ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 4 March 2004

uitlefstreep

This site will be updated on11 March  2004 at 17:00

Sport

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Vroeë sukses vir Paarliet

[ Top ]


SY kennis van plaaslike toestande het Dinsdag grootliks daartoe bygedra dat die Paarliet, Dawie van der Walt, as die houespel-kampioen by die Sanlam SA Amateur Gholfkampioenskappe gekroon is.

As sy goeie vorm hou, sal hy moontlik môre die prestasie in die putjiespel kan herhaal.

Van der Walt het Dinsdag rondetellings van 68 en 67 behaal en so die ander gunstelinge,  Anton Haig, Adrian Swartzel (albei van Gauteng) en Maan- dag se voorloper, Christiaan Basson (WP) in die stof laat byt.

Haig se 64 tydens Dinsdag se eerste ronde het hom 'n sterk gunsteling gemaak om die titel te wen, maar 'n sterk suidooste wind het hom in die mid- dagsessie gekelder, met 'n telling van 75.
Van der Walt wat die houespel op 275 - 13 onder baansyfer - voltooi het, is vol vertrou om ook môre die putjiespel-titel te wen.

wbofFC

VAT SO! Mark Mahoney van die Paarl slaan Maandag af tydens die tweede ronde van die Sanlam SA Amateur Gholfkampioenskappe wat tans in die Paarl gespeel word. Die kompetisie wat Sondag begin het, kom môre tot 'n einde. Mahoney het die eerste dag se houespel op 69 afgesluit en Maandag op 74 afgesluit. Dinsdag het hy rondesyfers van 74 en 73 behaal. Hy het Dinsdag in die 38ste posisie geëindig.


Atlete mik vir plek in
Boland span

[ Top ]


ATLETIEK-GEESDRIFTIGES kan môre en Saterdag op Coetzenburg toesak vir die Boland Jeug- en Junior Kampioenskappe.

In die aanloop na die kampioenskappe is daar reeds agt nuwe Boland-rekords opgestel en toeskouers kan hul dus regmaak vir 'n fees van gehalte-atletiek.

Atlete wat reeds nuwe rekords opgestel is, is Alrico Farmer (verspring s.19), Ross Jordaan (gewigstoot s.19), Jaco Bruwer (hamergooi s.19), Tania Stevens (gewigstoot m.19), Rusanne Harris (10 000m stap), Hein Gonzales (hamergooi s.17), Karen le Roux (hamergooi m.17) en Keenan Watson (verspring s.15).

Verskeie kompetisies beloof om die toeskouers op die punte van hul stoele te laat sit.

In die 800m vir s.19 spog Nathan Beukes, die 2003 Wêreldjeugkampioenskappe-finalis, en Lenton Kalase reeds met tye van vinniger as 1:54.

Tydens die Sentraal-Boland Streekskampioenskappe het Kalase die goue medalje voor Beukes se neus weggeraap en laasgenoemde sal graag die bordjies by die Boland Kampioenskappe wil verhang.

In die verspring vir s.19 spog Regan Julies, nog 'n 2003 Wêreld Jeugkampioenskappefinalis, en Alrico Farmer albei met afstande verder as sewe meter.

Alrico het onlangs 'n nuwe Boland-rekord opgestel met 'n afstand van 7,53m.

Regan sê dié afstand skrik hom nie af nie en hy beplan om die goue medalje die naweek te wen.

In die hamergooi vir s.17 spog Heinrich Gonzales en Johan Kruger reeds met afstande verder as 60m.

Heinrich het onlangs 'n nuwe Boland jeugrekord van 60,83m opgestel. Hy kan egter glad nie gerus slaap nie aangesien Johan Kruger reeds in 'n nie-amptelike kompetisie 61,50m gegooi het.

Meer as 30 atlete wat tydens verlede jaar se SA Jeug- en Junior kampioenskappe medaljes gewen het, sal ook die naweek deelneem.

Na afloop van die kampioenskappe sal 'n span aangekondig word wat op 26 en 27 Maart aan die SA Hoërskole Kampioenskap in Germiston sal deelneem.

Nog 'n span sal ook gekies word om op 2 en 3 April in Bloemfontein aan die SA Jeug- en Junior Kampioenskappe deel te neem.

Dié byeenkoms sal as kwalifiserende byeenkoms dien vir die Wêreld Junior kampioenskappe vir 19-jarige atlete wat in Italië gehou word asook die Statebond Spele vir 18-jariges wat in Australië sal plaasvind.

Môre se kampioenskappe begin om 16:30.


