safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 4 April 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 11 April 2002

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

People - Mense


wgimb14EREGAS. Paarl Gimnasium het verlede Woensdag 'n glansryke dinee gehou om sy 100 jaar van georganiseerde sport te vier. Daar is tydens die geleentheid hulde gebring aan die 75 Springbokke wat dié skool tot dusver opgelewer het. Morné du Plessis (links) was die spreker. Langs hom is JC van der Westhuizen (96), oudste lewende Gimmie en Springbok, en Basjan Reinhardt, skoolhoof van Paarl Gimnasium.


Gedenkskool ingewy

[ Top ]


wres14DIE gerestoureerde, historiese Gedenkschool der Hugenoten op Kleinbosch in Daljosafat is verlede week amptelik ingewy.

Die geldinsamelings- en restourasieprojek het byna tien jaar geduur. Die totale koste was R1,28 miljoen wat deur die publiek geskenk is.

'n Opleidingsentrum vir Afrikaans is op die boonste verdieping van die

NUWE VOORKOMS. Finnie de Klerk, weduwee van die skrywer WA de Klerk, en Anna Theron, weduwee van Fanie Theron, voor die gerestoureerde Hugenote Gedenkskool tydens die inhuldiging van die gebou. Mnre De Klerk en Theron het die fondsinsameling geloods en hulle tot hul dood beywer vir die restourasie van die ou skoolgebou. Foto: Susan Botha

dubbelverdiepinggebou geleë, terwyl gastekamers vir die Kleinbosch gastehuis onder ingerig is.

Die Gedenkskool is in 1883 geopen as die eerste Christelik-nasionale Afrikaanse skool in die land en het omstreeks 1910, met Uniewording, gesluit.

Moedertaalonderrig is toe ook in

staatskole gegee en dus het die doel van die Gedenkskool verval.

Die trusteeraad het besluit om die betrokkenheid van die publiek te behou deur 'n Vriende van die Hugenote-Gedenkskool Vereniging te stig.

Lidmaatskap is R100 per enkel persoon of gesin en die geld sal gebruik word om die opleidingsentrum verder te verbeter en vir borgskappe vir behoeftige leerders wat die slypskole wil bywoon.

Kundiges wat slypskole met Afrikaans as medium wil aanbied, kan Ina Viljoen skakel by 406-2333 of 0832-463-4990.

Kleinbosch is private eiendom en toegang word streng voorbehou. Niemand mag die plaas sonder die toestemming en begeleiding van die plaasbestuurder betree nie (868-2481 of 082-890-8190). Wium van Zyl (976-5755) reël literêre toere na die skool.

* The restored Huguenot memorial school has been inaugurated on the farm Kleinbosch.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za