safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 4 April 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 11 April 2002

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Arts - Kunste


Veteraan-aktrise terug

Susan Botha

[ Top ]


wstorie14VETERAAN aktrise Joey de Koker is terug op die verhoog, dié keer met 'n keurige program van stories en gedigte.

'n Mens moet jou hoed afhaal vir hierdie diva van die verhoog wat haar net nie laat onderkry van die lewe se terugslae nie.

Toe haar artritis haar bewegings aan bande begin lê het, het sy besluit om haar aktiwiteite rondom 'n leunstoel te sentreer.

Uit haar ryk skat van herinneringe het sy gaan krap na vergete juweeltjies uit die prosa en poësie en dié het sy aan haar gehoor in die Ou Meulteater kom voordra.

Joey se gemoduleerde stem en afgeronde aanbieding het mense meegevoer deur 'n ryke verskeidenheid kultuurskatte. Tog het 'n mens gevoel die eenselwige klank kon gebaat het deur nog 'n voorleser of twee te betrek ('n gedagte wat sy skynbaar reeds ondersoek vir opvolg-programme).

Nog 'n moontlikheid sou wees om die voorlesings te onderbreek met 'n gedramatiseerde monoloog uit haar wye repertoire.

Die program kan met 'n bietjie ekstra werk tot 'n ware juweeltjie ontwikkel word. Die konsep verleen hom ook by uitnemendheid vir etensuurkonserte en skoolprogramme, waar dit beslis ons jeug se leeslus sal aanwakker.


Kunstefees in Paarl

[ Top ]


DIE eerste Global Spotlight kompetisie vir uitvoerende kunste vind die week in die Paarl plaas, met die gala-aand op Saterdag 13 April in die Polisiekollege se ouditorium.

Die kompetisie het afdelings vir sang, drama, dans, instrumente en modelwerk. Kontantpryse van R20 000 en vyf demo CD's is op die spel en goue, silwer en bronsmedaljes word ook toegeken. Alle deelnemers ontvang 'n sertifikaat.

"Die gedagte is om die kunste te bevorder," sê kompetisiedirekteur Andrew Strauss. "Daarom word slegs opbouende kritiek gegee, sodat kunstenaars se moed nie gebreek word nie.

"Dit gaan oor die genot van die kunstebedryf en om 'n geleentheid vir deelname te skep vir die Wes-Kaap se opkomende kunstenaars."

Vanjaar se kompetisie is slegs vir die Wes-Kaap, maar volgende jaar sal dit nasionaal uitgebrei word en die jaar daarna internasionaal.

Enkele kaartjies is nog beskikbaar vir 13 April. Kontak Anneline by 872-6651 of 083-629-1738.


Chamber music

[ Top ]


THE Franschhoek Mountain Manor Chamber Music Workshop for 60 young musicians from all over the country, ends this Sunday.

Two concerts, with admission by a donation to the Bursary Fund for needy students, and featuring all the works taught at the workshop, will be given by the students at the course at the Mountain Manor, on Saturday at 20:00, and on Sunday at 11:00.

 Inquiries to Barbara Kennedy at 785-1483 or 083-300-2117.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za