Mbekweni Sundowns are soccer front runners

[ Top ]


THE two soccer teams of Mbekweni that compete in the Castle League are currently well-placed on the log.

Mbekweni Sundowns have had a great season thus far. Of the 24 matches they have played, Sundowns won 15, drew seven and lost one.

In their march up to current first place they scored 65 goals, conceding only 30. They are currently the log leaders with 52 points.

The other Mbekweni side, Cosmos, are lying third on the log with 42 points.

They have played 22 matches so far, winning 13, drawing three and losing six. Cosmos have scored 54 goals and conceded 33.

Sundowns play Goulburn United in Mbekweni on Saturday at 15:30 and Cosmos clash with Aberdeen United in Atlantis.


Bergrivier bederf uitstappie

[ Top ]


DIE boulers van Bergrivier krieketklub het Saterdag op hul tuisveld hul toeskouers se uitstappie bederf toe hulle Robertson vroeg huis toe gestuur het.

Bergrivier het die wedstryd met 8 paaltjies gewen nadat hulle die besoekers vir 77 uitgeboender het.

Die besoekers was reeds vroeg in die moeilikheid en het 11 lopies vir die verlies van drie gehad. Hulle is toe na 32 boulbeurte almal terug in die pawiljoen. Nathan Thomas (4/17), Lester Hendricks (3/12) en Lincoln Dampies (2/14) was in 'n verwoestende bui met die bal.

Bergrivier het net 18 boulbeurte nodig gehad om die wedstryd te beklink. Hulle het teen etenstyd op 79/2 geëindig. Waylon Libbie (32, 5x4) en Marquin Julies (28, 5x4) het goed vir die tuisspan gekolf.

Die tuispan het 'n duur prys vir die oorwinning betaal nadat hul kaptein, Charlton Manuel, na die tweede boulbeurt van die veld is. Manuel het sy regterenkel gebreek.

Volgens lede van dié span, wat tans bo aan die premierliga se punteleer is, is hulle van die min spanne wat hul sport in haglike toestande speel. Sien voorblad-berig

Bergrivier I speel Saterdag op Kraaifontein teen Oostelikes, terwyl die tweedespan op Worcester teen Worcester United II te staan kom.


Paarl-Oos sukkel voort

[ Top ]


DIE eerste krieketspan van Paarl-Oos het Saterdag op hul tuisveld weer sleg vasgeval teen Van der Stel.

Die besoekers moker 'n goeie 235/4 in hul 60 beurte, met die Bolandse kolwer, Chad Baxter aan die spits. Baxter se onoorwonne 105 het 14 grenshoue ingesluit. Nick Northcote het 'n ewe goeie 65 behaal.

Die vier paaltjies is deur die boulers, Dennis November (1/19 in 6bb), Graig Abrahams (1/53 in 12bb), Zynodien Fredericks (1/50 in 15bb) en Justin Watts (1/57 in 20bb) gedeel.

Paarl-Oos word in die 54ste beurt vir slegs 191 uitgeknikker. Garth Lewis (47 4x7), Dominique Daniels (31 4x1, 6x2), Dirkie Pieterse (27 4x4) en Jack Daniels (25 4x2) was die voorste lopiemakers.

Van der Stel se top boulers was Rudi Steyn (5/52) en Dale Heramd (3/30).

Paarl-Oos II en Paarl III moes met 'n onbesliste uitslag tevrede wees.

Paarl-Oos kry 260/9 ná 60 beurte maar sukkel om vir Paarl uit te haal wat op 216/9 staam met uitskeityd.

Saterdag speel Paarl-Oos I weg teen Worcester United en die derde span speel tuis teen Northdene.


Peoples bly op koers

[ Top ]


SATERDAG se wedstryd tussen die krieketspan van Young Peoples en Hemanus voor 'n groot skare op Dal Josafat het onbeslis geëindig.

Peoples het eerste gekolf en het 219/6 in hul toegelate 60 boulbeurte behaal. Die vergete Protea kolwer Justin Ontong (89) het Peoples se beurt geanker en is goed by gestaan deur Brandon Gabriels (29 nun) en Quinton Kannemeyer (29).

Peoples was kookwater in die veld en goeie boulwerk het verhoed dat die besoekers nooit hul totaal bedreig het nie. Kannemeyer (3/23) en Riaan Jephtha (2/20) het skitterend geboul.

Maar die besoekers het vasgebyt en op 151/9 geëindig om 'n onbesliste uitslag af te dwing.

Die wedstryd tussen Peoples II en Coronations II op Dal Josafat het ook onbeslis geëindig.

