 |
orchestra will perform works ranging from an arrangement of Dvorak's New World Symphony to popular songs like Copacabana, Time
to say Goodbye and Blouberg se strand.
Tickets are R10 (learners R5) and can be obtained at the art centre (872-2095) or the music centre (872-3123/4) from Wednesday |
 |
Gesels oor fees |
|
|
 |
DIE organiseerders van die Oukraal Kunstefees hou nog 'n openbare vergadering op Woensdag 17 Maart om oor die fees te gesels.
By die vorige vergadering is Desember voorlopig genoem as 'n nuwe datum.
Daar is ook gesels oor die moontlikheid om die fees te verskuif na Faurestraat en om die fokus te plaas op een bekende kunstenaar, ondersteun deur jong, opkomende sterre.
Die vergadering begin om 18:30 by La Musique Kunsteskool, Bredastraat 120. Alle belangstellendes is welkom.
"Ons wil almal betrek en sien daarna uit om so 'n verteenwoordigende groep moontlik daar te hê," sê Andrew Strauss, een van die organiseerders.
Navrae kan aan Strauss gerig word, by tel 872-6651. |
 |
Paarliete by Woordfees |
|
|
 |
|
 |
VANJAAR se Woordfees van 8 tot 14 Maart op Stellenbosch, word opgedra aan die bekende digter Elisabeth Eybers.
Verskeie plaaslike kunstenaars neem ook weer aan die program deel. Die bekende Johan Bakkes is Saterdag 13 en Sondag 14 Maart om 09:30 in "Bakkes in die Môre" by die Huis van JC le Roux.
Cas en Margaret Bakkes, hul seuns Christiaan, Johan en Marius Bakkes, asook haar neef, Hennie Aucamp, hou reünie met 'n vonkelstorie-ontbyt.
* Paarliet Johann Nel tree op saam met Joanie Combrink en Susanne Beyers in 'n keuse uit die kortverhale van Hennie Aucamp op Saterdag 13 Maart om 18:00 in die HB Thom Teater.
* Laurinda Hofmeyr verskaf die musiek vir die Baie Belangrike Boekebrekfis op Sondag 14 Maart om 11:00 in die Dorpstraat Teaterkafee. Bespreek by 886-6107.
* Hanru Niemand van die Paarl tree Saterdag 13 Maart op in die Lotto Straatfees voor Mystic Boer en Behemia in Victoriastraat waar Karen Zoid ook sing tussen 10:00 en 23:00. Hy is reeds die Woensdagaand te sien by Hidden Cellar.
* Digters Leonard Koza, Susan Botha en Florence Ann Filton neem op Saterdag 13 Maart om 12:00 aan 'n program in die ou konservatorium deel, saam met Anthony Wilson.
Vir telefoniese kredietkaart- en kontantbetalings, skakel 808-2012 of 072-362-2972 (Maandae tot Vrydae, 09:00 - 17:00).
Kaartjies is ook direk te koop by die Woordfees-kaartjiekantoor, ingang by 2de Vloer, Lettere A-gebou, h/v Merrimanlaan en Ryneveldstraat, Stellenbosch (Maandae tot Vrydae 09:00-17:00). |
 |
|
 |
Grow old gracefully |
|
|
 |
|
 |
HOW do you grow old gracefully? By doing it with style - and a smile on your face!
Independent singer/songwriter Robin Auld and Cape Comedy Collective founder Mark Sampson are at the Barnyard Theatre, Groot Drakenstein, on Saturday 13 March with the hilarious and heartwarming "Growing: Auld with Sampson" - a montage of stand-up comedy and musical parodies musing on the idea of growing.
Growing older, growing closer, growing more tolerant in the world in which we live and even growing wider!
The show features stand-up and songs on topics from raising hell to raising children, and all the fun along the way.
Alongside a selection of Robin's original songs are tongue-in-cheek tributes to the Beatles, Bruce Springsteen, Eurythmics and The Who, and brand new versions of classics by Bob Marley, Eminem and Norah Jones.
The show culminates in a "not-to-be-missed duet on their mutual fear of having to give up the carefree surfing lifestyle, give in and become... longboarders".
With Auld in between seasons gigging in New York, and Sampson recently returned from comedy tours to the renowned Edinburgh Fringe Festival and Maulhelden Festival in Berlin, it's great to have a chance to see such international quality showmen performing on home turf.
Book at tel/fax 874-1505 or email theatre@bridgehouse.org.za |
 |
|
 |
Hugh Masekela performs |
|
|
 |
|
 |
AN exciting evening of jazz mixed with classical music can be expected when the trumpeter and jazz musician Hugh Masekela joins the Cape Philharmonic Orchestra for a gala evening on Saturday 20 March at the Cape Town city hall.
Since Masekela's return from exile in 1990, this legend has managed to captivate local audiences wherever he goes.
Masekela, who started playing the trumpet 50 years ago, always finds it necessary "to give back to the country that has given so much. I am what I am because of the people and the rhythm of South Africa," says Masekela.
The concert is organised by the Friends of the CPO in aid of the orchestra and many well-known, traditional and popular jazz classics will be performed.
In addition popular South Africa jazz works such as 'Stimela', 'Happy Mama' and 'District Six Suite', are also included. A salute to Big Bands will also be performed.
