarl as does Robben Island for Cape Town. For nearly a decade, since its closure, the Hof Street prison has steadily become more dilapidated. Despite several proposals to renovate it for prison use, as a police station or a haven for street children, its fate is still to be decided. In the meantime, overseas moviemakers have taken a liking to the building that has more than enough character (if no longer sordid characters) within its walls. A German production team is currently making a film there, portraying a woman imprisoned in a Turkish correctional facility. "And believe me," a location manager said, "Turkish prisons look even worse than this one." Locals who have been inconvenienced by the detour they have to drive when shooting spills over to the street, should not be put out. Who knows, with its attraction for moviemakers, the town might one of these days have nine letters spelling HOLLYWOOD on the slopes of Paarl Mountain. |
|
|
|
|
'n WELLINGTONSE onderwyser het Dinsdag in die hof verskyn op 'n aanklag van aanranding nadat 'n graad ses seun glo met die vuis geslaan is. Die 14-jarige seun van die plaas Naby in die Bovlei, was Donderdag verlede week saam met sy maats in 'n klas by Wagenmakersvallei Primêr toe hy aangerand is. Volgens verklarings aan die polisie moes die onderwyser vir die derde dag toesig hou oor 'n gekombineerde klas van 70 leerders. Hulle het glo geweier om op te hou raas en stoei onder mekaar. Een van die seuns het toe onder 'n paar klappe deurgeloop voordat hy na bewering met 'n gebalde vuis in die gesig en teen sy lyf gemoker is. Volgens 'n medeleerder het sy klasmaats herhaaldelik gegil dat die slanery moet ophou. 'n Maatskaplike werker het die seun vir mediese behandeling geneem en daarna 'n klag by die polisie ingedien. Sy het ook foto's laat neem van die seun met 'n bloeiende neus, opgeswelde gesig en bebloede hemp. Die onderwyser, Bernard Muller (52), het homself Maandag by die polisie aangemeld. * Die betrokke leerder is onlangs in 'n ander saak voor die hof gedaag nadat 'n jong meisie van die Bovlei ernstig aangerand is. |
|
|||||