Peoples kolf eerste en teken 264/6 aan met Stanton Kamalie (52), Grant Kuiler (66) en Wade Anderson (68nun) wat die langsteel behoorlik ingelê het.

Die besoekers behaal 237/9, met Gercian Gabriels (2/22) en Frans-Loots van der Merwe wat goed geboul het.

Saterdag speel Peoples weg teen Brackenfell terwyl die tweede span Hermanus II op Daljosafat pak.


HJS klop PRG, Boland Land- bou in driekhoek-byeenkoms

[ Top ]


VAN vroegmiddag af het die gees op die pawiljoen tussen Boland Landbou, Hoër Jongenskool Paarl en Paul Roos Gimnasium reeds daarop gedui dat die jaarlikse driehoekige atletiekkompetisie, op en van die veld, straf gaan wees. 

Dit was vanjaar die negende keer dat die byeenkoms aangebied is.

Die punteverskil het voortdurend op 'n mespunt gebalanseer, met HJS wat die een oomblik voorloop en dan weer PRG.

Die Boishaaiers was egter vasbeslote om nie vanjaar weer met die tweede plek tevrede te wees nie en het uiteindelik vir PRG met 16 punte geklop.

Die finale puntestand was HJS 555, PRG 539, Boland Landbou 351.

Die byeenkoms het 16 rekords opgelewer met ses daarvan wat deur Boishaaiers verbeter is.

Ryno Hendriks (o.19 400m49,73s), Edwin Kriel (o.19 400mH 55,95s), Floris van Zyl (o.19 diskus 45,47m), Aflos (o.19 4x100m 42,73s), Lieb Swiegers (o.17 400m51,60s), Stefan Lange (o.17 driesprong2de 12,40m), Carinus de Kock (o.15 spiesgooi 54,98m) en John Truter (o.14 diskus 2de 36,39m) het rekords verbeter.

Boishaai het in totaal 33 eerste plekke, 21 tweede plekke en 22 derde plekke behaal.

Heinrich Farmer, eerste in 200m o.16 in 'n tyd van 23,72s (877 punte), en Terry Jacobs, eerste in die 100m o.19 in 'n tyd van 11,2s (845 punte), het die pryse ontvang vir die beste prestasies in hul onderskeie ouderdomsgroepe.


Larries doen dit weer

[ Top ]


DIE atlete van La Rochelle het Donderdagaand op die Coetzenburg Stadion vir die derde agtereenvolgende jaar die 4M-Atletiekbyeenkoms gewen.

Dié prestige-byeenkoms is 'n hoogtepunt op die plaaslike atletiekkalender met die vier meisieskole La Rochelle, Hoër Meisieskool Paarl, Rhenish en Bloemhof wat sake op die veld en baan uitspook.

La Rochelle het vanjaar weer oorheers met 467 punte. In die tweede plek was Bloemhof wat hard in die Paarliete se nek geblaas het met 405, gevolg deur Hoër Meisieskool met 369 en Rhenish met 85 punte.

Elf nuwe rekords is die aand opgestel met nog 'n rekord wat ook geëwenaar is.

Larries wie se name voortaan in die rekordboeke gaan staan, is Giselle Leon (diskus o.19 33,17m), Janita Stander (hoogspring o.14 1,53m) en Millicent Koopman (1 500m o.15s 4:59,5).

Maruzaan de Wet het die rekord van nog 'n Larrie, Stacey Gardiner, geëwenaar nadat sy die 100m vir o.15's in 12,7s afgelê het. Sy was ook die aand se beste presteerder met 935 punte op die Absa-tabel.

Behalwe dat La Rochelle vir die tweede agtereenvolgende jaar al die aflosse gewen het, het hul spanne ook twee nuwe rekords opgestel. Die o.14 meisies het hul tyd in 4x100m na 53,3s verbeter en so ook die o.19 span met 'n tyd van 51,2.

HMS spog met vier nuwe byeenkomsrekords. Ilse Liebenberg het die verspringrekord vir o.14's na 4,92m verbeter, Liné Barnard het 10,32m in die gewigstoot vir o.15's gegooi asook die diskus-rekord na 29,76m verbeter, terwyl Odette Olivier 'n rekord-gooi van 41,47m in die spiesgooi vir o.19 behaal het.

Die byeenkoms se toppresteerders in die onderskeie ouderdomsgroepe was (o.14) Janita Stander (Lar), (o.15) Maruzaan de Wet (Lar), (o.17) Janine Visser (BH) en (o.19) Lena Lötter (BH).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]