|
Om leerders blootstelling te gee aan die beroepslewe en verskillende werksgeleenthede word daar weer 'n loopbaanuitstalling vir Bolandse leerlinge gehou op 17 Maart en 18 Maart in die Paarlse stadsaal.
Die Paarlse skoolsielkundiges reël die uitstalling in samewerking met Paarl Tafelronde 44.
Graad 9, 11 en 12 leerders sal die uitstalling in georganiseerde groepe besoek. Ander leerders, ouers en die publiek is ook baie welkom. Toegang is gratis.
Meer as 50 uitstallers waaronder universiteite, technikons en kolleges vir beroepsonderwys en ander instansies sal teenwoordig wees om raad aan leerlinge te gee oor beroepe en studierigtings. Vir navrae, kontak Danie Rabie by 860-1200. |