|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
In die winter is swerms swak weens 'n gebrek aan kos, maar in die lente lê die koningin eiers om te verseker dat daar genoeg bye is om nektar in te samel. Wanneer die neste te groot raak, moet 'n deel van die swerm afstig. Die nuwe koningin bly agter, terwyl die ou koningin met haar volgelinge na 'n nuwe tuiste soek. Wanneer die verkenningsbye 'n geskikte blyplek ontdek om te plak, lok hulle die swerm met 'n spesiale dans. Die besondere woeligheid vanjaar word toegeskryf aan ideale toestande, sê Rautenbach. Vroeë winterreën het die blomme vroeg al laat kop uitsteek, en die bye kon hulle sterk suip aan die nektar. Dis dié dat hulle so met krag rondtrek. Afswerm-tyd is gewoonlik van Augustus tot Oktober, wanneer nektar volop is vir bye om heuning te produseer. Dan word Rautenbach se hulp ingeroep. Eers trek hy sy beskermende klere aan en dan blaas hy rook oor die swerm om hulle te kalmeer. Sodra hy sien hulle is nie aggressief nie, takel hy die swerm kaalkop en kaalhand. Die groot geheim is om die koningin in 'n vangkis te kry, want dan zoem haar hele trop agterna. Hy sorg dat die vangkis na heuning ruik, want dit maak dit makliker om hulle te lok. Rautenbach het 200 korwe oral in die Vallei. Hy het nege jaar gelede met sy stokperdjie begin toe hy korwe by sy oom gekry het. Nou is sy dienste groot in aanvraag, want dié plakkers laat hulle nie voorskryf nie. Volgens kenners kan bye in warm weer geïrriteerd word. Varsgesnyde gras skei 'n chemiese stof af wat die bye aggressief maak. Wanneer bye eers begin steek, word 'n feromoon afgeskei wat ander bye lok om ook te steek. Bye sal nie ophou steek voordat die slagoffer nie meer beweeg nie. Volgens 'n ordonnansie van 1953 mag bye nie binne 'n munisipale gebied aangehou word nie, tensy die korf minstens 50m van die naaste buurheining staan. Oortreders van dié ou bepaling moet 'n boete van twee pond (in vandag se geld R5) betaal. Mense met ongewenste "plakkers" van die zoemende soort, kan Rautenbach kontak by 872-8542 of 083-412-3406. * A local beekeeper is kept busy removing unwanted swarms of bees due to the sunny spring weather. |
|
|
|
|
'n KURSUS in Tuisversorging begin Maandag by die Wamakersopleidingsentrum in Wellington. Die kursus duur tot 22 November en word aangebied in die klaskamers van die Kaapse Technikon (Wellingtonkampus). Aansoekvorms by die kollege. 'n Basiese eenweek-kursus in kantoorprosedure word ook van 14 tot 18 Oktober aangebied. Hiervoor is matriek 'n voorvereiste en kursusgeld is R50. Skakel 873-1131 vir verdere navrae. |
|
||||