ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 4 March 2004

uitlefstreep

This site will be updated on11 March  2004 at 17:00

People - Mense

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Dean op pad na herstel

John Goliath

[ Top ]


HY het 'n nuwe rekenaar, is besig om 'n boek te skryf, doen vrywillige werk by 'n plaaslike hospitaal, behoort aan die gimnasium en hy wil boonop nog sokker vir 'n klub begin speel.

Dean Hendricks se lewe is bykans weer normaal nadat daar gevrees is dat hy ernstige breinskade opgedoen het die dag toe 'n polisie-instrukteur hom na bewering bewusteloos geslaan het en hom bebloed in die gang van die Polisiekollege op Graaff-Reinet gelaat het.

wclean01FC

HERSTEL VINNIG. Dean Hen- dricks besig by sy nuwe reke- naar.

Hendricks, wat 'n B.Sc.-graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het, kon aanvanklik nie reg praat nie, maar nou praat hy vlot en pak die lewe met nuwe durf aan.

"Ek is nog by die huis en moet die beste van die situasie maak. Ek spandeer die meeste van die tyd voor my nuwe rekenaar," sê hy.

Henricks moet gereeld 'n sielkundige besoek om die gebeure te probeer verwerk en om geassesseer te word.

Sy persoonlikheid het ietwat verander en hy het steeds probleme met sy geheue,maar dit verbeter, sê sy moeder.

Die saak van aanranding is nog hangende en 'n verslag oor sy rehabilitasie moet voor die hof gebring word, voor die hofsaak kan begin.

Volgens Hendricks het hy geen kwade gevoelens teen die instrukteur wat hom glo aangerand het in 'n onderonsie oor 'n meisie nie.

"Ek voel nie verbitterd nie. Ons het nooit voorheen stry gekry nie. Woensdag- en Vrydagaande was gewoonlik fliekaande en so ver ek kan onthou het hy eenkeer agter my gesit," sê hy.

Hendricks hou hom besig met die skryf van 'n outobiografiese vertelling voorlopig getitel 'Die lewe van 'n jongmens' en die lees van tydskrifte, veral dié oor rekenaars en nuwe produkte en programme.

Hy help ook graag by die Luthando sorgsentrum vir verswakte pasiënte en sien dit as 'n voorreg om die lydendes te help terwyl dit sy eie herstel ook aanhelp.

Hy sê hy sal graag eendag vir 'n groot medisynevervaardiger wil werk om medisyne te help ontwikkel wat die lewens van mense sal vergemaklik.

* A Paarlite is recovering from brain injuries suffered in an assault at a police college


Koos Marx sterf op see

[ Top ]


LEWENSREDDERS het Saterdag tevergeefs probeer om die lewe van 'n Paarlse sakeman te red nadat hy 'n hartaanval op sy roeiboot in die Strand gehad het.

Joan Marx het nog vir haar man, Koos (60), van hul woonstelbalkon af gewuif na waar hy in hul kajak op die see geroei het.

Toe het sy haastig sy broer Alwyn op Gordonsbaai gebel om te sê dat hy roei, en sy nie glo hy sal die oefening kan volhou nie.Weer terug op die balkon, het sy opgemerk dat Koos uit die roeiboot was en met sy arm oor die rand hang.

"Ek het gedink dat hy moeg is en aan die boot vashou om na die kant te dryf," het sy later gesê.

Intussen het 'n Wellingtonner, Johan Aylward en sy gesin, verbygery en opgemerk dat 'n leë bootjie op die see ronddobber.  Koos het  'n entjie van die bootjie op sy rug dryf.

"Ek het nog geglo dat hy net moeg is, maar ek het intussen die paramedici geskakel," sê Joan.

Aylward het die liggaam op die kajak gelig en aan wal gebring waar paramedici 25 minute hom tevergeefs probeer bybring het.

Die Marx-egpaar het twee jaar gelede uit die Paarl getrek ná byna 35 jaar by Marx Electrical, wat deur Joan en hul seun Kobus verder bedryf word.

Vriende het hom gister as 'n "groot gees, 'n opperste grapjas en 'n wonderlike mens" beskryf.

Benewens sy vrou word hy oorleef deur sy dogter Neritia van Zyl, skoonseun Juan, seun Kobus, skoondogter Deidré en John (15 maande). 'n Herdenkingsdiens word vandag om 15:00 in die NG Kerk Suider-Strand gehou.


Munisipaliteit help studente

[ Top ]


DIE Drakenstein Munisipaliteit het vanjaar weer 'n groep studente finansieel gehelp met hulle tersiêre studies.

Beurse is in vier studievelde toegeken, naamlik openbare gesondheid, siviele ingenieurswese, elektrotegnies en munisipale finansies.Volgens uitvoerende burgemeester Herman Bailey is daar vanjaar begroot vir beurse van R180 000. Veertien verdienstelike studente het onlangs dié beurse ontvang.

"Die Raad wil op hierdie wyse graag 'n bydrae maak om jongmense vir ons munisipaliteit op te lei.

"So help ons hulle dan om hulle beter te bekwaam en kan hulle kundigheid en kennis in die gemeenskap teruggeploeg word."

Hy het bygevoeg dat die Drakenstein Munisipaliteit na afloop van die studente se studies die eerste keuse het om hulle in diens te neem, al dan nie.

Colin Anderson, waarnemende hoofopleidings-beampte van die munisipaliteit, het gesê die uitslae van die studente vanjaar sal bepaal of hulle ook volgende jaar en tot met die voltooiing van hulle studies verdere beurse sal ontvang, al dan nie.

Die studente is ingeskryf aan die Kaapse en Skiereilandse Technikons, die Universiteit van Stellenbosch en die Boland Kollege (Paarl).


Bekende inwoner sterf

[ Top ]


'n BEKENDE inwoner van Wellington, Benjamin Asia (71), is Dinsdagoggend vroeg oorlede by sy huis in Affodilstraat.

Mnr Asia was welbekend, veral in onderwysgeledere. Hy het onderwys studeer aan die Battswood Kollege, met spesialiteit in musiek.

Hy was 31 jaar voltyds onderwyser, onder meer op Graskraal in die Noord-Kaap, De Aar, Gifberg Primêr op Vanrhynsdorp, Clanwilliam en Hermon.

Hiervandaan is hy eers na Newton Primêr en toe na die AME-skool wat later Wellington Primêr geword het. Hy was 20 jaar verbonde aan dié skool, tot en met sy aftrede in 1994.

Mnr Asia het nog gereeld by die skool afgelos, die laaste keer op Vrydag 27 Februarie.

Die personeel en leerders van Wellington Primêr het hul meegevoel met die familie betuig en gesê sy skielike heengaan sal hulle lank bybly.

Mnr Asia het 'n leidende rol in die kerk gespeel en het onder meer skool- en kerkkore afgerig. Hy was tot met sy dood lid van die VGK Bergrivier Kerkkoor.

Hy was 'n stigterslid van die Wellington Kultuurvereniging en was ook betrokke by die Frank Pietersen Musiekskool, die Klopse Unie en die Kerskore Unie.

Hy laat sy vrou, twee seuns en 'n dogter agter. Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]