![]() |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Thursday 4 March 2004 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
This site will be updated on11 March 2004 at 17:00 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
[ Top ] |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
DIE uitvoerende burgemeester Herman Bailey se uitlating verlede week in die raadsaal dat die DA en (dus die kiesers van Drakenstein) die ANC/NNP-koalisie se burgemeesterskomitee "moet vertrou om die regte besluite te neem", is sekerlik die grap van die eeu. Die enigste rede hoekom die uitlating nie met dawerende lagbuie begroet is nie, was sekerlik omdat die lede van die raad wat nog by hul volle verstand is, te geskok was oor die arrogansie van die stelling. Hoe kan jy oud-lede van die DA op die burgemeesterskomitee vertrou, wat die aand voordat hulle oorloop, hoog en laag sweer: "Ons bly by die DA"? Hoe kan jy mense vertrou wat in die geheim vergader en vir hulself skootrekenaars laat aankoop sonder om die aankoop- en tenderprosedures van die Raad te volg? Hoe kan jy mense vertrou wat saam met die ANC agter geslote deure vergader en hul agendapunte bespreek en onderlangs ooreenkom wat hul besluite gaan wees, voordat dit op 'n rookskerm van 'n komiteevergadering wat kammakastig (of is dit Kannalandkastig) 'n openbare vergadering is, afgerammel word op 'n wyse wat meer aan 'n perskonferensie herinner. Die wyse waarop die ANC/NNP-koalisie "demokrasie" bedryf is om openbare debat te vermy en deur die opposisie-partye geheel en al uit die besluitnemingsproses te weer, en alle besluite op vergaderings te neem wat vir die opposisie, die amptenare en die algemene publiek geslote is. Dit is inderwaarheid niks anders as gesamentlike koukusvergaderings van die ANC-NNP nie. Die ANC/NNP-koalisie se optrede bots met die hoogheilige beginsels in die Grondwet en die Munisipale Stelsels en Strukture wette wat op papier (maar selde in die praktyk) beginsels soos demokrasie, menseregte (wat seker ook die regte van alle raadslede insluit), vrye spraak en nasiebou voorstaan. Van deursigtigheid en deelname aan die demokratiese proses is daar nie sprake nie. Die sogenaamde raadsvergaderings is niks anders nie as 'n rookskerm om as rubberstempel van twyfelagtige legitimiteit te dien. Wanneer die DA en ander opposisiepartye op die enigste forum waar 'n spreekbeurt nog toegelaat word, die raadsvergaderings, 'n debat begin voer oor die wenslikheid en meriete van die saak wat voor die Raad dien, en die debat 'n bietjie warm word, spring 'n ANC/NNP-lid gewoonlik met 'n groot gesanik en dodelike reëlmaat op en smeek die Speaker om "for the sake of progress" die debat tot 'n einde te bring. Die munisipale skuld staan al op R124 miljoen en salarisse en raadsvergoeding beloop al 44% van die begroting voorheen 34%). Dit het tyd geword dat hulle tot orde geroep word. Deetlefs du Toit (DA Raadslid) |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
NA aanleiding van "Kamera van die gemeenskap" se brief wil ek my dank uitspreek vir mense wat besorg is oor ons mense. Ek was egter diep geskok toe ek verlede Donderdag om 1:00nm verby die bottelstoor langs Club Extreme by Huguenotstasie ry en 'n wit Venture staatsvoertuig staan voor die deur met manskappe daarin. Ewe gedwee en breëbors stap mans in uniform met kaste vol bier en dit terwyl hulle aan diens is. Waar is hulle trots en respek dan vir hulle werk? Hoe kan hulle ons beskerm en dien as hulle nie eens hul werk respekteer nie? Wat 'n skande. Op 'n ander geleentheid stap 'n bewaarder helder oordag in uniform by 'n bottelstoor in. Hy is min gepla solank hy sy goedjies het. Dit lyk vir my dat sodra hulle 'n uniform aantrek, verloor hulle alle waardes en norme wat absoluut noodsaaklik is vandag. Hulle dink en leef asof hulle bo die wet verhewe is. Kyk maar net waar hulle staan en drink. As hulle ry soek hulle oë na meisies en is vol van hulleself. Dit is tyd dat ons hulle by die naam noem en rapporteer. Daar is nie plek vir sulke nikswerde nie. Goddank daar is ander wat hule werk met trots en toewyding doen. Aan hulle sê ek: moenie moed verloor nie. Stry die goeie stryd en weer vir jul kollegas 'n inspirasie. Ons bid vir julle. Maak reg wat verkeerd is. Siener |