Refreshments will be served and tickets are available from all Computicket Outlets, at the Artscape Box Office or from Artscape Dial-A-Seat, 421-7695. |
 |
|
 |
Zoid at Expo |
|
|
 |
|
 |
THE Droomers Nissan Boland Outdoor and Wheels Expo in Paarl from Friday to Sunday will be a fun event for the whole family.
The venue is Boland Park Cricket Stadium and visitors will be able to view motor vehicles ranging from brand new 4x4's and continental sports cars to quad bikes, vintage cars and motorcycles.
In the Arena artists like Karen Zoid (Friday at 20:30), Beeskraal (Saturdag at 21:00), Zeldine (Friday 19:00 and Saturday 20:00), Tommy Dell (Saturday 18:00), Rooies (Saturday 11:00), Jak de Priester (Saturday 19:00) will be entertaining the crowds.
The 4x4 track, designed by Sarel van der Merwe, will provide a challenging driving experience for enthusiasts. An added attraction on Saturday will be the 4x4 demonstration.
There will also be a skateboard exhibition, a display of jewellery and outdoor equipment, a beer tent with live entertainment and big screen TV, and of course food stalls to cater for all tastes.
The Expo opens tomorrow at 12:00 and continues until 23:00. On Saturday you can visit from 09:00 to 23:00 and on Sunday from 11:00 to 17:00. Tickets are R25 (R15 for scholars). For enquiries, contact Maxie Jonker at 082-490-2801. |
 |
|
 |
Komedie in Ou Meul |
|
|
 |
|
 |
DIE WATERWYSER, die Paarl Teaterklub se trefferproduksie, word nog tot Saterdag 13 Maart in die Ou Meulteater opgevoer.
Dié produksie word beskou as derde beste uit die 26 amateurproduksies wat gedurende 2003 in die Wes-Kaap opgevoer is.
Die Waterwyser is geskryf deur Nico Lüwes en die regie word behartig deur Pieter Strümpher.
Veteraanaktrise Joey de Koker is weer in die hoofrol te sien as Ouma Driedoring. Ander rolle word vertolk deur Celia Kok (Anna), Anéne Loots (San), Freek van Zyl (Willa Water), Willem Coetzee (Gert Laventel) en Marié Smidt (Nelia Konsert).
Die Waterwyser speel gedurende 1933 (depressie-tyd) op 'n plaas af, doer ver in die Moordenaars K'roo, waar Ouma Driedoring en haar twee dogters (die weduwee Anna en die oujongnooi San) swoeg om te oorleef op Tweehasenmeteenslagraakgegooifontein.
Hulle sit met 'n droë gat nadat die buurman (Gert Laventel) die aar afgeboor het, en hy nou 'n lekker nat gat het. Hy bied hulp aan, maar die vrouens laat kom maar eerder 'n Waterwyser om vir hulle te kom boor.
By alles het Ouma Driedoring allerhande planne... onder meer om haar dogters getroud te sien.
Hierdie uiters vermaaklike komedie is geskik vir die hele gesin.
Kaartjies, teen R25 elk, is beskikbaar by Print Right, Paarl (872-7209). |
 |
|
 |
Konsert in kerk |
|
|
 |
'n SANG- en musiekprogram word op Sondagaand 7 Maart om 19:00 in die Strooidakkerk in die Paarl aangebied vir die "Het Gesticht" Museumfonds.
'n Massakoor sal onder meer 'Gebed' van Koos du Plessis sing, terwyl die kerkkore van Immanuel, Huguenot VGK, Bethel Cong. en Drakenstein NGK ook optree. Ander kunstenaars is die Royal Stars blaasorkes, New Orleans Sekondêr koor en die Paarl Kamerkoor. Kaartjies is R10 (kinders R5) by Paarl Toerisme.
Die "Het Gesticht"-kerkie in Hoofstraat is sedert 1814 deur slawe en ander werknemers gebruik vir dienste, bidure, Sondagskool, katkisasie, kooroefeninge en skoolklasse.
In 1842 is die Zionskerk in gebruik geneem en Het Gesticht het stelselmatig in onbruik verval. In 1965 is die gebou in die Junior Rapportryers se sorg geplaas en in 2000 verkoop die Strooidakkerk dit aan die Sendinggestig Trust.
Dit is tans beskikbaar vir troues en ander seremonies (navrae by Paarl Toerisme 872-4842). |
 |
Gewilde sanger tree op |
|
|
 |
DIE St Alban's Primêre Skool op Wellington hou weer op Vrydag 12 en Saterdag 13 Maart hul jaarlikse karnaval met mallemeule op die skoolterrein.
'n Naweek propvol vermaak vir oud en jonk word beplan, met bekende sangers en sanggroepe, die mallemeule, heerlike kos, 'n biertuin en interessante stalletjies.
Een van die hoogtepunte op die program is die gewilde sanger, Garth Taylor, wat die Saterdag om 16:30 en weer om 21:00 optree.
Taylor het al verskeie treffers opgelewer, soos 'Why', 'Only with you' en 'Islands in the Stream'.
Rittekaartjies vir die mallemeule is by die skool te koop teen slegs R5 per rit.
Indien u belang stel in 'n stalletjie vir die naweek, skakel die skool by 873-2441. |
|
|
|
|
|