|
|
|
|
MY wife and I have been annual visitors to and admirers of Paarl for a number of years. We stay six weeks and this is our 13th annual visit. When looking for one of our favourite places in Paarl - the Jan Phillips Mountain Drive, I was surprised and disappointed to find that local bureaucracy have changed the name of this splendid route. My understanding is that the drive was named after Jan Phillips in recognition of his major contribution to the civic affairs of this town and not least to applaud his advanced views in retaining all his workers through the 1930's depression to his considerable cost. I am left, as a favourably disposed foreign visitor, to wonder whether this change of name is a bureaucratic error. May I through these columns appeal to the Municipality to undertake a review which would allow reconsideration and a restoration of the name to Jan Phillips Mountain Drive. John Brown CMG The name of the road has not changed. The writer is confusing the new sign in front of KWV for "Paarl Mountain Nature Reserve" with the previous sign for Jan Phillips Mountain Drive which was stolen years ago. A new sign has been requested from the town engineer. |
|
|
|
|
DAAR word dikwels in strooibiljette en soms in berigte en advertensies in die Paarl Post verwys na 'n "Pick'n Pay-sentrum" op Wellington. Ek wil graag adverteerders, korrespondente en inwoners daarop wys dat daar NIE so 'n sentrum op Wellington bestaan nie! Die plek waarna verwys word het die mooi en histories-korrekte naam "Markpleinsentrum". Pick'n Pay is wel die ankerhuurder van hierdie sentrum. Belangstellendes wat meer wil weet van die interessante geskiedenis van hierdie errein, kan dit gerus gaan naslaan by die Biblioteek, Museum of Toerisme-Buro in deel I van "Die Geskiedenis van Wellington en Distrik" hoofstukke 3-2, 3-16 en 3-21. CD Tomlinson |
|
|
|
|
DIE Polisie in die Paarl is blykbaar die afgelope week of drie besig om 'n bietjie op te tree teen mense wat dronk is in die openbaar. Ek moet sê dit maak die omgewing aansienlik aangenamer vir ons nugteres, maar nou is daar 'n ander klippie in my skoen. Kan daar nie iets gedoen word aan die mense wat feitlik elke aand vuur maak in Victoriapark in Markstraat nie? Miskien sien die manne in blou hulle nie raak reg agter die ablusieblok nie, maar intussen raak hierdie openbare ruimte 'n aanloopplek vir straatslapers. Die mense raak só kontant dat hulle selfs beddegoed uitgooi en hul kaal uittrek om te slaap - ten aanskoue van almal wat daar verby ry of loop. Bekommerd |
|
|
||||||||||
|
BAIE mense het 'n probleem om 'n probleem te verstaan as hulle nie self in die situasie is nie. Dit is mos moeilik om jou in 'n ander persoon se penarie in te dink as jy op die kantlyn staan. In elk geval, dit is die gevoel wat 'n mens kry as jy sien hoe die Munisipaliteit en Stadsraad voete sleep oor sake wat vir die gemeenskap van dringende belang is. Vandeesweek word daar berig oor 'n jong sportman wat in die hospitaal lê weens die verwaarloosde sportgeriewe waarop hy en sy medespelers hul beste moet lewer. Dan is daar ook die probleme van gemeenskap en sakelui met die plakkers in die Huguenot-stasiegebied. In albei gevalle draal die plaaslike owerheid al geruime tyd om doeltreffend op te tree. En dit is nie al plekke waaroor belastingbetalers kla nie. Nou wonder 'n mens of dit nie dalk kan help as amptenare en raadslede dit aan eie bas voel nie. Miskien moet die sportraad 'n spesiale munisipale liga begin waar die mense in beheer, self ook kan speel op die geriewe waaroor hulle moet besluit. Dieselfde geld vir die plakkers: as die besluitnemers 'n paar dae tussen dié huisloses en die omliggende bure deurbring, sal besluite dalk anders lyk en vinniger geneem word. |
|
|